Page 2 of 2
Re: Opsoek na jagplek
Posted: Sun Jan 05, 2014 6:42 pm
by Nico Harris
Bietjie meer inligting. Die plaas is gelee naby Melmoth in die hart van Zululand. Melmoth is 100km van Vryheid as jy op die R34 ry na Richardsbaai. Richardsbaai is 80km van Melmoth af. Daar is selfoon sein op die plaas en by die kamp. Vrouens en kinders is welkom en die kamp is meer as gerieflik genoeg vir hulle. Daar is n dam voor die kamplek en hy het baie rooibors kurpers en ons het dit ook onlangs nembwes daar ingesit, so julle kan n lyntjie natmaak in die middae. Van tyd tot tyd bied ek ook bosvark jagte in ons neut boorde aan. Maar dit is as die varke daar woel as jy daar is. So dis per geleentheid- wat die varke gee.
Groete
Nico
Re: Opsoek na jagplek
Posted: Sun Jan 05, 2014 6:49 pm
by DWB
Hallo manne. Julle kan gerus by Nico gaan jag.
Die man se gasvryheid is tops.
Ek het al baie by hom gaan jag en kuier.
Dis vet pret met baie mooi wild.
Re: Opsoek na jagplek
Posted: Mon Jan 06, 2014 7:44 am
by FCLoretz
douw wrote:
Het jy al by hulle gejag?
Groete
Douw
Hi Douw,
Ka ek het die afgelope 2 jaar al by hulle gejag.
Hier is Jakes se terugvoer -
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=61&t=23380
En hier is my laaste 2 jaar se terugvoer -
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=34&t=11894
Re: Opsoek na jagplek
Posted: Mon Jan 06, 2014 6:55 pm
by mw
Manne,
Gaan julle nou nooit datums kies nie? Kannie wag vir my beurt nie!
Groete
Re: Opsoek na jagplek
Posted: Tue Jan 07, 2014 5:56 pm
by Reggie Gerber
Nico Is julle dalk mtonjaneni lodge
As dit so is is dit klein wereld
Groete
Reggie
Re: Opsoek na jagplek
Posted: Tue Jan 07, 2014 6:03 pm
by DWB
Reggie, dis net hulle ja
Re: Opsoek na jagplek
Posted: Tue Jan 07, 2014 6:04 pm
by Reggie Gerber
WOW
Re: Opsoek na jagplek
Posted: Wed Jan 08, 2014 7:14 am
by douw
Re: Opsoek na jagplek
Posted: Tue Feb 18, 2014 10:37 pm
by JSR
Nico .Die manne het seker almal klaar datums vasgemaak. Vertel bietjie meer van die kudubulle se pryse asb en of daar nog beskikbaar is vir die jaar . Hoe wissel die pryse in duime
Groete
Johny
Re: Opsoek na jagplek
Posted: Sun Mar 02, 2014 5:02 pm
by Bees
Manne, terloops - nog n plek in Zululand wat julle kan oorweeg is Harloo Safaris. Net so klein entjie anderkant Pongola op die N2 en uitstekende geriewe en wild vir die prys. Ek het nie hul nuwe pryslys nie maar was van die beste jagtogte wat ons nog gehad het. 9 boog hides maar geweer jag ook baie lekker. Google hulle.
Bly nou in Potch so moet nuwe bekostigbsre jagplek soek hiernaby vir 2014...enige idees?
Zach
Re: Opsoek na jagplek
Posted: Thu Nov 20, 2014 5:41 pm
by PierredP
Nico, stuur asb vir my meer besonderhede, soek juis goeie jagplek in Kzn.
Groete
Pierre
Re: Opsoek na jagplek
Posted: Tue Feb 10, 2015 1:22 pm
by Mauser
Goeiedag,
Ek is opsoek na 'n jagplaas in Limpopo/Enige bosveld waar ek en my vriende kan gaan jag vir ons jaarlikse pelle jag. Ons is omtrent 7 jagters en altesaam so 10 ouens. Sal dankbaar wees as iemand nog beskikbare datums het. Ons geniet jag verantwoordelik.
Lekker dag vir julle!