Page 2 of 2
Re: Hael groote
Posted: Sun Jul 31, 2011 2:24 pm
by Christo
Beretta wrote:
Daar is volgens my net twee presse wat jy koop en wat werk Hornady 366 Spolar gold.
Beretta
Ek gebruik 'n Lee Load All en hy is nie die beste nie maar vir my en die seuns vir sondag middag op die plaas werk hy wondere. Ek laai so 75% van die voorskrif hael en kruit wat ek destyds gekry het en dan kan jy die hele middag skiet sonder dat selfs kinders begin kla oor die skop.
Ek sal ook graag die hael makers wil sien.
Re: Hael groote
Posted: Sun Jul 31, 2011 2:36 pm
by Beretta
Christo
Jy is reg niks fout met lee load all nie.24gram is n baie ligte maar vinnige lading.Word baie in trap gebruik.
Beretta
Re: Hael groote
Posted: Sun Jul 31, 2011 4:32 pm
by james 303
Tnx beretta vir die info ek sal kyk na so lee laoder ek hou ook my doppe om weer te gebruik
Re: Hael groote
Posted: Sun Jul 31, 2011 10:11 pm
by Beaghle
Hello Louis 303
Hael grote
Ek sien my ou maat Meerkat spot al weer met my skiet vernuf.Moet se dit is maar power.

Ja ek gooi ons eie hael en dit kom nie sleg die meeste van die tyd.Die proses is maar baie trail en error. Ek het vir my n gooier gebou.Die pannetjie en nozzles (gooi size 7,5 )kom van littleton in amerika en die die stoof gedeelte het ek self gebou.Ek maak gebruik van n 2kw elektriese spiraal stoofplaat wat in n raam is (gecopy van hulle een wat hulle verkoop) Ek het die skaal tekeninge van die raam.Ek gebruik n mengsel van diesel en motor olie om in te gooi .25L diesel gemeng met 5 liter olie.Die hoogte wat die hael val na stolmiddel is nogal kritiek.Tussen 3 en 6mm werk goed vir my.Temp speel ook n groot rol.
Die lood mengsel wat in jou pannetjie gaan moet baie skoon wees. Ek meng 7kg skoon pyp lood met 3kg wiel gewigte en gooi dit dan in stafies wat in my pannetjie gaan.Jy moet die mengsel goed flux met bye was. Die hoeveelheid lood in pan het ook n invloed op grote van jou korrel. Hier is n berg inligting op die site oor die gooi van hael.
http://www.shotgunworld.com/bbs/viewtop ... &start=760
[img]http://[/img]

Foto van gekoopte een.Myne lyk amper so, net nie so mooi nie.
[img]http://[/img]

Foto van 'n kennis van my se setup.
Ek het nie nou foto's van myne nie,maar indien julle belangstel dan neem ek en sit op of e-mail dit.
Ek het gevind dat Diana doppe lekker laai (Laai 28 gram.) Rio werk ook nie sleg nie(Laai 26 gram ).Ek koop Maxan primers in bulk.Gebruik Gualandi se 24-28 gram wad .Ek gooi 28 gram hael ,21,5 grein MS 200 kruit.Spoed gemid 1180 v/s in my geweer.
Groete
Pierre
Re: Hael groote
Posted: Mon Aug 01, 2011 9:20 am
by blaser
ek het vir my THE BETTER SHOT MAKER van af vsa ingevoer hy maak 90kg shot per uur
beaghle
hoekom gooi jy olie in die diesel dit gaan mos veroorsaak dat die shot moeliker skoonmaak
waar koop jy primers en wats wat is die prys
groete
Re: Hael groote
Posted: Mon Aug 01, 2011 9:38 am
by MEERKAT
Remington
Sit fototjie op , sal graag wil sien hoe lyk die gooier. 90kg per uur , grote van korrels?
Mooi loop
MEERKAT
Re: Hael groote
Posted: Mon Aug 01, 2011 10:04 am
by blaser
te dom vir foto maar kyk op intenet of kom kyk hier by my
ek maak no7 en half en no 6 shot
Re: Hael groote
Posted: Tue Aug 02, 2011 6:57 am
by Nico de Jager
Hello Tomcat
Ek het n vriend wat jakkalse uit n microlight skiet. Hy het ook baie gesukkel met hael groottes. Die beste in sy geval blyk no 3 te wees vanaf n hoogte van so 25-30 meter. Die belangrikste is natuurlik nog altyd om die jakkals in die middel van die "patern" te plaas.
Groete
Ribbok
Re: Hael groote
Posted: Thu Aug 11, 2011 8:26 pm
by Beaghle
Hello Remington
Jammer ek antwoord nou eers.Was 'n bietjie aan die rond draf.Ek het maar begin gooi in die diesel /olie mengsel omdat dit die inligting was wat ek gekry het.Gooi mooi hael maar was maar d@##% moeilik.Ek gaan nou 'n probeer om te gooi in stay soft.Ek sien dat die manne in VSA gooi nou baie in "fabric softner". Dit werk blybaar baie goed.Sal seker maar weer sukkel om die dikte van vloiestof reg te kry ,maar indien dit werk gaan die was 'n plesier raak.
Ek koop my wads en primers by Surburban Guns in Kaapstad.Gualandi spark wad R280@1000 incl. Maxan primers was laas 45c vat incl. Hulle het nie nou primers nie. Verwag dit die middel van die maand. Hulle verwag ook hulle Eley ammo.Vanaf size 1 tot 7,5 .Gaan glo goeie pryse wees.
Waarin gooi jy jou hael?
Gaan kyk bietjie hier hoe loop Kylie Reese se shotmaker wat hy self gebou het.
http://www.youtube.com/watch?v=TwVvdIFyQ0Q Wat 'n droom!!!
Groete
Pierre
Re: Hael groote
Posted: Thu Aug 11, 2011 8:58 pm
by Christo
Pierre, kan ek nie maar by jou no7 size koop nie. Anders moet ek iewers 'n shotmaker prakseer en tyd is nie altyd my beste ding nie.
Ek het ook laas wads gekoop by S/Guns maar hulle is nou klaar , sal weer moet koop.
Re: Hael groote
Posted: Fri Aug 12, 2011 8:47 am
by blaser
beaghle
ek het al alles probeer om in te gooi maar is oortuig dat diesel die beste werk
daar is twee plekke in suid afrika wat wats maak maak nl selo in die kaap en jannock in krugers dorp hulle verkoop vir rondom 19 sent primers is skaars maar is ek seker jy kan kry vir rondom 25 sent
ja surburban guns is duur en die winkel met die swakste diens in sa
christo
sal no 7 shot ruil vir loot bv 100kg loot vir 50kg shot
Re: Hael groote
Posted: Fri Aug 12, 2011 6:50 pm
by Christo
remington wrote:
beaghle
ek het al alles probeer om in te gooi maar is oortuig dat diesel die beste werk
daar is twee plekke in suid afrika wat wats maak maak nl selo in die kaap en jannock in krugers dorp hulle verkoop vir rondom 19 sent primers is skaars maar is ek seker jy kan kry vir rondom 25 sent
ja surburban guns is duur en die winkel met die swakste diens in sa
christo
sal no 7 shot ruil vir loot bv 100kg loot vir 50kg shot
Ai die afstand

, ek praat met jou.