Zeiss of Swarovski
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Zeiss of Swarovski
Dags?
Manne net gou 'n ietsie oor die 50 en 56mm voorste lens. Dis reg dat die 56 meer lig inlaat maar as jou o? ouer raak verloor die pupil sy vermo? om te rek en te krimp. In jong o? rek die pupil tot 'n maksimum van 7mm in swak lig. Dus kan 'n jong man 'n exit pupil van 7 maksimaal benut (byvoorbeeld 8x56 scope). Soos jou o? se pupille hul vermo? verloor om te rek, verloor jy dus die voordele wat die groter voorste lens meebring. Op my ouderdom (amper 52) is daar vir alle praktiese doeleindes geen verskil in die helderheid wat ek kan waarneem tussen 'n 50 en 56mm lens nie. Baie mense aanvaar net die teorie, maar onthou, daar is praktiese realiteite wat ons ouer manne pootjie wanneer dit by lig inlaat kom.
Groetnis

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Zeiss of Swarovski
AMENKoos Barnard wrote: Dags?
Manne net gou 'n ietsie oor die 50 en 56mm voorste lens. Dis reg dat die 56 meer lig inlaat maar as jou o? ouer raak verloor die pupil sy vermo? om te rek en te krimp. In jong o? rek die pupil tot 'n maksimum van 7mm in swak lig. Dus kan 'n jong man 'n exit pupil van 7 maksimaal benut (byvoorbeeld 8x56 scope). Soos jou o? se pupille hul vermo? verloor om te rek, verloor jy dus die voordele wat die groter voorste lens meebring. Op my ouderdom (amper 52) is daar vir alle praktiese doeleindes geen verskil in die helderheid wat ek kan waarneem tussen 'n 50 en 56mm lens nie. Baie mense aanvaar net die teorie, maar onthou, daar is praktiese realiteite wat ons ouer manne pootjie wanneer dit by lig inlaat kom.
Groetnis
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Namib
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am
Re: Zeiss of Swarovski
More
Oom Koos 100%.Is net vir my ongelooflik om te sien hoe baie Skuts koop/verkies die groot(6-30/6.5-20) scopes.
Groete
Oom Koos 100%.Is net vir my ongelooflik om te sien hoe baie Skuts koop/verkies die groot(6-30/6.5-20) scopes.
Groete
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Zeiss of Swarovski
Dag Stefaans
Nog nie eens vir jou geluk ges? met jou nuwe joppie nie. Hoop jy is baie gelukkig en geniet dit baie. Ek dink soms probeer ons kompenseer omdat die teiken en die koe?ls nie aldag bymekaar wil uitkom nie en die maklikste is om 'n scope te koop wat jy beter mee kan sien. Maar ongelukkig koop 'n lekker scope mos nie skietvermo? nie - jy sien net beter hoe jy mis skiet.
Sommer iets anders wat jy dalk belang in sal stel. Het die naweek 110gr Barnes-X Triple Shock en 150gr Nosler Accubonds in wetpack geskiet op 25, 125 en 200m. Het al 'n paar koedoes en annerlike goed met die 150 Accubonds geskiet die afgelope drie jaar. In die wetpack penetreer die 110gr barnes net so goed soos die Accubonds. Nou het ek lus om 'n koedoe aan te vat met die 110 greiners.

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Koos
Dagse, eks bly jy het daai toets gedoen ek is juis vanmiddag oppad om die selfde toets met die noslers in 150g te gaan doen. Watse meduim het jy gebruik vir n wetpack en watse penetrasie diepte het jy gekry. Ek wil nou nie al my kanne vol water verniet maak nie, en ook nie onnodige telefoonboeke mors nie.
Blok

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Zeiss of Swarovski
Blok
Ek gebruik ou Magnum tydskrifte wat ek vir 16 ure in my swembad laat l?. Die tydskrifte moet goed deurweek wees en plaas ek hulle bloot styf teen mekaar. Ek verkies die wetpack bo kanne water omdat jy dan die presiese diepte van penetrasie kan meet. Op 25m het die 150 Nosler 24cm penetreer en die 110 Barnes 22.7 as ek reg onthou. Ek is nou by die werk en kan ongelukkig nie die statisteik so lekker onthou nie. wat ek wel presies kan onthou is dat op 200m die 110gr Barnes 25.5cm penetreer het en die Nosler 150 24.5cm. Ek het alreeds 'n blesbok en blouwildebees geskiet met die 110gr maar albei was kopskote. Die blesbok 'n kantskoot op 126m en die koe?l het deur gefluit. Die blouwildebeeskoei is op 120m geskiet skuins van voor, net by die regteroog in en ons het die koe?l in die agterkant van die kop/begin nek gekry. Penetrasie was ongeveer 20cm. hoop dit help. As ek huis toe gaan sal ek later die regte resultate vir die 25 en 125m deurgee. Feit is vir alle praktiese doeleindes lyk dit of die 110 Barnes net so goed soos die awaarder koe?l penetreer.

Koos dankie
Aangesien ek heelwat ou telefoon boekke het gebruik ek hulle ek klamp hulle vas tussen 4 brandering planke en laat week hulle ook in water vir so dag. Ek het gereken op 10 boeke wat my 40cm gee so lyk my ek was oor optimisties.
Weereens dankie.
Blok
Aangesien ek heelwat ou telefoon boekke het gebruik ek hulle ek klamp hulle vas tussen 4 brandering planke en laat week hulle ook in water vir so dag. Ek het gereken op 10 boeke wat my 40cm gee so lyk my ek was oor optimisties.
Weereens dankie.
Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- Penkop
- Hero Member

- Posts: 621
- Joined: Tue Nov 16, 2010 11:29 am
Re: Zeiss of Swarovski
Oom Koos,
Kaliber, loop se groef-draai, trompsnelheid?
Groete en dankie

Waar daar 'n rokie trek is daar 'n bier'tjie...
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3649
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Erstens MCR en ander: Jammer oor die Hi Jacking van die post 
Tweedens: Oom Koos Barnard, Baie dankie vir die insette wat jy nou vrylik hier gee op die Forum (ek lees jou stories maandeliks met oorgawe en kan nie wag vir die volgende maand nie). Ek sien jy is nou baie meer op die Forum en neem maar aan jy het nou bietjie meer "lugtyd" met die werk by Whyshals (spelling).
Net 'n Vraag: Gaan jy nog aanhou met die rubrieke, stories en toetsverslae in die Magnum tydskrif? indien te persoonlik vra ek omverskoning maar ons is almal maar "vriende" hier op die Forum so verskoon die voorbarigheid.
Groete
JP

- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: Zeiss of Swarovski
Stem saam met Koos, as jy ouer word maak dit nie meer regtig saak hoe groot die objektiewe lens is, jy sien ewe swak.
Wat die groter vergroting teleskope aanbetref wat nou so gewild word, het ek n moontlikke oorsaak voor. Ons as jagters het nooit in die verlede regtig so gereeld kompetisies met ons jaggewere geskiet, maar na die nuwe wapen wetgewing in werking getree het, was ons half verplig om meer betrokke te raak by ons jagtersverenigings se skiet dae. Die groter vergrotings help ons om meer detail op die teiken te sien, en selfs ons skote te sien as die sig gunstig is.
Dit het veroorsaak dat ons geleer het om reg te kom met die groter vergrotings. In ruil daarvoor het ons "field of view" op ge offer wat in die jagveld eintlik baie nodig is, veral in die bos op kort afstande en bewegende teikens.
Ek self het vir baie jare met n 3 - 9 x 40 teleskoop gejag, en selfs op baie lang afstande ge oes met hom. Ek het nooit op n ho?r vergroting as 7 geskiet nie. Die teiken skiet het gemaak dat ek al groter vergrotings ge leer gebruik het, tot waar ek vandag met tot op 50 x vergroting baie efektief kan skiet. In die verlede sou ek glad nie kon regkom daarmee, maar het dit al gaande leer skiet en die nadele daarvan leer oorkom. As my o? nog goed was, sou ek heel waarskynlik nie met so groot vergroting geskiet het nie.
As jy vir n groentjie of iemand wat min skiet n groot vergroting teleskoop gee, gaan hy baie slegter skiet as met n kleiner vergroting. Die rede daarvoor is dat sy bewegings en bewerasies ook soveel meer prominent is as met n kleiner vergroting, en dan veroorsaak dit dat hy die sneller pluk as hy oor die teiken bewe, en ook n klomp van die basiese dinge nie reg doen nie.
Ek is altyd baie huiwerig om vir iemand n teleskoop vergroting aan te beveel, as ek nie sy skietvernuf goed ken. In meeste gevalle skiet so n skut swakker as wat sy potensiaal is, as hy koop wat my voorkeur vergroting is. Ek sou s? dat n 4.5 - 14 vergroting amper die maksimum vergroting moet wees vir nuwelinge, en selfs dit kan lol.
Hoe meer tyd jy agter die geweer deurbring, hoe groter kan jy waag, maar elkeen moet maar met homself eerlik wees en nie die ding te v?r druk nie. Kleiner is somtyds meer.

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Zeiss of Swarovski
Maruis, dit lyk of jy baie entoesiasties is oor Swarovski, dit behoort ook so te wees as jy n geweer fanatikus is, bly om te sien jy geniet dit. ek wil graag vriendelik met jou verskil oor daai 90% syfer wat jy gebruik. die manne wat al die optic debat vir so 5 of 6 jaar volg sal weet daar was n kat in die hoederhok so n paar jaar terug. die amerikaanse weermag het sy "misnoe" oor Leopold begin uitspreek. daar is toe baie soorte scopes getoets om op groot skaal op die gewere diens te begin doen. al wat n scope is getoets. die besluit? Scmidt und Bender!!! maar almal weet die manne bly nog steeds Leupolds gebruik en gebruik ook BAIE Nightforce.iceman1982 wrote: Dis my en 90% van die wereld se opinie, dat Swarovski die beste scopes in die wereld maak.
Groete ,
en om alles te kroon kyk en in Februarie n storie op national geographic waar hulle se die amerikaanse snipers gebruik Redfield, wat eindelik niks anders is as n goedkoop/budget Leupold is nie.
as n Zeis en n Swarovski dieslefde kos vir min of meer dieselfde scope, dan sal ek die Swarofski vat. maar nie een van daai twee is hul prys werd nie. vir R25 00 koop ek vir my twee verskillende kaliber howas met twee lekker groot Lynx scopes op en ek steek kleingeld in my sak.
Last edited by James Wilson on Mon Apr 11, 2011 9:58 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Zeiss of Swarovski
Dags?
Aan JPS, ja ek gaan nog net soos in die verlede vir Magnum skryf, niks verander nie en dankie vir die vriendelike woorde. Dan aan Piet Breedt - ek stem beslis saam met wat jy s? oor die groot vergrotings. Ek het my blou gesukkel toe ek oorgeskakel het van 6x na 12x toe. Moes met my Air Arms windbuks speel om die bewerasies te bemeester. Ek het sowat 5 jaar gelede gereeld op 14x met my .243 geskiet maar skiet tans op al my gewere nie ho?r as 12x nie en dit werk vir my. Ek het die afgelope drie jaar nooit papierkompetisies geskiet nie en sal seker een of ander tyd weer moet begin want papierskiet wil geoefen wees, dis nie ligte musiek daardie nie!

- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Zeiss of Swarovski
KOOS
Is dit moontlik om die ou 6-18X50 se recticles te verander en hom in te stuur vir n tds recticle of tds4.
Wat kos dit en hoe lank gaan dit vat indien moontlik.
Groete
Jacques

Shoot straight and tell the truth!
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Zeiss of Swarovski
Jacques
Volgens my inligting is dit moontlik om 'n scope se reticle te verander maar ek weet nie van die ou TDS nie want dit wil my voorkom asof Swarovski nie die patent daarop gehad het nie en dat hulle royalties moet betaal as hulle dit gebruik. Een rede waarom dit gestaak is. Ek weet egter nie of my inligting akkuraat is nie maar ek sal uitvind aangesien ek vandag nog 'n e-mail aan Swarovski moet stuur. Die laaste kwotasie wat ons gekry het was ongeveer R3500 en dit ongeveer 6 tot 8 weke neem.
Volgens my inligting is dit moontlik om 'n scope se reticle te verander maar ek weet nie van die ou TDS nie want dit wil my voorkom asof Swarovski nie die patent daarop gehad het nie en dat hulle royalties moet betaal as hulle dit gebruik. Een rede waarom dit gestaak is. Ek weet egter nie of my inligting akkuraat is nie maar ek sal uitvind aangesien ek vandag nog 'n e-mail aan Swarovski moet stuur. Die laaste kwotasie wat ons gekry het was ongeveer R3500 en dit ongeveer 6 tot 8 weke neem.
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: Zeiss of Swarovski
KOOS
Loop die br recticle ook onder patente regte of is dit hul eie produk. Dit behoort dan darem goedkoper te wees.
Laat weet maar wat jy aanbeveel, Ek sit nou met 3 van 6-18 met 3 verskillende recticles. Dalk moet ek verkoop en weer koop (dis die duur opsie)
Ek dink die BR is vir my persoonlik die beter een alhoewel die tds'e van daai mnr smith ook nie n duit terugstaan nie. Eintlik vir jag is die doodgewone enkel kruis die beste en maklikste ,
Daar is een ding om op te fokus en niks wat ou aandag aftrek hier in jou oog nie.
Maar nou wil ons mos soveel hulp moontlik he vir daai laaang skote.. en eitnlik skiet ons hulle feitlik nooit in die jagveld nie.
Dis nou maar eenmaal mens ne.
groete
JAcques

- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Met my karige salaris as agtergrond, is ek geneig om saam te stem. R25 000 vir 'n teleskoop...Jagbehep! wrote: as n Zeis en n Swarovski dieslefde kos vir min of meer dieselfde scope, dan sal ek die Swarofski vat. maar nie een van daai twee is hul prys werd nie. vir R25 00 koop ek vir my twee verskillende kaliber howas met twee lekker groot Lynx scopes op en ek steek kleingeld in my sak.![]()
Die leesstof is egter baie insiggewend. Fantasties om vir Koos en Piet hier op die forum te sien. Ek geniet julle terdee!
Piet, daardie CD van jou is puik en ek leer geweldig baie. Weereens dankie!
Groetnis!
Hein M
Last edited by Hein M. on Fri Apr 22, 2011 9:48 am, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Ai, waar was ek? Namib, ek weet dat Swarofski se optics nie vir Zeiss se Diavari Victory-reeks klop nie - behalwe as hulle Z6-reeks 'n moerse verbetering op vorige modelle is. Nog nie ervaring van die Z6 (dink dis wat hulle dit noem?)-reeks nie, maar die Swarofski's voor die tyd, het nie by Zeiss se optics kers vasgehou as dit by nagjag kom nie (alhoewel Swarofski 'n top teleskoop is)
Net my nederige opinie.
Louis
Net my nederige opinie.
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Namib
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am
Re: Zeiss of Swarovski
Louis102 middag
Amen !
(bly om te sien julle is veilig by die huis,nou daai stoel)
Groetnis
Amen !
Groetnis
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Namib, ja ek ry sommer daaikant toe sodra ek my voete hier gevind het. Die pad hier teen die rivier al oop?Namib wrote: ... bly om te sien julle is veilig by die huis, nou daai stoel ...
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
- Namib
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Thu Mar 04, 2010 12:04 am
Re: Zeiss of Swarovski
Naant Louis102
Verstaan dat hy wel oop is,is n man wat hom met n Q7 Audi Woensdag gery het.Laat weet net.

Michiel(MCR)
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Wed Aug 11, 2010 7:24 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Hi julle,
Ek was toe by HUNTEX gewees en het toe so bietjie deur die 2 scopes gekyk.Wat ek wel kan se is,as jy teiken skiet dan sal ek eerder n Zeiss koop.Die Zeiss is ook n bietjie swaarder en groter as die Swarovski.Waar dit by beeld helderheid gaan, kon ek nie n verskil sien nie, veral in die omstandighede waarin ek moes kyk nie.
Ek het my opsies mooi oorweeg.Die Swarovski het die grootse field of view gehad met sy lekker lae vergroting van 2.5.Jy kan sommer lekker vinnig op teiken kom en skiet vir naby skote.Dit het my nogal baie beindruk.....
My keuse is toe die Swarovski en ek behoor hom oor so 3 weke tekry.
Baie baie baie dankie aan julle almal wat my gehelp het met my keuse
Groete.
Michiel.

Remember the past, plan for the future, but live for today, because yesterday is gone and tomorrow may never come.
.22lr Brno, .223AI Brno shilen 28" loop 1:14, .22-250AI 28" Loop 1:8,.270w Brno.

- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Michiel
Wat was die 2scopes se volle leeswerk? Lens, verstellings ens. en natuurlik die model? Lyk na die 2.5-15x56 Z6 wat jy toe gekies het, die 3-12x56 Diavari is die naaste daaraan sou ek reken en kompeteer direk. Ek glo nie jy sou enige verskil met dieselfde vergroting op al2 gesien het in die "FOW"-afdeling nie. "Horses for courses" is natuurlik die wagwoord hier.
Jy het goed gedoen om 'n keuse te kon maak en self sou ek dit nie so maklik kon doen nie. Die scope wat jy gekies het is ook van topgehalte en glo nie enige foute behoort in te sluip nie. Dit lyk my jy gaan so bietjie papiere en bokke jag met die ding, so net jy kon die besluit neem en geeneen van ons kon daarmee help nie. Tog speel recticle 'n groot rol hier en die beste vat natuurlik in sulke gevalle die koek op die dag.
Geniet jou scope en jy behoort nie terug te kyk nie!
Mooiloop

Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Michiel(MCR)
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Wed Aug 11, 2010 7:24 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Hi Taffie,
Dit is die Swarovski Z6i 2.5-15x56 HD Ballistic Turret (4A-I ge-illumineerde kruishaar) wat ek gekies het teen oor die Zeiss Victory Diavari 6-24x56T* FL (#60 ge-illumineerde kruishaar). Die field of view het my meer getrek van die Swarovski met die lekker lae 2.5x.
Ek glo hy sal lekker werk vir probleemdier beheer op die .223, baie kere moet ek naby skote skiet en dan sukkel n ou so bietjie.
Hierdie scope is nie gekies vir papier bokke nie en is bloot gekies vir dag en nag probleerdier beheer.Die Zeiss sou my keuse gewees het as ek 300m plus ver papierbokke geskiet het,ek glo hy is die beter opsie.So ja dit gaan alles oor n mense se behoeftes....waarvoor jy hom wil aanwend ?....dit klink maklik ne.......
Maar nou ja, ek sal maar gaan toets en kyk hoe hy vir my werk.....kannie wag nie!
Groete.
Michiel.
Dit is die Swarovski Z6i 2.5-15x56 HD Ballistic Turret (4A-I ge-illumineerde kruishaar) wat ek gekies het teen oor die Zeiss Victory Diavari 6-24x56T* FL (#60 ge-illumineerde kruishaar). Die field of view het my meer getrek van die Swarovski met die lekker lae 2.5x.
Ek glo hy sal lekker werk vir probleemdier beheer op die .223, baie kere moet ek naby skote skiet en dan sukkel n ou so bietjie.
Hierdie scope is nie gekies vir papier bokke nie en is bloot gekies vir dag en nag probleerdier beheer.Die Zeiss sou my keuse gewees het as ek 300m plus ver papierbokke geskiet het,ek glo hy is die beter opsie.So ja dit gaan alles oor n mense se behoeftes....waarvoor jy hom wil aanwend ?....dit klink maklik ne.......
Maar nou ja, ek sal maar gaan toets en kyk hoe hy vir my werk.....kannie wag nie!
Groete.
Michiel.
Remember the past, plan for the future, but live for today, because yesterday is gone and tomorrow may never come.
.22lr Brno, .223AI Brno shilen 28" loop 1:14, .22-250AI 28" Loop 1:8,.270w Brno.
.22lr Brno, .223AI Brno shilen 28" loop 1:14, .22-250AI 28" Loop 1:8,.270w Brno.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Michiel
Die spesifikasies van die Swarovski is beter vir probleemdier beheer as die Zeiss. As jy die 3-12x56 Diavari kon vergelyk sou dit beter wees as met die 6-24 Zeiss(die lae vergroting te min en die 24x hopeloos te veel, dan ook nog die parralaks verstellings wat dit moeiliker/ingewikkelder maak). Dink ook nog steeds dat jy uiters goeie keuse gemaak het.
Die scope gaan jou egter nog vreeslik irriteer, want jy kan gemaklik jakkalse op 350meter sien, maar kan hulle nie skiet nie. Die 223 is net te min daarvoor, maar gelukkig kan jy die vergrotings darem afstel na so 8 of 7 toe en dit behoort te help om nie te veel moed te kry nie. Reken jy kan maar so paar pennies eenkant sit om langer geweer te maak.
Dit gaan binnekort gebeur!
Ja-nee, ek sal ook nie kan wag nie. Jy moet net mooi laat weet hoe dit gaan, ek is vreeslik nuuskierig! Wat gebruik jy tans op die roertjie?
Lekkerskiet
Die spesifikasies van die Swarovski is beter vir probleemdier beheer as die Zeiss. As jy die 3-12x56 Diavari kon vergelyk sou dit beter wees as met die 6-24 Zeiss(die lae vergroting te min en die 24x hopeloos te veel, dan ook nog die parralaks verstellings wat dit moeiliker/ingewikkelder maak). Dink ook nog steeds dat jy uiters goeie keuse gemaak het.
Die scope gaan jou egter nog vreeslik irriteer, want jy kan gemaklik jakkalse op 350meter sien, maar kan hulle nie skiet nie. Die 223 is net te min daarvoor, maar gelukkig kan jy die vergrotings darem afstel na so 8 of 7 toe en dit behoort te help om nie te veel moed te kry nie. Reken jy kan maar so paar pennies eenkant sit om langer geweer te maak.
Ja-nee, ek sal ook nie kan wag nie. Jy moet net mooi laat weet hoe dit gaan, ek is vreeslik nuuskierig! Wat gebruik jy tans op die roertjie?
Lekkerskiet
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Michiel(MCR)
- Full Member

- Posts: 221
- Joined: Wed Aug 11, 2010 7:24 pm
Re: Zeiss of Swarovski
Hi Taffie,
Ek het op die oomblik n Viper Optisan 8-32x60 op die 223,die scope sal oor gaan na my .270 vir die ver skote. Die Viper is baie lekker
vir in die dag,het geen probleem met hom nie, net sy field of view is so bietjie klein vir in die nag.
Die jakkies wat ek skiet is maar tussen so 100-200m, die 223 is gezero vir 200m. Dit werk nogal goed vir my.
Ek wil nog n jakkie met die 270 klits en kyk wat maak die 130gr SST......
Jy se met so 15x sal ek nog lekker vir ou vlekkie kan sien tot so 350m, dit laat my nogal dink...
Ek sal laat weet sodra ek die scope so bietjie getoets het.