Page 2 of 2

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Mon Nov 02, 2015 3:41 pm
by Carl
Net vir duidelikheid dit is nou vir algemene bestuurs toestande in die dorp ens. Ek oefen maar vanuit 3 uur, myne kan ek dra daar. Dit is wel nie ideaal nie, maar binne voertuig is swak plek. Ek is ekstra wakker en beplan rondom eers voertuig as wapen aan te wend.

Ek dink ook dis beter om deesdae in die aande met hom in die hand te loop.. jy weet nooit wie wil jou bladskud nie. Ek dink met WML sal dit goed werk. Die lig verhoed dat iemand die pistool ID.

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Mon Nov 02, 2015 4:07 pm
by Ratel
Ek like daai holster van Ross wat jy spesifiek voor jou dra tydens bestuur. Hy kan mooi werk. Kan nie die model onthou nie

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Tue Nov 03, 2015 7:33 pm
by Alwin
Die probleem met voertuig-gemonteerde holsters is, dat jy die wapen die een of ander tyd daar gaan vergeet. Gewoonlik gebeur so iets, as jy haastig moet uitspring om iets of iemand uit te sorteer of te red. En as jy terugkom is die yster weg...

Dra hom liewers aan jou. Daar is ander opsies in 'n voertuig, want aan die belt (3-4uur) met veiligheidsgordel is vir meeste van ons totaal onbereikbaar.

Hou ook in gedagte, dat as jy in die bestuurder-sitplek sit, gaan jy baie moeilik enige wapen met jou regterhand hanteer. Veral as die ruite toe is, kan jy basies niks doen nie. Leer dus om die wapen met jou linkerhand te gebruik, veral in 'n voertuig. Oefen eers sonder ammu, voor jy dalk ekstra ventilasiegate insit.

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Wed Nov 04, 2015 6:59 am
by Ratel
Hier is my volgende holster wat ek gaan aanskaf.

http://www.rossgun.com/DRIVING_HOLSTERS.html

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Wed Nov 04, 2015 8:31 am
by zipp
Vanaf die artikel: die 357's het almal 38+p ammo gebruik, nie 357 nie.
Die koels hat opgebreek op menslike weefsel (een kop wond) sowel ass op die voertuigbakwerk - dit is dalk meer belangrik om koels te gebruik wat die verskuilings materiaal kan penetreer as wat te vinnig oopmaak, daar was n paar koels wat net nie ver genoeg gepenitreer het nie. Hierdie is veral van toepassing in die groot groep/ plaasaanval scenario.
Skoot plaasing is krieties, n wond in die arm of voet stop nie n mens nie al is dit van n 12 boor af. Twee, cenre mass is goed, skiet maar n derde skoot in die kop as jy kan. Die aanvaller bly n bedreiging tot hy ophou skiet of totdat jy hom dood skiet.

Plaashaas. Ons het n kajuit van n ou B16 mazda bakkie op die skietbaan wat ons gebruik vir sulke oefeninge. hy was gebou vir en deur die Japanese. Die groter ouens trek hom aan soos n baadjie. Werk baie goed om jou te wys hoe jou toerusting werk as jy in n voertuig is. Jy sien vinnig hoekom die manne met ondervinding hul wapens op 3 uur dra. As jy dit nog nie geoefen het nie gaan jy n toets dop waneer dit saak maak.

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Wed Nov 04, 2015 8:53 am
by Fonsie
Eugene. ek het al met manne gepraat wat die dinge redelik beproef op n' gereelde basis.

almal stem saam, daar is nie n' goed, beter, beste plek om jou wapen te dra in n' voertuig/kaping situasie nie.

Geheim is om waar jy hom ook al dra, 5uur soos ek al vir 15 jaar of onder die stuurwiel... Oefen Oefen Oefen... om by jou wapen uit te kom.

Elke situasie is anders en geen persoon kan jou voorse wat om te doen nie. Jy is op die einde van die dag verantwoordelik vir jou en jou insuttendes se veiligheid.

Almal stem saam, indien die situasie dit toelaat, beweeg uit die voertuig.. eers vrou en kinders, dan bestuurder, en laat die booswink toe om weg te ry.. jy sal vooraf soos jy nou daar voor jou rekenaar sit, moet besluit wat jou reaksie gaan wees, want die @#!@#$ is dalk daar om jou dood te maak, ongeag van hoeveel weerstand jy bied...

Kort en lank is .. kontak situasies uit n voertuig is n taktiese nagmerrie....

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Wed Nov 04, 2015 9:10 am
by Plaashaas
Almal soen seker sy vrou op sy eie manier.

My pistool is altyd 3:30 IWB selfs al le ek voor die TV of bestuur. Ek het egter `n regiment wat ek volg as ek in die bakkie klim deur eerstens my hemp of baadjie agter die pistool in te druk. Die kanse is goed dat jou linkerhand besig gaan wees op die stadium wat jy vir jou pistool gaan en dus is daar nie die opsie om klere uit die pad te ruk soos met gewone "concealed carry" nie. Ek dra nie `n safety belt nie so dit help seker in die geval my situasie, of dalk nie. Tweedens veskuif ek my pistool in `n meer regop posisie, nogsteeds 3:30. Dit maak dit makliker om hom te kry, beskerm die sitplek en is gemakliker.

Oefen dan maar om jou pistool vining te trek in daardie posisie. Wat vir my werk is om links vorentoe te le.

Belangrik om te onthou is dat jou pistool jou "secondary weapon" word sodra jy in `n voertuig is. Gebruik jou voertuig vir "fight or flight". Dit gaan bitter moeilik wees vir `n boef om jou te skiet as jy weg jaag of hom trap met `n 24000000gr bakkie.

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Wed Nov 04, 2015 9:33 am
by Eugene
Kyk, kom ek verduidelik wat gebeur het en my anders laat dink het oor waar my psitool moet wees as ek bestuur. Ek is een laatmiddag op die plaas, skielik verras deur 5 "bogeys" toe ek by 'n hek gestop het. Daar was (daar is nie meer nie!) bosse aan die kante van 'n nou gang. My SD wapen was in sy holster en op omtrent 4 uur, waar dit gemaklik is vir my om te bestuur. Die "bogeys" was nie ooglopend gewapen nie, maar het teen my deur gestaan en die ruit was oop. Wat hulle bedoeling was, weet ek nie, maar hulle het soos mis voor die son verdwyn toe ons plaasbestuurder met sy bakkie van die ander kant af om die draai gekom het. Wat my egter opgeval het, was dat daar geen manier was dat ek toegang tot my SD wapen kon kry, sonder dat hulle dit agtergekom het nie. Die verrassingselement was aan hulle kant en hule het onmiddellik die bakkie afgesluit en gelukkig die sleutel in die bakkie laat val, so daar was nie sprake van die voertuig as wapen gebruik nie....

Ek het daarna gedink aan 'n manier en plek vir my pistool, waar ek 'n soortgelyke situasie kon vermy en ook die pistool met my linkerhand kon bykom om sodoende makliker na regs te kan skiet. Die beste plek was direk onder die stuurwiel, waar ek dit maklik met beide hande kon bykom, sonder om my bolyf onnodig baie te beweeg en waar dit steeds moeilik sigbaar is vir 'n persoon wat by die ruit staan. Ek het al deur meer as een padblokkade gery, waar die beampte wat direk langs my deur en met die oop ruit gestaan het, nie eers die pistool daar gesien het nie.

Nou wil ek nie domastrant wees en julle goedbedoelde raad en advies in die wind slaan nie, maar ek voel dat, net soos 'n roker nie uit die bakkie klim sonder sy twak en aansteker of enige ander persoon sonder sy selfoon nie, is hierdie iets wat mens moet oefen en aanleer as 2de natuur. Dit help natuurlik ook dat my linker knie teen die pistool druk as ek wil uitklim met dit in die holster, so ek het nog nooit die pistool daar "vergeet" nie.

Ek besef die negatiewe punte van my manier, maar voel steeds dat dit beter om maklike toegang tot jou SD wapen te hê, as om dit op 'n veilige, maar ontoeganklike plek te hê.....

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Wed Nov 04, 2015 10:36 am
by Carl
Eugene
Ek hou van wat jy skryf, ja daar is nie altyd 100% 'n antwoord nie. Daar is wel riglyne. Dit laat ons almal dink... Ek was ook al in 'n situasie wat ek besef dat my "draw" baie beperk of stadig is. Dit help om soms deur so oomblik te gaan - of dan te toets met gewone voetgangers in die verkeer. Die belangrikste is om die situasie te vermy of net daai 1 sekonde voor die wetters te wees.

Ek weet nie hoe mense nog op hulle selfone kan wees terwyl hulle ry nie. Jy gaan elke keer verloor in 'n kontak situasie.

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Wed Nov 04, 2015 12:57 pm
by PaulM
Het julle dalk al gesien dat 'n pistool teen 'n voertuigdak geholster is? Ek dink dit kan dalk goed werk,
want in 'n hijack-situasie steek jy mos jou hande in die lug, na die wapen toe? Wat dink julle is die voor-
en nadele daarvan?

Ek weet net nie hoe die die holster daar vasgemaak kan word nie. "Self-tappers" wat deur jou dak
uitsteek na buite gaan dalk nie so lekker werk nie...... ;)

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Wed Nov 04, 2015 1:12 pm
by FHM
PaulM wrote:Het julle dalk al gesien dat 'n pistool teen 'n voertuigdak geholster is? Ek dink dit kan dalk goed werk,
want in 'n hijack-situasie steek jy mos jou hande in die lug, na die wapen toe? Wat dink julle is die voor-
en nadele daarvan?

Ek weet net nie hoe die die holster daar vasgemaak kan word nie. "Self-tappers" wat deur jou dak
uitsteek na buite gaan dalk nie so lekker werk nie...... ;)
Velcro sal werk glo ek - dan sal jy net n dakholster moet he wat net n dakholster bly want die velcro moet aan die holster geplak word ook.
Hier bespreek n ou ook 4 plekke van SD wapen versteking in in voertuig kajuit - interressant!
https://www.youtube.com/watch?v=odT-CfS7lQs

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Wed Nov 04, 2015 1:31 pm
by Lourens Potgieter
Vir die SAPS lede hier, net 'n vraag...ek verbeel my meeste van die lede wat ek sien dra hulle hand wapens in 'n holster op die been. Is dit omdat hy makliker toeganklik is in voertuig?

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Wed Nov 04, 2015 2:36 pm
by Ratel
Deeg dis twee ledig. Eerstens omdat die koelvaste baaidjies en die standard uitreik holster nie mooi saam werk nie en tweedens spesifiek vir die baie tyd wat lede in voertuie spandeer. Daai been holster werk baie lekker vir dra in voertuig.

Ek is nie 'n groot voorstander om die wapen in die voertuig te holster nie omrede jy sonder 'n wapen gaan sit as jy skielik moet uitspring.

Re: Lesse te leer - FBI MIAMI Shoot out

Posted: Wed Nov 04, 2015 2:42 pm
by Carl
^^ "Listen properly" manne. Ondervinding tel ;)