Dit is vir my soms verstommend dat sulke "opgevoede" ouens so duidelike gebrek aan logika en besef van realiteit het
Ballistiese toetse met `n "twist"...
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
Re: Ballistiese toetse met `n "twist"...
Ek het daai ou se opmerking gesien. Die volgende ou het hom mooi geantwoord en in beginsel gesê dat die onwettige wapens gaan nie verminder nie en ook nie vrywillig terug gegee word nie.
Dit is vir my soms verstommend dat sulke "opgevoede" ouens so duidelike gebrek aan logika en besef van realiteit het
Dit is vir my soms verstommend dat sulke "opgevoede" ouens so duidelike gebrek aan logika en besef van realiteit het
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Ballistiese toetse met `n "twist"...
Iemand het gevra wat van die ouens se wapens geword het. In slegs een van die gevalle het die SAPS die pistool gekonfiskeer vir ballistiese toetse. Die eienaar het hom so 6 maande later weer in sy besit gehad. In die ander gevalle was hulle hoegenaamd nie geinterreseerd om toetse te gaan doen nie. Hulle het bloot gevra of die ouens wat die skietwerk gedoen het lisensies gehad het.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Ballistiese toetse met `n "twist"...
Johan
'n Naweek op die walle van die Vaal rivier het my die goeie stuk laat mis. Maar nou is ek weer op spoed
Ek stem saam daardie een skoot met die FMJ het seker die earth draad getref, en dit is hoekom die aanvaller gelyktydig kniee opgetrek het. Ek sal beslis nie my SV strategie op een geval verander nie. Die FBI doen die toetse so na as moontlik aan die werklikheid - dit is onmoontlik om werklike SA balistiese toetse bymekaar te maak. So my vetroue bly by hulle en dit wat in toets omgewing gedoen word.
Zipp, FMJ oorpenetreer. Alhoewel ons huise nie van hout gemaak is soos in die VSA nie, bly dit nog steeds 'n groter risiko. As ons dit ook neem na jag van diere sal mens sien dat mono's kompenseer vir hulle sterk konstruksie een vormige penetrasie - hoë spoed en omklink. Iets wat gewone FMJ nie het nie. Daar is een tragiese geval waar die effek van goeie HP ammunisie baie tyd in die media gekry het. Die goed werk.
Soos genoem alles op baie kort afstande. Sommige sonder kans om voete te plant (Weaver vs. Isosceles http://www.realfighting.com/content.php?id=143) oog toe te knyp ens. Baie meer instiktief skiet. Daar is nie iets soos 1 shot drops - Hollywood kondisioneer ons om te dink dit gebeur.
Die ergste een is die man wat voor die TV aan die slaap geraak het en Ta kan sy goed hier langs hom vat. Ook sy vrou - wees baie versigtig waar jy jou pistool bere in die nag! Wys jou net mens slaap tydens jou diepste fase regtig vas en jy hoor baie min! Daai strooi stories van CDs brand en Hyena sterte... ai ai ai.
EN dan heel laaste in al 3 gevalle as hulle nie SV wapens gehad het nie was hulle heel moontlik op bladsy 3 van die Beeld. Hulle het terug geveg en oorwin.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Johan van Wyk
- Hero Member

- Posts: 619
- Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am
Re: Ballistiese toetse met `n "twist"...
Carl,
Vir my was die mees opvallendste gedeelte hoe vinnig en onverwags alles gebeur het. Mens moenie dink dat jy noodwendig altyd in die middel van die nag aangeval gaan word nie - hierdie dinge kan enige tyd gebeur. Mens moet maar net altyd op jou hoede wees, nie kanse vat nie en oplet wat om jou aangaan.
Ek self hou maar by Hydra-Shoks en Golden Sabres in my twee 9mm's. Ek het al te veel kere gehoor van FMJ's wat oorpenetreer en ek is nie lus om die kans te vat met familielede in die huis nie. `n Vriend van my het so paar praktiese toetse gedoen op dooie bobbejane met van die JHP ammunisie wat op die mark is vandag en die resultate was nogal interresant. `n 180-grein (as ek reg onthou) Hydra-Shok uit `n .40 S&W wat van so 5 meter af in `n groot bobbejaan mannetjie se borskas ingeskiet is, maak SEER... Van die warmer 9mm ammo het ook nie sleg gedoen nie.
Wat vir my die interresantste was van die bovermlde drie gevalle was die feit dat die .45 met bewese ammunisie nie beter gedoen het nie. Die rugstring was weliswaar nie raakgeskiet nie maar ten minste twee van daai skote was soliede lyfskote wat seer moes gemaak het. Dit laat mens nogal dink.

dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Ballistiese toetse met `n "twist"...
Ek dink die geweer eienaars moet sulke mense se huise begin merk as a gun free home. Dan het die kriminele 'n sagte teiken en ons hoef nie te worry oor moeilike wette nie.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: Ballistiese toetse met `n "twist"...
Baie goeie punte deur verskeie bydraers.
Net om te recap:
1. Handwapens het baie min "stopping power" (dis suiwer fisika), as jy nie die hart of sentrale senuweestelsel tref nie.
2. Skootplasing is baie belangrik - maar dis nie moontlik in praktyk wanneer jy vir jou lewe veg nie (lag altyd vir daai "twee in lyf en een in kop" stellings).
3. Taktiese awareness/paraatheid kan sommige situasies verhoed of die odds meer in jou guns swaai. Byvoorbeeld: hoe kon persoon in eerste geval bloot by huis ingekom het?
4. Oefen, oefen, oefen - en nou neem ek aan jy doen een of twee taktiese kursusse per jaar.
5. Sorg dat jou Donkerbek altyd by jou is. Aanvallers maak as 'n reël nie afsprake nie.
6. Wees bereid om een moerse fight op te sit as dit eendag jou beurt is.

9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."

Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Ballistiese toetse met `n "twist"...
Aan die hand van Mnr X nr een se scenario en Carl se opmerking oor jou pistool bere in die nag; wat is die opsies, waar bere mens jou pistool snags?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Ballistiese toetse met `n "twist"...
Johan as reel praat ons nie daaroor nie. Kies 'n plek wat nie ooglopend is nie maar waar jy binne 3 sekondes kan uitkom.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Jacko
- Sr. Member

- Posts: 348
- Joined: Wed Sep 05, 2012 1:19 pm
Re: Ballistiese toetse met `n "twist"...
En sorg sommer ook dat niemand jou in jou kamer kan verras terwyl jy slaap nie.
Want dan beteken 'n wapen sweet f-all.
Want dan beteken 'n wapen sweet f-all.
9mm P Glock 19 (Die Donkerbek)
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
.177 Diana Panther (Die Wintie)
243 Win Howa (Kleinjan)
270 Win BSA (Death Ray)
270 Win (Assegaai)
30-06 Howa (Pakslae)
"We're paratroopers, Lieutenant. We're supposed to be surrounded."
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Ballistiese toetse met `n "twist"...
Baie privaathospitale is net dieselfde, dalk biejie skoner en beslis baie duurder.zipp wrote:My 2c
1. SA Staats hospitaal is meer effeKtief as n handwapen!
IPSC het lankal die teiken se kop afgesny, nou is hulle meer "polities korrek", want die teikens boots nie meer mense na nie. Maar die tel-areas op die ou IPSC en ook op die IDPA teikens het nie veel te doen met menslike anatomie of geskikte trefareas vir selfverdediging nie. Dis bloot 'n lekker speletjie met wapens. Gaan neem gerus deel en leer om jou wapen onder gesimuleerde stres te hanteer, maar leer jou skootplasing (en taktiek) elders.zipp wrote:2. Daar is n rede hoekom beide IPSC en IDPA teikens n hoer waarde het in die middel en die kop. Dis waar die orgaane is wat lewe onderhou.
Ek wil verskil. 'n Handwapen is 'n redelik effektiewe doodmaak-instrument, maar 'n swak "stopper". Skote in die lyf en kop beteken ook niks, as jy nie noodsaaklike organe tref nie. Al skote wat gewoonlik dadelik die ligte afskakel, is treffers in die motoriese gedeelte van die brein en omtrent die boonste 7 werwels. Hartskote is dodelik, maar die slagoffer lewe soms nog lank en maak moeilikheid, totdat die bloeddruk gesak het. Kopskote, wat die motoriese gedeelte van die brein mis, is selde effektief. Daar is ook te veel dik been-strukture in die kop, wat maklik handwapen-koeëls stop of deflekteer. Miskien sal die infeksie later intree... Die grootste probleem is dat die dagga-gerookte aanvaller, wat sy toordokter duur betaal het vir die "muti" om hom "bulletproof" en vreesloos te maak, niks voel as jy hom piets nie.zipp wrote:3. n Handwapen is nie n effektiewe doodmaak instrument nie. Skiet dus meer as een skoot, 2 in die lyf en nog een in die kop, as hy nog nie ophou aanval nie.
Miskien so, afhangende van kaliber, spoed en koeël-ontwerp. Maar daai FMJ se wonde lyk op die oog af asof iemand hom met 'n potlood gesteek het. Dit neig ook tot oorpenetrasie, veral op 'n 9mmP, wat die risiko van van aanspreeklikheid vergroot. Dubbele bloedspoor? SV is nie jag nie.zipp wrote:4. n FMJ het n beter kans om by die rugwerwels uit te kom as n HP. dis dalk beter om n dubbele bloedspoor te he, sal ook n beter kans he dat die long platval (pneumothorax)
Dis baie waar. Leer dus om vinnig, aanhoudend en akkuraat te kan skiet, uit allerhande ongemaklike posisies. Daai paar skote op die stilstaande papier, is net goed om te kyk of die visiere nog "in" is. Die aanvallers is selde so tegemoedkomend.zipp wrote:5. Onthou: vir selfverdediging skiet jy om te oorleef, nie om die ander ou te dood nie, maar todat die aanval staak moet jy aanhou skiet.