Page 2 of 2
Re: BMW GS 800 of 1200 ??
Posted: Tue Apr 07, 2015 9:26 am
by kopskoot
Jacko wrote:Jy moet sien hoe netjies my bobbejaanspanner die boute losdraai.
Kwaa-kwaa-kwaa!
He he he. Ok die 243 is dalk lig, maar MY 1200adv loop soos n groot dkip op die oopsee, deur die sand.

Re: BMW GS 800 of 1200 ??
Posted: Tue Apr 07, 2015 9:36 am
by Ratel
Apie wrote:As jy net wil werk toe en terug kan jy ook kyk na n Kawasaki Klr 650 vir eers en dalk later groot gaan
Dis wat ek gedoen het. 6 km werk toe. Maar dan moet jy nie lang trips doen nie tensy jy nie haastig is nie. Die lekker van die klr 650 is die prys, min electronics en ek klim 'n pavement maklik met hom. Het hom verruil vir 'n Kawa z1000sx sport tourer en moet se ek geniet hom. Het ook na die BMW 800 adv gekyk en moet se dis baie nice maar hy was volgens my oorprys.
Re: BMW GS 800 of 1200 ??
Posted: Tue Apr 07, 2015 11:21 am
by Jacko
tau wrote:Ek het albei al besit en dan 'n HP2 soos die twee oumanne Jacko en Ronald.
Tans ry ek 'n GS1200 adv met 'n 21duim voorwiel modifikasie. So Sand is nie meer so groot probleem nie.Daar is niks beter volgens my nie. Ek het laasjaar vir 6 maande 'n KTM 990 S gehad, maar dit is maar nie vir my nie. EK moet bieg ek ry so 2 trips 'n jaar en dan gaan ek groot. Commute nie rerig nie. EK het my 800 net 3500km besit en die bike nie geniet nie te plastiek vir my gewees. Ek is versot op die 1200 se balans en betroubaarheid.
Tau, vertel dan sommer ook vir ons van die Yamaha 450 so vyf jaar terug net buite Koes. Ek hoor daai bike was spuls!

Re: BMW GS 800 of 1200 ??
Posted: Wed Apr 08, 2015 8:17 am
by tau
Nee Jacko moet nou nie die Topic hijack nie.
Re: BMW GS 800 of 1200 ??
Posted: Wed Apr 08, 2015 9:03 am
by Jacko
Vertel van die branderige spice op die chips van KFC op Springbok - as jou tande en kakebeen gebreek is en jou mond binne stukkend is.
Re: BMW GS 800 of 1200 ??
Posted: Wed May 27, 2015 10:16 am
by Tat
Kom Tau, die res van ons wil ook hoor, miskien moet on n GS bende skep
Re: BMW GS 800 of 1200 ??
Posted: Wed May 27, 2015 11:03 am
by Boersonderroer
As jy meer teer as grond ry , kry die 1200. As jy net een maal n jaar Lang pad met vrou lief ry werk n 650 ook, sy saal is beter as die 800 en hy is n lekker commuter. Ek en my vrou het 2 keer kaap toe (1000km) met n 650gs gery. En ons gatte was nie af nie. Kon skaars 200km op n 800 ry toe begin die aambeie groei
