Page 2 of 2

Re: hoe maak julle manne??

Posted: Sun Mar 27, 2011 9:36 pm
by Spanner
Hoop hy het die lisensie gevat, terug ge-smile en geloop !  Moenie krap waar dit nie jeuk nie.  As hulle die lisensie uitryk is dit wettig - finish en klaar.  Dan hou jy jou b?k en gaan huis toe  ;D  party ouens is gelukkiger as ander

Re: hoe maak julle manne??

Posted: Sun Mar 27, 2011 9:43 pm
by Cobus(Cobb)
Gevat, gesmile en geloop.... :police:

Cobus

Re: hoe maak julle manne??

Posted: Mon Mar 28, 2011 6:47 pm
by Monrique (SJ)
Hi SJ,

Ek het dit van goeie gesag dat slegs die geldige (wit of ou groen)kaart vir jou toelaat om daai geweer te karwy en te gebruik. Die kaart is jou geldige lisensie. Ek kan verkeerd wees......
Ek het in Maart 2009 aansoek gedoen vir n roer wat ek in die Suid-kaap gekoop het. In November is die liksens goedgekeur. Februarie 2010 was ek daar naby op vakansie en nognie my wit kaartjie gehad nie.  Ek het so 2weke voor ek gegaan het die provinsiale kantoor(Kaap) gebel en gevra wat om te doen en die geweer saam terug te bring, omdat ek nie gou weer daaikant sou kom nie.  Die bekwame dame aan die ander kant van die foon het vir my gese ek kan n tydelike lisensie kry om die geweer te gaan afhaal, en dat ek my bevoedheidsertifikaat en ID moet saamry.

Junie 2010 het ek en my broer in Upington distrik gaan jag en sy rewolwer liksens was 5dae voor ons vertrek het goedgekeur. Ek het weer dieselfde dame in die Kaap kantoor gebel en sy het die tydelike lisensie gestuur. Hy het ook met sy roer 6dae later in sy hand gestaan.

Dis slegs wat ons ondervind het. Indien jy dit nie mag doen nie, wat is dan die doel van die tydelike lisensie???

Groetnis

Re: hoe maak julle manne??

Posted: Mon Mar 28, 2011 7:48 pm
by JPS
Hi Sj,

Ek neem maar ann dat dit 'n Section 21 permit was wat jyy gekry het, die is wel geldig (op papier gedruk)en het 'n verval datum op, daar is 'n verskil tussen die en die gewone printout.

Groete
JP

Re: hoe maak julle manne??

Posted: Mon Mar 28, 2011 8:11 pm
by Monrique (SJ)
JPS

Die vorm wat ek het, het nie n nommer op nie. Al wat op die vorm is, wat ek gekry het, is die S/Supt se rang, nommer en naam. My naam, id nommer en adres, dan die vuurwapen se serial nr. , kaliber en die maak.  Die datum wat dit geteken is en die Supt se handtekening.  Al wat die papier bevestig is dat op funksie 10.2.3 die lisensie in my naam goedgekeur is en dat die lisensie kaartjie geprint is by CFR maar nog nie na die polisiestasie gestuur is nie.  Die papier is vir 30dae geldig.  Die nuwe papiere is glo vir 60dae geldig nou.

Groetnis