Page 2 of 2

Re: Toegewyde Jagters status kursus

Posted: Tue Mar 04, 2014 10:06 am
by JAGTERSREG-JRM
ROBBIE1 wrote:Kobus smaak my ons takke is nie so vol strooi nie. My aansoeke vir die 375 en 243 is vanoggend in, en ek moes niks van SAJWV indien nie, net n afskrif van my Toegewyde sertifikaat.

Dalk moet ons maar net dankbaar wees en dood stil bly!!

Robbie gewoonlik vereis hulle ook die lidmaatskap verval datums en die 2 saam gaan so deur by seker 90% van stasis.Hoop jy kry daai roere vinnig

Re: Toegewyde Jagters status kursus

Posted: Tue Mar 04, 2014 10:13 am
by 375fanatic
ROBBIE1 wrote:Kobus smaak my ons takke is nie so vol strooi nie. My aansoeke vir die 375 en 243 is vanoggend in, en ek moes niks van SAJWV indien nie, net n afskrif van my Toegewyde sertifikaat.

Dalk moet ons maar net dankbaar wees en dood stil bly!!
die toegewyde sertifikaat is die geheim ek weet ook dat daar elke desember n lys na die cfo gestuur word van lede wat in good standing is en die wat nie is nie

so die toegewyde status kom met verantwoordelikheid en elke lid moet sorg dat hy dit instand hou

toegewyde sportskiet werk by ons op n punte basis en net skiet dae tel jy moet 5 punte he om jou status te behou

Re: Toegewyde Jagters status kursus

Posted: Tue Mar 04, 2014 10:21 am
by ROBBIE1
Man hoop ek so Kobus. Die dame het n afskrif van my id en lidmaat kaart gemaak ja, dis saam ingedien.

Re: Toegewyde Jagters status kursus

Posted: Tue Mar 04, 2014 10:23 am
by Eugene
JAGTERS REG MOTIVERING wrote:
ROBBIE1 wrote:Kobus smaak my ons takke is nie so vol strooi nie. My aansoeke vir die 375 en 243 is vanoggend in, en ek moes niks van SAJWV indien nie, net n afskrif van my Toegewyde sertifikaat.

Dalk moet ons maar net dankbaar wees en dood stil bly!!

Robbie gewoonlik vereis hulle ook die lidmaatskap verval datums en die 2 saam gaan so deur by seker 90% van stasis.Hoop jy kry daai roere vinnig
Interessant ding wat ek vanoggend hoor, is dat sekere manne net 'n afskrif van hulle Toegewyde Status sertifikate en geen motivering saam met die aansoek aanheg nie en steeds hulle lisensies kry.... Weet nie hoe waar dit is nie, maar ons DFO het ook al vir my gevra hoekom ek 'n behoorlike motivering by my aansoek aanheg, as ek Toegewyde status het? Sal tog lekker wees as al die DFO op dieselfde bladsy kom! Alles word tog uiteindelik by die CFR gedoen en moet tog aan een of ander standaard voldoen.

By ons DFO, kom inspekteer hulle nie meer jou kluis nie en jy moet 'n standaard eedsverklaring oor jou kluis en fotos daarvan aanheg, ander aanvaar hulle nie jou aansoek nie. Doen vir klient in Potch nou die dag 'n aansoek en die DFO bel my toe en vra oor die eedsverklaring en fotos, want hulle gaan besoek nog elke keer die kluis vir elke aansoek, al dien jy 2 aansoek binne een week in.....

Re: Toegewyde Jagters status kursus

Posted: Tue Mar 04, 2014 10:41 am
by ROBBIE1
Eugene ons dien motiverings in ja, maar nie van die jagtersvereniging n verklaring nie nee, fotos van jag, afskrifte van vervoer permitte ens ens, die gesprek gaan mos oor die verklaring van die voorsitter van jou vereniging se tak.

Re: Toegewyde Jagters status kursus

Posted: Tue Mar 04, 2014 3:42 pm
by jamalley
Ek hoop nie die saak van die dag, gaan 'n verdere negatiewe effek op die wyse en mate van "presiesheid" waarmee die CFR in die toekoms gaan handel nie - ek moet net meld dat dit duidelik was dat Andre Pretrius en ook Martin Wood dit baie sterk propageer, dat die polisie nie konsekwent in hul optrede en hantering van aansoeke om bevoegdhede en lisensies is nie en uit hierdie gesprek is dit ook baie duidelik dat hulle reg is.

Re: Toegewyde Jagters status kursus

Posted: Tue Mar 04, 2014 4:53 pm
by JAGTERSREG-JRM
Jong ek dink nie hulle was ooit nie, eers wanneer die aansoeke met n stelsel werk menend dat daar nie der duisende hande daaraan raak of dit in die privaat sector beland nie sal daar nooit kosekwent gehandel word nie

Re: Toegewyde Jagters status kursus

Posted: Fri Mar 07, 2014 9:31 pm
by Gert Odendaal
Dankie vir al die insette, dit is altyd goed om te sien dat daar altyd probeer word om mekaar te help. Ek gaan die BASA roete neem, daar sal die jaar `n Sport skut /Toegewyde jagters status kursus aangebied word.

Ek het nog nooit in my lewe aan `n sport klub/sosiale klub/ motor klub of enige klub behoort nie, die naaste blyk te wees die muurbalklub by Virgin Active, het in elke geval nie enge "virgins" daar gesien nie, blykbaar is dit toe net `n metafoor...maar ek dink om aan `n vereniging soos BASA te behoort vir die volgende twintig jaar waar ek met swaar kalibers gaan skiet is miskien net die regte ding om te doen...na die vyf en twintigste jaar sal ek windbukse skiet wat nie recoil het nie... ;D :)