Wat vang so?

Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat vang so?

Post by Louis102 »

Frikkie

Lyk vir my ook na 'n jong jakkals daai.  Sleep bietjie tydens laaste lig 'n vars springbokpens so ent daar naby en l? bietjie voor met so af-en-toe kreun van 'n steenbok of springbok oor die roeper.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: Wat vang so?

Post by Mac »

Frinam,

Ek gaan alweer 'n klip in die bos gooi hier, ek is redelik seker Taffie is in die kol, en ek glo nie hy is raadop nie, hy het altyd 'n plan.

Ek het al een keer ook met 'n jongerige jak te doen gehad wat glad nie ingekom het nie, en ook nie geantwoord het nie. het lank gesukkel, een aand vroeg het ek na sy kol toe gery, en sommer in die bakkie geslaap tot 02h00 toe. speel toe Tewis se "Klein Jakkals" vir so 2 minute, 5 gewag, en toe die snit sommer aangelos. dit het nog nie klaar gespeel nie, sien ek 'n oog inkom, en weer uitwyk toe die lig hom tref. sit toe die klank heel sag, lig af totdat ek gereken het hy moet naby wees, en toe op die roeper gelig, hy het amper bo op die roeper gestaan. So ek reken 'n klein jakkals klank wat net "vocalise" sal werk. Taffie se jong jakkals klank behoort ook mooi te werk.

Sterkte, en voorspoed
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
frinam
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Thu Mar 12, 2009 9:03 am

Re: Wat vang so?

Post by frinam »

Almal wie so gaaf was om weer te probeer help, miljuisende dankies. Jammer dat ek nou eers reageer, lyne was af vir die afgelope twee dae. Sal DV vanaand weer gaan probeer, uitgereen afgelope 3 aande. Mac, Niel, Koning Leeu en Sir T., aan almal nogmaals baie dankie vir omgee. As/wanneer die sondaar koets klim, vat ons verseker 'n fynetjie op die gebeurtenis ;). Groot groetnis vanuit 'n NAT Duitswes-Frinam
Don't pick a fight with an old man. If he is too old to fight, He'll  just kill you.
Ambessa

Re: Wat vang so?

Post by Ambessa »

Hallo Frinam
frinam wrote:...uitgereen afgelope 3 aande... ...wanneer die sondaar koets klim, vat ons verseker 'n fynetjie op die gebeurtenis
...saam bly oor die watertjies...

...onthou om net eeers uit die ergste nattigheid te kom voordat die tapetjie en skaletjie gebruik word... ;D

Ambessa
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

Dagse Menerens

Het nou al die forum deurkruis en het nog nie antwoord op ons ooi wat gister gevang is..dus my nou maar wend aan die profs
Ooi was so laatmiddag gevang, geen tekens van stoeiery of sleep nie.. ,die res van die kudde is hier en daar by die voorbeen geskraap (maar dit kon ook gewees het toe hulle uit die kamp breek...)
Geen tekens van spore nie (harde kleierige grond langs n vlei (Punt 1)
1. Het al gehoor van die Kaapse otter wat aan die gesig vang, maar kan van die lewe van my nie indink dat hy die ooi so kon plattrek nie
2. Geen spore of mis rondom die kamp gevind nie
3. Buurman se 4 been kind loop saam mamma sondae rond (Belgian sheperd kruis)
4. Die kamp is teen die vlei en so 100m van ons 2been jakkals se 'woning'  niks gehoor of gesien nie...
5. Sitrus plaas, so geen oop vlaktes nie
6. Ratel? Maar dan sou daar meer skade aan die ooi gewees het - geen krap merke aan die bors of die res van die lyf nie...

Die dorpers is my goud op die plaas, naas die sitrus natuurlik(dit is wat ABSA se) - maar dit ruk my al is dit net 1, want wil nie graag die lot terug in die kamp sit voordat ek nie weet met watter vyand ons hier te doen het nie.... Enige raad sal waardeer word!!
(P.S. Tik maar oor die vingers omdat die foto nie op album is nie)


User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Wat vang so?

Post by James Wilson »

welkom nooi, ek wonder of jy ons enigste skoner geslag deelnemer is? hoop om gereeld iets van jou te sien. ;)
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

Hmm.. forum is nogals 'imposing', en 'n leuk nog die kant, kom ons kyk maar hoe dit gaan - sal dan versprei by die res van die Eva geslag  ;)
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Wat vang so?

Post by JOHANNIC »

Welkom swartland
Naby watse groot dorp in die swartland boer jy/julle?
Groete johan (wynland)Is die ooi net in die gesig/kop gebyt?
Last edited by JOHANNIC on Mon Jan 17, 2011 7:46 pm, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

Image
Image

Dagse Johan

Sien aangehegte .. die Ooi was net in die Gesig byt - geen ander merke by die boude of pens nie
Is tussen Gouda en Tulbagh - graan, sitrus en druiwe land
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Wat vang so?

Post by JOHANNIC »

Swartland
Ek is uit my diepte met die een ???kan nie dink wat die ooi so kon verniel het en nie op n ander plek ook gebyt het nie,en ook nie rondgesleep het nie,iemand op die forum sal wel n verduideliking he vir dit daarvan is ek seker byt vas dit sal kom.

Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Wat vang so?

Post by James Wilson »

het nog net eenkeer amper so iets gesien. later n rondloper hond gekry. maar is nie te se dit was die hond nie, maar ek dink dit was hy hy was uitasem en vol bloed in sy bek. raai maar, dit lyk baie vreemd
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wat vang so?

Post by tafjak »

Swartl

Wanneer het jy op die vangs afgekom? Is die ooi afgeslag om ander merke onder die vel te sien? Is die karkas oopgesny om merke(fietsspeek) deur die hartslag te sien? Is die nek gebreek?

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

Yes meneer
Nee, nee en Nee ...  :-\
Was gistermiddag so 5uur (nadat die lambsboud en aartappels terug in die oond gesit moes word  :'( ) Bloed was nog taai en te kyke aan die min bloedverlies, sou ek kon raai die nek moes gebreek gewees het, of sy was versmoor (so sou raaiskoot vat en se die ooi kon nie langer as 3 ure gele het nie - kwik het so 40'C gister geslaan in die area en nog geen brommers ook nie...
Geen idee van die res nie jong, het gehoop ek kon n 'oorlogverklaring' kry net op die bytmerke....  :-\
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wat vang so?

Post by tafjak »

SWartl

As daar bytmerke(ek kan nie op foto sien nie) onder die keel is, kan dit kat wees met kleintjies. Kleintjies begin al vreet aan kop as ma nog besig is om die prooi te wurg.

Voorspoed
Mooiloop en Geseende Kersfees!
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

@Tafjak
Nie eens 'n splinter nie nee meneer
Geensins enige ander merke as die gesig nie ..
Wat my laat wonder, kan dit ratel se kind wees?
En sluit dit rondloper honde uit - siende glad nie morsig nie..
Sal Jakalas die skuld gee en oorlog verklaar..  ??? maar wil ook nie want geen ander 'kenmerkende' wonde nie.. (gebasseer op die paar uur gespandeer op ddie forum en 'threads & fotos' lees)

Sal veel beter slaap as ek net weet watter rigting om in te slaan en aangesien 20 ooie gekoop wat klaar dragtig is in die kamp en sekerlik in die volgende week gaan aflaai  :-\

'n Tent opslaan en lokaas stel?? (enige volunteers????)
Ambessa

Re: Wat vang so?

Post by Ambessa »

Hallo Swartlandnooi
SwartlandNooi wrote:...sluit dit rondloper honde uit - siende glad nie morsig nie..
Het gesien hoe 'n bruin hiena (strandjut) jong skape se gesigte so vermorsel sonder om enigsins te vreet? Eintlik van dommigheid staan en kyk die skaap en ta mekaar in die gesig en waps byt ta met sy verskriklike sterk kake in die gesig. Daarna beweeg ta net verder aan.

Was is so 'n moontlikheid by julle?

Ambessa
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Wat vang so?

Post by Freddie101 »

Swartlndn en Oom Am
Het ook gewonder oor die een. Daai merk onder/voor die oor. Is dit n diep gat en is daar nie aan die ander kant nog so een of 2 nie?
freddie
yol bolsun
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wat vang so?

Post by tafjak »

Swartl

Ek is gesnoeker! As die kamp(20ooie) nie te groot is nie, sal ek maar kamera opsit of roep-en-skietjagter kry om die sake af te handel as nog gevang word. Die kamera-opsie sal interesant wees.

Strandjut sal moelik tussen die druiwe werk maar Bool Smuts se tiere is gladnie uitgesluit as die nek gebreek is nie.

Sien jy is darem lus om "Oorlog te verklaar"! Verklaar maar die oorloggie en sort die probleempie uit.

Voorspoed.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

Net onder die een oor so merk - en ja was diep - amper 'gekloof' sou ek se - so redelike groot slagtand miskien?
Die een merk onder die regter oor - is die enigste 'byt' op die skaap - niks nerens elders nie. Dit is juis dit wat die kopkrappery stook (probeer ook oplees sover moontlik en die fotos vergelyk van die forum tov 'kenmerkende gedrag' - en al wat ek nog op afgekom het is n ratel wat so tendens toon, maar wil ook nie blindstaar daarteen nie indien iemand anders al so n geval gehad het wat beter kan help..
Ook weer uit ander oord gehoor van die Kaapse Otter wat dit ook doen - maar dan op lammers en nie volgroeide ooi nie

@Ambessa - is nog nuut in die area en geen idee wat in die swartland rondloop nie - behalwe die smouse wat ons vrugte wegdra...

Sal ek Jakkals se kind uitsluit?
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

TafJ

Oorlog word daar verklaar.. verskriklike diereliefhebber en sukkel maar ook met die Slagpale toegeryery as een so mooi in jou oe kyk (steek my dwars in die krop as n dier so 'hard moet heengaan') - maar nou ja - n skaaptjoppie is baas : dws vat aan my skaaptjoppie en jy vat aan my  ;)

Jip die kampie is klein - juis vir die nuweling wat dragtig is .. waar sal ek begin met die kamera oorlog?? (Hoe, waar en wat?), en sluk swaer daaraan om nog een op te lewer, eerder as om net oorlog te verklaar seinde die culprit geidentifiseer is.
fanie17
Hero Member
Hero Member
Posts: 513
Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am

Re: Wat vang so?

Post by fanie17 »

Ek dink jy het hier te doen met n bruinhiena.Hy het n groot sterk bek ,ek het al gesien hoe hy n folstruis eier dra en gaaitjies maak in die dop waar sy slagtande raak.Hulle is baie skelm,maarlos nie n bobejaan of aap in n vanghok nie.Sterkte met die een.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara   25-06truvelo
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Wat vang so?

Post by JOHANNIC »

Dis interesant ek glo nie daar is bruinhiena nie gouda is nie ver van my af nie,maar mens weet nooit :-\
Biebers
Need for speed >:D
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

Morese
Wonder net, aangesien dit helder oordag was etc etc, kry ek voorstelle om slagyster uit te sit ... (ek is nie n voorstaander hiervan nie en vind dit gruwelik ) - is daar enige ander alternatief, en met watter aas stel ek die wip of hok (en dan weereens - waar kom ek aan so iets?)

Baie dankie vir al die voorstelle en raad tot dusver - word opreg waardeer jong

P.S. Die Anatoliese Herdershond - het enige van die lede al met die hom te doen gehad en is dit die moeite werd?
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Wat vang so?

Post by Louis102 »

Swartlandnooi

Moet s? dit was nie 'n sommer-so ooitjie daardie nie.  Dis hoe 'n ooi moet lyk - net op haar voete en lewendig.  Om haar so te sien maak my diep hartseer! 

Weet nie of ek mis gelees het nie, maar hoe lank loop hulle (die ooie) in daardie kamp?  Jy het nie enige roofvo?ls in die area gesien nie?  Iets soos witkruis arende of aasvo?ls nie?  Indien die ooi van ander oorsake gevrek het, mag dit dalk iets soos 'n aasvo?l wees - gewoonlik begin hulle hier by die wange en ore rond as daar nie ander gate in die karkas is nie.  Hulle vreet ook tipies die wange weg dat dit lyk of dit met 'n mes afgesny is.  As ek so bietjie in die donker mag raai, natuurlik.

Hoop jy kry die antwoorde.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
SwartlandNooi

Re: Wat vang so?

Post by SwartlandNooi »

@ Louis

Dagse
Nee jong geen aasvoels nie, en sy was nog spekvet en gesond....die groot bloedsmeersels op die lyf se vir my dat iets wel gestoei het met die ooi ... (of so dink ek altemits)

Ta
Post Reply