Page 2 of 2
Re: Sierra Koeels
Posted: Mon May 23, 2011 11:51 am
by 300Winmag
Jagtersdok wrote:
Ja nee die skootjie was mooi, ek sou natuurlik verwag het 'n man van jou kaliber sou hom in die linker oog geskiet het

GRAPPIE
Haha - het nog nooit 'n bok in die kop geskiet nie - ek's te bang ek jaag aan.
Re: Sierra Koeels
Posted: Tue May 24, 2011 9:45 am
by James Wilson
het die naweek n koedoe koei met met my 308 met 150grn Sierra GKing geskiet. ek skat die afstand op 120m. ek het haar op blad geskiet, n bietjie hoer as wat ek graag sou wou. sy het nie meer as 30 tree gehardloop nie. die koel het dwardeur gegaan. ek het vleisskade, maar dis gering en die bok is met een skoot gedood. ek skiet ook 130grn hornadys uit my 308, en kry baie dieselfde resultate. by die 308 sal ek by die Sierra klas punte bly, maar na n gesprek met wouter het ek besluit om oor te gaan na premuim punte op my 300mag.
Re: Sierra Koeels
Posted: Fri Jul 15, 2011 9:19 am
by Hunter xxx
300Winmag wrote:
Die koeel was miskien verkeerd, maar dit was 'n netjiese skoot op daai rooibok, ne?
More 300Wingmag
Ja nee dit was n mooi skoot op die blad. Op 70 m skiet vir die Kop
Lekker dag
Hunter
Re: Sierra Koeels
Posted: Fri Jul 15, 2011 9:29 am
by 300Winmag
Ek dink ek is te dom vir kop skote - ek sien nie eers die kop as 'n teiken nie.

Re: Sierra Koeels
Posted: Sat Jul 16, 2011 12:17 pm
by Petrie303
Het iemand al die 180gr Pro hunters gebryk vir jag?
Ek het paar vir my .303 EPPS gelaai en vrek akuraat, maar is bang om daarmee te gan jag.
Het gehoor die Pro hunters is baie sag en breek maklik op.
Ek skiet hulle teen 2600ft/sec uit die EPPS.
Re: Sierra Koeels
Posted: Sat Jul 16, 2011 12:28 pm
by 300Winmag
My broer skiet 150gr Pro Hunters uit sy 303 @ 2600. Ons het nou die
dag getel - hy trek op 13 one shot kills vandat hy met die kombinasie in die
303 begin jag het.
Meestal koedoes met 'n paar varke en 'n rooihartbees en n
springbok of 2 tussen in.
Re: Sierra Koeels
Posted: Sat Jul 16, 2011 5:12 pm
by JPS
Met die 303 is daai pro hunters perfek. Jy kan hulle maar gebruik.
Groete
JP