Page 2 of 2
Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?
Posted: Mon Jun 20, 2011 10:34 pm
by Frikjordaan
Ek soek medium hoogte 25 mm staal ringe om te pas op Warne basisse. Die uitgesnyde dwars groef is die selfde as Picatinny rail.
Is net nie seker of 42 mm voorste lens teleskoop medium of lae ringe gaan nodig h? nie.
Winchester 70 aksie met Light Palma profile loop
Kan iemand raad gee?
Dankie
Frik
Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?
Posted: Mon Jun 20, 2011 10:48 pm
by erx
Frik
Dink jy sal met mediums regkom!
Groete
erx
Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?
Posted: Tue Jun 21, 2011 9:55 pm
by Lamtjop
Frik
Ek het warne basis en medium ringe en het n 50mm scope en daars nog so 3mm spasie, so ek dink jy ka met low ringe regkom. Die picantinny rail wat Koos Barnard op sy 243 laat sit het is volgens die artikel van aluminium, nou wil ek weet is die sterk genoeg moet n man nie eerder na staal kyk nie. Of is hulle maar almal van aluminium gemaak.
Groete
Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?
Posted: Tue Jun 21, 2011 10:00 pm
by erx
Ek praat onder korreksie, maar ek dink almal is van ally en word dan ge anodize in enige kleur.
Groete
erx
Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?
Posted: Tue Jun 21, 2011 10:03 pm
by Monrique (SJ)
Sover ek weet word die Picatinni's van staal gemaak en wanneer jy dit verkies maak die mense dit vir jou van aluminium.
Myne wat Donderdag opkom is van staal.
Groetnis
Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?
Posted: Tue Jun 21, 2011 10:11 pm
by Lamtjop
SJ
Wie het joune gemaak of waar vandaan kom hy? Ek soek een om my 2pc basis te vervang met n 1pc. O ja wat kos dit, as ek mag vra.
Groete tjops
Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?
Posted: Thu Jun 23, 2011 11:50 pm
by Monrique (SJ)
Lamtjop
My Picatinny rail het Pieter (Baboonstalker) hier van die forum vir my gemaak. Kontak hom vir pryse? Sal die foto's nog kom opsit op die forum!!!
Groetnis
Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?
Posted: Fri Jun 24, 2011 8:44 am
by Beyers
Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?
Posted: Sun Jun 26, 2011 12:26 pm
by baboonstalker
Hier is jou rail soos hy nou lyk SJ. My konkoksie vir die "gunblue" het mooi gewerk.
[img width=360 height=480]
http://i261.photobucket.com/albums/ii62 ... G_2095.jpg[/img]
Ek sal maandag hoor of my koerier hom by jou kan afgooi.
Pieter
Re: Watter mounts vir my Plankgeweer?
Posted: Sun Jun 26, 2011 12:42 pm
by Monrique (SJ)
Hy lyk sommer spoggerig. Dankie, ek kan nie wag om die rail te mount nie!!
Die manne met die RSA's gaan jou nou toegooi met bestellings, jy kan maar begin maak!
Groetnis