Casting wax/giet was produkte

User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Goeie naand Lede
Ons het vanaand die volledige aksie(receiver) gegiet in was wat ons vandag ontvang het. Ek het `n vriend gevra om die volledige proses waar Johan die gietwerk met die was doen en dan die gietstuk stukkie vir stukkie uit mekaar uit haal af te neem...Oom Pieter ek sal die fotos by die man kry , hy moes al hoeka vanaand die fotos aangestuur het...


Ek kan nog nie pryse gee nie, ons is nog nie sover nie, maar die doel is om aksies aan die gewone man op straat ook bekostigbaar te maak. Dit gaan vir JS Gunsmithing baie deure oopmaak as dit by geweer bou projekte gaan kom...as jy jou eie aksies kan maak kan jy soveel gewere bou as wat jy wil....Johan Greyling sit baie werk en tyd in die projek in....dit is `n stadige proses want elke stap moet mooi uitgewerk word, daar is nie `n handleiding vir die tipe projekte nie...

Ek sal gereeld die vordering oplaai op die skakel...sodra ek die fotos ontvang sal ek dit dadelik oplaai...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Die gietstuk/blok is die staal/silicon rubber (wit) item wat gebruik word om die was -afdrukke te giet. Die gietblok bestaan uit mates van `n oorspronklike Obendorf Mauser Groot ring 98 model. Die mates van die Mauser word aangepas en sekere dele soos die duim gat en stripper clips gat word uitgelos om meer soliede staal te verseker wat ook die aksie sal leen tot minder wring as daar lang afstand geskiet word, selfs die magasyn opening word dan uit gelos om `n enkelskoot aksie te verseker.
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_165652_zps75e5bfd0.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_165950_zpsb2191bc8.jpg

Die gietblok soos genoem bestaan omtrent uit agt tot nege verskillende komponente wat met baie fyn tolleransie in mekaar pas soos `n legkaart. Die locking lugs word as twee dele in mekaar geplaas deur `n staaf wat hulle skei en uitgetrek word sodat die locking lugs ook kan uit trek uit die mold uit.Staaf word uit getrek sodat die agterste en voorste locking lugs ook kan uitkom
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_165721_zps68009856.jpg

Die gietblok word uitmekaar geskroef:
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_170753_zpse03d98bc.jpg

Gietblok word uitmekaar gehaal nadat daar was ingegiet is:
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_171308_zps182cf13c.jpg

http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_171326_zps53d458ad.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_171535_zps6ecce308.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_171308_zps182cf13c.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_171330_zps14f25de6.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_171422_zpsf65fe558.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_171359_zps7942092f.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_171514_zpsb6671a85.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_171514_zpsb6671a85.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_171101_zps4883d4ad.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_171605_zpsaa4d6b72.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter014/20140603_171550_zps97a1e418.jpg

Nou kan enige veranderinge aangebring word aan die aksie soos gravering ens . wat op die yster aksie sal reflekteer as die was afdruk gebruik word om mee te giet by die gieterye...

Die volgende sal wees om die slot en slagpen in `n mold te bou...

Ek sal fotos plaas soos die projek vorder....
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by PWV »

Nee wat, Gert, ek gaan nie eers probeer om te verstaan wat jy maak nie. Al die prentjies lyk vir my dieselfde.
Dit is bokant my vuurmakplek. Wys vir my maar net die voltooide produk.
Sterkte
P.W.V.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Agge nee Oom Pieter...en daar dink ek julle almal verstaan die stappe om die gietstuk uit mekaar te haal, ek sit juis soveel fotos op dat dat julle almal mooi kan verstaan... ++>: ++>: :laugh: >:+ In kort , dit is die gietblok en dit wat daar uitkom is die was afdruk wat gebruik gaan word om mee te cast in staal...dit opsig self is `n hele gekompliseerde storie..selfs ek verstaan daardie een nog nie....as die was afdruk geset het kan daar selfs squar bridges op hom aangebring word, gravering, enige iets wat Oom Pieter op Oom se aksie wil he...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Arnold »

Gert Odendaal wrote:Goeie dag Arnold, ...

Ek hoor graag wat jy aan so `n lang afstand aksie sal wil sien...kom ons neem die .338 kaliber as `n voorbeeld..onthou dat die was afdruk baie verander kan word....

Ek hoor graag van jou....

Gert
Hallo Gert

Eerstens dink ek nie die 338 kaliber pas by die mark waarvoor julle die aksies beoog nie. Die 338 lapua is bv. baie duur om te skiet en as jy dit kan bekostig gaan jy tien teen een 'n custom aksie gebruik om dit te doen. Ek mag verkeerd wees en 'n bewys hiervoor is die ouens wat 338 Lapuas gebou op RSA aksies skiet.

Nietemin, vir 'n meer teiken ge-oorienteerde aksie sou ek sê mens kan bietjie tips optel by die Tikka T3 met sy soliede brug. Voeg dalk 'n picatinny rail as integrale deel van die aksie as standaard by (20 of 0 MOA). Dan sal ek ook eerder 'n pushfeed aksie wou sien met 'n Sako of M16 extractor.

Wat van 'n kloon van 'n Surgeon aksie teen 'n goeie prys :)
http://www.surgeonrifles.com/Websites/surgeonrifles/PhotoGallery/1967085/short%20action%20front%20copy.jpg?26930
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Hallo Arnold, lekker om van jou te hoor, spesifiek omdat jy sulke goeie kennis en ervaring het met die langafstand gewere...baie dankie vir jou insette...Arnold, ek beplan om `n aksie te giet wat ek kan gebruik vir my .338 Imperial(.404 Jeffery wat direk afgenek is na `n .338(8.5mm) ...

Johan gaan nie lang afstand aksies giet nie, hy wil net op die groot swaar kalibers fokus...ek het gevra of ek maar so `n aksie kan giet..en hy het my toestemming gegee om voort te gaan..

Ek dink ook dat ek nou in die situasie is om so `n aksie te kan giet ek dit definitief gaan doen en dan net dit afrond deur die lock timing te verbeter deur die Mauser lock timing system aan te koop en dit in die Mauser aksie wat ek gaan giet te installeer...`n goeie timney sneller behoort ook by te dra om `n verbeterde aksie daar te stel, dit is natuurlik net vir myself, ek sal nie lang afstand aksies giet vir die mark nie....

Ek hoor graag van jou...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Pieter Willem Vorster wrote:Nee wat, Gert, ek gaan nie eers probeer om te verstaan wat jy maak nie. Al die prentjies lyk vir my dieselfde.
Dit is bokant my vuurmakplek. Wys vir my maar net die voltooide produk.
Sterkte
P.W.V.
Oom Pieter , Johan het vanaand aan my vertel dat op die voorste knox van die receiver gaan hy die Boere Embleem op die Mauser aksie aanbring, langs die kant waar daar altyd die tipe maak van die Mauser staan sal die volgende gegraveer wees:

"Not for sale to the British"
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/tvl1_zps3723039e.gif
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by PWV »

Julle harte sit op die regte plek!
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Ons het nog `n appeltjie te skil met die Britte.. ::) ;D ;D
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 624
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by ZKK »

As mens n langafstand aksie wil maak is dit mos eintlik baie maklik.
Kyk byvoorbeeld na daardie prentjie wat Arnold gepost het van die Surgeon aksie.
Mens koop n standaard Remington bolt, en jy laat upgrade met n vinniger spring en ligter slagpen (of bestel een wat klaar gemod is van Pacific gauge and Tool ,as ek reg kan onthou)
En meeste langafstand ouens het in elk geval hulle onderskeie voorkeure vir aftermarket triggers.

So eintlik hoef mens mos net die receiver te cast?
Dit behoort mos eintlik heel eenvoudig te wees, of mis ek iets?
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

ZZK
Jy is reg , dit behoort nie so moeilik te wees nie, ek sal net graag die items in my hande wil hou om `n mold /gietblok daarvan te maak, dit maak net dit soveel meer akkurater om korrek te kan giet...daar is baie punte om na te kyk, die race way, locking lugs en enige gate/openinge, al die items moet negatief gegiet word om `n receiver en sy parte /slot ens te giet...waar `n gat in die receiver is moet `n gietstuk wees, waar `n pen id moet `n gat wees, alle positiewe spasie moet omskep word in negatiewe spasie om `n mold te laat werk...

dan moet die prosedure om die mold uit mekaar uit te haal dat die was gietstuk nie breek nie ook mooi beplan word, anders gaan jy nie sekere dele van die mold kan uitmekaar haal nie..dit is soos `n legkaart, elke stuk moet met baie klein tolleransies pas, anders gaan alles ratel-fit wees wat ook heeltemal verkeerde mates gaan gee, bv skroefdraad moet identies gegiet word anders sal die loop nie indraai nie...die locking lugs moet in die heflte gefrees word anders kan jy nie die locking lugs uittrek nie....

Johan sit redelik baie tyd en beplannig in so `n proses, daar si baie aspekte wat aangespreek moet word om `n sukses te behaal met die giet van so `n aksie...

Gert
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Dries101 »

Gert Odendaal wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:Nee wat, Gert, ek gaan nie eers probeer om te verstaan wat jy maak nie. Al die prentjies lyk vir my dieselfde.
Dit is bokant my vuurmakplek. Wys vir my maar net die voltooide produk.
Sterkte
P.W.V.
Oom Pieter , Johan het vanaand aan my vertel dat op die voorste knox van die receiver gaan hy die Boere Embleem op die Mauser aksie aanbring, langs die kant waar daar altyd die tipe maak van die Mauser staan sal die volgende gegraveer wees:

"Not for sale to the British"
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/tvl1_zps3723039e.gif
Miskien net n straaltjie van my kant af- ek hou baie van die embleem idea- maar jy mag dalk n potensielle koper verloor/afsit met die "Not for sale to the British"- ek dink die kustom geweer mark in Suid afrika is klein genoeg dat n mens nie dit kan bekostig nie- dit sou my afsit as ek n wapen wou koop waarop daar staan _"not for sale to a boer" net my opinie al is die skrywe net tong in die kies.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Armand Steenkamp »

Kom ook nou op die draad af! Baie intresand! Hou hom dop!

Groetnis
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Johan het die eerste klomp was afdrukke ingestuur om gegiet te word. Nou is dit net die gewag om dit terug te kry. Die gietstukke sal vir ons wys waar daar verander moet word...Johan het vanaand begin om die stappe om die slot gietblok te bou uit te werk. Hy gaan `n CZ Brno ZZK cocking piece en mantel gebruik wat `n baie kleiner veiligheids knip gaan he. Die slot mold bou proses sal oor twee weke begin as Johan terug kom van sy jag uitstappie. Intussen gaan ek my besig hou deur `n vuurvaste baksteen oond te bou waarin ons color case hardening op die aksies gaan doen en enige geweer parte wat ons graag mooi wil maak. Ek sal fotos oplaai van die oond bou proses onder die DIY afdeling.

Hier is `n foto van naasteby hoe die oond gaan lyk(vorm) die stene is klaar in `n romeinse boog gekap sodat elke klip/steen mooi in mekaar in legkaart. Die stene is meer soos die "kobbel stone " klip wat `n mens lank gelede gekry het. Daar is presies honderd en agt stene wat die oond sal voltooi.

http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter015/Kilnimages_zpse51ad8e5.jpg

Die mates gaan omtrent 1500x1200 x 600 hoog wees. Ek sal nog `n blaas kop moet bou wat of met olie of parafien gaan werk en aangedryf deur `n waaier of kompressor gaan wees ...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Dries101 wrote:
Gert Odendaal wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:Nee wat, Gert, ek gaan nie eers probeer om te verstaan wat jy maak nie. Al die prentjies lyk vir my dieselfde.
Dit is bokant my vuurmakplek. Wys vir my maar net die voltooide produk.
Sterkte
P.W.V.
Oom Pieter , Johan het vanaand aan my vertel dat op die voorste knox van die receiver gaan hy die Boere Embleem op die Mauser aksie aanbring, langs die kant waar daar altyd die tipe maak van die Mauser staan sal die volgende gegraveer wees:

"Not for sale to the British"
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/tvl1_zps3723039e.gif
Miskien net n straaltjie van my kant af- ek hou baie van die embleem idea- maar jy mag dalk n potensielle koper verloor/afsit met die "Not for sale to the British"- ek dink die kustom geweer mark in Suid afrika is klein genoeg dat n mens nie dit kan bekostig nie- dit sou my afsit as ek n wapen wou koop waarop daar staan _"not for sale to a boer" net my opinie al is die skrywe net tong in die kies.
Goeie dag Dries, dit is soos jy vertel, dit is maar net `n tong in die kies.. ;D Daar is maar altyd `n gespottery oor hoe ons die engelse nog gaan laat les opse......ons sal definitief die Boere embleem opsit, die inskripsie op die linkerkant van die "receiver" sal nog oor getop word...daar is nou `n persoon wat gietery maatskappye as kliente het en die man is bereid om vir ons goeie pryse te beding as dit by die gietwerk van die aksie gaan kom..

plaaslik het die manne dit goed gedink om vir `n 450 gram "receiver " R900 stuk te vra om vir ons dit te giet....ek kan baie dinge verstaan maar nie dat 450 gram staal soveel sal kos nie ...investment gietwerk is van die goedkoopste giet werk wat gedoen kan word, so , ek wonder waar die manne uitval met hulle pryse...het seker `n geleentheid gesien om baie wins te maak...

Johan het vandag die slot se mold begin bou...so ons behoort seker binne `n week of twee nadat Johan terug is van sy jagtog die was gietstuk vir die slot te giet.

Johan het genoem dat as daar nie billike opsies met die gietery na vore kom nie sal ons dan die gietwerk self doen, "investment " gietwerk is `n dood eenvoudige proses wat al so ver as 5000 jaar terug gedoen is...

Ek sal fotos oplaai soos ons vorder...dankie vir julle belangstelling en ons hoor graag van julle insette en idees rakende die projek...
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Dries101 »

Gert wat sou cnc kostes wees op so receiver?
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Dries, die probleem is dat as jy iemand kry om die program te skryf vir die cnc masjien (as jy een moet koop sal dit seker by die R100000 tot moontlik R300000 kos) sal jy die persoon `n fortuin moet betaal om so `n program te skryf...manne soos Granite Mountain en Montana Aksies gaan definitief nie vir jou hulle program aanbied nie...Johan wil die giet roete gaan omdat min manne in Suid Afrika dit doen, dit goedkoper is, en meer moontlikhede uit die prosesse kan kom wat vir ons net positief kan wees...die gietprosesse vir die tipe items kan werklik van besonder hoee gehalte produkte wees...baie fyn detail kan so verkry word...

Dries, net so `n na skrif, ek het plek bespreek by Heavenly Forging om `n mes smee kursus vroeg volgende jaar te gaan doen...ek sal eers die gewone staal mes kursus doen en dan die opvolgende jaar my seun ook saamvat om Damaskus staal messe te leer maak...

Johan het vandag die silicon mold vir die Mauser 98 slot gegiet, more haal ons die mold uit mekaar dan kan ons die was afdruk giet en dit ook na die gietery stuur dat hulle vir ons die staal weergawe kan giet...ek sal weer fotos neem en oplaai soos ons vorder... :)
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Johan het vanaand die slot was gietstuk gegiet, die slot kom baie mooi uit, die Obendorf slot handsvatsel met die ronde peer vormige vorm is gekies om te giet...vanaf die oorspronklike staal slot is daar `n krimp mate van .08 mm. Dieselfde kripm mates is ook by die "receiver " gemeet.....ek sal die nuwe fotos vanaand op photobucket oplaai want die internet is ongelooflik stadig...more behoort ek die fotos dn te kan oplaai...
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter021/DSC02762_zps7433aa10.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter023/DSC02770_zps4a7211bb.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter023/DSC02763_zpse4f9e910.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter023/DSC02774_zps53b8fd70.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter023/DSC02802_zps9344b6a5.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter023/DSC02791_zps54052474.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter023/DSC02794_zps8c87ffc9.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter023/DSC02812_zps53b4bfac.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter023/DSC02801_zps31b7fd12.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter023/DSC02803_zps36aafa99.jpg
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Casting wax/giet was produkte

Post by Gert Odendaal »

Arnold wrote:Hallo Gert, moet die aksie nie met 'n hoër druk rondte as die 500 Jeff getoets word nie, dalk iets soos die 500 A-Square?
46,000 PSI vs 64,000 PSI is wat ek vinnig kon opspoor
Arnold jy is reg met die A-square se groter drukking as die .500 Jeffery, maar soos wat `n diamant verskillende fassette het , het `n Mauser 98 aksie ook verskillende fassette...druk is maar een faset om na te kyk as jy so `n aksie wil maak werk of dupliseer met veranderinge soos wat Johan Greyling nou doen.
Ek wil my nek uitsteek en dit stel dat baie belangriker as die druk fasset is die groot taak /vindingrykheid/tegniese vaardigheid wat jy aan die dag moet le om die groot diameter dop/rondte te laat voer in die aksie waarmee jy `n .500 Jeffey wil bou...dit is hoekom Johan absoluut daarop gefokus het om `n baie groter magasyn opening met die korrekte rondinge daar te stel deur te sorg dat die groot doppe teen die rondinge aan die onder kant van die aksie teen mekaar onder spanning is sodat wanneer die slot vinnig oop en toe gemaak word(cyling of the bolt) die rondtes nie uit die magasyn kas opspring nie...wat baie gebeur as die werk wat gedoen is om die gladde voer van rondtes te verseker nie reg gedoen is nie...een van die fotos wys
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
Post Reply