30-06 of .300 win mag

User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by 243Songdaug »

Wil nogal met Danie daar saamstem.... ;D ;D ;D

Ek het die naweek al amper moedopgegee met 'n 7x64 wat nie wou kleiner groepeer as 19mm nie!  Alles was reg, maar die geweer wou net nie 3 skote deur een gat gooi nie!

Uit moedeloosheid het ek toe die punte baie diep in die doppe loop indruk - en low and behold, daar loop gooi die 7mm 4 skote reg na mekaar deur dieselfde gat - teen die 5 de skoot was ek seker maar bietjie opgewonde of die geweer was warm, maar hy het so effens hoog en uit die groeering geland.

Mooi naweek.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
stephensonsknives
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 305
Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by stephensonsknives »

Ek het vandag op 'n blou maandag die gewere gevat en skietbaan toe gegaan.  Nadat ek so twee weke terug met die 300 se jump na die groewe toe bietjie gespeel het.  Met inkremente van .5 van 'n mm geeksperimenteer het.  Die oorspronklike waarmee ek altyd geskiet het was 5.6mm.  En die beste groepering het ek nou met 1.7mm gekry. 
Doppe: PMP
Kruit : S365 66gr
Primer : CCI 200 large rifle primer (nie 250 magnum primer nie)
Punte : 180gr PMP Proamm
Jump na groewe : 1.7mm
My eerste groepering was 21mm op 300m.  So ek was meer as net tevrede met die geweer se performance vandag. 
Ek sal probeer om die foto's te laai, as iemand weet hoe laat weet my asb.  My 308 Winchester het so 9mm groepering gegee op 100m.

Groete aan almal met die 300's
Bewarings Beampte Baviaanspoort
www.stephensonsknives.com
User avatar
stephensonsknives
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 305
Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by stephensonsknives »

[img]http://i1125.photobucket.com/albums/l58 ... ag300m.jpg[/img][/img]
Die geweer het 'n 28" stainless steel ferllach loop met 'n enkelskoot RSA aksie.  Tans gebruik ek 'n 4 - 12 X 52 Niko Sterling Diamond teleskoop.  Die loop twist is 'n 1..12.8 twist.  Ek gebruik meestal PMP doppe, die rede is dat ek agter gekom het dat ek meer kruit in 'n lapua dop moet sit om op die selfde hoogte as die PMP doppe te skiet.  maw ek kan minder kruit in die PMP doppe verbrand.
Die PMP doppe se voorbereiding is dat ek eers die dop vollengte re-size, almal se COL sny tot op 84mm soos wat die Somchem boekie aandui.  Ek gebruik 'n primer pocket uniformer, en die laaste stap is om die flashhole van die binne kant van die dop dieselfde diameter te sny as ook ter selfdertyd die flashhole 'n 30 grade chamfer te sny. 
Wat ek volgende met my doppe wil doen is om dit volgens gewig te klasifiseer, dit was vir my 'n groot eye opener toe ek met PMP en Lapua doppe geskiet het en die verskil in hoogte kon waarneem.  So ek wil amper s? dat die weeg van doppe in dieselfde gewig batches is belangrik.  Om konstante spoed te lewer.
300 groete aan al die Manne
Bewarings Beampte Baviaanspoort
www.stephensonsknives.com
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by James Wilson »

het vanmiddag weer probeer en n 18,6mm groep uit die 300 gekry met 130grn Impala's.  en dit in die wind. ek is heel tevrede. ek glo ek sal sak na so n 15mm groep as ek die norma doppe kry. die punt is met n 300 kan ek teoreties nou kopskote skiet op n springbok op 300m. net een probleem. ek kannie so goed so ver skiet nie. ek reken van n goed uitgeruste jagbankie op n bakkie sien ek kans vir so 250m.

daai 130grn Impala's loop teen 3333f/s. nou gril die ware 300magnum manne natuurlik iets vreeslik vir my gebrek aan respek vir so n majesteuese kaliber, om so n ligte punt te skiet uit so n "grespekteerde" agtergrond. 

intresant, n vriend van my kry 18mm groep uit sy 300wm op 100m, maar snaaks genoeg kry hy n 28mm groep op 300m. dit het nie net 1 keer gebeur nie. dit lyk my die Impala's sal jou nie n groepering kampioenskap op 100m laat wen nie, maar op 200m plus sal hulle jou dalk net verbaas. het al van n paar manne gehoor wat nie te spoggerige groeppe skiet met die Impala's op 100m nie, maar  die groeppe word nie in verhouding juis groter op verder afstande nie. verstaan nie??? maar sien dit.!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by james 303 »

Kan enige iemand my se watter .300 maak is goeie waarde vir geld ? ;D
Rfourie
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sun Dec 05, 2010 10:52 pm

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by Rfourie »

As jy n sako of remington sendero kan bekostig is dit ook baie goeie waarde vir geld, dit hang alles maar net daarvan af hoe jy redineer!
Danie Lombard .243

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by Danie Lombard .243 »

Maters


Ek het nou eers die plasings gelees oor die .300 WM.

Graag wil ek sekere idees met julle deel.

Die vraag is daar oor wat kan 'n .300 Magnum doen wat 'n 30-06 nie kan doen nie. Wel ek kan jou verseker, veel meer. Ligte punte teen vreeslike hoe spoed skiet met 'n plat trajek asook swaar punte skiet teen 'n veel vinnger spoed as wat die 30-06 kan doen. 'n 30-06 is werklikwaar 'n uitstekende jag kaliber, die .300 magnum is net veel beter wat energie betref, mits jy kan akkuraat skiet met die meer terugskop. Moenie dink 'n 30-06 kan nie ook skop nie. Maat van my se Rem stanless steel dun loop 30-06 het my al geskop dat ek die hoender hoor kraai het.

Gaan loer gerus na die ballistieke tabelle en kyk hoeveel energie lewer die .300 Magnum kalibers op 300 meter met 'n 220 gr punt. YIP, daar word gereeld op 300 meter afstande gejag.

Onthou die goue reel as dit by jag kom, hoe groter die kal, hoe beter, binne perke natuurlik.

Ek verneem gereeld dat herlaaiers hul ontevredenheid uitspreek oor die belt van die belted magnums. Ek kan nie die probleem verstaan nie, ek ondervind geen probleem met die belt nie, herlaai al jare vir die .300 WM, belt en al. Doppe hou lank, die .300 WM is uiters akkuraat, sukkel nie om te groepeer nie, stabiliseer van lig tot swaar punte met 'n 10 en 12 duim groefdraai loop. Kan sonder enige probleme op 'n std lengte aksie gebou word, was mos die oorsponklike kort magnum, so te se net so lank soos 'n 30-06 patroon.

Ek is toetaal en al gaande oor die .300 Win Mag en sal altyd bly. As ek regtig gaan jag soos in lyfskote jag op bokke wat ek voor betaal haal ek die .300 Win Mag uit die kluis uit.

Ten laaste, 'n .300 Win Mag kwes net so maklik soos enige ander kaliber, geen kaliber beskik oor bo natuurlike kragte nie, jy as skut moet jou kant bring.

My opinie.

Lekker skiet met julle magnums maters, geniet hulle.

Danie
User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by james 303 »

Nogmaals dankie vir die info. .Is dit so dat dat n. 300 se loop vinnig uitskiet. Ons skiet  groot bok soos koedoe met  .303 so ek dink om. 300 te kry vir lang afstande en bokke soos eland te piets sal meer as net geskik wees vir wat ek wil doen, maar op die ou end dink ek skoot plasing speel Tog n groot rol..    ek kyk ook na 7 mm wat dink julle daarvan...nog opsies?  die dat n mens so lank wag vir jou wapen lisensies is dit eeder beter om vrae te vra as wat jy n roer koop en dit is nie presies wat jy wou gehaad het nie...weer eens dankie vir julle advies
Danie Lombard .243

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by Danie Lombard .243 »

Alle kalibers skiet lope uit. Ek kan jul wel verseker dat 'n .300 Win Mag nie so  erg is op lope soos julle sal wil dink nie. Vir jag en normale oefen en in skiet sal 'n .300 Win Mag jou jare en jare se diens gee.

My opinie, as jy wel op 'n .300 Win Mag besluit, kyk gerus na 'n lang loop geweer, iets in die orde van 26" met 'n 12 duim groefdraai. Man, hy loop lekker.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by douw »

howa 300wm

Ek het ook gewonder of ek 300wm met fluted loop of eerder 30-06 met stainless loop moes koop.

Na baie raad waarna ek geluister het, het ek op die 300wm besluit.

Laasweek dinsdag my aansoek ingedien. die kaptein het laasweek donderdag my kluis inspeksie gedoen.

Dink julle dit is die moeite werd om aansoek te doen vir tydelike permit? Die kaptein s? dat sy nie verseker daarvan is dat ek dit spoedig sal ontvang nie.

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
james 303
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Fri Aug 13, 2010 7:23 am

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by james 303 »

Voor n mens n permit kan kry moet jy jou competency eers he?
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by douw »

hi louis
Volgens die DFO, moet jy alreeds aansoek inh? vir die betrokke wapen waarvoor jy permit wil kry asook bevoegdheid en genoegsame rede hoekom jy so dringend die permit nodig het.

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by Arnold »

douw wrote: hi louis
Volgens die DFO, moet jy alreeds aansoek inh? vir die betrokke wapen waarvoor jy permit wil kry asook bevoegdheid en genoegsame rede hoekom jy so dringend die permit nodig het.

Groetnis
Douw
Volgens wet is geen van hierdie nodig nie.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by JPS »

Arnold
Jy is 100% reg, die SAP518 vorm vra slegs dat jy vorige ondervinding moet he. Maar moet bieg almal met wie ek al geprat het de sonder bevoegheid keur die manne in PTA hom af.

Weet nie of dit waar is nie het wel met hope mense hieroor gesels.

Groete
JP
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by douw »

Is dit die moeite werd om aansoek te doen vir permit, of wag mens maar vir lisensie?

Ek het nie iets om mee te jag nie, so as ek redelik vinnig permit kan kry sal ek dit graag doen.

GRoetnis
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 30-06 of .300 win mag

Post by tripodmvr »

douw wrote: Is dit die moeite werd om aansoek te doen vir permit, of wag mens maar vir lisensie?

Ek het nie iets om mee te jag nie, so as ek redelik vinnig permit kan kry sal ek dit graag doen.

GRoetnis
Het in Maart 2011 tydelike lisensie vir 30-06 Ruger enkelskoot aangevra en is geweier op 26 April 2011. Dit is egter nie my enigste vuurwapen nie.

Ek sal kans waag en aansoek doen. Maak net seker jy noem die gebrek aan 'n jagwapen in jou aansoek en noem sommer 'n paar uitnodigings vir jagte wat jy ontvang het of op wil gaan.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Post Reply