Page 2 of 3

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Mon Feb 02, 2015 2:40 pm
by baas
Send u a pm .

Thanks

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Mon Feb 02, 2015 8:46 pm
by goodstuff
:)
Can't wait!

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Mon Feb 02, 2015 8:55 pm
by Jaco Swart
Hi Wayne

Please mail the info to me

Piet735@gmail.com

Regards

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Wed Feb 04, 2015 6:15 pm
by Wayne
Would it help anyone if we split no 4. Make it 2 of each of the animals

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Mon Feb 09, 2015 7:40 pm
by Wayne
All packages are taken, some provisional, awaiting payment and dates.
Thanks to everyone, hopefully I will get more packages next year

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Fri Apr 10, 2015 7:06 pm
by Wayne
Package no 5 is available again.

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Wed May 06, 2015 9:11 pm
by andrem
Wayne wrote:I am doing this for my neighbor.
I can not seem to get all info loaded, anyone wanting more details can give me and email address and I will send it on.
All these packages excl accommodation.

Package - No of Hunters - Species
1 -- 3 -- 3 x Blesbuck, Fallow Deer, Black WB R9300 Provisionally Booked
2 -- 3 -- 3 x Blesbuck, Fallow Deer, Springbuck R6300
3 -- 3 -- 3 x Blesbuck, Impala R5250
4 -- 4 -- 4 x Blesbuck ( white ), Fallow Deer, Kudu R14 800
5 -- 4 -- 4 x Blesbuck ( white ), Impala, Kudu, Black WB R22 200
6 -- 2 -- 2 x Impala,Kudu, Springbuck, Black WB R10 800

Trophy shooting is available, but need to arrange with the owner.

Hope this is ok
Wayne
Hi,

Can you provide me with possible opportunities for 2015 and a pricelist
email andrem@lightstone.co.za
Regards
Andre

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Thu May 07, 2015 11:34 am
by Wayne
Email sent. 1,3 and 5 are available
Package 1 is for 3 hunters shooting - 3 Blesbuck, 3 Black Wildebeest and 3 Fellow deer
Package 3 is for 3 Hunters shooting 3 Blesbuck and 3 impala
Package 5 is for 4 Hunters shooting 4 white Blesbuck, 4 impala,4 kudu and 4 Black WB.

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Thu May 07, 2015 1:09 pm
by TOKELOS
Wayne

u got pm!

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Thu May 07, 2015 2:13 pm
by Wayne
Tokelos, Why did you delete the pm?

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Thu May 07, 2015 4:51 pm
by TOKELOS
Hi Wayne!

Because I found your mail of Jan 2015 to me!!
Thanks fgor asking!
I forwarded it to the rest of our group.
Most probably a Zirk de Klerk (b.e.s.t) will contact you soon!

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Thu May 07, 2015 5:11 pm
by Wayne
OK. Glad you found the mail. I hope to meet some JARACALLERS while they are here hunting

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Sun May 31, 2015 7:15 pm
by Boersonderroer
Hi
please mail me details to slayer72@live.co.za

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Thu Jun 18, 2015 10:12 am
by bosveldbuks
Good day Wayne

please let me know if these packages are still available

my contact details are dirk@bressancivils.co.za or 0786777076

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Sun Jun 21, 2015 8:06 am
by Wayne
2 of our forum men, Hennief and Goodstuff, enjoying a 'dop and tjop' after there 2 day hunt at Sutton Safaris. Here they are in a picture with Gary. It was great that they were willing to travel from the Cape and hunt with us, really good to have met you guys, only 359 days left until you join us again in 2016.
WP_20150618_18_52_56_Pro.jpg
I am sure the guys will put in their full report of the hunt.

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Mon Jun 22, 2015 7:31 pm
by goodstuff
What a great experience, excellent hunting and wonderfull hosts! Full report coming soon.
Thank you Wayne and Gary!

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Fri Jun 26, 2015 2:23 pm
by goodstuff
Dit is 3am, Dinsdag oggend en ek en my groot vriend, @Hennief ry uit ‘n koue nat Paarl uit oppad na Sutton Safari’s duskant Queenstown.
Ek en Hennie het ‘n pakket van 2 x Swart Wildebeeste, 2 x Kudu’s, 2 x Impala’s en 2 x Springbokke bespreek.
Dit het nog so lank gevoel toe ons hierdie jagtrip begin reel het en nou is dit so.
Al ons kommunikasie en reelings was met @Wayne (Gary van Sutton Safari’s se buurman) gewees wat names Gary die advertensie geplaas het op die forum.
Alles gaan goed tot net so buite Beaufort Wes (daar waar die Leeu rondloop…) waar ons ‘n pap wiel moet omruil.
Verder verloop ons reis spoedig tot by Tylden – so 30km buite Queenstown – waar ons vir Wayne ontmoet. Hy vat ons gou na sy plaas waar ons ons gewere inskiet en seker maak alles is reg en ons geniet n heerlike kuier saam met hom en sy familie.
Die volgende oggend ry ons om na Imvani – (Sutton Safari’s – ‘n 4000 hektar omheinde wilds en bees plaas) en ontmoet vir Gary Sutton.
Gary vat ons gou deur die reelings en hoe dinge werk – eenvoudig en gemaklik.
Die lodge is goed toegerus met alles en nog wat. Ons het die self-catering opsie gevat en, soos dit hoort, beplan om te braai elke aand.
Terug buite kry ons elkeen kry ons eie gids en die 3de gids is die bakkie bestuurder en daar vertrek ons, in die ligte ys-reen en stormwind die veld in.
Die gids se kommunikasie is maar gebroke, maar met ons en hulle gebroke engels en gebare taal kom ons almal mooi oor die weg. Dit is sommer gou gou dat ons
die eerste Swartwildebeeste gewaar en ons laai vir Hennie en sy gids af waar hulle begin om die lot te walk & stalk. Ons ry nog so n ent verder en gewaar nog n groot trop wildebeeste en ek en my gids klim ook af.
Die walk & stalk deel was baie lekker – hande viervoet, op die kniee en op die maag, agter bosse en deur die gras bekruip ek en my gids die trop. Ons mag net koeie skiet en ek is effe benoud oor die uitkenning op die Swartwildebees. Toe ek en die gids naby genoeg kom vat ek dooie rus deur ‘n boom en die gids beduie dat die 2’de bok van regs is die koei met my naam op. Die asem huig, ek bedaar en kry die koei mooi in visier, maar die wind waai die boom so dat dit voel asof ek gaan seesiek raak… Ek haal weer diep asem, en gaan sit op my hurke en kry die koei weer mooi in my .308 se visier – sy is seker so 100m weg – en daar klap my skoot. Die trop is seker so 40 – 50 groot en hulle begin te maal en hardloop net soos Wildebeeste kan doen. Met hierdie chaos is daar is nie n manier dat ek kan sien waar my bok is nie, hulle maal en maal en die volgende oomblik hardloop hulle in n rigting en daar le my eerste Swartwildebees – prag skoot, net agter die blad – 150g Barnes TTSX.
Die gids radio in en seker so 30min later kom die bakkie ons en die bokke optel – Hennie en sy SWB is ook al gelaai.
Hennie het sy swartwildebees bekruip tot op die randjie van die laaste bome en toe op 270m die skoot geskiet – een skoot met sy 300win mag – 165g Barns TTSX
Ons ry verder deur die plaas en Hennie kry sy Springbok en Impala.
Jy kom vining agter dat dinge op hierdie plaas werk goed en reg – ons ry nog so en rondkyk toe daar nog n bakkie kom en die bokke oorlaai en terugvat om geslag te word.
Die donker haal ons vining in en oppad terug lodge toe kry ek my Impala – sommer n vinnige maklike naby skoot en ons keer terug lodge toe na n baie goeie dag.
Daargekom brand die kaggel al en die vuur buite is gepak en reg om aangesteek te word – is dit nou diens of wat!
Ons kuier lekker die aand, vertel en hoor baie jagstories en leer Gary beter ken.
Die volgende oggend is ons vroeg uit veld toe – die reen is weg en daar is ‘n matige windjie wat waai. Ons gidse vat ons reguit na die koppies waar die son begin skyn en sommer gou gou sien ons Hennie se Kudu – ons klim af en bekruip deur die bosse en bome tot waar die koei ongeveer 120m weg teen ‘n koppie uit staan. Hy le aan oor die skietstok, die skoot klap en ek sien die bok struikel. Ons staan vir n oomblik en kyk wat die Kudu maak en toe begin ons die koppie uitklim tussen deur die ruig doringbome deur tot waar die bok geskiet is. Na ‘n vinnige rondloer kry ons die bloed spoor – sommer sulke plasse – en n paar meter verder le die Kudu – pragtige hartskoot. Ek en Hennie kyk vir mekaar en wonder hoe ons hierdie Kudu daar doer onder by die bakkie gaan kry. Die gidse radio in en sê vir ons ons kan maar verder gaan jag. Hulle stuur ‘n ander bakkie met ‘n donkie en n slee om die Kudu te kom haal bo teen die berg!
Soos ons deur die veld ry staan die Zebra’s, Rooihartebeeste, Wit/Pienk EN gewone Blesbokke en nog baie ander wild sommer naby aan ons – so asof hulle weet hulle is nie op ons “shopping lysie” nie.
Ons kry ‘n paar Springbokke – hulle staan nogal ver, maar ek le aan, maar agter die ooi sien ek staan ‘n bruin/swart springbok en los die skoot. Die res van die Springbokke lyk asof hulle wei teen 80km/h…
Laatmiddag, net voor die donker ons weer vang, sien my gids ‘n kudu teen die berg. Ons stop en dit vat my en Hennie ‘n goeie 15 min net om te sien waar die gryse staan tussen die bosse.
Dit is n ver skoot. Ek gaan le aan oor die stokke – skat ‘n goeie 300m seker – die gids se ek moet die skoot vat, daar is nie ‘n kans vir nader bekruip nie. Die skoot klap en die stof slaan onder die bok. Ons loop die koppie uit tot waar die kudu gestaan het net om seker te maak daar is niks bloed nie. Ek kyk terug na waar ons gestaan het en besef dit moet ‘n goeie 400m wees seker.
Die donker haal ons in en ons keer terug lodge toe, wat ‘n wonderlike 2 dae se jag het ons nie gehad nie. Ek kon ongelukkig nie my Kudu en Springbok kry nie, maar volgende keer sal ons meer tyd toelaat vir die jag.
Op hierdie plaas is daar Blesbokke, Gemsbokke, Impalas, Kudu’s, Springbokke, Rooibokke, Waterbokke, Hartebees, Duikers, vlakvarke, volstruise, Lechwe’s, Zebra’s en nog vele meer.
Die aand kuier ons heerlik saam met Gary en Wayne en bespreek sommer dadelik vir volgende jaar se jag en sal verseker baie langer bly – ek kan nie wag nie!
Soos hulle website sê - At Sutton Safaris we want you to have a hunt of your lifetime, with NO hidden costs or surprises. “Come as a client and leave as a friend.”
En dit is presies soos hulle sê!
Dankie Wayne vir die reelings en dankie Gary vir die voorreg dat ons daar kon jag.

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Fri Jun 26, 2015 2:25 pm
by goodstuff
nog foto's

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Fri Jun 26, 2015 2:26 pm
by goodstuff
en nog foto's...

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Fri Jun 26, 2015 2:27 pm
by goodstuff
en nog...

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Fri Jun 26, 2015 2:28 pm
by goodstuff
en nog...

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Fri Jun 26, 2015 2:29 pm
by goodstuff
... en die laaste...

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Fri Jun 26, 2015 2:35 pm
by hennief
Was great, kan nie wag vir volgende jaar nie!

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Fri Jun 26, 2015 2:48 pm
by andre007
Nouja waarsku en nooi ons betyds dan braai die res van ons Jaracallers hier op Queenstown ook saam ;D

Re: Sutton Safaris 2015 packages

Posted: Fri Jun 26, 2015 4:15 pm
by Wayne
Yes Yes, it was great to eventually get you chaps down to our beautiful part of the country. I am glad all went well, sure the weather will be better next year, looking forward to another good time with all. Gary does run a good show, lets the hunters get on with their show,and makes sure that all is running smoothly behind the scenes.
I have spoken to Gary, watch for his name coming onto the forum shortly.
I suggest a good range finder on the short list for Christmas.