Wat het jou al gestorm in die jag veld????

User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by BLOK »

Lyk my as ek so kyk ek het amper al al hierdie dinge ervaar.

Volstruis soos genoem in die verkeerde kamp op die regte tyd
Malkop koei soos bo
Mamba laang storie, en ek kry nog elke keer trane
Blouwildebees ek was op die bakkie en na die tweede duik hang hy nou in my sitkamer
Kudu koei gekwes en toe om dugte bos loop kom sy
Vlakvark sy twee gate sit seker nou nog in daai hilux se deur.
Leeu wyfie, sy was seker lus gewees vir bakkie ry net soos die blouwildebees nou hang sy langs hom.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by Hugo »

EK weet nie as hierdie as strom tel nie, my oom skiet 'n kudu koei, ons laai haar agter op die bakkie, man ek was in St.8 ek dink. sy le die hele bakkie vol agter, my pa sit op haar pens tussen haar bene en maak 'n joke en pluk haar aan die oor en reken "wat kyk jy so vir my" die volgende oomblik toe staan die koei op, jis almal spring soos mal goed van die bakkie af, en die boer hou aan ry. Ons het haar nie weer gekry nie, sys vandag nog weg,

Dit was 'n masiewe grap na die tyd.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by DWB »

ek weet van 2 poliesmanne wat op langplaas gaan jag het, toe skiet hulle 'n bok en laai hom agter in die cheesevan, so paar min later toe staan meneer die bok op... Nou daar is toe nou 'n gat of twee in die wa se dak, maar die bok is op die ou end geslag...
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by Gerhard »

300Winmag wrote:
spekieries wrote:
Altyd 'n vragie wat gevra moet word as jy op 'n nuwe plaas jag. Het jy volstruise?
 
Selfde - hy moet so 2 keer vir my kyk dan is hy 'n stoffer...
+ 1
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by BLOK »

Gepraat van Kaaswa ek weet van twee ouens ;) wat wat sonder dat die kaase geweet het die wa geleen het en toe kudu koei gestamp het dat sy agterop le. Die bakkie kon nie verder ry nie maar die koei was gelaai.

As daar polisie manne met hart is al boer hulle op langplaas was dit detyds se manne van die kalahari. Hulle het baie manne uit die gehelp.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by James Wilson »

vlakvark, was die oorsaak hierso ;)
[img width=560 height=420]http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... C00045.jpg[/img]
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by BLOK »

Janee dit kom nou van as n mens n vark vlak vat ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by JACQUES BOTHA »

Enige iemand al bestorm deur n isuzu bakke in die veld?

Op n oes stop ek teen n hek en klim uit om te fluit stap toe so tien tree terug in die pad en ontlas heerlik toe hoor ek die volk skree pasop..
Toe kom daai lorrie met die 25 springbok aan die hakke...ek moes verwoed uit die pad duik, met my 150 kg van pure passie lyfie...so liogte besering opgedoen want ek het ot noggie toegezip nie..
Maar ek kan nie soos James foto's wys nie...
Heerlik bly en soet wees
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by BLOK »

;D ;D ;D ;D ;D ;D
Lekker lag ek nou
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by Hugo »

Isuzu bakkie, hahahahahahahahaha,

My ex-baas het oor hom self gery met 'n golf karrietjie, nou dis was snaaks.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
300Winmag

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by 300Winmag »

Hugo wrote: Isuzu bakkie, hahahahahahahahaha,

My ex-baas het oor hom self gery met 'n golf karrietjie, nou dis was snaaks.
Haha - dit moes snaaks gelyk het !
User avatar
Wielie Waps
Hero Member
Hero Member
Posts: 866
Joined: Sat Sep 26, 2009 9:31 am

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by Wielie Waps »

JB
Dalk was daai Isuzu vroulik gewees. ;D
Geroer-nie geskud nie
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by James Wilson »

Wielie Waps wrote: JB
Dalk was daai Isuzu vroulik gewees. ;D
ja, Isusie ;)
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
grumpy

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by grumpy »

Ek het gehoor van manne wat gaan jag het. Hulle het n bakkie gehuur vir die jag. Die Koedoe is geskiet en gelaai. Na so ent besluit die Koedoe om wakker te word. Vensters is uitgekop, bakkie is stukkend geskiet en n moerse rekening van die mense vir die bakkie wat af geskryf was na die bok en die geskietery. Weet nie hoeveel vleis hulle na dit gehad het nie!  :angel:
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by Hugo »

My Pa hul het in die vroee 90's gan jag in die Baltimore area by 'n oom Kerneels, hy neem toe klomp werks mense saam wat hy paar gunse skuld, jul weet mos mar hoe dit werk, hy vat sy een pel saam Oom George, nou die oom is 'n karakter en 'n half, hys een van daai ou duck tails.

Anyway, hy huur kombi vir die hele trip, almal is in en daar gat hulle, kom die aand so 9uur op die plaas, oom George klim uit en maak die hek oop, volgede oom blik hardloop oom George voor teen die kombi op tot op die dak regoor tot op die trailor en skree klip hard LEEEEEUUUUUUU!!!!!!

Hy skree gee my 'n geweer hy gan my vreet, hulel skree hy is op die trailor die gewere is daar binne, gelukig kom die boer, oom Kerneel toe daar aan en sien die probleem, hy maak almal rustig en se nee die is die mak luiperd, sy byt nie, syt 'n klok om haar nek sodat sy nie die bokke kan vang nie, so dan as sy honger is kom sy na die huis toe en hulle gee vir haar vleis.

Alles goed en wel, eerste dag in die veld, alles gan moooi, daai aand kuier die manne lekker, Oom George slaap in die sitkamer want daars nie genoeg beddens nie, hy word die volgende oggend wakker toe le daai kat lngs hom op die bank. Kry hy weer so klein hart aanval, toe die boer daar buite stop se hy die ding moet geskiet word, die boer se nee man hy sal jou niks maak nie, Oom George se man, jyt gese hy kom dan net huis toe as hy honger is.

My pa hulellag en vertel daai storie vandag nog as hulle erens kuier.

PS: Die kombi het daai jare R2500 se skade aan die dak gehad waar oom George oor gehol het om weg te kom van die "Leeu" af.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by James Wilson »

Hugo, dankie, ek het nou werklik lekker galag.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by DWB »

Eish, ek sou bruin merke in die verf agtergelos het...LOL
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by Dawid »

Janee ek dink dis n gesig om te sien.  :laugh:
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by whisper »

Ai manne, ek lag nou so lekker! Die beste ding van meeste van hierdie stories (gaan kyk maar), is dat hulle almal gebeur het met julle Pa of families. Dit is vir my fantasties, dit is dinge wat julle met jul families/pa's gedoen het wat julle nooit sal vergeet nie. Hoe anders wil julle hulle onthou? Is dit nie die beste ding om aan daai dinge wat jy saam gedoen het te sit en lag nie?

Dankie julle almal.

Whisper. ;D
Praise the Lord, and let the bullets fly!
Francois Briedenhann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 452
Joined: Mon May 17, 2010 7:56 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by Francois Briedenhann »

Oom whisper oom praat nou waar. Dis die goeie ou dae.


Leka dag
300Winmag

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by 300Winmag »

Ek en my neef het met die windbukse op hulle plaas loop en duiwe jag. Ons kom toe op die
likkewaan af - maar hy l? lekker stil soos iets wat dood is.
Ons sluip toe nader tot ons by hom kom - my neef druk toe teen hom met die loop
maar daai ding vlieg om en storm reg op ons af. Ek gaan toe daar deur 'n doring bossie
asof dit 'n oop deur is.

Dit was snaaks, maar eers later, baie later.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by BLOK »

Nou dat ek die likewaan storie lees laat onthou dit my aan jare terug, ons was so standerd 3 as ek reg othou. Loop ek en n maat van my PD en my boetie op die plaas al langs die botswana grensdraad veld af sommer net en voels skiet met die windbukse. Nou net die week voor dit het leeus van botswana op een van die buur plase deurgekom en bees gevang.

So stap ons toe die dag te ver en toe die warm kalahari son vir ons goed gebak het en die dors ons beet kry en die bene nou al lam geloop is, toe dink ons eers daaraan om terug te loop huistoe. Met die terugstap huistoe praat ons toe nou ook van dinge in die veld wat gevaarlik is en n man kan storm. Julle weet mos maar hoe gaan dit ouboet maak altyd vir kleinboet bang. En met die moe bene kan hy nie byhou nie en ons maak hom net banger en vertel vir hom dat die plaas werkers het die vorige dag juis in daai kamp leeu spore gekry.

Nou laat ek julle vertel net daar terwyl ons die man bang praat van leeus vlie daar mos hier by ons uit n rosyntjie bos n ding. Manne laat ek julle vertel PD is loshande bo oor die Botswana grensdraad met sy baie dorings, ek maak n 180 grade draai in die lug en pak n draf uit wat ek nie geweet het bestaan nie. Eers na n hele ent besef ons toe dis n steenbok wat le en rus het en ons hom toe skruk gemaak het.

Kan net noem dat daai boetie van my het ons eers weer by die huis gesien, die man het net daar en dan vergeet van hoe moeg hy was en met n stofstreep gehardloop tot daar.

Ek en Pd lag nounog as ons kuier oor daai dag.

Blok.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by Louis102 »

...Nou nie die jagveld nie, maar so paar jaar terug hoor ek daai onmiskenbare GIL van my vrou.  Daai gil beteken net een ding: "SLANG!!!!!!! JY MOES AL HIER GEWEES HET MET DIE ROLLIE !!" (het haar mooi geleer om nie vir slang uit die oog te verloor nie, want ek is grillerig vir die goed en hou nie van soek as ek nie weet waar die glibberige ding hom bevind nie.)  Nou die gil het daar van ons plaas se "french-drain" se kant gekom en ek gebruik toe sommer ook die beton deksel/dak van die drein om hoogte te kry om die slang te kan sien.  Nou weet julle seker al klaar wat oppad is, ek skiet die MA-se geelslang los mis met die vrou se 38 special (wat toe nie snakeshot ingehad het, soos sy weet daar moet in wees nie) Geelslang besef toe hier's moeilikheid en maak toe vir sy blyplek wat binne die drein is waarop ek staan, en soos die skote loop (moeilik om 'n slang raak te skiet terwyl jy weghardloop, het ek agtergekom), so haastiger storm slang vir sy gat!  Nou ek weet nie of julle al vir geelslang sien vlug het nie, hy trek mos daai kop/nek so breed plat om homself gevaarliker te laat lyk vir sy aanvaller.  Grillerige besigheid!

Toe ek my vrou soek vir nog ammo (die slang is toe sonder 'n letsel van my kant af by die drein in), toe is sy weg!  Sy dog toe verseker dat die slang het my bestorm, aangeval en doodgepik het.  Haar storie is dat sy maar weggehardloop om dit nie te aanskou nie.  (ek dink egter sy het gaan kyk of die testament nog op sy plek in die kluis is, maar sy ontken dit)
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by Raven »

Louis,

Nou het ek lekker gelag  ;D  ;D

Mooi man

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Wat het jou al gestorm in die jag veld????

Post by Freek »

Manne ek geniet julle stories en vertellinge hier... Kon myself ongelukig nie weerhou om julle my storie te vertel nie.

Die 2 leeus traai my mos eendag toe ek bosvarke jag, mannetjie bekruip my van voor en wyfie bekruip my van agter. Gelukig vir my waai die wind mooi en ek ruik onmiddelik lont. Toe daai maannetjie spring, gryp ek na die grootste teiken om hom te neutraliseer voor hy my kan seer maak. Gelukig vat ek raak en ek hou my "grip" tot by die bakkie... die wyfie het ook dadelik oor gegee toe sy agterkom in watse panarrie haar wederhelf is. 'n Goeie vrind van my was gelukig  naby om 'n fototjie te kon neem...

[img width=560 height=419]http://i431.photobucket.com/albums/qq38 ... L/leeu.jpg[/img]
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Post Reply