Page 2 of 5
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Fri Feb 05, 2016 5:14 pm
by Umshwati Boy
Wat van 'n 330gr GSC HV?
Ek het nou van die Koeels bestel vir my 416 Rem Mag. Ek dink 'n 330gr Mono sal net so goed soos 'n 400gr Bonded of Partition styl koeel werk.
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Fri Feb 05, 2016 6:21 pm
by Thunderhead
Ek sal die 380gr skiet ligter as dit dan kan jy eerder n 375 skiet.
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Fri Feb 05, 2016 8:47 pm
by Pappabeer
Ek sal neig na n swaarder koeel. Daar kom n punt waar hoër snelheid die ontplooi van die koeël versnel, en met gevolg hom vinniger rem en penetrasie minder word. Ek glo daardie optimale snelheid verskil tog logies van koeël tot koeël, en kaliber tot kaliber.
As voorbeeld het ek meer koeëls herwin op rooibokke op 40-70m geskiet met my 6,5x55 as op groot bokke oor afstande 150m en meer. Ek sien dit amper as dieselfde effek as n vliegtuig se airbreaks.
In my ervaring met diere wat ek met my groot kalibers geskiet het, nl 9,3x62 en groter, het bonded koeëls - Rhino en Woodleigh, teen 2150-2300 fps die beste penetreer. Hierdie koeëls het almal ook n groot frontale deursnit, wat beteken dat ontplooing tot dubbel kaliber grootte vinniger gebeur as vanaf spitser vorm. Daar glo ek sal n mono met n semi meplat of n NorthFork dieselfde doen.
Ek dink nie jy kan fout maak met n Woodleigh of NorthFork nie. Veral as dit by katte kom.
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Sat Feb 06, 2016 6:33 pm
by Capt. Yoda
Ek sal jou backup met die 06 en 215 hybrids, moenie bang wees nie!
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Sat Feb 06, 2016 7:33 pm
by tripodmvr
350 Barnes sal tops wees.
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Tue Feb 09, 2016 12:15 pm
by varkjagter
ek het barnes se 350 gr gecopy en draai hulle op n cnc masjien vir eie gebruik. ek skiet hulle met groot sukses en akkuraatheid . koste is ook omtrend n kwart as die ware Jacob . as jy belang stel kan ek jou die cad file gee as kriek vir jou wil maak
groete varkjagter
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Tue Feb 09, 2016 12:46 pm
by Geno
Hallo Andries,
Dit sal awesome wees, dankie!
Mail sommer vir my na
geno@ggvarminting.co.za
Groete
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Tue Feb 09, 2016 1:32 pm
by kopskoot
Geno, moet nou net nie Andries se lading ook gebruik nie,want hy laai hulle teen 1082f/s, om sy skouertjie te spaar

Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Tue Feb 09, 2016 2:05 pm
by tau
Ek gebruik die GSC en Barnes in my .375 Ruger.
Geno ek dink die GROOT verskil tussen jou en ons gebruik is jy gaan 'n opvolg of kwesdier verlos skoot moet skiet en nie die aanvanklike " ek wil jou hart en long aan vlarde" skiet skoot nie. Jy gaan sekerlik aanpas na solids as jy Jumbo's of sy ander hardvellige vriende wil skiet. My beskeie opinie gaan Barnes teen die stadiger spoed genoeg penetreer, maar steeds oopmaak, maar nie soos die GS custom nie. Jy gaan met die Barnes ook meeste hoeke na die vitals kan vat en meeste kere jou teiken bereik.
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Tue Feb 09, 2016 3:05 pm
by varkjagter
ek stuur vir jou sodra ek kans kry . dis n 1100ft/sec Ronald !!

Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Tue Feb 09, 2016 3:15 pm
by kopskoot
varkjagter wrote:ek stuur vir jou sodra ek kans kry . dis n 1100ft/sec Ronald !!

Die dat daai hoedjie so afgekom het? Jy gaan jouself ooreis
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Tue Feb 09, 2016 3:32 pm
by Stefan764
Geno, koop die Hornady DGX 400gr rak ammo. Hulle loop 2400fps en die paar wat ek al vasgehou het wat recover is het hulle werk uitstekend gedoen. Die Alaskan 20" loop hou van daai Hornady ammo, hulle is lekker akkuraat.
Jy gaan tog min die sneller trek, waarvoor herlaai?
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Tue Feb 09, 2016 3:40 pm
by Geno
Stefan764 wrote:waarvoor herlaai?
Waarom nie?
Ek is van plan om die roer my bakkiegun te maak, so hy sal seker so een of 2 maal per week geskiet word.
Rakpatrone is hopeloos te duur, so ek oorweeg dit nie eers nie. Ek het reeds dies ens. vir die geweer, so ek kan netsowel herlaai.
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Tue Feb 09, 2016 4:23 pm
by Hercules Louw
Hallo Geno
Ek gebruik my Alaskan 416 Ruger al vir 'n paar jaar en geniet die geweer vreeslik baie. Ek het heelwat toetse gedoen en kan vir jou sê dat die Hornady DGX ammo 2340f/s uit my geweer doen en swak groepeer, sowat 1.5duim op 50m. Deur dit self te laai teen sowat 2250ft/s met S335 groepeer dit baie beter.
Die koeëls wat egter die beste uit my geweer groepeer is die Impala's, hulle doen almal so 1 duim en kleiner op 100m. Ek gebruik S321 en CCI250 slagdoppies in al die gevalle.
240gr LWHV teen 2900ft/s
270gr Bosvelder teen 2700ft/s
320gr Bosvelder teen 2550ft/s
Vir 'n bakkiegeweer wat gereeld gebruik gaan word sal ek die 240gr LWHV aanbeveel. Dit gaan waarskynlik jou mees koste effektiewe en veelsydige oplossing wees. Ek het al 'n elandbul op sowat 100m met dit geskiet, skuins agter die blad in maar te laag, my misgis met die diep brisket. Die 240gr het 'n voor aan die onderkant van die borsholte in die bo-kant van die brisket gesny en die oorkantste bladbeen gebreek en uit. Die Eland het na sowat 50m omgetiep. Stukkies been ens. het die longe effens aan die onderkant beskadig. Ek weet nie heeltemal hoekom die eland so gou plat is nie. Die groot diameter koeël met sy skerp snykante en relatief hoë spoed is duidelik effektief. Selfde storie met 'n vlakvark agter die blad gewees.
Ek maak ook selde (na 200 of 300 skote) my geweer skoon, dit is eenvoudig net nie nodig nie. Die enigste nadeel met die geweer in die jag situasie is die relatief harde klap a.g.v. die kort loop en groot kaliber. As jy belang stel kan jy my pm vir die ladings.
Groete
Hercules
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Wed Feb 10, 2016 4:55 am
by Geno
Hallo Oom Hercules.
Ek wil juis nie ligte koeels skiet nie, maar dankie vir die info.
Stefaans.
Hoe dan nou?
Stefan764 wrote:Christo
Ekt dieselle ondervind toe ek en n kollega kameelperde gejag het so 2 jaar terug met n 458WM en ook met Hornady DGX koele...
Beer (Christo) wrote: Ek sal nie voorstel dat iemand hierdie koeels op buffels gebruik nie.
Ja, die roer is 'n bakkiegun, maar die bakkie ry in Groot-5 areas

Ek wil regtig nie loodkerns of ligte geelkoper koeels skiet nie.
Ek wou maar net hoor wie watse koeels sou kies uit die klomp wat ek genoem het.
Ek gaan kyk om iets in die 370 - 380gr klas te laat maak.
Varkjagter se cad skets sal ek dan aanpas om so raps langer te wees. Ek sal hier kon terugvoering gee oor vordering.
Groete
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Wed Feb 10, 2016 6:25 am
by Thunderhead
Hi Geno kyk na n solid met n groot meplat hy penetreer laat hy bars en ge goeie permenant wound channel.
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Wed Feb 10, 2016 7:38 am
by Geno
Dis die plan.
Ek gaan 'n solid, en expanding koeel laat maak.
Geno wrote:Ek dink 370gr monos sal sommer lekker werk. Veral as Kriek 'n solid en expanding koeel kan maak wat binne 20mm van mekaar skiet op 50m. Die vorm sal soortgelyk aan 'n Dzombo solid wees.
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Wed Feb 10, 2016 8:23 am
by Stefan764
Geno wrote:
Stefaans.
Hoe dan nou?
Stefan764 wrote:Christo
Ekt dieselle ondervind toe ek en n kollega kameelperde gejag het so 2 jaar terug met n 458WM en ook met Hornady DGX koele...
Beer (Christo) wrote: Ek sal nie voorstel dat iemand hierdie koeels op buffels gebruik nie.
Ou Geens
So stap die tegnologie maar aan, seker maar op alle vlakke van die lewe. Die Hornady koele wat ons die laaste jaar uit kameelperde, sebras en buffels gegrou het het ligjare verbeter tenoor die wat ons in 2011 gebruik het. Hulle mantels is dikker en gewigretensie is meer in die orde van 80% as die 60% van 5 jaar terug.
Ek het so paar weke terug n kameelperd geskiet met n .500NE met Hornady DGX 570gr fabrieksgelaaide ammunisie, reg van voor af in die kuiltjie. Die hoeveelheid skade wat die koeel aangerig het was ongelooflik, Die koper mantel skeur oop (geen gekontroleerde ontplooing) en sny deur vleis en vitals. Laat my baie aan n boog se permanente wondkanaal dink. Die koeël wat ons herwin het het 480.1gr geweeg (of 84,2%) plus hy het 27mm (of 1.06") oopgemaak op sy wydste. Volgens my het die koeël sy werk 100% gedoen, as mens in ag neem dat hy verder as n meter in n reguit lyn gepenetreer het. Jy weet self hoe dik is n kameelperd se borsbeen(brisket)...
Dis maar net ter inligting oor waar Hornady nou met hulle DGX trek. Ek het ook besluit dat ek die Hornady DGX fabrieksgelaaide ammunisie in my .500NE gaan gebruik nadat ek die risikos en uitdagings met die herlaai van n dubbel gesien het. Sal as ek nie meer so nat agter die ore met die "two-pipe" is nie self vir hom beginne herlaai.
Ek het jou vraag geantwoord met die DGX fabrieks ammo in gedagte omdat ek aangeneem het jy gaan nie baie die sneller trek nie. Nie geweet dit gaan jou "bakkiegeweer" wees wat so baie gaan skiet nie. Dan maak herlaai verseker sin.
Ek besit nou nie n .416 kaliber nie maar uit my .375 Ruger (ook n 20" loop Alaskan) skiet ek n 270gr TSX teen 2550 fps. Sal n buffel se longe op enige angle raakskiet met daai kombinasie, daarvan is ek oortuig. Jou 380 gr gedagte is die regte een. Mag jou koele reguit vlieg my ou vriend.
Groete
Stefaans
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Wed Feb 10, 2016 8:29 am
by Stefan764
O ja askies ek het een ding vergeet om te sê:
Good, Better, Barnes.
Groetnis
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Wed Feb 10, 2016 8:33 am
by Supacow
Stefaans
Sal jy die twopipe by jou handtekening aanheg dan kan ons sy credentials sien.
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Fri Feb 26, 2016 11:26 am
by Geno
Manne,
Dankie vir almal se insette.
Johan Kriek het vir my softs en solids in 375gr gemaak.
Die solid is 'n raps korter en het 'n groter meplat as die soft om op te maak vir die feit dat hy nie 'n gat voorin het nie.
Die ogief is identies, so hulle behoort bitter na aan mekaar te skiet op 50m, so ek kan net ammo ruil wanneer nodig.
Daar is 'n node presies op maks druk teen 2400fps, so ek sien baie moeilikheid wat kom vir alles vanaf varke tot op T-Rex indien nodig...
416 375gr Kriek2.jpg
416 375gr Kriek.jpg
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Fri Feb 26, 2016 11:28 am
by Stefan764
Geno ons moet bietjie die goete toets...
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Fri Feb 26, 2016 11:30 am
by Geno
Stef. Dis gevaarlik om koele saam jou te toets.
Man kry lelik sonbrand en sooibrand van al die Kalahari-sappies...

Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Fri Feb 26, 2016 11:31 am
by Hercules Louw
Geno, het jy bevestig of daai solid betroubaar voer?
Re: .416Ruger ideale koeelgewig
Posted: Fri Feb 26, 2016 11:34 am
by Geno
Ons sal dit uitvind soos ons aangaan. Dis nie 'n produksie item nie (nog nie), so as daar veranderinge gemaak moet word, sal Johan dit doen.