Enige bok, maak nie saak wat se brein sit bokant sy oee. Ek skiet eerder mis en bo oor, as te laag. Kyk na enige bok se kopbeen en sien waar sit die brein. Ek het al menigte bokke n paar milimeter van bo af geskiet, dan val hy morsdood neer. Maar baie net n mm of twee te laag, dan hol hy.
Dit is veral die vlakte wild soos blesbokke, en wildebees en Rooihartbees spesies wat se brein baie hoog sit, en wat n groot sinusholte gedeelte het wat net bokant die oee begin tot by sy bokakebeen. Skiet jy hom daar en die koeel gaan nie deur en breek die nek, wys hy jou die plaas. Kyk maar na n Zebra se skedel en sien hoe klein sy brein is ten opsigte van die kakebeen, en hoe hoog hy in die kop sit. Kyk ook waar die oee sit ten opsigte van die brein. Ek mik altyd op n Zebra se kop, byna waar die maanhre begin, bo op die kop. Kap jy hom daar met n .223, dan hoor hy nie eers die skoot.
Onervare manne wat bokke kopskote wil skiet moet eers n paar skelette van verskillende spesies bekyk om te sien hoe hoog in die kop die brein eintlik sit. Ek kan jul nie genoeg vertel van hoe baie kopskoot bokke ek al sien hol het waar die jagter te laag geskiet het. n Kopskoot, is nie n breinskoot nie. Die kakebeen en sinushltes of "snotboks" soos ons dit noem is ook deel van die kop, en word heelteml te veel getref, veral op Blesbokke waar die skut tussen die oee gemik het.
Ek mik op al die bokke wat ek skiet, net onder die bokant van sy kop. Bly weg van tussen die oee af.
Beste kop/breinskoot geweer?
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
- Jake1
- Hero Member

- Posts: 2358
- Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm
Re: Beste kop/breinskoot geweer?
Piet ek het presies so n fout gemaak op n Rooihartbees ooi, die bok was hoog bo in n berg, die koeel het die bok net net te laag onder die oë getref. Die bok het toe vreemd genoeg reguit na ons toe bergaf gedraf toe kon ek nog n skoot inkry. Ek het die foto iewers.Die bok het n vreemde doodskreut gemaak, weet nie of dit regtig algemeen is nie.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."