Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Rasmus - lyk my jou planne begin nou werk. Baie mooi otter !!!! Sy sou beslis redelik oor die 100 Kg geweeg het. My varkdroogte lyk my is nou oor. Het laasnag weer begin optel. Lyk na Pa, Ma en sussie.
Wat die betaling betref vir varkjag. Was heel verbaas toe ek sien wat die mense bereid is om vir varke te betaal. Het nooit besef dat ons lelike varkies so 'n gesogte spesie is nie. Wat ek wel weet is dat dit nie die maklikste van jagmaatjies is nie. Het al 'n hele paar aanbiedinge gehad van potensiele jagters. Praat van groot bedrae, maar dan wil hy die vark gewaarborg en op 'n skinkbord h?. Die manne wat van varke weet sal nou verstaan wat ek bedoel - om 'n trop te leer ken en dan te besluit wat uitgehaal moet word kan tot so lank as twee maande neem teen 'n uur of wat per dag. As die varkies regtig honger is is dit 'n sak semels per week. Nou begin die sommetjie aardig lyk.
My raad is dus. As hulle skade maak - looi hulle so hard as jy kan. Ek glo nie jy sal hulle kan uitroei nie. As hulle goed pak kry skuif hulle net uit na 'n volgende gebied. Skade gaan jy h? en die 'verkoop' van die varkies kan dalk opmaak. Waar hulle nie skade maak nie - bestuur hulle en beheer die aanwas tot jou eie voordeel.
Water my bek nou weer vir 'n ribbetjie !!!!!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
Nee manne daars nie n manier dat daar sommernet heerlik verniet geskiet word nie, niks in die lewe is meer verniet nie.
Arbeid, verblyf, etes en alle derglike dinge moet voorsiening voor gemaak word en daar word dan van elkeen verwag om sy pond vleis by te sit.
Onderhoud en voer van diere en ag daars baie dinge wat mens kan opnoem.........maar die kort en die lank....BETAAL GAAN JY BETAAL.........dis net die geval mense wat jagdiere het moenie gek raak met hulle pryse nie.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER
9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Dit is n mooi vark (Ok hy lelik die grote is mooi)
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Man ja die goed maak ongelukkig vir my swaer skade in die mielies. Maar n man moet nog uitvind of die by my voer plek lande toe gaan al dan nie? Dit is maar moeilik om uit te figure. Ek sal graag die varke op n volhoubare manier wil klits maar swaer se skiet die goed maak skade.
Een voordeel is dat daar nie n manier is hoe ons hulle sal uitroei nie ek weet van ouens op Belfast wat aktief al vir die afgelope 10 jaar die goed jag met honde en volgens hulle raak die getalle verseker nie minder nie.
Die skelm aard van die varke maak dat jy nooit by almal sal uitkom nie!
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
Ja die goed is maar so skelm jong... Ek is nou reeds besig om hulle hier by my te voer en gaan seker oor so week begin voorsit.. Laat hulle maar lekker dik raak! ongelukkig het ek nie 'n trail cam nie so ek weet nie persies hoe laat hulle kom nie.. Sal fotos post indien ek suksesvol genoeg is
.::Alwyn-U::. wrote:
Ja die goed is maar so skelm jong... Ek is nou reeds besig om hulle hier by my te voer en gaan seker oor so week begin voorsit.. Laat hulle maar lekker dik raak! ongelukkig het ek nie 'n trail cam nie so ek weet nie persies hoe laat hulle kom nie.. Sal fotos post indien ek suksesvol genoeg is