Page 2 of 2
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Fri Oct 17, 2014 5:55 pm
by win270
Kan hulle nie dalk deesdae die operasie doen TERWYL mens jag nie?
Ek verstaan daar's deesdae medikasie beskikbaar vir siektes wat nog moet ontwikkel? Sommer net 'n bietjie gekskeer ...
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Fri Oct 17, 2014 7:38 pm
by tripodmvr
Ag, black-sam kerels, julle kort 'n landmeter om as navigator op te tree. Ek het ook 'n 375 waarmee ek julle kan beskerm.
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Sat Oct 18, 2014 9:38 pm
by Katefbessie
Oom Wouter... dalk moet daar minder in die vervolg gevreet word om te keer dat daai naeltjie so pop....??

Re: Naeltjiebreuk
Posted: Sun Oct 19, 2014 11:42 am
by stephan2
Hoop jy het daai ding reg laat maak.
Het vir n jaar met myne geloop en was nie lekker nie.
Myne nou al 6jr reg nog nooit weer las gehad nie en kan ok nie glo ek het so lank uitgestel nie.
groete en voorspoed.
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Sun Oct 19, 2014 5:43 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne
Baie dankie vir die raad en natuurlik die offers om saam te gaan vir die nasorg. Ek neem aan dit sal seker vir my rekening wees en die prys seker niks minder as n buffel nie! Kan nie glo hier is so baie manne wat hulle kosbare tyd so onbaatsugtig offer nie.
Nee wat na die naweek het ek klaar beskuit ek gaan dit die week laat doen as ek kan. Ja Dewald die breuk is nie groot nie en ek kan my derm wel deur hom voel druk op tye, so ek gaan verseker nie rondetter met hom nie. So Ronnie, jy moet nie te opgewonde raak nie, ek gaan jou trip nog steeds ontsier deur saam te gaan! Ek mis dit vir boggerall!
Groetnis
Wout
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Sun Oct 19, 2014 10:22 pm
by Marc
Pappabeer wrote:
Ek kan vir jou vir Samantha uitpimp vir die fisio deel teen die nominale fooi van n buffeltjie, en soos Marc reeds tevore voorgestel het, moet julle maar n medic of twee saamvat Moz toe. Seinde al jou onbaatsugtige raad hier op die forum sal dit die minste kan wees wat ons vir jou kan doen.
Sh!t Wout hoop nie dit was nou my jinx daai nie
Laat sny hom asap en kry goeie nasorg maat, jy sal reg wees vir die jag
My offer staan

Re: Naeltjiebreuk
Posted: Mon Oct 20, 2014 7:29 am
by tripodmvr
Wouter
Laat weet net vir Marc wanneer jy in die hospitaal is. Ek het laas van die lekkerste biltong by hom gekry.
Weet net dat ek slegs 1 nag in die hospitaal was met my op. Tuisversorging is egter die antwoord met die stand van die versorging in ons hospitale deesdae.
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Mon Oct 20, 2014 8:06 am
by Wouter Roets
Oom Maruis
Marc gaan seker se die biltong is in die pos!

Glo as hy dit nat stuur dan gaan dit kurk droog by my aankom.
Ek oorweeg dit sterk om Dewald op te vat op sy nasorg offer en wag net vir die foto van die versorger.

Weet ook nie wat die dienste alles behels nie maar glo dit sal redelik omvattend wees inaggenome die prys van n buffel!
Groetnis
Wout
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Mon Oct 20, 2014 8:34 am
by Pappabeer
Wouter Roets wrote:Oom Maruis
Marc gaan seker se die biltong is in die pos!

Glo as hy dit nat stuur dan gaan dit kurk droog by my aankom.
Ek oorweeg dit sterk om Dewald op te vat op sy nasorg offer en wag net vir die foto van die versorger.

Weet ook nie wat die dienste alles behels nie maar glo dit sal redelik omvattend wees inaggenome die prys van n buffel!
Groetnis
Wout
Die gesprek gaan nou weer afstuur op n gebargain wat wentel rondom horinglengte...

Re: Naeltjiebreuk
Posted: Mon Oct 20, 2014 8:46 am
by Wouter Roets
Dewie
Die dienste wat gelewer word sal die horinglengte bepaal!
Groetnis
Wout
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Mon Oct 20, 2014 8:48 am
by Pappabeer
Ons gaan maar moet soek vir een van daai scrumcap dagga-boys...
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Mon Oct 20, 2014 2:43 pm
by Marc
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Mon Oct 20, 2014 3:07 pm
by Skolla
Ek oorweeg dit sterk om Dewald op te vat op sy nasorg offer en wag net vir die foto van die versorger.

Weet ook nie wat die dienste alles behels nie maar glo dit sal redelik omvattend wees inaggenome die prys van n buffel!
Onthou net die maagspiere mag nie gebruik word nie.

Re: Naeltjiebreuk
Posted: Sat Oct 25, 2014 3:34 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne
Terug van die hospitaal nadat hulle gister gesny het. Is maar verdomp eina!
Groetnis
Wouter
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Sat Oct 25, 2014 3:37 pm
by Williel
Voorspoed met die herstel Wouter!
Rustig voor die kassie vanmiddag, dit kan dalk ekstra pyn veroorsaak.
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Sat Oct 25, 2014 3:46 pm
by tripodmvr
Sterkte Wouter,
Hoop jy herstel vinnig.
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Sat Oct 25, 2014 3:55 pm
by Smitstertjies
Sterkte daar Wouter!!
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Sat Oct 25, 2014 6:29 pm
by DWB
Sterkte baas Wout!
Re: Naeltjiebreuk
Posted: Sat Oct 25, 2014 7:24 pm
by ruaanb
Sterkte pas jou self op en voor jy weet is jy reg