Page 2 of 2

Re: Doppe wat in kamer vassit

Posted: Mon Dec 09, 2013 9:05 pm
by tripodmvr
Miskien moet ons weer na die PMP probleme post gaan en kyk wat daar gesê is. My 223 priem die slagdoppies met PMP en hulle is frisser gelaai as ander (spoed hoër) - Sako en Remington werk prima.

Re: Doppe wat in kamer vassit

Posted: Wed Dec 11, 2013 12:18 pm
by Saagmeel
Ek het met S365 gelaai met Winchester primer's. TPL 84.84 Het 130g en 150g gelaai vanaf 52.5g met .5g intervalle tot 55.0g
Ek gaan eers weer so middel Jan'14 tyd kry om weer te laai en te skiet. Sal dan van die advies inspan en terugvoer gee.

Re: Doppe wat in kamer vassit

Posted: Mon Dec 16, 2013 7:06 pm
by BRUCE
Winkel gekoopte pmp patrone sit ook keer op keer vas in my 270 se kamer.

Re: Doppe wat in kamer vassit

Posted: Mon Dec 16, 2013 9:12 pm
by mariusr
Saagmeel sien jy se dis musgrave mod 80. So dus "push feed" aksie. Die "extractor" klou is klein en werk saam met "spring loaded plunger" jammer vir die Brits! Daai veer kan pap raak veral as die geweer met toe slot vir jare gestaan het!? Laat die slot na gaan dit mag dalk jou probleem wees dat die klou nie mooi hak nou en dan oor die pap veer!?

Re: Doppe wat in kamer vassit

Posted: Tue Dec 17, 2013 8:35 am
by Saagmeel
mariusr wrote:Saagmeel sien jy se dis musgrave mod 80. So dus "push feed" aksie. Die "extractor" klou is klein en werk saam met "spring loaded plunger" jammer vir die Brits! Daai veer kan pap raak veral as die geweer met toe slot vir jare gestaan het!? Laat die slot na gaan dit mag dalk jou probleem wees dat die klou nie mooi hak nou en dan oor die pap veer!?
Dankie Marius - die "extractor:" is nagegaan deur die slim manne en is blykbaar in puik kondissie. Die problem blyk meer en meer "Piet Maak Patrone" te wees.