Page 2 of 2
Re: inskiet van nuwe geweer
Posted: Thu Nov 23, 2017 10:52 am
by Malan123
Kom ek gooi 'n ander angle in. Het enige van julle manne al David Tubb final finish gebruik vir loop inbreek?
Re: inskiet van nuwe geweer
Posted: Thu Nov 23, 2017 10:53 am
by Supacow
308 is inherent akkuraat
270 is inherent onakkuraat
Dalk n ander kruit probeer
Re: inskiet van nuwe geweer
Posted: Thu Nov 23, 2017 11:46 am
by Eugene
Supacow wrote:308 is inherent akkuraat
308W, ek kan nie verskil met Superkoei hierbo nie. Die grootste probleem met ladingontwikkeling met 'n 308 is gewoonlik watter lading om te kies, want almal is gewoonlik ewe goed van die begin af. Ek sê altyd vir mense om met 42,5gr S335 te begin met 'n 0.5mm jump en gewoonlik (99% van die tyd) is dit amper spot-on.... Dalk moet jy nuwe topic begin en vir oom Driepoot vra vir QL raad en van daar af werk?
Messor, wat loop inskiet betref is daar gewoonlik 3 opinies daaroor: 1) die wat dit doen en daarin glo, 2) die wat dink dis nonsens en 3) die wat nog nooit daarvan gehoor het nie.... Ek doen dit ook, want ek het "gehoor" dit maak toekomstige skoonmaak van die loop makliker. Ek het dit egter nog net op nuwe lope gedoen en het ook paar 2de handse gewere gekoop wat ewe maklik skoonmaak en waar die "loop inskiet prosedure" waarskynlik nooit gedoen is nie. Siende dat ek in elk geval elke keer moes doppe fire form en dus tyd gehad het, het ek dit maar gedoen en kan nie sien dit sou skade maak nie.
Ek het egter oor tyd lui geraak en volg nie meer die prosedure so nougeset nie. Deesdae skiet ek 3x 1 skote op 'n slag en maak na elke skoot skoon en dan 2 x 3 skote en maak na 3 skote skoon en dan 2 x 5 skote en maak na 5 skote skoon.
Wat ek al agtergekom het, is dat "match" lope soos Krieger, vinniger begin skoon lappies gee as rak gewere se lope en dat 'n Savage loop NOOIT 'n skoon lappie gee nie....
Re: inskiet van nuwe geweer
Posted: Thu Nov 23, 2017 1:02 pm
by swc-tr
Eugene +1
Veral hierdie gedeelte: 1) die wat dit doen en daarin glo, 2) die wat dink dis nonsens en 3) die wat nog nooit daarvan gehoor het nie
Re: inskiet van nuwe geweer
Posted: Thu Nov 23, 2017 1:25 pm
by 308Win
Eugene wrote:Supacow wrote:308 is inherent akkuraat
308W, ek kan nie verskil met Superkoei hierbo nie. Die grootste probleem met ladingontwikkeling met 'n 308 is gewoonlik watter lading om te kies, want almal is gewoonlik ewe goed van die begin af. Ek sê altyd vir mense om met 42,5gr S335 te begin met 'n 0.5mm jump en gewoonlik (99% van die tyd) is dit amper spot-on.... Dalk moet jy nuwe topic begin en vir oom Driepoot vra vir QL raad en van daar af werk?
Messor, wat loop inskiet betref is daar gewoonlik 3 opinies daaroor: 1) die wat dit doen en daarin glo, 2) die wat dink dis nonsens en 3) die wat nog nooit daarvan gehoor het nie.... Ek doen dit ook, want ek het "gehoor" dit maak toekomstige skoonmaak van die loop makliker. Ek het dit egter nog net op nuwe lope gedoen en het ook paar 2de handse gewere gekoop wat ewe maklik skoonmaak en waar die "loop inskiet prosedure" waarskynlik nooit gedoen is nie. Siende dat ek in elk geval elke keer moes doppe fire form en dus tyd gehad het, het ek dit maar gedoen en kan nie sien dit sou skade maak nie.
Ek het egter oor tyd lui geraak en volg nie meer die prosedure so nougeset nie. Deesdae skiet ek 3x 1 skote op 'n slag en maak na elke skoot skoon en dan 2 x 3 skote en maak na 3 skote skoon en dan 2 x 5 skote en maak na 5 skote skoon.
Wat ek al agtergekom het, is dat "match" lope soos Krieger, vinniger begin skoon lappies gee as rak gewere se lope en dat 'n Savage loop NOOIT 'n skoon lappie gee nie....
My ander 308 skiet op 'n pennie.
Soos jy meld, omtrent met enige iets. S321, S341, S335. Die dat ek hoofpyn het.
Ek het maar net gewonder hoe lank ek nog moet sukkel voor ek die geweer moet terugneem wapensmit toe.
Re: inskiet van nuwe geweer
Posted: Fri Dec 01, 2017 5:00 pm
by 308Win
Vandag het die chronograaf meeste van die tyd gewerk Die massiewe hoeveelheid vog in die lug en die wolke wat van tyd tot tyd verbygekom het het my gekortwiek.
Ek is darem nader aan 'n antwoord.
Ek kan nie se of inskiet van nuwe gewere enigsins verskil maak nie. Miskien met standaard fabriekslope. Maar nie met match tipe lope nie.
Ek het WEER die Amax 168gr probeer.
Dop Sako, CCI 200, interne watergewig van 'n gevuurde dop 54.8gr. Tpl'e het ek 'n sprong van 0,8-1.5mm probeer. Dryfmiddel S341. 41gr gee 2607f/s en 41.5gr lewer 2638f/s. Maar geen groepe.
Dieselfde as bo behalwe S335 40gr lewer wel 'n 25mm groep (4 skote) maar die wolke pla en die enigste spoed wat registreer is 2468f/s. Ek vermoed dit is 'n foutiewe lesing.
'n PMP fabriekspatroon (180gr) wat ek oor die chrono skiet skop amper my oorklappe af. En toe ek die aksie oopmaak steek hy vas. 'n Dawerende 2750f/s. Ek dog toe dis 'n fout. Toe nie. Want die volgende ene vlieg deur die skerms teen 2764f/s. Ek sal 2x dink voor ek weer daardie nommertjie sal aftrek in daardie geweer.
'n PMP 168gr lewer 'n meer bedeesde spoed van 2674f/s.
Bietjie gatvol skiet ek toe 'n paar patrone wat ek sommer saamgevoeg het. 37, 38 en 39gr S321 agter 'n 180gr S&B sagtepunt. Ek weet nie eers wat die sprong was nie. Maar die tpl was 70mm. Doppe was ouerige PMP's uit die vorige bedeling met interne watergewig van 55gr. Op die kop.
37gr gee toe 'n spoed van 2450f/s, en 'n 25mm groep.
38gr gee 2505f/s en 'n 18mm groep.
En 39gr lewer 2552f/s en 'n 28mm groep. Almal op 100m.
Soos vermeld was dit 'n warm dag (35 grade) met hoe humiditeit.
Die chronograaf dink ek nie is foutief nie. Hy gee lesings van 2625f/s vir my 30-06 met 53gr S365. Wat reg lyk vir 'n 23.8duim loop.
Die 308 het 'n 26 duim 1 in 12 Walther loop.
My gevolgtrekking is dis 'n stywe loop met 'n klien kamer. Ek moet ligloop vir maksimum ladings. En ek sal weer na die S335 41gr lading gaan kyk.
Gte
C
Re: inskiet van nuwe geweer
Posted: Wed Feb 21, 2018 1:33 pm
by BenJacobs
Net vir interessantheid. As jy 'n 6mm loop boor na 243 toe is dit ook nodig om hom in te skiet?
Re: inskiet van nuwe geweer
Posted: Wed Feb 21, 2018 1:43 pm
by Rudie
Ben, ek sal dit doen. Een van die groot redes om 'n loop in te skiet is om van die klein brame ontslae te raak wat tydens die reaming proses vorm.
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: inskiet van nuwe geweer
Posted: Wed Feb 21, 2018 6:40 pm
by tripodmvr
BenJacobs wrote:Net vir interessantheid. As jy 'n 6mm loop boor na 243 toe is dit ook nodig om hom in te skiet?
6mm = 243 ?
Re: inskiet van nuwe geweer
Posted: Wed Feb 21, 2018 11:06 pm
by BenJacobs
Dis 'n 6mm howa dik loop, wat se kamer na 243 verander is en op 'n 243 aksie gemonteer is. Sal dit nodig wees om hom ook in te skiet en hoe gaan mens te werk met so iets. Ek het Howa se guide gedownload en hulle sê mens maak die loop skoon met window cleaner. Wat is veilig om loop mee skoon te maak en watter koper "cleaner" gebruik ek?
Groete Ben
Re: inskiet van nuwe geweer
Posted: Thu Feb 22, 2018 7:40 am
by Gian_dP
Net on seker te maak ons verstaan reg:
Howa 6mm loop(waarskynlik gekamer in .243) afgehaal van Howa aksie en op P14 aksie gesit,oorgekamer in .243 om kopspasie reg te kry.
Ek sou inskiet om brame te verwyder soos bo genoem. Die windowlene verwyder al die olie/ghries. Ek jou van Boretec Eliminator vir loop inbreek-haal koolstof en koper uit, andesins Boretech carbon cleaner en Cu+ cleaner apart.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk