CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Andre

Re: Reaksie van Boerevereenigings/unies

Post by Andre »

Baie dankie vir jou reaksie Mnr Botes!!!! welgedaan!!! Ek stem saam....
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Opvolg van CapeNature Statement

Post by jaracal »

Skrywe wat ontvang is van CapeNature:
DIE BESTUUR VAN ROOFDIERE WAT SKADE VEROORSAAK

Die vergadering tussen Cape Nature, Agri Wes-Kaap, RPO (Wes-Kaap) en NWKV (Wes-Kaap) gehou op 4 Desember 2008 in die Paarl insake die bestuur van roofdiere wat skade veroorsaak, verwys.  Hierdie skrywe het ten doel om verskeie wanopvattings, wat ontstaan het na aanleiding van CapeNature se onlangse persverklaring oor die bestuur van roofdierskade, aan te spreek.

Natuurbewaring in die Wes-Kaap word vanaf 1974 bedryf ingevolge die bepalings van die Natuurbewaringsordonnansie, Ordonnansie 19 of 1974.  Artikel 29 van genoemde Ordonnansie lys verskeie jagmetodes as verbode metodes.  Dit sluit in metodes soos jag in die nag, die gebruik van slagysters, honde, ens.  (Sien aangehegde artikel)

CapeNature het nog altyd gepoog om die belange van die grondeienaar te balanseer met die belange van die omgewing.  Om hierdie balans te handhaaf, het CapeNature die jaarlikse Jagkennisgewing aangepas deur sekere verbode jagmetodes op te hef.  Dit het grondeienaars bemagtig om op `n verantwoordelike wyse roofdiere soos rooikatte en rooijakkalse wat skade veroorsaak, te jag sonder om `n permit of lisensie vanaf CapeNature te bekom.

Hierdie praktyk van opheffing van verbode jagmetodes het egter tot gevolg gehad dat sekere mense roofdiere in die algemeen begin teiken het.  Die bestaande metodes is misbruik om op groot skaal roofdiere te dood, in plaas van om die individuele roofdiere wat skade veroorsaak het te teiken.  Geskiedenis het egter getoon dat hierdie onselektiewe verwydering van groot getalle roofdiere nie `n lang-termyn oplossing vir veeverliese is nie.

Hierdie wanpraktyke het bygedra tot die dood van talle nie-teiken spesies, verhoogde veeverliese en verliese aan biodiversiteit.  Hierdie verliese was onaanvaarbaar vir beide georganiseerde landbou en CapeNature.  CapeNature stel `n holistiese benadering voor ten opsigte van die bestuur van roofdiere wat skade veroorsaak.  Volgens die benadering, ondersteun CapeNature slegs die verwydering van die indiwiduele roofdiere wat skade veroorsaak.

Daar is verskeie versoeke ontvang vanaf die landbousektor, asook bewaringsgroepe om wanpraktyke aan te spreek.  CapeNature het dus stelselmatig oor die afgelope paar jaar aanpassings aan die jaarlikse Jagkennisgewing aangebring om hierdie wanpraktyke te reguleer.

Gedurende die afgelope paar jaar het CapeNature die volgende aanpassings aangebring  aan die Jagkennisgewing.  Veranderings aangebring vanaf 2007 word in donker skrif aangedui.  Die aanpassings beteken dat di? metodes slegs gebruik kan word onderworpe `n permit wat deur CapeNature uitgereik word.  Die metodes is dus verwyder vanaf die jaarlikse Jagkennisgewing.

? In 2006 se Jagkennisgewing kon die volgende metodes gebruik word:
o Rooikat / Rooijakkals = gif, slagyster/vanghok, publieke pad, nag, kunsmatige lig, .22 randontsteking, semi-outomatiese vuurwapen, pyl & boog, honde
o Kaapse Vos / Silwerjakkals = slagyster/vanghok, nag, kunsmatige lig, honde


? In 2007 se Jagkennisgewing is die volgende aanpassings gemaak:
o Rooikat / Rooijakkals = gif, slagyster/vanghok, publieke pad, nag, kunsmatige lig, .22 randonsteking, semi-outomatiese vuurwapen, pyl & boog, honde
o Kaapse Vos / Silwerjakkals = slagyster/vanghok, nag, kunsmatige lig, honde
? In 2008 se Jagkennisgewing is die volgende aanpassings gemaak:
o Rooikat / Rooijakkals = gif, slagyster/vanghok, publieke pad, nag, kunsmatige lig, .22 randontsteking, semi-outomatiese vuurwapen, pyl & boog, honde
o Kaapse Vos / Silwerjakkals = slagyster/vanghok, nag, kunsmatige lig, honde
? In 2009 se Jagkennisgewing is die volgende aanpassings gemaak:
o Rooikat / Rooijakkals = gif, slagyster/vanghok, publieke pad, nag, kunsmatige lig, .22 randomslag, semi-outomatiese vuurwapen, pyl & boog, honde
o Kaapse Vos / Silwerjakkals = slagyster/vanghok, nag, kunsmatige lig, honde
o Dit beteken dat slegs vanghokke en jag gedurende die dag in 2009 gebruik kan word sonder `n permit.

Uit bogenoemde is dit dus duidelik dat CapeNature nie die Ordonnansie of die Regulasies verander of aangepas het nie.  CapeNature het ook nie die jag van rooijakkalse of rooikatte of die gebruik van enige jagmetode verban nie.  Laasgenoemde beteken dus dat, waar prakties moontlik, rooijakkalse en rooikatte steeds gedurende die dag gejag mag word sonder `n permit, maar dat permitte benodig word vir die gebruik van enige ander metodes soos bo bespreek.

Tydens bogenoemde vergadering is daar ooreengekom dat CapeNature en georganiseerde landbou hierdie aangeleentheid as vennote gaan aanpak en bestuur.  In hierdie verband, beplan CapeNature en georganiseerde landbou om `n stelsel te implementeer waarvolgens Landbou sekere persone gaan identifiseer in die verskillende landboustreke in die Wes-Kaap.  Hierdie persone sal ingevolge sekere vereistes ge-akkrediteer word om as professionele roofdier ?roep-en-skiet? jagters op te tree.  Daar word `n beroep gedoen op grondeienaars om voorstelle vir die kriteria waaraan jagters moet voldoen aan die verskillende landbou-unies te verskaf.  Hierdie vereistes sal gesamentlik deur georganiseerde landbou en CapeNature ge-evalueer word.

Hierdie akkreditering sal gepaardgaan met `n permit wat vir `n spesifieke tydperk deur CapeNature uitgereik word. Van permithouers sal onder andere verwag word om bepaalde inligting oor hulle aksies (bv. karkas data) op rekord te stel wat tot Cape Nature se beskikking gestel moet word. Hierdie stelsel is slegs van toepassing op persone wat deur die verskillende distriks-landbouverenigings/ landbouverenigings aangewys word en voorgestel word vir akkreditering.  Ander persone moet ingevolge CapeNature se normale prosedures aansoek doen om permitte ten einde verbode jagmetodes te mag gebruik.

Aangesien die Jagkennisgewing vir 2009 op 1 Januarie 2009 in werking tree, is daar ooreengekom om `n intree periode daar te stel waartydens die bogenoemde akkrediteringstelsel ge-implementeer gaan word.  CapeNature en Agri Wes-Kaap doen dus `n beroep op grondeienaars om deur hul landbou-unies, persone te nomineer vir akkreditering as ?roep-en-skiet? jagters.
CapeNature en Agri Wes-Kaap doen ook `n beroep op grondeienaars om hierdie nuwe verwikkelinge op `n verantwoordelike wyse te benader.  CapeNature en Agri Wes-Kaap bevestig weereens ons volle ondersteuning aan grondeienaars ten opsigte van die bestuur van roofdiere wat skade veroorsaak.

Kontak Besonderhede vir Permitte:

021-6593420
021-6593418
Faks: 021- 6593415
Webtuiste: www.capenature.co.za
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Opvolg van CapeNature Statement

Post by jaracal »

My skrywe aan CapeNature na aanleiding van hulle skrywe:
Geagte Mnr Hignett/Jaco van Deventer.

Dankie vir die aanstuur van die skrywes. Ek verwys na u onderskeie skrywes en die skrywe van Wes-Kaap Agri en lewer graag as volg kommentaar:

Paragraaf 4:
Hierdie praktyk van opheffing van verbode jag metodes het egter tot gevolg gehad dat sekere mense roofdiere in die algemeen begin teiken het.  Die bestaande metodes is misbruik om op groot skaal roofdiere te dood, in plaas van om die individuele roofdiere wat skade veroorsaak het te teiken.  Geskiedenis het egter getoon dat hierdie onselektiewe verwydering van groot getalle roofdiere nie `n lang-termyn oplossing vir veeverliese is nie.

Om te s? dat mense die metodes misbruik om op groot skaal roofdiere te dood is onwaar. Die feit, soos voorheen verduidelik en Cape Nature blykbaar nie wil erken of aanvaar nie, is dat daar ?n oorbevolking van jakkalse is agv sekere grondeienaars en Nasionale parke waar jakkalse onbeheerd aanteel. Dit veroorsaak dat die oortollige jakkalse instroom na die areas wat as ?n vakuum het. (kleinvee boerdery areas). Dit het ?n wesenlike impak op die kleinvee bedryf. Rooijakkalse en rooikatte was van die begin van die kleinvee bedryf ?n bedreiging vir die boer. Geweldige aksies is al geloods om die kleinvee areas van jakkalse en rooikatte te bevry en was daar ?n tyd in Suid Afrika wat die kleinvee boere sonder jakkalse geboer het. (Rooikatte was nog nooit so ?n groot probleem soos jakkalse nie.)

Nie net in Suid-Afrika nie maar dwars oor die w?reld word groot onkostes aangegaan vir die beskerming van die kleinvee boere. Ek verwys hier na Australi? waar die ?Dingo Fence? teen geweldige kostes op gerig is. In Amerika is daar persone wat as ?ADC amptenare? vir die regering werksaam is en jaarliks op regerings koste 800+ coyotes per persoon van kant maak. (ek kan bewyse vir u deurstuur as u dit sou verlang). Die vakuum was van die vroegste tyd al geskep en sal daar altyd ?n toevloei van roofdiere na die vakuum areas wees. Die boere wat die roofdiere sogenaamd teiken probeer net hulle eie vakuum areas behou om in vrede en met minimum verliese te boer. Cape Nature wil nou elke boer dwing om saam met jakkalse te boer en dra Cape Nature duidelik nie die kleinvee boere se belange op die hart nie.

Die studie van JWH Ferguson bewys dat daar nie net ?n enkel paar jakkalse in ?n gebied voorkom nie en dat ?The home ranges of immature jackal (tot 2 jaar oud) overlapped extensively with those of the adult jackal? en daar is verder gevind dat die jakkalse tot 135 km kan beweeg om te versprei. Bl 487-488 (Social organization and movement patterns of Black-backed jackals Canis mesomelas in South Africa ? 1980 - JWH Ferguson, JAJ Nel, MJ de Wet)  Ek aanvaar dat Cape Nature nie toegang tot die navorsing het nie of indien Cape Nature dit wel het, word dit willens en wetens ge?gnoreer.

My vraag aan Cape Nature en enige ander geleerde op die gebied of andersins, hoe gaan u in die praktyk vasstel watter jakkals die skade veroorsaak het of hoeveel jakkalse in die gebied voorkom? Hierdie twee vrae moet eers beantwoord word want dit is waarop Cape Nature se hele aksie gebaseer is ? om die enkel skuldige jakkals op te spoor en uit te haal. Hier sal ek graag ?n uiteensetting wil sien, stapsgewys van hoe vasgestel gaan word hoeveel jakkalse teenwoordig was by ?n voorval van verlies/verliese? Hoe gaan u vasstel hoeveel jakkalse in die omgewing is? Hoe gaan u vasstel watter jakkals of jakkalse van die verskillende jakkalse dan die skuldige is?

Soos in ?n vorige skrywe gemeld en ?n feit wat Cape Nature nie kan ignoreer nie, is dat ek en Mnr Rob Harrison White navorsing gedoen het deur maag inhoude te ondersoek van alle jakkalse gedood in ?n gegewe tydperk en is bevind dat 85% van die jakkalse skaapvleis gevreet het. Dit is dus hoogs onwaarskynlik dat waar jakkalse met lammers in aanraking kom, die boere nie verliese gaan ly nie, ?n skrale 15% kans.

Ek wil graag op die volgende stelling in besonder reageer:
Geskiedenis het egter getoon dat hierdie onselektiewe verwydering van groot getalle roofdiere nie `n lang-termyn oplossing vir veeverliese is nie.
Die verwydering en doodmaak van groot getalle jakkalse, met die span van jakkalswerende heinings, in die verlede het so ?n positiewe impak op die kleinvee bedryf gehad dat daar ?n geslag boere groot geword het wat nie van ?n jakkals of verliese agv jakkalse geweet het nie. Dit het geduur vir ?n tydperk van ongeveer 20-30 jaar. Daar is nou nog areas wat sonder jakkalse is. Indien u dit nie as ?n lang-termyn oplossing beskou nie, weet ek nie wat ?n langtermyn oplossing is nie.

Baie areas wat tradisioneel vir kleinvee boerdery gebruik was, is nou so oortrek van jakkalse dat boere moes oorslaan na ?n ander tipe van boerdery tot frustrasie van die bure wat dan ?n onoorwinlike stryd voer. Die buurman doen nou nie meer beheer nie en versprei die jakkalse nou van daar. ?n Bose kringloop. Die rede vir vermeerdering was nie die doodmaak van die jakkalse nie, maar die onbeheerde teling van die jakkalse.

Die Karoo het ongelukkig geen alternatief vir kleinvee nie. Die wildplase en parke waar geen beheer toegepas word nie, word ?n al groter kopseer vir die kleinvee boere wat daar naby boer. Indien u dele van ons land soos Mpumalanga (Ermelo en omgewing), die Vrystaat noord van Bloemfontein en dele van die Ooskaap, wat tradisioneel sterk kleinvee gebiede was besoek, sal u verbaas wees om te sien hoe min kleinvee boere oor is. Dan word die impak van jakkalse op die kleinvee bedryf eers besef.

U stelling dra volgens my geen gewig nie en is onlogies. Indien daar navorsing gedoen is wat u stelling kan staaf sal ek dit graag wil bekom om my siening te verander.

Paragraaf 5:
Hierdie wanpraktyke het bygedra tot die dood van talle nie-teiken spesies, verhoogde veeverliese en verliese aan biodiversiteit.  Hierdie verliese was onaanvaarbaar vir beide georganiseerde landbou en CapeNature.  CapeNature stel `n holistiese benadering voor ten opsigte van die bestuur van roofdiere wat skade veroorsaak.  Volgens die benadering, ondersteun CapeNature slegs die verwydering van die indiwiduele roofdiere wat skade veroorsaak.

Ons het hier meer met die roep en skiet metode te doen en wonder ek hoe u die stelling dood van nie-teiken spesies kan verklaar indien die spesie of dier eers ge?dentifiseer word, voor daar geskiet word. Slagysters is net so spesie spesifiek indien daar van mis en urine as lokaas gebruik word. Hoe u die verhoogde vee verliese gaan verklaar sal ek graag wil weet. Verhoogde vee verliese gaan net gepaard met verhoogde getalle in jakkalse.

Verlies aan biodiversiteit aanvaar ek u bedoel die dood van die jakkalse en rooikatte. Roep is spesie-spesifiek en is daar geen ander verlies aan biodiversiteit wat ek kan sien nie. Die rooijakkals is die roofdier wat die wydste verspreiding het in Afrika. Die dier kom in groot getalle voor vanaf die Kaap tot in Kenia. Watter impak kan die beheer van die rooijakkals in die kleinvee gebiede h? op die totale bevolking van rooijakkalse in Suid Afrika, Suider Afrika of Afrika in geheel? Ek dink werklik u onderskat die skade wat jakkalse aan die kleiner soogdiere en wildsoorte sal aanrig,om nie eers te praat van die veeverliese nie. Die boer moet die keuse maak hoe om sy besigheid te bestuur en kan Cape Nature nie hulle holistiese benadering van bestuur op boere afdwing nie. 

Hierdie verliese was onaanvaarbaar vir beide georganiseerde landbou en CapeNature.
Ek sal graag wil weet van watter verliese u praat, aan biodiversiteit wat dan jakkalse en rooikatte is, of van vee verliese? Ek dink regtig u praat met die verkeerde deel van georganiseerde landbou. Oor jakkalse moet u met die kleinvee boere praat!

Ek stel dit aan u dat hierdie saak glad nie met landbou uitgeklaar was nie. Volgens Agri-Weskaap se skrywe aan sy lede haal ek graag paragraaf 2 en 3 aan ?Agri Wes-kaap het na vele oproepe en versoeke van bekommerde landbouers Cape Nature vir ?n gesprek oor die bostaande media verklaring wat die 2009 jag kennisgewing behels, versoek. Hierdie gesprek het op 4 Desember 2008 plaasgevind waarheen die RPO Wes-Kaap Dagbestuur en NWKV (Wes-Kaap) genooi was?

Om saam ?n oplossing te soek word die ander partye gewoonlik betrek by die aanvang van die idee om die verbode jag metodes op te hef. Cape Nature kon sy voorneme aan georganiseerde landbou en ander instansies o.a. jagters verenigings ens, voorgel? het vir insette en dan ?n deurdagte besluit geneem het. In hierdie geval het Cape Nature die besluit geneem en wil georganiseerde landbou nou daarin boelie.

?CapeNature het dus stelselmatig oor die afgelope paar jaar aanpassings aan die jaarlikse Jag kennisgewing aangebring om hierdie wanpraktyke te reguleer.?

Volgens die ?NATIONAL ENVIRONMENTAL MANAGEMENT: BIODIVERSITY ACT, 2004 (ACT 10 OF 2004): THREATENED OR PROTECTED SPECIES REGULATIONS,  is die Kaapse Vos ?n bedreigde spesie en moes u al die verbode metodes ophef om te voldoen aan die minimum standaarde van die nasionale wetgewing. Jag van alle bedreigde spesies is aan permitte onderworpe.

U is korrek dat Cape Nature jag met honde aan bande gel? het met die permit stelsel. Eerstens word honde min gebruik vir die jag van jakkalse en rooikatte in die Karoo. Volgens my kennis word honde meer vir bosvark en bosbok jag in die Wes Kaap gebruik. U aksie om permitte uit te reik, het boere duur te staan gekom waar bosvarke skade aan landerye in die Knysna en omgewing aangerig het. Volgens berigte beloop skade op een plaas meer as R200 000-00 en het u na die aansoek verskeie voorwaardes gestel soos om die lande te omhein ens en nadat die varke (blykbaar ?n trop van 14 en ?n trop van 4 ) nog steeds skade veroorsaak het, het u ?n permit uitgereik om twee per trop te jag. Dit het egter geen effek gehad nie en het die boer daarna nog steeds groot skade gelei. Nou is die ope vraag of dit die pad is, wat die kleinvee boere ook gaan loop?

Die meeste dodelike metodes van beheer gaan nou aan permitte gekoppel word soos wat dit in die ?Threatened and Protected Spesie? wetgewing vervat is. Daar was juis ?n  hewige reaksie landswyd om die rooijakkals en rooikat van die lys te verwyder en nou vervat u dit in die provinsiale wetgewing. Dit wil voorkom of u teen alle redelikheid u eensydige siening wil afdwing op die boere van die Wes-Kaap.

Cape Nature het blykbaar nie ?n idee van die omvang van skade wat jakkalse en rooikatte in die karoo aanrig nie. Dit gaan ?n onnodige werklas op CapeNature se personeel plaas en sal die werkswyse om verliese te rapporteer vir die uitreiking van permitte dit onmoontlik maak vir boere om te boer. Die boer sal daagliks sy kuddes moet deurgaan vir verliese om permitte betyds te bekom en sal hy nooit by sy boerdery uitkom nie. Ek dink nie u moet verbaas wees as Cape Nature meer as ?n duisend aansoeke per week inkry van waar jakkalse en rooikatte skade veroorsaak het nie. (Dit is indien die boere hulle sal steur aan die wetgewing)

Die boer kan ook nie elke 2 weke aansoek doen vir ?n permit om slagysters te stel nie, dit neem in elk geval langer om ?n jakkals met ?n slagyster te vang. (u het bevestig dat die permit slegs vir 2 weke geldig is.)
Op die punt van slagysters net die volgende: Slagysters met ?n spasie tussen die kake asook gelamineer kake breek geen bene nie en is sleg ?n ?leg hold device?. Enige nie-teiken dier kan vrygelaat word soos by hokke.

Cape Nature het bykans alle dodelike metodes van beheer van jakkalse aan bande gel? en aan ?n permit onderwerp. Die nuwe ?Damage Causing Animals Norms and Standards Nasionaal? is nou eers in vir verwerking na kommentaar, maar span u hier die kar weereens voor die perde. U permitte stelsel is niks anders nie as om totale beheer uit te oefen oor alle metodes van probleemdierbeheer wat prakties onuitvoerbaar is.

Die opsie, om net sekere mense te akkrediteer, is na my beskeie mening ?n teelaarde om diegene wat dit nie in die vrye mark stelsel kan maak nie, te beskerm. Wie gaan die boer gebruik as die persone onsuksesvol is? Dit is ook sulke jagters wat die permit stelsel sal voorstaan. Daar is jagters wat self sover gaan om te s? hy jag nie waar iemand anders gejag het nie, wil hy nou net die maklike jakkalse jag. Ek is dankbaar vir die slim jakkalse wat ek te?gekom het. Dit het my gestimuleer om die slimmes uit te oorl?. Die ondervinding daardeur opgedoen help my in die stryd teen die hoogs aanpasbare en uiters skelm jakkalse.

Verder plaas dit ?n demper op enige nuwe persoon wat dit graag wil doen, veral die gewone jagter wat die hernubare bron wil gebruik. Om R80-00 te betaal elke keer as jy in die nag ?n jakkals wil gaan roep en skiet is werklik te duur vir die gewone jagter.

Dit plaas ?n verdere las op die boer wat nou afhanklik is van ander om sy probleme op te los. Afhangend van die grootte van die plase en die afstande betrokke is dit baie moeilik vir ?n voltydse professionele jagter (nie ?n deeltydse jagter nie) om meer as 25 kli?nte effektief te diens. Om van die persoon te verwag om 200km ?n nag vir een jakkals te ry is verregaande. Wat dink u gaan die koste per jakkals beloop en dan moet hy weer en weer teruggaan omdat die probleem nie opgelos is nie. Die tydperk van 2 weke vir ?n skade permit is geheel en al onprakties want jag is aan weersomstandighede en die stand van die maan onderworpe.

Om elke week na die nagaan van die skape aansoek te doen vir ?n permit is ook heeltemal onprakties. Dit kan ?n aardige bedrag beloop indien daar een of twee keer per week vir ?n permit aansoek gedoen moet word. Jakkalse kom ook nie net in een gebied voor nie. As daar op twee verskillende plase verliese voorkom is dit twee verskillende aansoeke. Wat dink u sal die boere se reaksie teen so ?n stelsel wees? Dit ondermyn sy boerdery en bestaan.




Indien die jakkals die lam wegdra, het die boer geen bewys van skade nie en sal hy onder sulke omstandighede nie vir ?n permit aansoek kan doen nie. Indien rooikatte die lam toekrap iewers in die berg en nie opgespoor kan word nie geld dieselfde redenasie. Wat sal die werkswyse hier wees?

U permit stelsel is eerstens onprakties en tweedens onuitvoerbaar. Indien u alle persone wat in die nag roep en skiet aan ?n permit stelsel wil onderwerp om ?n eenheid standaard daar te stel, dink ek nie iemand kan beswaar daarteen maak nie. Die persoon wat ?n kursus afgel? het of bewys kan lewer dat hy ?n kursus deurloop het behoort ?n staande permit vir ?n jaar te bekom en by indiening van ?n opgawe kan sy permit hernu word. Nie elkeen wat ?n kursus deurloop het, wil ?n professionele jakkals jagter word nie. Baie boere doen die kursus om hulle self te help omdat hulle nie weke of maande kan wag totdat ?n professionele jagter by hom uitkom nie.

U antwoord ?Vanghokke, soos uself behoort te weet, is hoofsaaklik doeltreffend vir die katte. Rooijakkalse gaan baie selde in 'n vanghok gevang word. Daarom gaan CapeNature en Georganiseerde landbou poog om selektiewe nagskiet te akkrediteer om indiwiduele rooijakkalse(en rooikatte)wat skade aanrig, te beheer. Soos uself weet, is dit steeds die effektiefste metode om hierdie diere te beheer.? op my laaste vraag het betrekking:

Ek wil bevestig dat ek weet dat hokke nie op jakkalse werk nie en daarom sou ek dit nie eers as ?n metode van beheer vir rooijakkalse gelys het nie, ek wou net seker maak dat Cape Nature my ondervinding deel aangesien dit wel as ?n metode gelys is. Soos u tereg s? is hokke uiters effektief op rooikatte, meer so as die roep en skiet metode, en word dit ook gesien as ?n aanvaarbare beheer metode. Die kat word sonder om vas te stel of hy die kwaaddoener is/was van kant gemaak deur hokke wat voorkomend gestel word en het Cape Nature geen probleem daarmee nie. Hoe verklaar Cape Nature die dubbele standaarde van voorkomend optree by rooikatte maar geen voorkomende jag by rooijakkalse nie? Roep en skiet is baie meer menslik as enige ander metode en gaan dit my verstand te bowe dat u die metode aan bande wil l?.

U stelling ? CapeNature en Agri Wes-Kaap doen ook `n beroep op grondeienaars om hierdie nuwe verwikkelinge op `n verantwoordelike wyse te benader.?
Hoe verwag Cape Nature dat boere dit op ?n verantwoordelike manier moet benader as u na my beskeie mening onverskillig en onverantwoordelik teenoor die kleinvee boere optree. U kan nie gif of slagyster gebruik kontroleer of polisie?r nie, maar wel nagskiet. Dit is duidelik aan my gestel dat die boere hulle nie sal steur aan die onpraktiese, onuitvoerbare wetgewing nie, wat dan van gewone wetsgehoorsame burgers kriminele sal maak.

My aanbeveling as onafhanklike persoon wat nog ?n jagter nog ?n boer in die Wes-Kaap is, die volgende:
Stel ?n ?Eenheid Standaard? daar waaraan enige persoon wat in die nag jakkalse en rooikatte wil roep en skiet moet voldoen. Plaas ?n daaglikse limiet van 10 diere, soos by die jag van rooikatte op die permit.  Moenie die boere in ?n nog moeiliker situasies plaas waarin hulle reeds is nie. Dit is moeilik genoeg om ?n bestaan te maak met mense om jou wat nie beheer toepas nie.

Cape Nature is nie die een wat bewaring toepas nie, dit is uiteindelik die boer op die plaas en sonder sy samewerking kan en sal Cape Nature niks vermag nie. Hierdie wetgewing sal Cape Nature net in konflik met die boere bring.

Alhoewel u my nie ?n skrywe verskuldig is nie sal dit waardeer indien ek ?n skrywe kan kry waarin u my stellings weerl? of beaam. Ek sal dit vir kennisname vir die publiek op die Forum vir die jagter plaas te www.jaracal.com/index.php . Ek dink die boere is werklik ?n antwoord verskuldig op die twee vrae in paragraaf 1 van bladsy 2 oor die identifisering van die skuldige en die aantal jakkalse in die omgewing en die vraag in paragraaf 1 van bladsy 6 van waar ?n lam weggedra word?


Ek verneem graag van u


Die uwe


Heinrich Funck
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Opvolg van CapeNature Statement

Post by jaracal »

Volgens die skrywe van Agri Weskaap het die boerevereenigings tot 27 Februarie 2009 om insette te lewer. Of die insette nou net is om jagters te akkrediteer of watter insette verlang word is onbekend.
So lewer asb julle insettinge by julle onderskeie boerevereenigings wat dan aan Agri Weskaap gestuur moet word.

Hein
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Slang in die gras

Post by jaracal »

Nou weet ek nie meer so mooi nie ???
Ek het vandag bevestiging gekry dat die volgende skrywe van CapeNature wel waar is:

?Ek (Jaco van Deventer) en Deon Hignett van ons permit afdeling het vanoggend (Maandag, 5 Desember 2009) ek aanvaar dit moer 5 Jan 2009 weesdie aangeleentheid bespreek.

Grondeienaars kan onmiddelik voorkomend aansoek doen vir permitte wat tot drie maande geldig gaan wees. Indien hy dus probleme ondervind, kan hy onmiddelik optree. Ons gaan nie inspeksies uitvoer voor die uitreiking van elke permit nie. Die eienaars het dus nie nodig om eers te wag tot hulle skade het voordat hulle aansoek doen nie. Indien hulle van ?n professionele persoon gebruik wil maak om die jagwerk deur roep en skiet uit te voer, moet hy net vra dat die persoon se naam op die permit gelys word as ?n jagter.
Indien die persoon egter na verloop van drie maande sy permit wil hernu, moet hy sy resultate aan ons verskaf wat insluit;
? Die hoeveelheid diere van elke spesie wat hy gejag het,
? Die geslag van die diere en
? ?n beskrywing van die maaginhoud van elke dier. Indien hy die tegnologie tot sy beskikking het, kan hy die hernuwing van sy permit motiveer met fotos van die skade wat hy ondervind en die diere gedood.

Ek hoop dit sal in die interim die bekommernisse en probleme aanspreek.

Indien daar enige verdere onduidelikhede bestaan of later ontstaan, kontak my gerus.?


Agri Wes-Kaap versoek dat enige verdere knelpunte onder hulle aandag gebring word om met Cape Nature op te neem.
Dankie
Johan Bothma
Agri-Weskaap

Is hierdie die eerste tekens van "Back-Pedal"? Wat sou julle waarneming wees. Volgens Agri-Weskaap is daar tot 27 Febr 2009 waar boere insette moet lewer, nou word die permitte weer "gepush". Die boer doen voorkomend aansoek, wat van die jagter of professionele jagter, en wat lei julle af- iets maak nie sin nie.

Lyk my dit is soos daar uit die middel karoo vir my gefluister is die manne is aanspreeklik vir hulle eie budget, kry maar 'n klein deeltjie van die staat soos Sanparke en die maklikste manier om geld te genereer is om die boere te tap vir die verliese. Baie verliese baie aansoeke en baie inkomste, ongeag of jy iemand skop wat le. Net my warneming - hoe sien julle dit?

As die manne by magte is om sulke besluite te neem kan hulle seker ook die besluit neem dat die voorkomende aansoek vir 'n jaar geldig is. Tagtig rand per boer per jaar is nie te veel om te betaal vir 'n jaar nie tot hulle volgende jaar die permitte lig na R500-00. (dink julle nie hulle kan die geld by die groenes invorder nie of is die groenes bietjie platsak?)

Ek se los die permitte vir die boer. Die Nasionale Probleemdier Beleid (CapeNature was deel van die besluit) bepaal juis dat die boer aanspreeklik is vir die beheer van probleemdiere op sy eie grond en nie 'n ander nie, die staat kan dit nie doen nie en so kan die las ook nie na net 'n paar manne wat geakkrediteer word oorgeskuif word nie - teen die beleid sou ek se.

Sien ek spoke of dink julle daar is iets anders agter die aksie.

h
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Pieter E

Re: Slang in die gras

Post by Pieter E »

Ek is nuut op julle forum (is ook op Landbougespreksforum) en self betrokke as grondeienaar by die hele probleemdier situasie.

Ons is van ons kant af besig om 'n databasis op te stel van verliese gely en foto's daarvan en sal dit waardeer as julle aan ons kan aanstuur (estreux@mweb.co.za of 0828535886).

Nadat Landbouweekblad skrywes hieroor, van myself en andere op die Landbougespreksforum, gepubliseer het, het ek etlike oproepe en e-posse hieroor gekry van boere af en die situasie raak nou werklik onhoudbaar dwarsoor die land (soos julle sekerlik reeds weet).

Met betrekking tot die permit situasie; moet een van julle nie dalk aansoek doen by CapeNature vir so 'n 3 maande permit en kyk wat gebeur nie? Andersins laat weet my waar en ek sal ook probeer. Ek vermoed egter ook dinge is nie so lekker by hulle nie en hulle weet waarskynlik ook nie lekker watter kant toe (tipies van enige staatsdepartement).

Ek sal ook nogal graag wil weet of Agri Wes-Kaap wel so vreeslik betrokke was by die samesprekings, soos wat CapeNature wil voorgee. Ek sien in een van die vorige skrywes CapeNature maak stellings dat hulle en Agri Wes-Kaap SAAM die oproepe maak aan boere?

Verder kan ek ook vir julle noem dat ek onlangs op een van die "Groen" websites gesien het hoe lekker kry daardie manne oor hierdie nuwe regulasies en ook die volgende: "CapeNature het laat blyk dat so 'n permit baie moeilik, indien ooit, uitgereik sal word" (??) Ek kan ongelukkig nou nie onthou watter site dit was nie.

Sterkte met die verliese.

Groete

Pieter Esterhuizen
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Slang in die gras

Post by jaracal »

Hallo Pieter
Baie welkom by die forum, ek het jou skrywes gelees in LWB, my uitnodiging aan jou het nie per e-pos deurgegaan nie maar wel na LMB.

Dit is duidelik dat CN nie die Boerever. of jagtersvereenigings gekontak het nie. Dit het almal op hol gehad. Sit end Nov in koerant jy mag nie meer in Jan jag nie, nie 'n goeie manier om met boere vriendskappe en verhoudings te bou nie. Nou lyk dit of hulle back-padal. Ek het redelik baie fotos van verliese en het kliente dit deur die jare vir my gestuur ens. Hoe wil julle die databasis werk, ek help graag.

Hoop om jou insette ook hier te kry en dankie sover

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Pieter E

Re: Slang in die gras

Post by Pieter E »

Heinrich

Jong, ek beplan ook maar nog aan die ding. Die belangrikste op hierdie stadium vir my is om solank so veel moontlik inligting in te samel, sodat ons die ammunisie beskikbaar het as die tyd kom vir aksie. Jy kan die foto's eers hou by jou, dan laat weet ek as ek dit nodig het, solank ek weet ek kan kry by jou.

Ek beplan om in Maart die Nasionale Probleemdierforum in Bloemfontein se vergadering by te woon en reken om dalk teen daardie tyd ook daar iets vir hulle te gee hieroor. Petrus de Wet van NWKV is die voorsitter en reken klaarblyklik ons moet deur hulle werk. Ek sal na daardie vergadering hopelik 'n beter idee h? van hoe hulle situasie en beplanning lyk.

Is een van julle betrokke daar?

Groete

Pieter
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Slang in die gras

Post by Dawie »

Mmmmm!!?

Heinrich
Die credit-crunch het seker maar die "funding" van WWF, Europese regerings NGO's ens. laat stadiger in "trickle".  Ek dink hulle word aanges? om die belaglikke wetgewing in plek te stel anders word hulle geldjies dalk weggevat.

Ek kan almal verseker dat daar nie met Kaapjag bestuur of my tak of lede of met Boereverenigings op grondvlak geonderhandel of ingelig was nie,  ek is op Kaapjag bestuur en Landbou vereniging bestuur, na vele oproepe en E-poste.

Ek is bevrees as daar nou deur baie mense aansoek gedoen word dit later gebruik kan word as bewys dat boere die permitstelsel steun,  waar in werklikheid ons daarin geboelie word net soos met grondbelasting deur oa ons munisipaliteit.

Pieter
Ek weet van 'n volstruisboer naby Meiringspoort wat die permit vir 3 maande gekry het.  Volgens my vriend wat vir hom werk het hulle na 'n paar dae se gesukke,l want die permitmanne was op vakansie, 130 dooie volstruisies en gedreig is met bakkie en geweer afvat,  want hulle het gehoor daar word genagjag.  Volgens my vriend was dit 'n rooikat want hy't die spoor gekry en die die bytmerke was te groot vir die "muishond" wat hulle hom vertel het.

Vir almal wat die permit stelsel steun wil ek net s?:

NO MATTER HOW MANY WINGS YOU PUT ON THIS DOG, IT AIN'T GONNA FLY!!!!!

Dawie
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Slang in die gras

Post by LMB »

Heinrich
Ek weier om enige permit uit te neem, wat nog te s? daarvoor te betaal.
Dit kos my genoeg om die jakkalse kos te gee, en ook die skaap wat die jakkalse moet eet, en dis waar ek die streep trek!!
Ek sal wel `n tipe permit oorweeg, waarvoor ek nie sal betaal, as dit vir `n metodes is wat doeltreffend en effektief is. Vir enige ander 50% metode dink ek dis belaglik om `n permit voor te kry, of gaan hulle die jagter betaal solank as hy in die drie maande probeer om die probleemdier te kry.

Heinrich, jy noem dat die Nas Probleem Dier beleid bepaal dat elke boer sy eie probleme hanteer en die staat dit nie kan doen nie. Is dit dan nie juis waar ons probleem vandag l? nie. Die staat sal moet begin verantwoordelikheid aanvaar vir landbou en hierdie probleem. Dit is vir my dieselfde as met die sprinkaan plaag, daar aanvaar die staat sy verantwoordelikheid.

Na my mening is die grootste oorsaak van ons probleem juis omdat daar te veel eiendom is waar daar nie verantwoordelikheid aanvaar word vir die beheer van die probleemdiere nie.
Miskien verstaan ek die beleid verkeerd.

Groete
Lukas
Pieter E

Re: Slang in die gras

Post by Pieter E »

Dawie en ander

Ek sien, na Lukas my herinner het, dis die Cape Times berig wat s? CapeNature is "highly unlikely" om die permitte uit te reik. Weet dus nie of dit maar net die verslaggewer se siening is nie.

Na aanleiding van wat julle hierbo s?, lyk dit my die beste bly maar om iets van alles te doen en stil te bly daaroor.

Weet enige van julle van boere wat Alpakkas gebruik teen probleemdiere en of dit wel help?

Groete

Pieter
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Slang in die gras

Post by LMB »

Pieter

My probleem is dat soos ons tot nou aangegaan het, werk nie , anders sou ons probleem nie so groot gewees het nie.
Ek voel die manne moet ons help om wettige metodes te kry wat werk.
Soos dit nou is gaan ons aan met ons onwettige metodes en probeer ons nuwe onwettige metodes vind wat dalk kan werk. Omdat ons egter leke is op die gebiede wat sommige van ons, ons begeef kan ons dalk meer kwaad doen as goed.

Groete
Lukas
tafjak

Re: Slang in die gras

Post by tafjak »

Almal onder hierdie hofie!

Ek salueer julle!!, om so sonder enige wraakgedagtes te beplan en onderhandel sit nie in enige man nie.

Ek is bly en voel geerd om sulke menings en planne te sien op 'n baie spesiale blad. Julle sal my eers moet verskoon omdat ek nie goeie insette i.h.v. kan lewer nie. Hoop dit sal ook later verander omdat ek hierdie spasie met arendsoe sal dophou.

Ek weet vir wie ek standbeelde sal bou.

Groetnis

Taffie
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Slang in die gras

Post by jaracal »

Pieter/Lukas
Ek beplan ook om na Bloem te gaan die jaar. Wil graag sien wie praat wat. Daar is mos nou 'n Buzz word van kry die skuldige en ek wil die geleerdes gaan vra hulle moet vir my prakties en stapsgewys beskryf hoe hulle die skuldige jakkals of rooikat gaan opspoor.

Jakkalse kom jare al saam met ons en is die jongste metode in SA die roepmetode wat in ongeveer 90-91 begin is. In Amerika doen hulle dit sedert die laat 40's. Ek wil die komende jaar 'n paar van hulle staats ADC ouens gaan besoek om te sien hoe doen hulle dit in alle fasette. Moontlik moet ons 'n toer reel, wie sal belangstel?

Ongelukkig skree 'n handjie vol mense die hardste in die SA maar hulle eet skaapvleis en springbok biltong. Ongelukkig is dit waar van, "as jy 'n fool motiveer het jy slegs 'n gemotiveerde fool." As ons 'n sensus of peiling hou onder alle Suid Afrikaners sal 80% en ek vermoed meer, nie teen enige van die dodelike metodes wees nie. Ons word deur 'n klein groepie wat soos stout kinders tantrums gooi, rond gefoeter en om hulle stil te kry maak die regering en ander organisasies soos swak ouers en gee meer en meer in. Ten koste van die ekonomie en natuur.

Ons as boere moet begin om ons lammers wat gevang word teen die hoofpaaie se drade op te hang ipv die jakkalse om so die bewustheid van die probleem te kweek. Ons is ook in die anderkant onge-erg en moet eintlik beter boekhou van verliese. Met 'n opname 'n ruk terug het daar boere gemeld dat hulle maar 2-5% verliese het. Ek weet van boere in dieselfde areas wat behoorlik boekhou en beloop hulle verliese so hoog as 35-40%.

Baie ouens dink as hulle 80% speen hulle het nie vreeslik verliese nie want alle ooie vat mos nie altyd nie. Ek sien menige boere vertel van 120-130% speen persentasies voor dat jakkalse 'n probleem geword het. Dit bring dit op 40-50% te staan. Die probleem is ook nie net die verlies nie. Die verlies is egter amper 'n netto verlies. Jy het nog altyd die uitgawes nou net minder lammers om te bemark.

Ek sal graag van ouens wil hoor wat scan om te se wat hulle verliese is van scan tot speen tot verkoop. 'n ou het seker maar nie 'n probleem as jy nie tel nie, soos die ou wat nie colestrol probleme het nie net omdat hy hom nie laat toets nie.

Hoop ek sien julle in Maart in Bloem

Groete

H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: Slang in die gras

Post by LMB »

Heinrich

Om die lammers aan die drade op te hang ondersteun ek. Dit is net nie altyd so maklik om lammers te kry nie. EK het die afgelope twee maande 20 lammers verloor en het nie een karkas om daarvoor te wys nie.
Die goed word onder bosse ingesleep ens en daar is doodgewoon nie nog tyd om karkasse ook te soek nie. Klein lammertjies word totaal opgevreet, jy sal miskien dit kopbeen en `n voetjie kry, maar dis dit , maar miskien moet mens maar moeite doen en die goed bymekaarmaak. As ons nie wys dat daar goed gevang word nie, gaan niemand ons glo nie. Wat my betref raak dit tyd dat die minister moet vra om met ons te praat en nie andersom.

Wat jy s? rondom die lampersentasie is waar. As jy met dorpers nie 120-130% lammers van ooie gepaar kry nie(ekstensief), het jy lammers verloor. Ek het self al meer gehad voor die oorlog(150%). Ek was altyd bevrees dat droogte en problemdier ons saam gaan tref, wat in 2007 gebeur het. Al ons lammer ooie moes gevoer word (met mielies wat kompeteer met diesel).  Aan die einde het jy net die helfte van jou lammers oor.
Daar is dus nou `n voerrekening wat groter is as jou jaar se omset vanaf die skaap, en die verlies aan inkomste van die lammers wat verloor is, is ook nou uitstaande.

As jy reeds skuld het, klop geen som nou verder nie. Dit is hoekom ek persoonlik voel dat ek my bydrae gemaak het deur al die wettige metodes te probeer, en dit wou nie werk nie. In elk geval nie in my omstandighede.
As ek in 2008 van wettige metodes gebruik gemaak het, sou ek weer net 53% (lammers gemerk van ooie gepaar) van my ooie aangekry het, ek kon dit opstood in 2008 tot rondom 99%. (Hierdie is Afrino ooie wat maklik 110% behoort te gee, dus `n 57% verlies met 53% lammers gemerk. Verlies na merk is nie in ag geneem)
Ek het laasjaar `n deel van my ooie gescan, en beplan om vanjaar weer so te doen. Ek sal dus heelwat later weet of ek weer sukses het of nie.

Groete
Lukas
jakkals32

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by jakkals32 »

Hein,

Dankie vir die uitnodigning om aan die forum deel te neem. Hier is reeds baie geskrywe en het nie die tyd om dit nou alles deur te lees nie. Daarom gee ek my mening sonder dat die ander pos gelees is. Ek sal dit mettertyd deurlees en verder kommentaar lewer indien nodig.

Om die agtergrond reg te kry moet ons net vinnig iets oor die geskiedenis van die mens - dier konflik toelig. Reeds in die 1800s was daar afsonderlike provinsies wat outonoom oor natuurbewaring en "ongedierte" wetgewing gemaak het. Dit is toe ook reeds besef dat dit beter sal wees indien daar meer uniforme wetgewing deur die land geld. Daar is dus sporadies pogings aangewend om hierdie doel te bereik. Reeds vroeg in die 1900s, weer in die omgewing van die 1920s, ook in die vroee 1960s. Ek was self deel van die stigting van die Nasionale Probleemdierbeleidskomitee (NPBK)wat in 1984 gestig is met een van die hoof oogmerke om uniforme wetgewing te verkry. Die NPBK het na die politieke veranderings in die land die Nasionale Probleemdierforum (NPF) geword en dit bly steeds die ideaal om uniforme wetgewing te verky.

Intussen het DEAT vir die eerste keer werklik in die prentjie gekom en lyk die uniforme wetgewing uiteindelik binne bereik is. DEAT het aan die WesKaap, die taak opgedra (deur wyle Hannes Stadler) om 'n konsep op te stel om die proses aan die gang te kry. Daar was reeds verskeie vergaderings tussen DEAT en al die provinsies om die konsep te bespreek.

Ons staan nou op punt waar die konsep gereed is vir publieke deelname. Nou is die groot vraag???!!

Waarom het die provinsie wat die proses tot dusver gedryf het nou sonder enige publieke deelname en sonder enige wetenskaplike inset besluit om 'n baie drastiese beleidsverandering aan te bring ??? Ek verstaan dit glad nie en kan slegs wonder oor die motiewe.

Een aspek wat my bekommer is dat dit lyk asof die bewaringsowerhede luister na 'n klein aantal groenes wat duidelik geen agtergrond het oor die hantering van skadedoende diere nie, maar in die proses duisende boere ignoreer en ook geen ag gee op uitstekende navorsing wat in ander lande gedoen word nie. Die grootste skande is dat daar GEEN probleemgerigte navorsing deur hierdie owerhede gedoen word nie. Hulle probeer metodes voorskryf wat glad nie wetenskaplik in Suid Afrika getoets is nie (terwyl hulle wetenskaplike bewyse van die boere eis oor die hoeveelheid skade en sukses van beheer metodes). In DEAT se voorgestelde wetgewing is die vereiste dat metodes aanvaarbaar moet wees vir die "algemene publiek". In 'n land met sowat 40 miljoen inwoners beteken dit darem seker dat 'n paar miljoen beswaar sal moet maak teen 'n metode om dit as ongewens te verklaar en nie net 20 of 30 emosionele, professionele, beswaarmakers nie.

Die hantering van skade is 'n hoogs gespeialiseerd en die kundiges daarin is min in SA. Hierdie mense kan egter baie beter oplossings bied as die emosionele en onkundige  reaksies waarna geluister word. Wanneer iemand siek raak raadpleeg hy 'n dokter (nie die algemene publiek nie). As sy siekte identifseer word as 'n gewas op die brein gaan hy na 'n brein spesialis. As jou kar breek gaan jy na 'n werktuigkundige (nie die algemene publiek nie) - as dit die ratkas is gaan jy na 'n ratkas spesialis. Beide gesondheidsdienste en vervoer dienste in ook in openbare belang. Wanneer daar 'n natuurbewaringsprobleem is gaan jy na 'n natuurbewaarder en as dit skade probleme is gaan jy na die probleemdier spesialis (maar hier lyk dit eerder na emosianele publiek???). Indien die staat nie sulke spesialiste het nie moet hulle sorg dat hulle so iemand kry, veral as hulle van plan is om drastiese veranderings aan eeue lange gevestigde praktyke aan te bring.

Laastens (vir nou). Enige iemand wat enige skadebeheerapparaat onselektief noem weet nie waarvan hy praat nie. Die apparaat is neutraal en kan geen probleem wees op sy eie nie. Die probleem of voordele bestaan eers wanneer die apparaat aangewend word. Selektiwiteit is 'n menslike faktor. Enige apparaat kan selektief aangewend word wanneer die nodige kennis van die teikendiere en die apparaat self bestaan. Party apparate mag dalk net meer en intensiewer moeite en kennis vereis. Selektiwiteit berus baie keer op baie eenvoudige beginsels. Bykans enige apparaat of metode wat gebruik kan word kan ook misbruik word. Hier is dit weer die Staat se plig om te sorg dat die nodige navorsing oor die apparate gedoen word en effektiewe opleiding daaroor te doen wat die wetstoepassing ook oneindig sal verlig.

Groetnis

Thys de Wet
baasjan

Re: Slang in die gras

Post by baasjan »

Terug van 'n paar dae vakansie en uitgerus van jakkalseskiet sit en lees ek sommer al die bydraes, geskrifte, wyshede, sinvolhede, twak en gegorrel met tyd deur. Heinrich jy kan dit ook gerus 'n slag doen sommer net om weer vars perspektief te kry --- som dan so bietjie vir ons wat moeilik lees en beter skiet die jakkalsbesigheid op in kort feitelike gewaarwordinge. Jy kan dan veral wys op :

1. Dat die van Deventer k?rel en sy kornuite nou begin deurmekaar praat en doen: ---- Insette kan tot 27Februarie gemaak word , maar permitte word al uitgereik.
2. Bewys van deursigtigheid van die proses bestaan ooglopend nie terwyl bewyse van 'n ondeursigtige geploeter al meer word.
3. Die wetsverordening word nou skynbaar sommer in noodweer so na eie goeddunke verander en gewysig om vure dood te slaan: --- 14 dae permitte word 90 dae; --- inspeksies sal nie gedoen word nie ---- en permitte word onmiddellik uitgereik sonder die beoogde oorweging van feitelike meriete. Het nie geweet dat provinsiale wetsverordeninge sommer tydens 'n Maandagoggend gesprek tussen twee amptenare verander en gewysig kan word nie --- was nog altyd bekommerd dat die politici net daar is om te sit en slaap en twak te praat --- hier is nou die bewyse dat dit wel so kan wees. Ek dink die politici moet dringend ingryp want die hantering van hierdie storie verander nou in 'n sirkus en dit wil voorkom asof die bojaanhok se hek oopl?.
Die feit is dat al wat nou deur hierdie belaglikheid bewerkstellig word is dat 'n administratiewe las geimplementeer word teen die heffing van permitfooie as betaling vir onprodutiewe mannekragaanwending --- of het die mense nie werk nie.
4. Kom hier 'n storie van akkreditasie? -- behoede ons. Daar is genoeg voorbeelde van hierdie magsbeheptheid om te beheer en te reguleer en om vir mense werk te skep teen enorme vergoeding en tydmors.
5. Sal die volgende argument wees dat die permitstelsel ingestel moet word om te beheer en vir rekord en statistiek doeleindes?. Al hierdie statistiek was reeds wel beskikbaar deur die effektiewe funksionering van geregisreerde jakkalsklubs en kon effektief uitgebrei en opgradeer word --- maar daar was wynig daadwerklike belangstelling by die departement. Miskien moet die departement vir ons hul effektief verwerkte statistiek van wildjaglisensies wat uitgereik is die afgelope 5 jaar vir oudit beskikbaar stel !!!

ENS. ENS.

Laat my dink: Alle slim mense is nie geleerd nie  en  Alle geleerde mense is nie slim nie  ---- Langenhoven.

Net jammer dat Natuurbewaring jare se vertroue in 'n paar maande se kortsigtige gekheid vernietig het en van vele goeie vriende vyande gemaak het -- dit sal hulle jare neem om weer die vertroue wat bestaan het te herwin.

Op my plaas is jakkals, veedief, moordenaar en hul vriende nie welkom nie.

Ek s? Red die Natuur die Omgewing maar ook die Boer  --- hulle is vennote en kan nie afsonderlik bestaan nie.

baasjan
baasjan

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by baasjan »

Thys de Wet se kennis, navorsing, teori?, standpunte en wyshede oor ongediertes is redelik welbekend -- die boer het reeds etlike jare gelede in die Landbouweekblad daarvan kennis geneem.

Daar kan met reg ges? word dat hy sekerlik na vele ondervinding en sekerlik ook foute nou oor meerdere teoretiese kennis en selfs navorsingskennis beskik. In die verlede het hy baie bespiegel en geteoretiseer oor moontlike of gewaande oplossings of beheermaatreels -- dit selfs soms probeer motiveer tot frustrasie van praktiese ondervinding. Telkemale moes hyself dan erken dat dit geen permanente oplossing is nie en maar net een van vele metodes was wat in balans van mekaar bestuur kon word om redelike sukses met beheer (let wel : nie uitroei) te behaal. As ons die afgelope tyd na sy geskrifte en standpunte kyk sal ons vind dat hy steeds baie breedvoerig oor die teorie ens. kan uitbrei maar homself versigtig daarvan weerhou om 'n goue oplossing te wil bied of om met nuwe idees op hol te gaan.

As dit die versigtige benadering en sekerlik verstandige benadering van seker een van die slimste teoretici op die gebied van ongediertes in die land is hoeveel te meer kan natuurbewaring met hul gewaande wysheid nie 'n veer uit di? de Wethoed neem nie.

OF is daar 'n verskuilde agenda vir die rede dat "fools rush in where angels fear to tread".

Ek vertrou dat Georganiseerde Landbou WesKaap hierdie k?rels van natuurbewaring saam met hul minister met die volgende kongres sal aantree om 'n paar antwoorde te kom gee en pa te staan vir 'n ondeursigtigheid en gebrek aan insig wat 'n skande vir ons demokrasie is.

Moet s? my plaaswerkers het nogal baie simpatie met ons boere se probleem nadat ek aan hulle verduidelik het dat die jakkalse met die laaste 20 lammers wat gevang is ook 'n deel van hul kersbonus opgevreet het en dat daar mense is wat aan die jakkalse se kant is en dat hulle nou nie meer slagysters sal mag stel nie.

Hoor dat al die jakkalse in die parke nou getattoeer gaan word as synde goeie jakkalse wat net hase vang?.

Groetnis vir 'n jakkalsvrye 2009.

baasjan.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by jaracal »

jakkals32 wrote: Laastens (vir nou). Enige iemand wat enige skadebeheerapparaat onselektief noem weet nie waarvan hy praat nie. Die apparaat is neutraal en kan geen probleem wees op sy eie nie. Die probleem of voordele bestaan eers wanneer die apparaat aangewend word. Selektiwiteit is 'n menslike faktor. Enige apparaat kan selektief aangewend word wanneer die nodige kennis van die teikendiere en die apparaat self bestaan. Party apparate mag dalk net meer en intensiewer moeite en kennis vereis. Selektiwiteit berus baie keer op baie eenvoudige beginsels. Bykans enige apparaat of metode wat gebruik kan word kan ook misbruik word. Hier is dit weer die Staat se plig om te sorg dat die nodige navorsing oor die apparate gedoen word en effektiewe opleiding daaroor te doen wat die wetstoepassing ook oneindig sal verlig.
Thys
Dit is die waarste skryf wat ek in jare gesien het. Dankie vir jou aansluit en insette, dit word opreg waardeer.

Groete
H
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Charlie Brown

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Charlie Brown »

Wes-Bolandjag (Tak van Kaapjag) het onbewustelik van die gestoei met CapeNature oor die jag van probleemdiere betrokke geraak. Ons het heelwat van die insitte op hierdie webtuiste - van verskillende belanghebbedes - bestudeer. As jagtersvereiging deel ons u sentiment te volle in hierdie verband.

Die vraag wat ons graag beantwoord wil h? is: Namens wie het Kaap Agri met CapeNature tot hierdie ooreenkoms gekom? Is dit namens 'n paar wingerd boere van die Boland of is al die boereverenigings in die betrokke distrikte waar probleemdiere voorkom en 'n groot las is, ten volle geken? Ons voel dat die jagtersverenigings wat in die Wes-Kaap resorteer ook geken moes gewees het, aangesien dit juis hier gaan oor jag van wilde diere en die JAGproklamasie.

Wat ons ook graag sal wil weet hoe gaan die profiel van die sogenaamde geakrediteerde "roep en skiet" jagter moet lyk. Sal dit sommer 'n gewone werklose ou van die straat af wees, of sal die ou sekere jagvaardighede en kriteria soos die akkurate skiet met 'n jaggeweer oor lang afstande - van hom verwag word.

Wat ook in gedagte gehou moet word, is dat die persoon wat geakrediteer gaan word, se geweer wat hy gebruik elke 2de jaar geherlisensieer sal moet word, volgens die nuwe vuurwapenwet, aangesien hy die jaggeweer vir "besigheidsdoeleindes" sal gebruik. Hoe lank sal so 'n aansoek elke keer duur. (Ook +- vier jaar soos tans die geval is of hoe?)

NS - Ons wag net dat Agri-Wes-Kaap se kantore in die Paarl open om met hulle in gesprek te tree rakende hierdie sensitiewe aangeleentheid.

Wees verseker dat die Bestuur van Wes-Bolandjagtersvereniging (Tak van Kaapjag) saam met u sal baklei vir die regte van die kleinveeboer in die Wes-Kaap.

Jagters- en Boeregroete
Wes-Bolandjag
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by Dawie »

Charlie
Welkom op die forum en julle ondersteuning, Kouptak gee ons volle samewerking met Wesbolandjag in die verband.  Ek vra omverskoning dat ek julle nie vro?r oor hierdie aangeleentheid gekontak het nie. :-[  Ek het ongelukkig net 'n paar bestuurslede ge-CC in my E-mails aan die KJVoorsitter.  Hy het my gevra of die bestuur moet werk maak daarvan,  waarby ek hom meegedeel het dat ons eers bietjie moet wag totdat die boere hul s? ges? het.  Hulle ondersteun ons ook.

Die algemene gevoel onder boere is om hulle aan die "wetgewing" af te vee,  en as dit volgens letter nagekom word 'n ramp tot gevolg sal h?.  Die experts aan ons kant het genoegsame, nagevors en ondervinding gebackde,  feite op die tafel gesit om CN mee te konfronteer.

Jy het klaar in jou brief nou nog dilema's genoem wat op hierdie monster se rug gaan uitsweer. 
Die tyd het nou aangebreek dat Jagtersverenigings ook nou,  in aggenome die feite reeds op die tafel,  ook tot aksie moet oorgaan.

Ons praat weer

Dawie Koupjag Voorsitter
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: CAPENATURE STATEMENT REGARDING DAMAGE-CAUSING ANIMAL MANAGEMENT

Post by jaracal »

Charlie B
Welkom hier en dit is goed om te sien julle dra ook dieselfde bekommernisse as ander. Baasjan het my gevra om 'n opsomming saam te stel oor die besluit van CapeNature. Ek het nog 'n brokkie nuus van die roofdier werkgroep van die Weskaap ontvang en wil dit net deurgaan, hier lys en dan die opsomming gee.

Dit is uitstekend dat julle ook betrokke is.

Groete

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Slang in die gras

Post by Dawie »

Almal

As CN nie die ordinansie kan verander nie,  dink ek moet hulle vir 'n ou 'n "Probleemdier jaglisensie" beskikbaar stel vir die hele Weskaap vir 'n jaar wat niks duurder is as 'n gewone jaglisensie nie.  Sodat daar nie nou vir elke flippen plaas en eienaar 'n permit moet uitgereik word nie.  Dan kan boere wat jag en skiet en probleemdier jagters sonder rompslomp en die wet te verbreek in vrede hul ding doen.

Wat dink julle?

Dawie
Charlie Brown

Re: Slang in die gras

Post by Charlie Brown »

Hi Dawie

Ek persoonlik dink nie dis 'n te slegte idee nie. Met die tipe lisensie sal CN darem meer inligting kan invorder vir navorsingsdoeleindes... om meer ingeligte besluite te kan neem en kan hulle tegelyke tyd beter beheer uitoefen as wat in die verlede die geval was... Dis sulke tipe "compromises" wat tussen CN en die boere gevind moet word om die onderhandelingstafel voor einde Feb 2009 en nie sulke drastiese veranderinge soos wat hulle in gedagte het nie... My voorstel sou wees faseer beter beheer en kontrole in soos jy voorstel met 'n probleemdierlisensie, doen dit oor 'n tydperk... sodat alternatiewe beheer metodes ens stelselmatig ontwikkel kan word... maar om die boer onmiddelik geen ander alternatief te gee nie, maak hulle 'n baie groot fout... Bv "slegs om 'n vanghok vir 'n rooijakkals te stel nie"...is belaglik en verloor jy die kleinveeboer se samewerking onmiddelik en sal hulle maar net voortgaan soos in die verlede... en die moontlikheid dat gif weer hier sy verskeining maak baie moontlik... met baie meer nagevolge en 'n veel groter impak op die natuurlike omgewing... as wat tans die geval is

Groete eers, ek sal jou op hoogte hou van ons vordering...
baasjan

Re: Slang in die gras

Post by baasjan »

Hein.
Ek raak bekommerd dat hierdie debat so effens fragmenteer onder al die verskillende subhofies -- sal dit nie goed wees om al die reaksies onder een hoof saam te voeg nie. Hierdie debat kan miskien so effens uitrafel en in die proses verloor ons dan perspektief. Jou opsomming van feite en teenstrydighede word al nodiger.

Dit verstom my werklik hoe maklik die boer in ons land deesdae sy reg op selfstandige beheer en onafhanklike bestuur afstaan aan oningeligte en onervare mense ens. en dit met 'n ja-meneer,reg-meneer,dankie-meneer,jammer-dat-ek-leef-meneer houding. As 'n amptenaar of departement nie werk het nie of vervelig is of aandag wil weglei van eie onvermo? dan neuk hul met die boer met nuwe beperkings en wette en beheermaatre?ls --- want die boer is mos 'n beskaafde prooi, wat deesdae oorgretig en gewillig is om ter wille van goedgesindheid met "compromises' (soos Charlie dit noem) die mindere te wees.

Vanaf 1994 was deregulasie in die landbou die inding --- was dit deur almal, ook boereleiers gepropageer as 'n towerformule en die wonderkuur vir al die boer en die land se probleme. En nou vandag: is die boer en landbou meer gereguleer as ooit in die verlede, met die verskil dat dit nie die boer is wat beheer oor sy regulering het nie.

Ek wil 'n ernstige beroep doen dat ons tog asb. nie nou al met kompromi? begin nie. Daar is hopeloos te veel onbeantwoorde vrae en ondeurdagte idees op die tafel.

Hein, jy kan miskien vir ons NC se antwoorde met logiese motiverings op die volgende vrae en onduidelikhede voorsien:

1. Hoe motiveer hulle die selektiewe nagskiet van probleemdiere as onselektief of het hulle sommer 'n bewering uit die lug gegryp omdat hulle dink hulle het met idiote te make? Ek het die afgelope 3 jaar ( met die uitsondering van 1 draaijakkals ) net rooijakkalse en rooikatte geskiet in die gebied waar my skaap gevang word en met elke sukses het die vangery onder my skaap gestop of afgeneem en in meeste gevalle was lamhaar in die pense teenwoordig. Het Desember die plesier gehad om te sit en kyk hoe 2 bakoor tewe met kleintjies, 1 groukat met kleintjies en 1 draaijakkals met kleintjies tot by my kom op soek na iets te ete. 

2. Hoe kan die selektiewe en kundige gebruik van slagysters onselektief wees? Iemand wat so dink weet ooglopend niks van slagysterstel af nie of lees in boeke daarvan. My plaaswerkers het die afgelope 3 jaar net 1 steenbok, 2 hase, 1 ystervark en twee bakore in 'n yster gevang en hulle was ook nog in 'n opleidingsproses. Sodanige dier moet indien moontlik vrygelaat word en mag nie gebruik word nie.

3. Op welke manier was vanghokke, gifskieters en gif selektief?

4. Wat is die alternatiewe sogenaamde selektiewe suksesvolle metodes, en in welke mate is dit voldoende beproef as suksesvol? -- moet asb net nie s? klokke en halsbande nie. Dit is reeds beproef en het net tydelike effek dan loop jou lammers met gate in die boude rond en word lewendig verskeur.

5. Wat beskou CN as aanvaarbare verliese en skade vir die boer? Gee vir ons syfers dat ons kan kennis neem.

6. Het die boer enige koste waarborg indien die alternatiewe metodes beproef word. Is CN bereid om pa te staan vir sy proefnemimgs of het hy klaar die proefnemings gedoen en waar? --- of dra die boer sy eie risiko terwyl CN die beheer oorneem.

7. Hoe identifiseer NC 'n jakkals wat nie 'n probleemdier is nie? Lyk hy anders, loop hy op 'n ander manier of huil hy anders? Ek wil graag weet want hulle moet hulle mos kom identifiseer as ek daarop sou aandring, voordat aan my 'n permit gegee word. As ek dit kan verhelp wil ek nie onskuldige jakkalse skiet nie en ek leer graag van mense wat blykbaar meer as ek weet.

8. Beskik NC oor die kennis en ondervinding om my gratis op te lei en te toets -- veral wat skiet betref? Sal hulle vir my die verskillende jakkalsroepe en optredes van die jakkals in die veld kan prakties identifiseer?

9. Glo hulle werklik dat hulle die meerderheid boere se samewerking sal kry om van hul vee jakkalskos te maak? Ek weet van boere wat nou al navraag doen oor effektiewe middels om jakkalse te beheer.

10. Sal die permitte nou wel vooraf verkry kan word dws. sommer so lukraak op aansoek?

11. Watter inligting en informasie beoog CN om te verkry met die permitte en vir welke doel --- verwys Charlie hierbo.  In welke mate is hierdie inligting in die verlede van jakkalsklubs verkry en hoe is dit verwerk? En indien nie hoekom nie?

Hein as jy vir ons hierdie antwoorde kan kry mag ons miskien meer duidelikheid verkry oor CN se motiewe en planne voordat ons oningeligte kompromi? aangaan.

Dankie

Baasjan
Post Reply