300 win mag - Ja of Nee

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 300 win mag - Ja of Nee

Post by Hein M. »

Boesman10 wrote:
As ek kyk na jou oorspronklike vraag of die .300 WM aansienlik meer effektief is op 'n Gemsbok op 300 meter dan sal my antwoord wees - geensins. Daar is geen verskil tussen die twee wapen se prestasie op die Gemsbok op die afstand nie. Daar is geen verskil in vleis skade tussen die twee wapens nie. Met altwee gaan die Impala punt regdeur die bok en altwee maak ewe effektief dood. Ek kan dieselfde se vir Eland en ek kan die selfde se vir Blou Wildebees en ek kan die fotos vir jou stuur.
Met swaarder koeëls op groter bokke sal die prentjie darem seker anders wees? Eland met 'n 130gr. - al is dit 'n Impala, is nogal riskant vir ons dorpsjapies...
Weetnie of ek 'n skoot op 'n gemsbok op 300m daar in die duine (met moontlike wind) met die 308 sal vat nie?

Net my leke 2c
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: 300 win mag - Ja of Nee

Post by ZKK »

Beste Boesman, ek hoop jy sal my vergewe dat ek van jou verskil.

Die impala is basies n solid, en dan het hy n skerp punt.
So my logika se vir my dat daar baie min oordrag van energie sal plaasvind vanaf die koeel na die bok.
So ek kan glo dat daar nie n verskil in performance gaan wees as jy n 130 grein solid uit enige twee van die gewere skiet nie.
Jy skiet basies n speld teen n M*#rse spoed dwarsdeur die bok

My gutfeel se vir my dat daar wel n verskil gaan wees as jy expanding koeels gebruik, wat meer van die energie aan die bok oordra.

Groete
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: 300 win mag - Ja of Nee

Post by Boesman10 »

@ZKK - Indien jy my komentaar hierbo lees tot heel onder dan sal jy sien ek stem saam met jou dat 'n omklink koel gaan verskil tussen die twee wapens.

@Ludwig - Ek stem saam met jou dat mens swaar koels moet skiet om werklik 'n 300WM tot sy reg te laat kom.

Met verwysing na die OP (oorpronklike posting) - "Is daar aansienlike verskil tussen die twee gewere op 'n Gemsbok op 300 meter" is my antwoord - nee daar is nie indien ek 130 gein Impala koeels uit altwee wapens skiet nie.

Sonder om te hijack - Indien die vraag was - "Wat is die optimale punt vir 'n .300WM" of indien die vraag was "wat is die verskil tussen 'n soliede punt en 'n omklink punt" dan is dit 'n heel ander gesprek. Dit was wel nie die OP nie.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300 win mag - Ja of Nee

Post by Wouter Roets »

Boesman

Jy het n vraag geantwoord gebasseer uit jou ondervindinge. Dankie daarvoor en dit is interssant wat jou bevindinge is aangesien ek nog altyd onder die indruk was dat Impala's redelik sensetief en afhanklik is van spoed om sy werk te doen.

Maar ek glo die meeste mense het konvensionele koeels ingedagte as ons oor kalibers se vermoeens praat. Ek skiet bv Barnes in meeste van my groot kalibers en dan is dit ook interessant om te sien wat spoedverskille op dieselfde koeel maak tussen twee kalibers wat eenderse koeels skiet.

Ek het gestandariseer op 180gr in my 300 sowel as my 30-06 Ackley en voel dat die gewig koeel vir my die beste kompromie gee. Natuurlik as jou forte ultra langafstand jag is sal n mens na n ander koeel kyk om optimaal te werk. Looplengte bepaal weereens ook wat se koeelgewig optimaal gaan werk.

Groetnis
Wouter
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: 300 win mag - Ja of Nee

Post by henning »

Ek het vir baie jare met n 30-06 alles tussen eland tot springbok gejag en het baie respek vir sy werk verigting.
Omdat ek regtig vrot is met afstand skat het ek nou oor geslaan na 300 WSM vir die platter trajek.
Ek het n kwik "recoil breaker" en "silencer" op die 300 gesit en hy skiet nou baie lekkerder as die 30-06.

Wat ek probeer se is dat daar is geen rede om nie n 300 te kry nie, dit is regtig n uitstekende kaliber.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 300 win mag - Ja of Nee

Post by Hein M. »

;)

Jammer dat ek dalk snaaks klink...

Boesman, skiet jy met die 130gr. Impalas uit jou 308 op 300m na gemsbokke? Of is die bostaande stelling slegs teorie?

Leer graag, want ek skiet ook met daardie kettie...

Hein M
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: 300 win mag - Ja of Nee

Post by Boesman10 »

@Hein - Ja, ek skiet Gemsbok op 300 meter met die 130 grein Impala met groot sukses met die .308. Op 300 meter het ek +- 1200 voet pond energie met my lading. Ek het nog altyd 'n duim suig formule gebruik wat se ek het 100 voet pond energie nodig vir elke 5 cm van penetrasie wat ek nodig het indien ek 'n rib raakskiet met die ingang. Ek skiet wel net hart/long en nooit kop of nek nie.

Ek weet daar gaan nou klomp ouens wees wat sal komentaar lewer oor my formule en voet pond energie wil debateer en dit is OK. In die afwesigneid van enigiets beter is die maar wat vir my werk in die veld.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 300 win mag - Ja of Nee

Post by Hein M. »

Boesman10 wrote:@Hein - Ja, ek skiet Gemsbok op 300 meter met die 130 grein Impala met groot sukses met die .308. Op 300 meter het ek +- 1200 voet pond energie met my lading. Ek het nog altyd 'n duim suig formule gebruik wat se ek het 100 voet pond energie nodig vir elke 5 cm van penetrasie wat ek nodig het indien ek 'n rib raakskiet met die ingang. Ek skiet wel net hart/long en nooit kop of nek nie.

Ek weet daar gaan nou klomp ouens wees wat sal komentaar lewer oor my formule en voet pond energie wil debateer en dit is OK. In die afwesigneid van enigiets beter is die maar wat vir my werk in die veld.
Dankie vir die antwoord. Ek skiet ook met 'n 308 en sukkel met die trajek oor lang, onbekende afstande. Dink die nodige energie van die impala oor daardie afstand is dalk nie die (my) grootste bekommernis nie...
Post Reply