Page 2 of 2

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul

Posted: Sun Jun 28, 2015 6:56 pm
by goodstuff
Baie geluk

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul

Posted: Sun Jun 28, 2015 7:47 pm
by Piet Pille
Netjies Thinus!

234kg is 'n monster bul.
Mooi verhaal en mooi geskiet

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul

Posted: Sun Jun 28, 2015 10:26 pm
by theedge
Baie mooi bul, geluk

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul

Posted: Mon Jun 29, 2015 7:37 am
by Sybrandz
Pragtige bul,jy sal hom nooit vergeet nie.

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul

Posted: Mon Jun 29, 2015 8:53 am
by ThinusD
Hello Julle.

Hehe! Baie dankie. Hoe se hulle.. "Wie aanhou Wen".
Dankie vir julle terugvoering. Waardeer dit opreg!

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul

Posted: Mon Jun 29, 2015 9:58 am
by Uys
Well done! Baie geluk!


Sit Sondag oggend by vriende op die plaas en daar loop so 35" bul in en kom eet lusern. Hy staan so 40m van ons af waar ons ons oggend koffie geniet.

Ek sit vir hom en kyk en besef, die is nie n bok nie! Die is die gees van die bos! Hulle is misteriues! Geheimsinnig! En die koeie is grasiues! (My spelling suig met die groot woorde). Hy kyk jou in die oe en jy weet hy is slim. Dis asof hy jou gedagtes lees!

Daar is min goed so bevredigend as om n Kudu op voet te skiet nie.

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul

Posted: Mon Jun 29, 2015 12:20 pm
by ThinusD
Hello Uys

Jis weet jy. Ek stem heeltemal saam met jou! Tog bly die Koedoe n emblium van Trots op baie van ons se Kakies of Hoedjies en selfs foto's. Ek is seker daai oomblik van koffie drink en so mooi bul stap uit, is darem iets besonders.

Mens kan nie net skiet nie. Daai Koedoe lees mens se gedagtes en verstaan goed jou soos jy se. Niks beter as om te voet te jag nie. Mens maak dit die moeite werd. Mens gee daai bul n gelyke kans op sy turf. Al wen hy, jy probeer net weer. its worth the effort!

Niks lekkerder as om te werk vir daai Groot Grys Spook van die Bosveld nie. ;D

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul

Posted: Mon Jun 29, 2015 1:01 pm
by Carl
Geluk dit is een van die beste trofees en altyd 'n spesiale jag om hulle te voet aan te vat.

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul

Posted: Mon Jun 29, 2015 1:48 pm
by dawiec
mooi storie en pragbul! baie geluk...ek droom nog net van daai ou grote ...maar ons paaie sal eendag kruis!

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul

Posted: Mon Jun 29, 2015 1:55 pm
by Wouter Roets
Thinus

Baie geluk met n baie spesiale bul! Jy kan jouself baie gelukkig ag met daai gewig bul aangesien dit verseker aan die bokant van hulle gewigte is. Net vir die rekord hoe was die bul geweeg? Maw vel aan of af?

Groetnis
Wouter

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul

Posted: Mon Jun 29, 2015 4:29 pm
by ThinusD
Hello Wouter

Baie dankie. EK waardeer dit opreg.
Jong laat ek so se. Die opsigter op die plaas het my ook vertel die dikte van sy nek is eienaardig groot of breed. Vir n bul met sy horing lengte het hy n baie groot lyf aan hom. Die foto Justify dit nie want ek sit op die grond walletjie agter my Bul. Ek sal nou nie beter weet nie aangesien dit my eerste Koedoe is.

Hulle het hom op die plaas geweeg sonder enige afslagting. Die slaghuis het toe daarna confirm sy vleis was 149.8kg. Met sy spices, Skaap en ekstra bees, ens het ek n totaal van 182kg vleis terug gekry Vrydag. Hoop dit maak sin.

Wat is die Average gewig van n groot bul as ek mag vra? Die is ook maar vir my n leer sessie.

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul

Posted: Mon Jun 29, 2015 5:01 pm
by Wouter Roets
Tinus

As ons praat van uitslag gewig is dit gewoonlik kop af, binnegoeg uit, pote af en vel aan. So joune het 149kg geweeg maar n mens moet nog die vel se gewig by tel. Groot bulle weeg hier van 180kg na 200kg. Enige iets meer as dit beskou ons as uitsonderlik. Die, my vraag aan jou toe ek die 234kg raak gelees het. Hierdie gewigte wisel ook baie van gebied na gebied. Die meer bekende areas vir groot koedoes is Natal en die ou Transvaal en het grootliks te doen met tipe voeding beskikbaar. En moet nie laat die Kapenaars jou anders vertel nie! ;D

Nogmaals geluk met jou baie mooi koedoe bul en jy sal nou leer as daai gogga jou eers gebyt het is dit verseker verby. Ek sal regtig nie omgee as dit die enigste spesie is wat ek mag jag vir die res van my lewe nie.

Groetnis
Wouter

Re: My Trotse oomblik met my Koedoe Bul

Posted: Mon Jun 29, 2015 5:04 pm
by ThinusD
Hello Wouter

Sien daar leer ek nou weer iets. Haha! :laugh:
Dankie