Nuwe Jagter (soort van)

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Nuwe Jagter (soort van)

Post by Wouter Roets »

Hallo Swys

Baie welkom hier en ek hoop jy gaan jou gate uit geniet!

Vir n persoon wat sy eerste geweer wil koop en nog nie ondervinding in herlaai het nie is die Ackley's van kalibers so uit soos n persoon wat n WP trui dra op Loftus! Dit is n baie gespesialiseerde ding en moet verkieslik vermy word behalwe vir baie gevorderde persone.

My raad aan jou sal ook die 30-06 wees. Dit bly n uitstekende basis om mee te begin en as jy dan later wil byvoeg onder en boontoe dan is dit baie maklik. Vir jou wat net fabrieksamunusie gaan gebruik aan die begin het hy ook by verre die grootste verskeidenheid om van te kies. Wanneer jy gaan begin herlaai is dit ook n droomkaliber om voor te herlaai. Vir die prysklas waarna jy kyk sal jy ook met n nuwe geweer gemaklik kan regkom.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Nuwe Jagter (soort van)

Post by Dawid »

Welkom Swys14. Jy gaan dit beslis geniet hier. Die manne met die ondervinding en kennis is nie skaam om dit met ons ouens te deel nie.

Soos die knapie se....It`s for freeeeee
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Nuwe Jagter (soort van)

Post by Swys14 »

thx Wouter en Dawid vir die mooi woorde!

Lees alklaar lekker op die forum
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
Post Reply