Etosha Leeus en Beeste

DJC
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm

Re: Etosha Leeus en Beeste

Post by DJC »

Skuus; Outjo nie Outjio nie

Dirk
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Etosha Leeus en Beeste

Post by Piet Pille »

Hallo Dirk,

Dan is jy seker defnitief familie van oom Chris Coetzee en sy seun Dirk wat nou apteker in Otjiwarongo is?
DJC
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Thu Dec 05, 2013 4:34 pm

Re: Etosha Leeus en Beeste

Post by DJC »

Pieter dit klink nie bekend nie, ek sal moet huiswerk doen. My Pa is verlede jaar oorlede, hy sou nou presies kon sê. Ek onthou destyds was daar 2 apteke; oom Fred Swarts s'n en oom Fanie Badenhorst s'n, weet nie of dit nog so is nie? As ek reg onthou was daar 'n tannie Emmie Coetzee wat ook apteker was, maar ek sal my pa se neefs en broer vra dalk is die mense familie.
Man ek verlang nou, trek sommer more terug!
User avatar
Eugene Vermeulen
Newbie
Newbie
Posts: 15
Joined: Thu Feb 27, 2014 8:42 am

Re: Etosha Leeus en Beeste

Post by Eugene Vermeulen »

N Pel van my het so maand gelede 3 jong mannetjies en n wyfie geskiet (wettig) wat n oom in sy bakkie vasgekeer het. Snaakse storie , Die olifant wat sy krip en dam gebreek het het eintlik sy lewe gered , want die oom het uit die bakkie geklim okm die skade aan sy eiendom te inspekteer toe die olifant hom terug jag bakkie toe. Dit het vir n tweede keer plaasgevind toe die oom aan die honed agter op die bakkie sien dat iets fout is en vanuit die bakkie begin rondkyk( hy konnie uitklim nie die olifant was nog naby aan die bakkie.) en to die 3 maqnnetjies in die bos so 25 m van sy bakkie af sien. My vriend se die leeus het ook geen vrees vir hulle gehad nie hulle is almal rondom 15m van die bakkie af geskiet.
Ruger m77 mk2 vt .243 win
Musgrave Lyttleton (Plank) .308
Sako L61R 7mm Rem Mag
.303 Lee Enfield
Osborne 1851 S/S 12 Boor
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Etosha Leeus en Beeste

Post by Williel »

Naand almal,

Die plek en stories het baie diep in my gekrap dat ek eers my pa gebel het om bietjie terugvoering te gee van sy dae daar. My oupa (Whitey Langford) het op die plaas Ester en Naomi geboer Noord van Otavi van vroeg vyftigs tot laat sewentigs.

Die treffendste een was van Renier Els en sy vrou. Datums kan nie onthou word nie maar hy het self vir my pa vertel wat daai dag gebeur het. Die aand hoor hulle die gestoei van beeste in die kraal en hoor die leeus. Hy is uit met die geweer om sy bees te beskerm. Daar by die kraal gekom het hy twee leeus geskiet die aand en gelos vir die volgende oggend. Mens sukkel mos nie met die goed in die nag nie.

Vroegoggend is hy en sy vrou uit om die skade te gaan kyk met die Fox terrier. By die kraal het een leeu koud gele terwyl die hond hard praat in n ander rigting. Loop in die rigting met Tannie Els voor en hy agter. Nouja, nie ver nie toe storm die gekweste op hulle af, los die vrou en gaan reguit vir oom Renier. Die leeu bo-op oom Renier, le die geweer vas en byt sy regterarm erg lam. Dis nou hier waar die bang manne moet luister. Die tannie begin verwoed die leeu in sy ribbes slaan maar steur hom nie daaraan nie. Sy besluit toe om sy ore te begin trek dat oom Renier kan uitkom met die geweer. Net so gebeur dit toe dat hy los en vir haar gryp. In die proses het die oom sy geweer op getel en die leeu op haar deur die kop geskiet.

Ongelukkig het die koeel deur gegaan en in die tannie se bors gaan sit. Hulle altwee het die verhaal oorleef. Oom Renier het erken dat hy vir 2 weke nie kon slaap nie van vrees. Die tannie het wereldwyd telegramme ontvang vir haar dapperheid met sekerlik die belangrikste een van Koningin Elisabeth uit London.

Die plaas was blykbaar een van die "grasplase" wat daai tyd aan boere gegee was vir wyding.

Die tannie het n tydjie terug (jaar of twee) in n ryp ouderdom in n ouetehuis in Namibia dood gebrand agv n elektriese probleem.
Groete, Willie
Post Reply