Wat vang my lammers?
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Wat vang my lammers?
Pik
Het jy enige van die lammers afgeslag en gekyk vir bytplekke wat makliker aan die onderkant die vel sigbaar is. Tweedens die plekke waar die gate ingevreet is in die sagte plekke is dit skoon netjies gevreet of is daar los velle aan, maw geskeur?
Die bek gedeeltes kan baie maklik jakkalse wees maar kan ook ander diere wees soos meerkatte wat kom vreet terwyl die lam le^. Kon jy enige spore sien in die omgewing en dan 'n ander vraag, is daar bobbejane naby?
Groete
Heinrich

Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
.::Alwyn-U::.
- Hero Member

- Posts: 947
- Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm
Re: Wat vang my lammers?
Is 'n bobbejaan so dat hy sulke skade sal aanrig? dis mos lekker groen nou, hulle sal nie sommer lamers vang nie
-
Pik
Re: Wat vang my lammers?
Manne, hierdie probleem duur nou al 'n jaar en 'n half by my en die naby bure. Ek het 4 lamseisoene in 'n jaar en by elke seisoen gebeur dit maw dit wil voorkom nie net as dit die ongedierte se lamtyd is nie. Nee, hier is nie bobbejane nie. Die ding vreet net so een of twee lammerbekkies per nag. Sommiges het fyn bytplekke onder die vel by die keel en soms op die rug ook. Die plaas is ver van die berg en hiers net klowe en lande, veld is baie beperk. Spore is moeilik om te kry, want dis ou gesaaide lande waar die skape loop. Hier was nog nooit rooijakkalse in die omgewing nie slegs bakore. Die bakore is ook al aan die uitsterf.
Groete aan almal.
Groete aan almal.
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: Wat vang my lammers?
Pik
Jou storie het my gisteraand, ten goede, 'n slapelose nag gegee. Mens moet net nie ophou dink nie. Jou terrein klink my, gee ons hier die "voordeel"- stel van die "trail cameras" wat hulle hier op die forum bespreek in die lande, toegangs roetes, ens op en begin die beweging moniteer- ek glo dit gaan nie lank wees nie dan het jy die skuldiges. Die kameras is nie goedkoop nie maar is seker nie so duur soos jou probleem nie.
Hou ons op die lig met die verloop van sake.
Groete
Jassie

"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Wat vang my lammers?
My opinie: rooijakkals soos die ander se sy soek kalsium die tyd van jaar . Hier maak hulle ook so
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Wat vang my lammers?
Pik
By wyse van eliminasie kan ek die volgende se^:
Nie Cape Fox (draai jakkals) - groter lammers en ooie te groot.
Nie Rooikat of Groukat (African Wild cat)- kwes nie 'n lam nie en sal daar duidelike bytmerke aan keel wees en katte vreet nie binnegoed nie.
Nie honde nie - honde verskeur en kwes baie en vreet slordig, kan maklik gesien word as dit honde is.
Nie bak-ore nie ooie te groot en moet hulle bederf wees en in groot getalle voorkom voor hulle so iets sal doen
Dit laat die vraag van Rooijakkals en Ratel.
Ratel vreet die tong en is dit nie in die geval gedoen nie.
Volgens my beskeie mening is die jakkals die skuldige.
Het veskeie gevalle gekry waar bekke afgevreet word vir kraakbeen en so ook die ore. Die ingang in die lieste is jakkals se "trade mark" en baie gevalle is gedokumenteer van jakkalse wat agter net onder die boude vreet en waar die lam nog lewe.
Die feit dat die jakkals nie inkom as daar geroep word nie is nie te se^ dat hulle nie in die omgewing is nie. Jakkalse het ook vir etlike jare nie in die kusgebied van bv Gouritsmond voorgekom nie en is hulle ook nou daar in hulle volle glorie.
My 2c en ek hoop jy kan die skuldiges kry. Moontlik moet jy kyk of daar nie 'n professionele jakkals jagter daar by jou kan uitkom nie. Ek weet Dries Barnard werk in daardie omgewing, moontlik is daar ook ander ouens wat bereid sal wees om te kom help.

Last edited by jaracal on Sun Jun 19, 2011 12:08 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Ooploop
- Jr. Member

- Posts: 81
- Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm
Re: Wat vang my lammers?
More Oom Heinrich
Glo dit gaan goed?
Ek weet Bertie het by Pik se buurman op n rooijakkals uitgery en hom geskiet,so ek dink ook maar dit is rooijakkals.
Hier by my(Riversdal) was nooit rooijakkalse,my broer en pa het so 2 jaar terug in die duine jakkals met honde gejag en geskiet.Hierdie jaar het my broer weer jakkals spoor in duine gekry,as oom kan onthou het ek oom die 22ste Mei gebel om raad te vra,daardie aand het ek hom geroep,hy het ingekom na 35min,n groot reun.
As gevolg van die droogte wat hier was moes ons ooie laat lam in die duine,dit is waar hy toe begin vang het,ons het 4 lammers verloor en die een buurman 56 skape.Na die jakkals geskiet is was alles verby.2 weke terug het hulle weer jakkals spoor daar gekry.
Gelukkig is dit maklik om spore daar te sien,want dis sand grond.
Hier op die vlakte waar ek is begin die jakklse nou almeer inkom,dis baie sleg vir ons,maar hulle is verseker hier.
Mooibly
Ooploop(Abri)

More Pik
As ek mag vra,wie het geroep by jou?Het jy van dat jy die "topic" begin het al weer skade gehad met die vangery?
Ooploop
As ek mag vra,wie het geroep by jou?Het jy van dat jy die "topic" begin het al weer skade gehad met die vangery?
Ooploop
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Wat vang my lammers?
Hallo Abri
Goed om van jou te hoor, moontlik kan jy vir Pik gaan help, ek het nie geweet hy is so naby aan jou nie.
Groete
Heinrich
Goed om van jou te hoor, moontlik kan jy vir Pik gaan help, ek het nie geweet hy is so naby aan jou nie.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
-
Pik
Re: Wat vang my lammers?
Nou is ek keelvol vir die onding. Ek het 9 lammers in hierdie afgelope week verloor weer dieselfde patroon bekke af en die lam lewe nog. Een ooi is ook gevang met die boud uitgevreet. Asseblief nou soek ek dringend hulp as ENIGE een kan help kontak my asb by 084 5166944 ek is nou desperaat om die ding vrek te kry.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Wat vang my lammers?
Pik,
Hoop jy kom reg dit is groot skade...
Hoop jy kom reg dit is groot skade...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Tjopie
- Newbie

- Posts: 10
- Joined: Mon Aug 01, 2011 9:03 pm
Re: Wat vang my lammers?
More
Ek woon in Prins albert en hier het die boere ons al vertel van ratels en otters wat lamers se bekke en ore af vreet.
groete
Tjops

Francois Briedenhann
- Sr. Member

- Posts: 452
- Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm
Re: Wat vang my lammers?
Ek dink die enigste raad is Trail cams dis baie geld maar sit n paar op.
Groete en sterkte!FB
Groete en sterkte!FB
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Wat vang my lammers?
PikPik wrote: Nou is ek keelvol vir die onding. Ek het 9 lammers in hierdie afgelope week verloor weer dieselfde patroon bekke af en die lam lewe nog. Een ooi is ook gevang met die boud uitgevreet. Asseblief nou soek ek dringend hulp as ENIGE een kan help kontak my asb by 084 5166944 ek is nou desperaat om die ding vrek te kry.
Kon jy al uitvind wat dit was, en kon julle al n plan maak?
Skolla
- Hoender
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Sun Sep 04, 2011 3:21 pm
Re: Wat vang my lammers?
Pik,
kry jy lammers wat sommer 'n paar by mekaar vrek le? ek het die lam seisoen gesien toe ek 'n kat daar gehad het, dat hy 12 lammers in 'n radius van 20m vrek gebyt het. Neem aan hy speel hul vrek. kan nie veel raad gee nie. Al wat ek kan se is dat jy om die nek moet afslag en kyk vir naelmerke. by ons het ek dit nog nie gesien nie. Jakkels by ons vreet die lammers se anusse( gebruik maar ordenlike woorde) uit.
Sterkte met jou dilemma
Hoender

.308 SAKO
- Dawid
- Hero Member

- Posts: 1079
- Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm
Re: Wat vang my lammers?
Nou waneer hoor ons wat die uitslag hier was....of is die dokket verlore.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
-
Pik
Re: Wat vang my lammers?
Aan alle belangstellendes julle sal dit nie glo nie, maar die ongedierte (rooijakkals) is redelik stil by my a.g.v verskillende boere metodes
no. 1 eers het ek elke aand so na 5 gewone dra radios in al die kampe op 'n klip hoop waar die skape slaap gaan sit en op 'n lekker musiekstasie kfm gestel of watter een ook al opgevang het. So speel ons dus elke nag heerlik musiek in die oopte en m?re oggend vroeg gaan haal ek weer die radios. Geen lammers gevang, maar as ek die radio vergeet is daar moeilikheid. My vrou begin kla oor die batterye wat aanmekaar gekoop moet word en toe maak en plan no 2
no.2 ek kry klokkies by my BKB agent en sit so vir 4 - 5 skape per trop om hulle nekke. Siedaar ta vang niks! Ongelukkig net oral by my bure wat nie klokkies of radios het nie en ek stuur die raad vir hulle ook en ta bly weg. Dit klink vrolik hier op die plaas amper heeljaar kersfees met al die klokke en sover is jakkals stil, maar die rooikatte steur hulle nie aan die radio of die klok nie en vang lekker, maar met hom het ek 'n plan en kry hom gou.
Of die truuk lank gaan werk (ek is darem nou al van Aug besig) weet ek nie, maar ek hoop vir die beste en my lammers word mooi groot.
Groetnis uit die Suid Kaap en voorspoedige 2012.

Niel Viljoen
- Newbie

- Posts: 45
- Joined: Wed May 05, 2010 9:21 pm
Re: Wat vang my lammers?
Pik
Sien nou eers die nood waarin jy was sorry vir al die swaar verliesse!!!
JAKKIE !!!!! JAKKIE !!!!!!!!! JAKKIE !!!!!!!! en nogmaals jakkals.
Kraakbeen is n groot behoefte vir die rooijakkals se dieet veral sekere tye van die jaar en in sekere streke meer as in ander. Dit is ook nie altyd net die jong jakkalse wat verantwoordelik is vir hierdie vangpatrone nie. Ons moet duidelik definieer tussen vangpatrone waar jong jakkalse baie keer die skuld kry vir afgebyte neuse en of dit n behoefte is aan kraakbeen van die groter jakkalse byvoorbeeld dragtige of lakterende tewe.
Baie belangrik om altyd datums te heg aan die vangste sodoende kan ons dit vergelyk met die siklus van die onderskeie predatore en dan miskien n skuldige identifiseer. Verder speel die doodmaakpatroon net so n geweldige rol, sekondere roofdiere op die spesifieke vangs mag altyd voorkom. Die lammers met die afgebyte neuse is jakkals die pensies wat uitgevreet is kan heel moontlik sekonder wees. Ek weet in jul wereld (bietjie nader aan kus Gouritsmond) sukkel ek baie met die seemeeue wat die spesifieke patroon vreet wat die foto uitwys. Baie groot probleem in daardie wereld.
Ratel byt ook neuse af ja. Indien jy vermoed dit is ratel voel baie deeglik af onderkaak nie gebreek is nie en let op of daar aan die tong gevreet is.
Bly jou verliese het gestop met die metodes wat jy aangewend het. Onthou tog net dit is net tydelik en jy het hul net weggejaag. Daardie teef het nou kleintjies bygekry en sy gaan verseker terug wees. Die bekke is meer en daarvolgens gaan die skades en verliese aanpas. Probeer die kern van jou probleem identifiseer en spreek hom erenstig aan. Dit klink vir my of daar genoeg kundiges in jou area is.
Groete
Niel

- theedge
- Hero Member

- Posts: 5012
- Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am
Re: Wat vang my lammers?
Dankie vir terugvoering en baie sterktePik wrote: Aan alle belangstellendes julle sal dit nie glo nie, maar die ongedierte (rooijakkals) is redelik stil by my a.g.v verskillende boere metodes
no. 1 eers het ek elke aand so na 5 gewone dra radios in al die kampe op 'n klip hoop waar die skape slaap gaan sit en op 'n lekker musiekstasie kfm gestel of watter een ook al opgevang het. So speel ons dus elke nag heerlik musiek in die oopte en m?re oggend vroeg gaan haal ek weer die radios. Geen lammers gevang, maar as ek die radio vergeet is daar moeilikheid. My vrou begin kla oor die batterye wat aanmekaar gekoop moet word en toe maak en plan no 2
no.2 ek kry klokkies by my BKB agent en sit so vir 4 - 5 skape per trop om hulle nekke. Siedaar ta vang niks! Ongelukkig net oral by my bure wat nie klokkies of radios het nie en ek stuur die raad vir hulle ook en ta bly weg. Dit klink vrolik hier op die plaas amper heeljaar kersfees met al die klokke en sover is jakkals stil, maar die rooikatte steur hulle nie aan die radio of die klok nie en vang lekker, maar met hom het ek 'n plan en kry hom gou.
Of die truuk lank gaan werk (ek is darem nou al van Aug besig) weet ek nie, maar ek hoop vir die beste en my lammers word mooi groot.
Groetnis uit die Suid Kaap en voorspoedige 2012.
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !

- JopieFourie
- Full Member

- Posts: 163
- Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm
Re: Wat vang my lammers?
Dag almal.
Ongelukkig, soos meeste alternatiewe, werk klokkies net vir so rukkie. Weet van so paar manne waar die lam met die klok gevang is. As ek voorstel kan maak, gebruik hierdie tyd om die probleem uit te sorteer. Trailcams, slagysters, roep. Wissel die manier af met 'n rond ry so nou en dan na donderstorm net met lig.
Is ver van profesionele jak jagter, maar dit is wat ek sou doen.

projag
Re: Wat vang my lammers?
Wange weggevreet -- tot groot ooi en die dier lewe nog. 99% seker ratel.
Stel vir hom hok of doen nagwerk en soek hom met lig in sy loopgebied.
Selfde probleem gehad -- ratel in hok gevang en nou na jare nog nie weer die probleem nie.

- Arno Pienaar
- Sr. Member

- Posts: 280
- Joined: Sat Oct 15, 2011 9:37 pm
Re: Wat vang my lammers?
Jammer vir my dom andwoord maar dit kan dit ook wees want dit klink bekend hier by ons in die vrystaat is daar baie vlei en slote en riviere en hier maak die otters die selfde probleem met die lammer maar nog nie ondervind met groot skaape nie. Pienaar
Arno Pienaar
Edenburg
Suid-Vrystaat
Edenburg
Suid-Vrystaat
-
projag
Re: Wat vang my lammers?
Pienaar
Ons het ook af en toe otters -- het tyd gelede een by lam geskiet.
Ek dink egter nie otter het die krag om grootskaap vas te druk nie -- ratel doen dit wel.
Probeer hok met heuning vir ratel of vis vir otter --- weet nie of dit sal werk nie -- die slimmanne sal kan help.