Page 2 of 2

Re: Vark steker

Posted: Thu Jun 26, 2014 12:06 am
by Pappabeer
Thanks Eugene. Dit is net die ding vir hom vark, en n paar ander ongure gedoentes op naby afstand.

Re: Vark steker

Posted: Fri Jun 27, 2014 11:39 pm
by Hein M.
Geno wrote:Blok,
Ja Maat. Die ring is ge-order ;)
Ek reken enigiets langer as 17 sentimeter sal werk.
Chevvy SS wrote:Ek het gedink iemand of iets het afwykings of dit gaan oor 'n varkbeer toe ek die opskrif lees....
Darm nie. Ons haal nie Kapenaar-streke uit nie. ;D
8)

Kapenaar...

Ons hoop jy verstaan die werk.. Indien nie kan jy in die vlei gaan k*k en jou gat met 'n padda afvee...

Re: Vark steker

Posted: Sat Jun 28, 2014 10:13 am
by Jake1
Ek sien baie ouens hier in my kontrei hou daarvan om die vark eerder dood te steek met n mes in plaas van skiet, hulle is bang hulle skiet die honde raak, ek persoonlik hou vir eers maar by skiet, ek dink dis minder pyn, maar hou ook van mooi messe.

Re: Vark steker

Posted: Sat Jun 28, 2014 9:30 pm
by Marc
Very nice Geno, soos FM sou sê "Ek like"

Re: Vark steker

Posted: Sat Jun 28, 2014 10:49 pm
by Hein M.
Hein M. wrote:
Geno wrote:Blok,
Ja Maat. Die ring is ge-order ;)
Ek reken enigiets langer as 17 sentimeter sal werk.
Chevvy SS wrote:Ek het gedink iemand of iets het afwykings of dit gaan oor 'n varkbeer toe ek die opskrif lees....
Darm nie. Ons haal nie Kapenaar-streke uit nie. ;D
8)

Kapenaar...

Ons hoop jy verstaan die werk.. Indien nie kan jy in die vlei gaan k*k en jou gat met 'n padda afvee...
:confused:

Seker maar Transvaal streke dan... Hoor graag.

Re: Vark steker

Posted: Sun Jun 29, 2014 10:19 pm
by Chevvy SS
Sê hulle Hein! Ons slaat hulle sommer met 'n leë KWV bottel dood!

Re: Vark steker

Posted: Tue Jul 22, 2014 10:32 am
by johan1
sal maak vir die manne belangstel, neem aan lem moet nie te breed wees nie, met hy beide kante kan sny of nie

Re: Vark steker

Posted: Mon Sep 08, 2014 11:04 am
by Shaker
Daai lyk asof dit die werk kan doen.

Ek het self amper die Glock mes gekoop, goeie prys gewees.

Lank gesoek na 'n varksteker.

Het 'n KaBar Baconmaker gekoop maar die ding se skede was nie so lekker nie.

Het toe ander skede laat maak, werk nou mooi.

Re: Vark steker

Posted: Mon Sep 15, 2014 10:59 am
by Camo
Dis n baie nice mes. Ek het n pel wat n bosvark gurru is. Sal graag vir hom so een aanskaf as hy weer verjaar. Het self bietjie gewonder oor die onderwerp.

Re: Vark steker

Posted: Mon Sep 15, 2014 11:00 am
by Camo
Daar is nie n prys op die website nie. Weet iemand wat hull kos?