Page 2 of 2

Re: Erdvarke

Posted: Sun Jul 03, 2011 7:26 pm
by tafjak
Kalahari

Hy is seker nog 'n sub-kontrakteur, grou net klein gaatjies? :D

Re: Erdvarke

Posted: Sun Jul 03, 2011 7:36 pm
by Kalahari
Taffie

Mag moontlik wees, maar daai klein gaatjies stamp man se nersderms ok lekker seer as jy hom nie in die lang gras sien nie  >:(, maar die outjies was so oulik gewees dat ek hom maar in sy ma se gat loop los het.
Ons sal seker vorentoe dalk koppe stamp ;)

Kalahari

Re: Erdvarke

Posted: Sat Jul 09, 2011 10:46 pm
by Francois Marais
Johan

Hy is nou regtig ougat......het dam al sy ma en pa gevloek, sommer nu weer onlangs toe ek myself daar uit n gat moes grou, amper my ou mouter omgemoer.....

Mooi loop
Francois

Re: Erdvarke

Posted: Sat Jul 09, 2011 10:53 pm
by Kalahari
FM

Ja nee, man kan maklik die mouter lelik seermaak in daai gate, en dan is daar mos die hele veld om te gaan grawe, maar ta MOET mos in die pad gaan staan gate grawe >:(.
Ek sien die laaste paar dae sommer oral op die plaas is hulle weer redelik aktief, plek is maar redelik omgedolwe en vanoggend by 'n krip gekom wat amper heel uitgegrawe en toegeskop is onder die sand.

Groete
Johan

Re: Erdvarke

Posted: Sun Jul 10, 2011 12:34 am
by theedge
Sien hulle nogal heelwat op die een plaas waar ek skiet - so tyd terug ook laat in die aand sien ons toe mos 2 ek se nogal ewe julle moet mooi kyk want dit is n ding wat mens nie gereeld sien nie. Toe sien ons daai aand 6 in totaal - moet se die boer pla hulle nie

Re: Erdvarke

Posted: Sun May 06, 2012 10:34 am
by visstok
Ek was baie gelukig en het Vrydagaand 4 Mei een gesien net buite Virginia. My 2de een op daai plaas en het 3 jaar terug een in Dordrecht omgewing een gesien. Wat weeg so vark? Groete Alex

Re: Erdvarke

Posted: Mon May 07, 2012 8:46 am
by Chukudu
ek dink hulle is baie meer vollop as wat 'n mens dink, by ons in die boesmanland kry ons hulle taamlik gereeld want dis baie oop. as sy oe geblink het sou 'n mens hulle makliker gesien het. ek het al baie maal amper oor een gery terwyl daar iemand agterop sit met 'n witlig. ons het al 'n paar keer van hulle helder oordag gekry en gejaag om te kyk hoe vinnig hulle is. ek kannie presies onthou nie, maar ek weet hulle maak 40 laglag. het al een onder die bakkie ook gehad. hy het die ou hiluxi se as so gelig dat ons nie kon ry nie en ons wou hom nie skiet nie. ek het ook al gesien hoe verander hy 'n rooikathok in 'n wynvatgeraamte!
groetnis

Re: Erdvarke

Posted: Thu May 10, 2012 10:29 am
by marno
By ons in die vrystaat (Frankfort, Heilbron en Petrus Steyn) sien ek redelik baie.

Ek en Jason het so rukkie terug toe ons by Koster gejag het ook een gesien.

Re: Erdvarke

Posted: Thu May 10, 2012 3:14 pm
by Marc
Jason ek stem saam.

Ek skiet ook gere?ld in Heilbron en Petrus Steyn area's en daar is heelwat van hulle te sien snags.

Groetnis
Marc

Re: Erdvarke

Posted: Thu May 10, 2012 3:44 pm
by Flip Nel
Ons het baie termiete op die plaas en daar is volop erdvarke, maak mens partymaal kwaad as hulle hul ding doen in die paaie maar ek glo hulle doen net goed, wil nie weet wat die termiete sal doen as hulle nie daar is nie.  Ek onthou as kind het een Oom een geskiet, kan nie onthou hoekom nie weet net my pa was nie te opgewonde daaroor nie maar ja ek onthou hy het verskriklik gestink en die ooms het gepraat oor hoe duk sy vel is.  Onthou ek het een nag in  die maanlig huistoe geloop toe ek snaakse geluide gehoor het, het bietjie met my senuwees gewerk tot ek gesien het dis een wat grawe.

Re: Erdvarke

Posted: Sat May 12, 2012 8:31 pm
by cg rossouw
Hier by ons in Dordrecht is baie, sien gereeld as ek uitgaan. Ek en my pa moes paar jaar terug een voorsit en skiet. Het n groot damwal by ons gegrou dat dit lyk of ons met n kannon op die ding oefen. Hulle is taai verby. My buurman het een met sy trok buite Queenstown geslaan en moes sy vooras vervang want hy was gebuig en kon nooit sy touing reg kry nie.