Page 2 of 2

Re: Jack russel

Posted: Tue May 04, 2010 3:48 pm
by Foxhound
Halo JB

Nee jong dis n kwesbok wat ou Oscar gevang het toe sny ons hom sommer keelaf

is effens "te" agter geskiet agter die blad en dan vang die man hulle

Groete
Foxhound

Re: Jack russel

Posted: Tue May 18, 2010 7:12 pm
by skalla
Naand menere,
Hiers my klein ystertjie. Sys kortbeen, maar kerels, haar hart is reg!
Image
Image

Re: Jack russel

Posted: Thu May 20, 2010 2:21 pm
by Geno
Is sy baie groot, of die jakkals moerse klein?? ??? Hehe, grappie net.

Re: Jack russel

Posted: Thu May 20, 2010 5:20 pm
by skalla
Hulle is maar albei aan die klein kant. Kry die klein blouruggie 09:00 die oggend en het nie my groothonne by nie. Gelukkig skiet ek sy een voorbeen af en toe gooi ek haar uit na ek hom so rukkie gejaag het met die bakkie.

Re: Jack russel

Posted: Thu May 20, 2010 8:59 pm
by Spanner
Image
Hier is my hart se punt, T-Bone.  Sy is nou ongeveer 6 jaar oud.  Sy jaag alles wat beweeg, die grasperk l? permanent besaai met vere soos sy duiwe vang.  Het al 3 rondloper katte verskeur en ontelbare muise uitgesnuffel en doodgebyt.  Ek bly baie naby aan 'n veld en die muise pla baie, maar hulle hou nie lank nie dan het sy hulle.  Sy het 'n hart so groot soos 'n leeu en dit het haar al 'n paar keer laat les ops? teen 'n rotweiler en bullterrier laer af in die straat.  Sy het hulle hulle onder in die straat gewaar en besluit sy gaan hulle altwee gou 'n les leer... Maar het hulle haar vol gate gebyt voor ek daar kon gaan keer.  Sy het darem die rotweiler se een oor 'n stuk afgebyt as revenge !  Kos haar drie dae by die veearts bly om gepatch te word, net om weer te probeer so week of wat later !  Die "guts" is baie maar die luister is min.

Re: Jack russel

Posted: Sat May 22, 2010 2:31 pm
by skalla
Spanner,
T bone is mooi. My hond het ook kort bene en ek hoor hiers van die manne wat hulle skateboards noem. Hoekom diskrimineer hulle? 

Re: Jack russel

Posted: Fri Oct 22, 2010 4:31 pm
by foxripper
Image

Hierdie is my hart se punt..glo dit nie of nie maar hy het so 3 maande terug n Ystervark vrek gebyt in die nag terwyl ons geslaap het. Ek moes die volgende oggend veearts toe ry. Daar is nog hier en daar n pen in sy lyf wat uitsweer.

Re: Jack russel

Posted: Fri Oct 22, 2010 6:43 pm
by Ponkie
Hallo almal

My vorige reuntjie was ook na aan my hart, het ALTYD saam gery veld toe en sommer 'n klomp dassies het hy pak gegee. Hy het egter later op die lande en rondom die huis skaaplammers begin vang. Dit het slegs gebeur die kere wanneer niemand van ons by die huis was nie. Ek bedoel nou soos wanneer ons 'n naweek weggaan. Ons moes hom laat uitsit. Die tefie het nooit saam gejag nie, dink julle dis net reuns wat so iets sal aanvang? Want dan gaan ek nou oor ses weke liewers vir my 'n nuwe tefie kry ipv 'n reun...

Ek soek egter nie 'n hondjie wat heeldag in die huis le nie. As ek veld toe gaan moet hy/sy saamgaan en as ek bloedspoor vat in die jagtyd moet brak saamstap. Ek is net bang dis die feit dat my hond saamgaan veld toe dat hy lammers gevang het... ?

Groetnis
Ponkie

Re: Jack russel

Posted: Wed Nov 17, 2010 8:30 pm
by Yalair
My nuutste toevoegin YSTER
Image