lammers verdwyn

Bakkies303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 360
Joined: Wed Mar 11, 2015 9:27 pm

Re: lammers verdwyn

Post by Bakkies303 »

Johans, my pa se vriend het so ruk terug een gevang wat velle van die geslagde vee in erdvark gate weggesteek het op bure se onbewoonde plaas. Vierbeen gediertes laat volgens my altyd bewyse agter wat jy een of ander tyd sal kry. Die tweebeen variant probeer geen bewyse nalaat nie en hoop jy kan nie tel nie. Jammer as jy dit al klaar gese het, maar hoe groot is jou kampe? Miskien kan jy met trailcams begin op plekke waar die vee baie is, al is dit net so 2 om te begin.

Wayne, ek is dankbaar dat jou naweek al Donderdag goeie begin gehad het.
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: lammers verdwyn

Post by Wayne »

Bakkies, Stats SA can add 4 to the unemployed tally - I am not taking any , theft is something I have F.Kol time for.
Johans - you will catch them, but your losses depend on how long it takes you. They will not stop. I still say, your staff know something. Just like mine. A tip off from my own staff and within 1 wk - solved the problem.
Cois
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Thu Feb 05, 2009 11:26 am

Re: lammers verdwyn

Post by Cois »

Jakkals sal nie so n groot lam opvreet of weg dra nie, jy sal verseker karkas en vel kry al was die aasvoels na die tyd da. Jou problem trap n spoor soos n mens!!!
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: lammers verdwyn

Post by johans »

Cois wrote:Jakkals sal nie so n groot lam opvreet of weg dra nie, jy sal verseker karkas en vel kry al was die aasvoels na die tyd da. Jou problem trap n spoor soos n mens!!!
hier in die distrik is juis vrydagoggend vroeg n taxi gevang met 21skaap in,probleem is dieselfde ou is paar mde terug ook gevang met skaap slag en hy steel maar net voort
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: lammers verdwyn

Post by johans »

Bakkies303 wrote:Johans, my pa se vriend het so ruk terug een gevang wat velle van die geslagde vee in erdvark gate weggesteek het op bure se onbewoonde plaas. Vierbeen gediertes laat volgens my altyd bewyse agter wat jy een of ander tyd sal kry. Die tweebeen variant probeer geen bewyse nalaat nie en hoop jy kan nie tel nie. Jammer as jy dit al klaar gese het, maar hoe groot is jou kampe? Miskien kan jy met trailcams begin op plekke waar die vee baie is, al is dit net so 2 om te begin.

Wayne, ek is dankbaar dat jou naweek al Donderdag goeie begin gehad het.
neewat trailcams beteken niks vir skaap diefstal.daar was heeltyd 2 in daai kamp en hulle weet dit,loop net 10m van hom af en hy kan jou nie afneem nie
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: lammers verdwyn

Post by MEERKAT »

Witkruis en breekop arende vang meer lammers as wat ons dink. Die enigste rede hoekom hulle so moeilik is om te kry waar hulle lammers vang is omdat hulle met dagbreek vang en net voor sonsondergang. In somer tye het ons al teen halfvyf in die oggende die voels gekry waar hulle lammers vang. In een geval het lam nog gelewe en die voel het met blerende lam weggevlieg.

n Broeipaar het oor baie kort periode 16, week tot 2 weke oue lammers gevang en daarmee weggevlieg, en dis nie wat ons vermoed het nie , dis waargeneem.

Het heel onlangs n geval gehad waar 2 witkruise n koedoekalf probeer vang en klein klipspringers is gereeld hulle prooi.


Party kere is die jakkalse en die katte tog nie vir alle verliese verantwoordelik nie, tog konsentreer ons op die twee en vergeet van die res, wat in sommige gevalle meer skade doen.

Groetnis
MEERKAT
Post Reply