Page 2 of 2
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Sun May 11, 2014 8:36 pm
by NEGE3
Pieter Willem Vorster wrote:NEGE3 wrote:No person may, without being the holder of a gunsmith’s licence or being registered as an apprentice to such holder-
a)alter the mechanism of a firearm so as to enable the discharging of more than one shot with a single depression of the trigger;
b)alter the calibre of a firearm;
c)alter the barrel length of a firearm;
d)alter or remove the serial number or any other identifying mark of a firearm; or
e)perform such other work as may be prescribed.
Baie interessant, Koos, maar word die sny van groewe aan die voorpunt van die loop, ondervang deur die dinge wat jy hierbo genoem het?
Nee wat Pieter net solank die werk onder jou toesig gedoen word anders is die Ingeneurs firma onwettig in besit van 'n vuurwapen. Dit lyk ook nie mooi as die draad nie reg gesny is en die koeel skiet die knaldemper in stukke nie.
Wees maar net bedag daarop. Dit gaan niemand pla tot iemand seerkry nie.
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Sun May 11, 2014 8:38 pm
by NEGE3
JPS wrote:Mmm, as my loop se draad skeef gesny word en my loop moet korter gesny word gaan my moermeter bitter bitter ver in die rooi wees en glo heelwat ander manne sal saamstem.
Stem saam met jou. Ek wonder hoeveel ouens gaan in elk geval agterkom sy roer se loop is 15mm korter as voorheen.
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Sun May 11, 2014 8:46 pm
by Pvdw
Pvdw, jy maak regtig nie sin nie. Die hele lewe werk so! Supply and demand. Hoekom word proffessionele persone die meeste betaal? Is dit nie dalk omdat hulle sewe jaar gaan studeer het en n skill geleer wat die meeste mense nie het nie. As ek n stent nodig het, kan ek hom self probeer insit of n kardioloog n belaglike bedrag betaal om dit vir my te doen!
Louis ek stem saam. Die stellig wat hierbo gemaak word is dat as jy nie self iets kan doen nie moet jy maar betaal en klaar. Daar is tog perke aan wat iemand kan vra vir iets.
Ek as tand tegnikus kan nie net vra wat ek wil net omdat jy dit nie self kan doen nie of hoe.
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Sun May 11, 2014 9:19 pm
by Chevvy SS
Net laasweek by 'n geweersmid gehoor dis onwettig om self my sneller te stel....
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Sun May 11, 2014 9:21 pm
by Cobus(Cobb)
Chevvy SS wrote:Net laasweek by 'n geweersmid gehoor dis onwettig om self my sneller te stel....
OOOPs, dan het ek vanmiddag 'n krimineel geword

MAAR...my 22LR sneller loop nou seepglad..

Re: Geweersmit kostes?
Posted: Sun May 11, 2014 9:35 pm
by Louis Kriel
Pvdw ek stem saam mens kan nie net vra wat jy wil nie. Daarom is dit belangrik dat verbruikers weerstand bied teen onbillike tariewe.
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Sun May 11, 2014 10:00 pm
by Frikkie Coetzee
Chevvy SS wrote:Net laasweek by 'n geweersmid gehoor dis onwettig om self my sneller te stel....
Ek dink jou geweersmit rook dalk boom. Solank jy nie die meganisme verander om dit n outomatiese wapen te maak nie. Die stel van jou sneller val nie onder dit nie.
Dink in elkgeval jy gaan sukkel om n slot aksie outomaties te kry.
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Sun May 11, 2014 10:03 pm
by PWV
Ja, jy mag ook nie 'n gloeilamp in jou huis vervang nie, behalwe as jy 'n gekwalifiseerde elektrisiën is. Want, hy moet brood op sy tafel kry!!
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Sun May 11, 2014 10:05 pm
by Pvdw
Pvdw ek stem saam mens kan nie net vra wat jy wil nie. Daarom is dit belangrik dat verbruikers weerstand bied teen onbillike tariewe.
Louis daar gesels ek en jy nou lekker saam

Re: Geweersmit kostes?
Posted: Sun May 11, 2014 10:14 pm
by henning
Gromit wrote:Chevvy SS wrote:Net laasweek by 'n geweersmid gehoor dis onwettig om self my sneller te stel....
Ek dink jou geweersmit rook dalk boom. Solank jy nie die meganisme verander om dit n outomatiese wapen te maak nie. Die stel van jou sneller val nie onder dit nie.
Dink in elkgeval jy gaan sukkel om n slot aksie outomaties te kry.
Stel van sneller is nie verander, soos in die wet bedoel, maar meer soos ghries jou kar se wiele sodat dit beter kan draai.
Ek stem, daardie gunsmith maak nie uit nie.
Groete
Henning
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Mon May 12, 2014 8:10 am
by vriell
Ons kan nou maar redeneer net soos ons wil maar Suid Afrika is uniek in baie opsigte (as ons vergelyk word met ander lande )veral in die INKOMSTE en UITGAWE opsig.Hier is oor die algemeen 'n totale wanbalans wat Salarisse en inkomste betref teenoor onnodige hoe uitgawes en onkostes wat ons het bv. belasting op belasting op belasting , huis pryse,motor voertuie pryse ,rente ens.om maar net 'n paar te noem en dit gaan nog erger word.Dit is beslis nie my bedoeling om negatief te klink nie maar feite is feite. Net 'n handjie vol mense kan regtig die lewenswyse met gemak bekostig terwyl die ander heeltyd moet somme maak om iets te kan bereik of te kan doen hier in ons land.Geen land kan normaalweg funksioneer as 80% van sy mense nie werk nie of nie wil werk nie en afhanklik is van die 20% wat werk nie .Dit is waarom ons voel dat pryse en kostes partykeer buite verband hoog is.Die pryse oor die algemeen vergelyk goed met ander lande se pryse maar daar is net nie ooreenstemmende salarisse en inkomste wat die pryse van ons regverdig nie.
Ek wil nie eers daar gaan om vergelykings te begin betref tussen ons en ander lande bv. Aus nie want dit sal 'n boek vol wees en glo ons almal is bewus van baie dinge rondom dit wat net nie reg kan werk in ons land nie in vergelyke met ander nie.
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Wed Oct 22, 2014 8:22 pm
by 470rigby
'Ek is nou mostert na die maal,maar meeste mense gee nie om om R500/uur te betaal om jou motor se olie te ruil deur 'n semi-geskoolde arbeider nie, maar dink dis te duur om vir 'n meester soos Faan de Vos R16 000 te betaal vir 8 dae se werk. Dit is hoekom al hoe minder jong persone belangstel om 'meester' wapensmede te word
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Wed Oct 22, 2014 8:32 pm
by 470rigby
Ook, laat ek dit nou prontuit sê, bly baie ver weg van ene Craig Clintworth, het nog van niemand gehoor wat nie vir hom de moer in is nie!
Ware storie; My ou skoolvriend het in die 90's vir hom 'n haelgeweer gegee om 'multi chokes' op te sit. Die goed skiet toe uit die eerste keer wat hy dit gebruik, en maak riffels in die loop wat soos spatare lyk. Vriend bel hom toe, en die kêrel sê toe hy is gewillig om die lope agter die skade af te saag vir 'n skamele R1000 (dit was toe baie geld) My ou vriend se moermeter was baie lank in die rooi
CC is ook die enigste ou wat OOIT die Musgrave 'trade test' gedop het.
"Made in Africa for Africans by Africans" Amper sê ek iets onvanpas
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Thu Oct 23, 2014 11:06 am
by ROBBIE1
Smaak julle moet met oom Johan by Bouwer broers in Pretoria gesels, ekt n maand terug my 243 demper wat Henk gemaak het laat opsit, R250.00 gefit met die doppie netjies in sakkie in die geweertas.
Netjiese job, skiet bevange lekker!
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Thu Oct 23, 2014 11:20 am
by Louis Kriel
ROBBIE1 wrote:Smaak julle moet met oom Johan by Bouwer broers in Pretoria gesels, ekt n maand terug my 243 demper wat Henk gemaak het laat opsit, R250.00 gefit met die doppie netjies in sakkie in die geweertas.
Netjiese job, skiet bevange lekker!
Dis nou uitstekende prys en diens. Met my luck in Pretoria.
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Thu Oct 23, 2014 11:59 am
by Armand Steenkamp
Louis Kriel wrote:ROBBIE1 wrote:Smaak julle moet met oom Johan by Bouwer broers in Pretoria gesels, ekt n maand terug my 243 demper wat Henk gemaak het laat opsit, R250.00 gefit met die doppie netjies in sakkie in die geweertas.
Netjiese job, skiet bevange lekker!
Dis nou uitstekende prys en diens. Met my luck in Pretoria.
Of julle kan vredendal toe kom ry. Selle prys
Groetnis
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Thu Oct 23, 2014 1:30 pm
by win270
Kostes hang maar af wat die verbruiker bereid is om te betaal asook hoeveel kompetisie daar is. Ek stem saam dat nog te veel verbruikers in SA gelate pryse aanvaar en maar die kredietkaart uithaal en betaal. Ongelukkig is die kompetisie in SA skraal en gevolglik is verskeie dienste by ons eintlik oorprys as mens na die ontwikkelde lande se tariewe kyk.
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Thu Oct 23, 2014 1:39 pm
by BLOK
Cobus(Cobb) wrote:...punt c, alter the length of a barrel...lees mooi Gromit se post....draad skeef sny en afsny is mos barrel length altering...of hoe??
Ek lees en vertaal hom so, sny die draad vir die silencer by enige plek solank jy bystaan, die wet het nie probleem daarmee nie.
As die draad dan skeef gesny is en die loop moet korter gesny word doen jy aansoek daarvoor en laat doen dit by n gemagtigde persoon dan. Dit is nou as jy laasgenoemde volgens die wet wil doen.

Re: Geweersmit kostes?
Posted: Thu Oct 23, 2014 1:41 pm
by BLOK
Nerens word in elk geval aangeteken hoe lank jou geweer se loop is nie. Het die week weer n vervanging gedoen en dis nerens aangeteken of melding van gemaak op een van die vorms wat die vervanging voor aansoek gedoen word op, of die sabs proof nie.
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Sun Oct 26, 2014 7:13 am
by 470rigby
Die wet se dat wanneer jy jou haelgeweer se kamers laat langer sny (jy mag dit natuurlik nie self doen nie!) moet dit weer geproef word by SABS. So julle moet versigtig wees, ek sien deesdae het al die polisie by padblokkades instrumente wat aan hulle gordels hang wat sulke goed meet, jy kan in groot moeilikheid kom as hulle jou kamer meet en hy is 70mm inplaas van die oorspronkilike 65mm, onthou hulle leer deesdae by die kollege dat meeste haelgewere voor 1924 65mm kamers gehad het. Hulle het ook afskrifte van kataloguste van alle gewere wat na die Eerste Wereldoorlog gemaak was wat looplengtes en ander spesifikasies aandui, en wee jou as jy uitgevang word dat jou loop op jou SG47 BRNO een duim korter is en hy is nie oorgeproef nie. Soos die Ingelsman sou se, "BE CAREFUL OUT THERE"
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Sun Oct 26, 2014 7:36 am
by Smitstertjies
Ek wonder waar gaan hulle n katologus van n custom geweer kry?

Re: Geweersmit kostes?
Posted: Mon Oct 27, 2014 9:56 am
by 470rigby
Agge nee Smitstertjies
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Mon Oct 27, 2014 9:02 pm
by NEGE3
Smitstertjies wrote:Ek wonder waar gaan hulle n katologus van n custom geweer kry?

+1 Die stelsel is maar gebrekkig wat dit aan betref. Dit is weereens 'n wet wat nie uitvoerbaar is nie. Daar is baie vuurwapen eienaars wat nie eers weet hoe om die loop lengtes te bepaal nie. Ek dink daar is baie poliesmanne wat nie die verskil tussen duime en millimeters weet nie.
Re: Geweersmit kostes?
Posted: Tue Oct 28, 2014 7:08 am
by VdWalt
Net vir so update - ek het presies die selfde werk aan my 223 laat doen, loop se draad laat sny
asook die kd se draad. Die kroon is ook oor gesny. Dit het my R850 gekos, dus R1000 minder
as die ander geweersmit. Die keer het ek vir die Kruitvat gesê om sommer die smit wat hulle
gebruik, te gebruik.
