308 - Alfa & Omega

Post Reply
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Arnold »

Ek lees hierdie kaliber gesprekke altyd so lekker ... 'n popcorn masjien hier by die werk sou dit nou baie lekker gemaak het  ;)
User avatar
Tomcat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Tomcat »

Moderators/Almal

Moet ons nie onder Rifles/Gewere sub topics maak nie? Byvoorbeeld Jakkalsroere, Bench Rest Roere, Biltong Jagroere en K@*praat.
Tot op hede word elke topic in hierdie afdeling aangeval deur al 3 belangstellendes en niemand kom regtig tot n punt nie. As jy dan n stelling maak oor n 308 in die jakkalstopic of oor n 243 AI in n bench rest topic kan jy in die regte konteks aangevat word.

Groete
Tomcat
Last edited by Tomcat on Tue Dec 07, 2010 4:25 pm, edited 1 time in total.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Tomcat
Ek dink nie dis nodig vir grootmense om mekaar aanteval nie, dis wel goed om van mekaar te verskil sonder om persoonlik te raak ;)Ek dink die punt in hierdie topic is gemaak ;)
Ek sien dit so:Kry die regte persoon(profesoinele jakman) om jou jakkies uitehaal(die regte persoon sal wel die regte kal gebruik),want n fout kos die skaapboer te veel  ;)
As jakkies nie regtig n probleem is op jou plaas nie,maar daar is te veel na jou sin,en jy wat die boer is weet die skiet afstande ga nie ver wees nie of die terein laat nie ver skote toe nie,kan die regte man maar met kal van sy keuse die jakkies uithaal(as jy nie met skaap boer nie)bygese
my 5c
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Biltongjagter

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Biltongjagter »

Geno,

Met daardie .308 van my het ek tot verlede jaar toe juis Blesbokke hier in die kaal vlaktes van die Ho?veld gejag omdat die gemiddelde jagafstand te voet wissel vanaf 250m tot 350m en soms selfs 380m.
Nie kopskote op daardie afstande nie, maar almal eenskoot hart/longskote.

Weliswaar nie jakkalse nie, maar nogtans wys dit dat dit gemaklik moontlik is.

Vandaar dan dat ek so op Freddie se saamstem met andere geantwoord het:
Freddie, dit hoef nie noodwendig 5" hoog te wees op 150m nie. Nee, mens zero jou geweer so na as moontlik aan die gemiddelde afstand wat jy tydens 'n spesifieke jag verwag om te skiet.
Maar nou ja, ek gebruik ook my 7mm Rem Mag met 116gr koe?ls as ek nou baie platter as plat wil skiet.

Groete,
Koos.
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by baboonstalker »

OK manne, as daar nou van julle is wat van julle 308's wil ontslae raak, ek is in die mark vir 'n plankgeweer in goeie kondisie.
Ek belowe plegtig om nie jakkalse met hom te skiet nie  ;D
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by henslin »

Middag manne

Baboonstalker - ek praat van 300m in die bosveld. Die "walk in the park" - jy gaan lekker besig wees tussen die wag-'n-bietjie en sekelbos  ;D  Lyndraad skiet/voorsit is jou voorland.

Biltongjagter - het my miskien verkeerd uitgedruk met die sport gedeelte. Jakkiejag en biltongjag is totaal verskillende leefwyse. Glad nie in dieselfde konteks nie !!

Tomcat - weet die manne vat mekaar aan en soms raak dit maar 'n bietjie ongemaklik. Wat ek wel kan se is: DIE K@KPRAAT EN BYT NA MEKAAR GEE BAIE FYN GRUIS VIR ONS BEGINNERS OM OP TE PIK !!. Het seker meer op die topic geleer en gedink as op heelwat van die ander feitelike topcs.

My 5c - gaan so voort - ek leer lekker !!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by DSBW »

Manne, dis 'n lekker onderwerp, altyd iets te leer uit ander ouens se ondervinding. Koos, net 'n vragie, 'n eerlike, onskuldige vragie, nie 'n aanval op jou of jou GSC punte nie, so jy hoef jouself nie so te verdedig nie asseblief: hoeveel jakkalse het jy al in die nag met die .308 geskiet op die afstande waarvan jy hier melding maak, op 'n boer se plaas, welke boer jou kilometer gelde moet betaal om daar te kom?

In my opinie het Louis en Freddie hierdie post goed opgesom, want dit is waaroor elke gesprek behoort te gaan, maak nie saak hoeveel kalibers, gewere, teleskope en wat ookal ons bespreek nie, dis alles goed, meeste is leersaam, en soos ek reeds genoem het, hier is duidelik manne wat weet waarvan hulle praat. Vir my is dit egter, soos Louis reeds genoem het, belangrik om te hoor van iemand wat jakkalse op afstande tot 300 meter suksesvol in die nag met 'n .308 jag, hoe doen hy dit, met watter kombinasies en punte. Dis immers hoekom ekop die Jaracal forum inskakel, en nie net 'n "shooters forum" nie.

Laastens, Louis, jy is 100% reg, ek sal min of meer al my ordentlikheid verloor as ek 'n ou 'n klomp geld moet betaal om my probleem op te los, en dan mis hy die jakkalsie oor sy geweer/teleskoop/punt/lading/kaliber kombinasie. Ek sal beslis nie die grappie waardeer nie.

Dawie
boeta
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Sun Apr 19, 2009 12:01 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by boeta »

Aaa lyk my ek het die verkeerde geweer,want ek het ook al jakies mis geskiet,dit gebuer want dis nie elke dag skiet dag nie.Dis maar net die man in die stoel wat dit maak of breek.

Boeta
An armed man is a citizen
An unarmed man is a subject
A disarmed man is a slave
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by DawieKotze »

Ek skiet alles wat ek wil skiet met 'n 308, maar ek is nie 'n jakkelsjagter nie! Ek is vrek lief vir die kaliber, maar hy is nie bedoel as 'n ongedierte kaliber nie. Klaar en gedaan! Net so is 'n ultra-ho?-spoed-platskiet-tot-in-sy-moer-in kaliber ook nie 'n bedoel vir buffels nie!

Natuurlik kan jy jakkelse met hom skiet - ek het hele paar - so met die gewone jagtery. Maar ek sal niemand wat ek nie ken en verwysings van het nie, op my plaas (ag asb tog eendag) betaal om ongediertes te skiet met 'n 308 nie. Sy ballistiek moet te veel aan getorring word om met die platskiet goed saam te praat.

Daar is 'n definitiewe toepassingsveld vir elke kaliber en maak liewer die fout na die regte kant toe.

Ek het gesien wat Piet de Wet in die Suide van die ou Suidwes aan 'n bakkie doen agter 'n jakkels aan en toe al besef - die boere haat die goed!!

Aan my mede .308 liefhebbers - k?rels hy is nie 'n "varmint" roer nie. Al dink ons dat ons enigiets met hom kan doen  ;D  Ek lees daar is van julle wat ook klaar so dink.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
222
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Sat Feb 07, 2009 6:26 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by 222 »

.308'ers

Kom ek wees eerlik vir 'n verandering. Ek het al met die 308 jakkalse geskiet maar bloot net om te kyk wat hy met 'n spesifieke koe?l sal maak. Ek skiet nie v?r skote nie en ek die versste skoot was so om en by 180m.

Ek het al jakkalse met die 243, 270 en 222 mis geskiet, ek gebruik die geweer waarin ek die meeste vertroue het om jakkals te skiet.

Ek skiet nie om te probeer bewys hoe v?r ek kan skiet nie maar ek skiet aas ek weet dat ek verseker 'n doodskoot gaan skiet. (dit geld vir my as ek by myself en ander mense jag)

My seun het die jaar Blesbokke op 280m en 230m met die 308 geskiet. Hy "tune" die kettie soos hy wil en hy het sukses.
Get the facts! Not the apparent facts, the assumed facts, or the hoped-for facts, but the real facts.

.22 Remington P/A
.243
.308
.303 Epps
12 Boor P/A
7.65 FN/Browning
Glock 19
Silent Hunter KD's
jmb

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by jmb »

baboonstalker wrote: OK manne, as daar nou van julle is wat van julle 308's wil ontslae raak, ek is in die mark vir 'n plankgeweer in goeie kondisie.
Ek belowe plegtig om nie jakkalse met hom te skiet nie  ;D
Ek het een en jy gaan hom nie kry nie. :D Hy is nie 'n dedicated jakkalsroer nie. Ek dink in elk geval jakkalsbiltong is seker nie baie lekker nie so ek sal maar met hom by die bokke se kant bly. Ek se weer as jy weet hoe ver dit is kan jy 'n bok met 'n 308 tot seker op 500m klits. My verste bok was 400m en dit was vir my al 'n vet kans maar ek is seker daar is ouens wat dit gereeld kan doen.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

jmb
Van die skuts in ons klub skiet wildemakoue en kolganse tot....meter sal maar eerder se verder as dit waarvan jy gepraat het met Rangefinders, 308 in die regte hande is goud werd, hulle is maar net baie akuraat,afstand is gewoonlik in DAGLIG nie die probleem nie maar die sondebok is WIND ;)
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Biltongjagter

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Biltongjagter »

Dawie, ek weet nie hoekom dink jy ek verdedig myself in hierdie plasings nie. Punt is, ek weergee harde onomstootlike feite (volgens jou hou hulle nie water nie en jy het nog nie verduidelik hoekom kamstig nie!) - dis so eenvoudig soos dit! Daar is dus niks om te verdedig nie.

As jy dus hier vra:
Koos, net 'n vragie, 'n eerlike, onskuldige vragie, nie 'n aanval op jou of jou GSC punte nie, so jy hoef jouself nie so te verdedig nie asseblief: hoeveel jakkalse het jy al in die nag met die .308 geskiet op die afstande waarvan jy hier melding maak, op 'n boer se plaas, welke boer jou kilometer gelde moet betaal om daar te kom?
Nie 'n enkele een nie! Ook het ek n?rens die indruk geskep dat ek wel jakkalse oor enige van daardie afstande in daardie tabel geskiet het nie.

Daarom is hierdie feite ook vermeld:
Met daardie .308 van my het ek tot verlede jaar toe juis Blesbokke hier in die kaal vlaktes van die Ho?veld gejag omdat die gemiddelde jagafstand te voet wissel vanaf 250m tot 350m en soms selfs 380m.
Nie kopskote op daardie afstande nie, maar almal eenskoot hart/longskote.
Nou wil ek byvoeg, dit is maar net my persoonlike mening, mag dus verkeerd wees - my vermoede is dat baie min manne (ongeag die kaliber) op 300m en verder in die nag jakkalse suksesvol jag.  :-\

Dagskiet is 'n ander storie, maar nagjag toestande is nou maar eenmaal nie die mees gunstigste wat daar is nie, kaliber tenspyt.

Groete,
Koos.
Last edited by Biltongjagter on Tue Dec 07, 2010 8:38 pm, edited 1 time in total.
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by DSBW »

Koos, jy is heeltemal reg oor nagskiet, dis totaal anders as dagskiet. Boeta, stem saam, misskiet in die nag is net eenvoudig 'n realiteit, juis vir al die redes wat reeds hier genoem is. EK self skiet sommer heelwat mis in die nag. Ek dink die punt is egter dat 'n ou jouself die beste moontlike kans moet gee om die jakkies raak te skiet in die nag, net omdat die blerrie goed 'n ou soveel geld kos.

Een manier om jou kanse te verbeter is natuurlik om met die beste moontlike toerusting te werk, vandaar dus al die gesprekke. Die ouens wat professioneel jag skiet ook mis ja, solank hy dit net nie gereeld doen omdat hy die verkeerde kaliber gebruik nie, ek dink dis deels die rede vir hierdie bespreking.

Koos, ek was vir 'n oomblik nuuskierig oor die syfers wat jy aangegee het met jou .308, want ek het self een, het gedink die GSC punte gaan my dalk nog 'n opsie gee met my .308. Ek het egter uit jou laaste "post" min of meer die antwoord gekry, so baie dankie.

Dawie
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by baboonstalker »

Henslin,

as jy s?
Baboonstalker - ek praat van 300m in die bosveld. Die "walk in the park" - jy gaan lekker besig wees tussen die wag-'n-bietjie en sekelbos    Lyndraad skiet/voorsit is jou voorland.
verwys jy seker na 'n ander lid?? Dit lyk nie soos 'n antwoord op iets wat ek kwytgeraak het nie, of mis ek jou punt?
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Louis102 »

Biltongjagter wrote: ... my vermoede is dat baie min manne (ongeag die kaliber) op 300m en verder in die nag jakkalse suksesvol jag ...
Biltong

Hierdie deel van jou vermoede is reg:  "min manne" en "suksesvol"  Hulle bestaan egter.  Ou Tomma (verneem ek vertroulik) het nou die aand een op 388m plat getrek.  Ek verneem ook dat Hendrik van Rensburg bietjie kon uithaal en wys in sy jakkalsjag dae terwyl ons eie Jaracal ook nie op hom laat wag het nie.  Ek weet dat Tafjak, met eentonige re?lmaat, die jakkalse bo die 300m kerf laat omval.  Dan moet jy natuurlik self nie vir Dawie Blaauw miskyk nie!  'n Professionele jakkalsjagter moet vertroue in homself h? om dit af en toe reg te kry, want dit is soms al kans wat jy op 'n super slim jakkals mag kry.  En as dit is wat jy vir 'n lewe doen, moet jy daardie houe kan gooi om die pot aan die kook te hou.  Meeste van ons amateurs sal nie eers 'n jakkals op 350m deur 'n teleskoop herken in die nag nie, wat nog te s? van raakskiet.

Dit gaan egter nie oor hoe gereeld jy sukses het op daardie afstande nie, maar in my boek eerder hoe min jy mis skiet.  Daarin l? die kuns van roep & skiet, maar wat weet ek?

Groete
Louis

Ns.  Niks verkeerd met hoe jy jou roer aanwend nie.  In elk geval is die koste van 'n kwes of mis skootjie in jou geval relatief laag.  In my (en baie ander) se geval is dit iets heel anders.  Geen nodigheid om jou kaliber-keuse verder te probeer regverdig nie.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JACQUES BOTHA »

MMMMMM
DIT WAS NOU N LEKKER LEES EN GATKRAP ONDERWERP GEWEES..
EK HET DIT GENIET OM OP DIE KANTLYN TE STAAN EN SO BIETJIE TV REF TE SPEEL.
DIE END VAN DIE PRENT IS DAT ALMAL DIE WAARHEID PRAAT ALMAL IS REG DIE PRO'S EN CON'S IS DAAR SOOS BY ALLE KALIBERS
LOOI DIE BUSSIE TERWYL HY LOOP.
MY 2C  : EK HET EEN AAND SAAMGERY OP N LORRIE MET 2 SKUTS EEN N SPOEDVRAAT DIE 22 HART KALIBER  EN DIE ANDER N LID VAN DIE FORUM MET N 308.. IN N FORD F250 EK HET NET GELIG...EN GELAG EN DIE AAND GENIET, DALK TWEE OF DRIE AANDE.
DIT WAS NAGOES EN JY KON DUIDELIK SIEN AAS DIE SKOTE LOOP HOE DAAI 22 KALIBER ONDER DIE 308 UITLOOP. EK DINK DIT WAS SO IN DIE OMGEWING VAN 2500 SPRINGBOKKE. SOMMER DIE EERSTE AAND AL TOE VRA DIE BLITS-SKIETER MET DIE VREESLIKE VINNIGE KALIBER  OF DIE ANDER 308 HINDERNIS AMAN NIE SO BIETJIE VIR HOM N KANS WIL GEE NIE HY DINK SY ROER IS UIT.. ZOEM DOEM KAP HY WEER 5 KOPSKOTE OP MOOI AFSTANDE..NIKS FOUT MET DIE ROER NIE, MAAR DIE 308 MAN HET SY ROER GEKEN EN GEWEET HOE OM HOM TE GEBRUIK..
EK VERGELYK NIE EK BEKLEMTOOON NET WEER DIE IDEALE ROER EN BOER KOMBINASE IS DIE WENNER ,
EENKEEER HET EK VERNEEM PASOP VIR DIE MAN MET NET 1 ROER ---WANT HY KEN HOM...
MAKIE SAAK WAT JY KIES NIE DIS JOU KEUSE EN KEN JOU EN JOU ROER SE BEPERKINGE EN OOK SY VERMOEE..
DIS SO BELANGRIK OM DIE POSITIEWE OOK RAAK TE SIEN MAAR NIE DIE NEGATIEF UIT DIE OOG TE VERLOOR NIE.
gROETNIS
JACQUES  
Shoot straight and tell the truth!
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Gerrit Visser »

Suid hier in my wereld skiet ons gereeld op teikens -  papier en gongs. Een so 'n kompetiesie is die gong-challens. Iets waarvan ek dink die jakalsmanne sal hou. 5 Skote op 5 gongs.
gong 1 = 180m 4'"  sitkel
       2 = 200m 8" sirkel
       3 = 230m 5" 60 grade driehoek  [308's se voorkeer - grade ding ]
       4 = 250m 8" sirkel
       5 = 280m 4" vierkant
Vooraf weet niemand die afstand, jy moet uit die l? posisie skiet so vinnig as wat jy kan. die skut wat 5 in die vinnigste tyd klits wen.

Eerst  308  31s met enkel skoot RSA die skut het nie eenkeer toegegee nie, elke skoot gestel
Tweede 243 33s Std Ruger teen 4150f/s
Derde 308 34s ander skut en geweer ook gestel tussen skote

Three Ships 20 skote afstande tussen 45m en 200m laaste 3jaar gewen met 308's

Ons weet nou 308 mag nie op jakals gebruik word, so jakalsgun moet beter wees. EK WIL EEN HE.
Dawie ek sal wag tot jy die regte kaliber vind en vir my een bou.

Moet vir 308 manne
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Pieter dis mos net n BB wat dit kan kwytraak,daai muis ding het ek ook so maand terug gedoen ;)
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Boesman »

Ek ken 'n oompie met die naam Frans. Hy oes (nag en dag) en jag soos ander van ons. Hy het ook kommando geskiet. Hy skiet met 'n 22-250 en met 'n 308. Die 22 is gewoonlik aan die beurt. Maar sodra die windjie begin stoot, pak hy dit weg en pluk sy 308 uit. Dan pak die ander skuts hulle gewere weg om te aanskou hoe 'n 308 werk. Naby, ver, wind, dag of nag. Die bokke hardloop, of draf of staan, dit maak nie saak nie. Koppe (van springbokke), nie blaaie of boude nie. Nou wonder ek as ek hom sou vra oor die 308 se bedenklike vermoe, wat sou hy se. Seker iets soos ken jou roer, boetman, en begin om te leer om afstand reg te skat...
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Louis102 »

Gerrit Visser wrote: Eerst  308  31s met enkel skoot RSA die skut het nie eenkeer toegegee nie, elke skoot gestel
Tweede 243 33s Std Ruger teen 4150f/s
Derde 308 34s ander skut en geweer ook gestel tussen skote
Gerrit,

Sal jy omgee as ek 'n paar wille raaiskote vat:  Die ou in die eerste plek was ene Gerrit Visser met "tuisgemaakte balistic turrets" op sy teleskoop?  Daar was meer as een 243 en meer as twee 308's betrokke by hierdie kompitisie?  Alle 308's het nie beter as alle 243's gevaar nie en eintlik beteken hierdie "kaliber-uitslae" dus nie veel in die konteks van hierdie onderwerp nie?  Jy probeer s? dat die vernuf van die skut die alfa en die omega is, eerder as die kaliber?  Dit is nie die eerste keer dat die betrokke wenner op hierdie spesifieke baan geskiet het nie, ongeag waar die gonge neergesit was?

Alles natuurlik sommer wille raaiskote wat ek hier maak.  Help maar reg waar ek verkeerd raai.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Gerrit Visser »

Louis nee die ene Jan Bruwer het gewen. Kom ons praat van konteks min of meer 200 skuts skiet jaarliks die Three Ships met kalibers van hul keuse 6mm sou ek se in die meerderheid. 6xc 6rem 243AI. Elke keer
wen die beste skit en tog nie die beste skut. Laaste keer wat 243 wen was sy baas 'n dame wen toe net door 'n pasmaak geweer van R45 000 Vra maar vir Hendrik van Rensburg.

Vernuf by ons is op die oomblik alfa en omega
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by Gerhard »

Boys...

Op die einde van die dag is dit die "DAG" faktor wat die verskil maak.... ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by henslin »

Baboonstalker - aanvaar asb. my verskoning. Was op iemand anders bedoel  ::) Lyk my my kop het my vir 'n walk in the park gevat. 'n 300m walk  ;D
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: 308 - Alfa & Omega

Post by JOHANNIC »

Dit sal nogal interesant wees om te sien hoe goed skiet jak manne in die dag(in n kompitiesie) en hoe skiet gewone kompitiesie manne in die nag met hulle keuse roere 8)
Ek dink ons kan dalk net lekke vir mekaar lag na die tyd ;D
Vernuf in ons game is alles, as jy nie tenminste n gong op 300m sit sonder rus kan pot nie is dit game over.
Daars manne wat dit staan en skiet uit die vuis op 300m hoop die prentjie is duidelik..... ;)

Gerhard jy is 100% ons praat mos oor nagskiet,en as jy dit in die dag kan doen,moet jy eers leer hoe om dit in die nag te kan doen,N HELE ANDER STORIE ;D
Biebers
Need for speed >:D
Post Reply