Page 2 of 2

Re: Uiteindelik

Posted: Mon Jul 14, 2014 4:50 pm
by Smitstertjies
Oom PWV, Henk, as julle so aanhou , hier gaat hy: Ek erken dat dit amptelik die mees gelukkigste dag is wat ek nog in die jag veld beleef het.

Ek is die oggend weg daar saam met n beeswagterjie vir n gids. Die man weet niks van jag af nie. Ek besluit toe om die regterkantse berg langs die kloof te stap, omrede ek die vorige dag die linkerkantste berg aangedurf het sonder sukses. Dit was nogal volmaan ook, so ek het geweet koedoe jag gaan n stappie moeiliker wees.

Teen 12hoo wou my moed in my skoene sak. Al wat ons nog gesien het was n waterbok koei en jong kalf. Ek het gaan sit en ek en die gids het asem geskep. My voete was gaar van twee dae se stap. Ek se toe vir die man ons moet kloof af, hier is niks hierbo nie. Man , daai man dink mos ek is bobbejaan se kind. Hy vat my daar af teen klippe en kranse. My arme geweer het heelwat meer krappe op nou as voorheen. Nietemin, so halfpad teen die krans af gewaar ek n trop rooibokke in die rivier. Die wind is nie reg nie ek ek se vir die gids ons moet terug op ons paadjie en met n draai windop onder die troppie rooibokke probeer kom in die kloof. Ons maak toe so, en die plan werk. Ek kom so 150 m vanaf die troppie. Die bokke vermoed onraad en begin hardloop. Ek skree vir die man om die skietstokke uit te sit. En waaragtig, die enigste bok wat gaan staan is die tropleier. Ek kry hom in die visier en die skoot loop. Ek voel goed oor die skoot , maar bok se kind beginne te hardloop asof niks fout is nie.Die beeswagter reken my dadelik dis mis, maar ek het twyfel en ons gaan soek vir bloed waar hy staan. Na so 10 minute se soek met geen teken van bloed roep ek die skoot mis, natuurlik erg kwaad oor wat fout kon gaan. Net toe ons wegstap stop die gids my. Hy se dat die trop rooibokke terug na ons toe stap van die krans af waar hulle heen gevlug het, en vir hom lyk dit nie reg nie. Hy reken my die trop is leierloos. Hy wil net vir oulaas op die ram se spoor gaan. So waar as wragtig, 50m verder en na so 20min se soek daar le die ram. Mooi 22 duim, perfekte hartskoot. Daar leer die beeswagter my iets wat ek nie geweet het nie!

Na ja, ons trek die bok in die pad en radio die bakkie. Op pad huis toe, en dis al amper 4uur, gewaar ek n trop koedoe koeie in n rantjie regs van die pad waar die kloof begin. Ek stop die bakkie en ek en beeswagter spring af. Na so halfuur se bekruip het ek die bul die eerste keer in die oog. My hart klop in my keel, want so iets moois het ek nog net op ander ouens se fotos gesien. So teen 5uur het ek die man die eerste keer in die scope, maar n koei staan reg onder hom, en sy blad is toe. Ek weet dis nou of nooit en gaan vir n nekskoot waar die nek en rug bymekaar kom. My plan werk, en die bok val dadelik morsdood sonder om n tree te loop. Daar was so 10 min oor vir fotos neem , toe sak die son. Sowaar n baie spesiale dag in die veld ;D

Re: Uiteindelik

Posted: Mon Jul 14, 2014 4:56 pm
by PWV
Goeie storie, Smitstertjies! Dankie!

Re: Uiteindelik

Posted: Mon Jul 14, 2014 5:08 pm
by JAGTERSREG-JRM
Mooi bul daai, horinglengte is nie alles nie.Al het die oudjie 45 duim horings gehaat was dit nogsteeds n bitter mooi bul met daai gewig. Wel gedaan mater!!!

Re: Uiteindelik

Posted: Mon Jul 14, 2014 5:15 pm
by Piet Pille
Baie geluk!!

Die opgewondenheid en waardering in jou vertelling is baie meer werd as horinglengte.... nie dat 51" te versmaai is nie. Dis juis daardie aspek wat van jou 'n ware jagter maak- die feit dat die storie en voorreg om daardie koedoe te kon jag baie meer beteken as net nog 'n trofee ten die muur. Iets wat ou Bool en gespuis nooit sal beleef nie- jy is of daarmee ingebore, of jy is nie.

Maak notas van hierdie jag in jou geheue- eendag moet jy dit oorvertel aan klomp groot- blinkoog laaitjies wat met verwondering op oupa se skoot sit en luister!

Re: Uiteindelik

Posted: Mon Jul 14, 2014 6:06 pm
by Frederik
My grootse bul is ook net 50" maar dit was twee jaar se soek gewees na daardie trek bul. Enige iets 50 en langer is groot en jou bul was langer gewees op sy tyd voor hy die punte afgewerk het.

Re: Uiteindelik

Posted: Tue Jul 15, 2014 6:41 am
by Jan-Hendrik
Baie geluk.... dis n baie mooi bul

Re: Uiteindelik

Posted: Tue Jul 15, 2014 8:01 am
by Hilux01
Martin

Dankie vir die storie, ek kan daai wereld se moeilike berge en krappe op die geweer beaam, was verlede seisoen daar opsoek na bwb maar toe net n rooibok rammetjie gekry, my 9.3 ook so merk of twee gekry van daai berge op en af stap

Weereens geluk met daai koedoe, my grootste ook maar 52" maar hy pronk teen my muur - bly maar n lekker uitdagende jag met die grys spoke

Re: Uiteindelik

Posted: Tue Jul 15, 2014 8:45 am
by tau
Wow 200kg plus is monster bokke. Ek het laasjaar 46" geskiet in die Oos-Kaap toe slag hy 108kg uit :)


Baie geluk en dit is hoe mens daai grote moet skiet tussen die klowe met seer voete langs die vuur. Well done.

black-sam ek skiet sommer 'n bees van lus.

Re: Uiteindelik

Posted: Tue Jul 15, 2014 12:37 pm
by evdberg
Baie Netjies !
200kg uitslag is baie raar !

Re: Uiteindelik

Posted: Tue Jul 15, 2014 3:31 pm
by JGDP
Baie geluk Martin, ek kan getuig van al jou jare se harde werk om so mooi koedoe te kry!

Re: Uiteindelik

Posted: Thu Jul 17, 2014 6:21 pm
by Piet Breedt
Baie geluk Martin, vir my bly n Koedoebul op die voet gejag maar net een maal die top van my jagervarings. Ek het nog nie Buffel geskiet nie, so vir my is n Koedoebul no 1. n Bosveld Eland wat ken van gejag word kan self n hengse moeilikke kalant word om te jag, maar vir my bly n Koedoebul nogsteeds die baas.

Bulle van oor die 200kg is maar redelik skaars. Ek het in al die jare in my slaghuise maar baie min van hulle sien inkom. Tot so 190 kg is redelik algemeen, met 180 kg meer die norm by groot bulle. Daar is sekere streke waar die bulle definitief groter lywe het as in ander streke.

Net iets vir interesantheid oor jou opmerking van die Rooibokke se gedrag. Die trop ram hardloop nooit voor in die trop nie, altyd n ooi wat lei. Die trop ram hardloop meer agter en gaffel enige bok wat poer poer voor hom as hulle op die vlug slaan. So leer hy die jongetjies om weg te kom van gevaar. Hy speel definitief n leiers rol in die trop, en ek het ook al gesien hoe doelloos die trop reageer nadat mens die trop ram geskiet het.

Re: Uiteindelik

Posted: Thu Jul 17, 2014 10:29 pm
by Swys14
Baie geluk met die kudu, dis werklik 'n mooi groot bul.