Haelgeweer Aksie

Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Haelgeweer Aksie

Post by Eugene »

Johan, dis maar rofweg my redenasie ook. Buitendien is dit baie makliker om later daai "cheapie" te smous en so 'n ander ou ook kans te gee om te begin, as wat jy jou R500 000 haelgeweer gaan swaai....
Aim small, miss small
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Haelgeweer Aksie

Post by 470rigby »

johannvdg, pragtig gestel!

Ek het in 1973 R46 betaal vir 'n enkelloop Aya met 'n hamer, en twee pakies patrone teen R1.35/elk. Daarmee is ek vort, en my lewe was nooit weer dieselfde gewees nie
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Haelgeweer Aksie

Post by wlm »

So 'n paar vrae van 'n dom ou af:
-Hoe moet 'n haelgeweer "voel as jy dit hanteer? Moet dit lig of swaar wees in jou hande? Ek het al verskeie haelgewere hanteer en die Beretta's voel net "anders".
- Winchester se 101-model voel ook, soos die Berretta, of dit reg gebalanseer is. Waar pas hy in die prentjie? By Baikal of by Berretta?
-Turkye het klaarblyklik 'n ou gevestigde wapenbedryf. Wat is die kwaliteit van die tuks-vervaardigde Haelgewere?
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Haelgeweer Aksie

Post by wlm »

Watter haelgeweer van die huidige beskikbares sal julle vir 'n linksskut aan beveel?
470rigby
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Tue Feb 18, 2014 7:00 am

Re: Haelgeweer Aksie

Post by 470rigby »

'n Linksskut sal beter doen met 'n roer wat nie "cast" het nie, maw die kolf, van bo gesien, volg dieselfde lyn as die aksiale lyn van die loop. Meeste van die "medium" prys O/U gewere voldoen hieraan, maar beter om self te bevestig wanneer jy na die roer kyk

Baie moeilik om te se hoe 'n haelgeweer moet 'voel' Jy gaan met 'n paar moet skiet om die verskil te begin agterkom. Daar is baie goeie boeke oor die onderwerp geskryf. As jy dit kan kry, probeer "Lock Stock & Barrel" deur Cyril Adams
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Haelgeweer Aksie

Post by tripodmvr »

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Haelgeweer Aksie

Post by Frikkie Coetzee »

Wlm

Winchester is debateerbaar in die Browning/Berretta se goedkoper reekse se klas.

Turkse haelgewere le nader aan die Baikal in kwaliteit as die Berretta. Moenie mooi met goeie kwaliteit verwar nie. My Hatsan is pragtig maar is nou eenmaal nie die klas van die Berretta of Browning nie.
User avatar
Tertius Steyn
Full Member
Full Member
Posts: 241
Joined: Tue Jan 20, 2015 11:21 pm

Re: Haelgeweer Aksie

Post by Tertius Steyn »

Gromit wrote:Wlm

Winchester is debateerbaar in die Browning/Berretta se goedkoper reekse se klas.

Turkse haelgewere le nader aan die Baikal in kwaliteit as die Berretta. Moenie mooi met goeie kwaliteit verwar nie. My Hatsan is pragtig maar is nou eenmaal nie die klas van die Berretta of Browning nie.
meen dit dat baikal lae kwaliteit is as jy se dis as dieselle as die turkse shottys?
Groete Tertius

Howa Stainless Varmint .243
Parker-Hale .303 Nr 4 mk 2
Baikal 12Br dubble loop
Beretta M92 9mm Parabellum.
Gecado mod 25 windbuks.
_____________________

From a place they can not see, Comes a sound they will not hear >:D
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Haelgeweer Aksie

Post by Frikkie Coetzee »

Tertius

Die ouens wat Baikals het gaan verskil maar ja. Die Baikal is nie goeie kwalitiet nie en daarom sy prys. Ouens kan stry soos hulle wil maar jy kan nie n Baikal in selfde asem noem as Berretta 686 of browning B525 noem nie.
obasch
Hero Member
Hero Member
Posts: 722
Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am

Re: Haelgeweer Aksie

Post by obasch »

Tersius,
Moet nou nie stress dat jou Baikal nie die verfyndheid van 'n Browning of Beretta het nie, skiet hom net. Jy sal self agterkom as jy later iets anders wil aanskaf. Lees weer wat Johann geskryf het.
As mens jou ore te veel uitleen begin daar allerhande dinge opduik wat jou laat twyfel oor jouself of jou geweer en jou resultate gaan daarmee heen. Hier praat ek van looplengte, chokes, kolf vorm (straight/pistol grip/Prince of Whales)(Beaver Tail/Splinter), extractors of ejectors, enkel of dubbel sneller, ens.
Jy het nou die Baikal, gaan uit en geniet die sport.
Arnold van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am

Re: Haelgeweer Aksie

Post by Arnold van Wyk »

470rigby wrote:johannvdg, pragtig gestel!

Ek het in 1973 R46 betaal vir 'n enkelloop Aya met 'n hamer, en twee pakies patrone teen R1.35/elk. Daarmee is ek vort, en my lewe was nooit weer dieselfde gewees nie

Net vinnige vraag, het jy al n slagpen gebreek op jou Aya
User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1834
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm

Re: Haelgeweer Aksie

Post by Rudi Fischer »

Ek skiet glad nie baie nie (volgens kompetisie standarde nie.) so 10 000 rondtes n jaar op die oomblik. Maar as Ek kon kies en geld is nie n issue nie .... Perazzi al die pad.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!
Post Reply