Page 2 of 2

Re: Tilapia ?

Posted: Mon Jun 01, 2015 6:58 pm
by G-force
Dalk is ek verkeerd maar so ver ek weet is Nembwe en Nyl kurpers uitheems en dus onwettig.Ek sou nie so maklik daaroor gesels op n oop forum nie maar dalk is ek net n bangbroek.

Re: Tilapia ?

Posted: Mon Jun 01, 2015 7:52 pm
by Blouwdraad2
Dink n ou is redelik veilig in SA!

Re: Tilapia ?

Posted: Mon Jun 01, 2015 8:16 pm
by Stephan86
Geno wrote:Ek sou kurper (tilapia) vestig vir ten minste 'n jaar in die damme, en daarna swartbaars insit.
Sodoende het jy winter en somer 'n lekker hengelvis.
Moet asb. nie baars in jou water sit nie. Die baars het al klaar omtrent al ons inheemse vis hier in die Transvaal op geeet. Hul is 'n pes en as jy nie hul getalle mooi gan beheer nie gaan jy niks meer kurpers oor hê as jy jou oë uitvee.

Re: Tilapia ?

Posted: Mon Jun 01, 2015 8:19 pm
by Blouwdraad2
Dis baie waar Stephan,het dit hier by my ook agter gekom,klein kurpers staan nie n kans teen hulle.

Re: Tilapia ?

Posted: Mon Jun 01, 2015 8:31 pm
by Jake1
Daar is verskillende opinies oor swartbaars maar die maklikste hengelvis wat ook lekker smaak is swartbaars. Swartbaars in n geslote dam kan nie regtig skade maak nie. Het jy al swartbaars gevang?

Jy kan nie verkeerd gaan om eerstens kurpers te vestig nie. Kurper self is n lekker hengelvis. Baber en Bloukurper (Tilapia) eet ook eiers maar alle lekker swartbaars damme het bloukurper in baber sou ek beslis nie insit nie. Stem saam met Geno, vestig ook die kleiner kurper spesies vir n gesonde eko sisteem. Blue gill is uitheems maar jy kan daarna ook kyk, veral as "fodder fish" as kos.

Die geheim met n goeie swartbaars dam is om eers jou fodder fish soos kurpers reg te kry en te vestig vir n jaar voor jy een swartbaars ingooi. Ek het n bass dam op my skoonpa se plaas gehad, ons het net 2kg plus bass ingegooi en sommer baie van hulle. Dit het kuiermense goed besig gehou maar die swartbaars het die kurper populasie sommer gou pakslae gegee. Ons het toe later groot blou kurpers en rooibors ingegooi wat di sisteem redelik gestabiliseer het met genoeg fodder fish.

Kyk maar na die regulasies oor swartbaars, maar as die damme nie in natuurlike waters inloop nie kan jy nie ons kosbare inheemse ekosisteem noemenswaardig seermaak nie ;D

Re: Tilapia ?

Posted: Mon Jun 01, 2015 8:45 pm
by Blouwdraad2
Blue Gill is volgens my n baie groot pes,hy gryp enige ding wat verby kom.Dan is dit nog n storie om die hoek uit te haal sonder om deur sy skerp vinne gesteek te word.

Stem saam Jake dit is n baie lekker vis om te vang sowel om te eet,maar inheemse kleiner vis spesies sal nooit kan floreer met Swartbaars in die omtrek.

Groete

Re: Tilapia ?

Posted: Mon Jun 01, 2015 8:56 pm
by BeesBreet
Blouwdraad2 wrote:Dink n ou is redelik veilig in SA!
Ek het my so al lelik vas geloop sommer onlangs met natuurbewaring en die departement van omgewingsake. Ja ek het ook gedink eks redelik veilig. Nou niks met damme of vis uit te weak nie maar ja. Ek moes maar voel...

Re: Tilapia ?

Posted: Mon Jun 01, 2015 8:57 pm
by BeesBreet
* waai

Re: Tilapia ?

Posted: Mon Jun 01, 2015 10:59 pm
by Carl
pieter du plessis wrote:Die voels verspry diengoed se eiers man..
Die hele omgewing se damme het van hulle..
Nee die babers is deur hengelaars versprei. Gaan praat met die manne oor wat dit gedoen het in die weskaap. Voëls versprei nie oor die 400+km vanaf die Oranje nie.

Re: Tilapia ?

Posted: Mon Jun 01, 2015 11:02 pm
by Carl
pieter du plessis wrote:Wat dink julle van n nembwe?
Nembwe kom voor in die Delta ek glo nie julle water temperatuur profiel is warm genoeg nie.

Re: Tilapia ?

Posted: Tue Jun 02, 2015 8:09 am
by Dawie Malan
Sit ten minste twee tipes kurper in jou damme. Kurpers wat aard in jou area werk baie goed. Sorg dat jy genoeg wegkruipplek vir die vingerlinge het. Dooie bome wat jy insleep of klipriwwe help baie om jou kurper te vestig.

As jy dan later swartbaars kan ingooi (let wel dit is nou onwettig), sorg dat jou swartbaarvingerling kleiner is as die kurper in die dam. Sny 'n 40 gallon drom in die helfte en hom halpad vol met gruisklip. Plaas dit so meter in jou dam. Dit skep vinnige broeiplek vir swartbaars.

Nembwe, Blue Gill en Nylkurper is ook onwettig. Ek het baie damme gebou en ge -"stock". En dit is vandag baie goeie ekosisteme en ook lekker vir sportvisvang.

Geelvis is wonderlik om in 'n dam te gooi, maar is omtrent R35 een! Karp maak jou dam melkerig omdat dit heeltyd op die bodem blaas. Babers sal self kom.

Groete

Dawie

Re: Tilapia ?

Posted: Thu Jun 04, 2015 8:49 am
by pieter du plessis
Baber's en Karp is klaar daar ...
Dis n nuwe dam en ek het n paar Klein karpies en n babertjie gesien