Selfaanmekaargeslaande ROEPER

User avatar
Janjak
Hero Member
Hero Member
Posts: 529
Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm

Re: Selfaanmekaargeslaande ROEPER

Post by Janjak »

Ek gebruik ook nog my self geboude roeper. Ons kom nou al n pad en was self al amper op skei.
Die battery situasie het my mal gemaak op n stadium, net as jy lekker in die roep ding is dan vrek hy. Ek het hulle een aand so opmekaar gekoppel al daai drade het gelyk soos n Nigeriese woonstel kompleks.

Sal vir julle foto opsit van die roeper. Ek het al bietjie met die Spitfire gewerk maar ek dink ek het meer verwag?
Miskien raak ons weer kwaad vir mekaar een aand.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Selfaanmekaargeslaande ROEPER

Post by Pvdw »

Manne ek wil net so vinnig weer die onderwerp an die gang kry.

Ek het 'n klein amp as "kit" gekoop en gebou. Koop toe die horing luidspreker en rol flex. Sit die spul aanmekaar en siedaar.

Ek koppel die amp aan die bakkie battery saam die lig, plug die selfoon/MP3 by amp in en hy roep al te mooi.

Ek het die 100m flex op 'n tol gesit en hy rol nou op en af soos 'n elektriese verlenings koord.

Sal graag hoor wie gebruik nog selfde toerusting as Noag? Wat werk vir julle en wat moet mens voor uitkyk.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Selfaanmekaargeslaande ROEPER

Post by JACQUES BOTHA »

Peet,
Lees hierdie stukkie asb in die regte lig en nie as negatiewe opmerkings nie.
Ek dink baie hier het so begin , Eers speker op bakkie gesit, toe later sommer permanent op bakkie gemount, nog later flex uitgerol  en nog later remote self probeer bou of aangeskaf en later die foxpro roete geloop..
So as ek kan opmerkings maak, Jou heel beste is om van die begin af maar bietjie ogies toe te knyp en iets soortgelyk aan foxpro of foxpro self te koop. Dit die beste as die klanke daar voor is en slegs di aksie beheer knopie by jou sit. Ek ken die proses, jakkals jag vat diep aan jou en as hulle begin val, dan begin jou planne om jou toerusting te verbeter, Dit begin dalk by n nuwe roeper, dan n nuwe roer,n nuwe lig, nuwe dimmer, n nuwe bakkie ens nie alktyd nei maar baie keer nuwe stoel kom ook hierby of n nuwe RAAM ( LAG LAG LAG LAG)  en die waarheis is al daai kostes wat jy spandeer op die selfgemaakte roeper  is net wat jou focpro of soorgeluyke roep appparaat jou ekstra gaan kos. Ek hoop is is verkeerd, maar my eerste fx3 het my omtrent r20 000 rand gekos as ek so die sommer maak, So heellaas ignoreer eintlik die stukkie ek dink sommer hardop amper soos een paar slippers nommer 9 asb...
groetnis

jacques
Shoot straight and tell the truth!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Selfaanmekaargeslaande ROEPER

Post by Stefan764 »

Stem saam JB. Ekt my selfgeprakseerde roeper persent gekry. Net gemodify (kleiner gemaak). Hierdie bul werk nog al die pad vir my en ek gan hom nie verruil of weggee nie, hy sal altyd op die bakkie wees as backup. Mar ja, ek spaar maar vir die Fury...een van die dae...

Om trug te kom by JB se punt: As ek die ding moet gan bou gan hy my net so onder die R1000 kos, en dis met geen transmitters/receivers nie, net so van die bakkie af. Vir R2000 koop jy n Spitfire en kry kla...
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Selfaanmekaargeslaande ROEPER

Post by Pvdw »

Ja dis waar daai wat julle s?. Ek moes maar besluit waar ek sny vir die begin en lig, roer, klanke, bakkie, en daai goed is 'n moet. Die caller het ek gebou vir R120-Amp,R150- kabel, R47--horing luidspreker en R150- smalls en andere. So vir 'n begin werk hy teen R500. Ek kan tot so 80m uitstap met hom. Gebruik selfoon om klanke op te stoor.

Sodra die winter verby is en die aircons begin weer loop sal ek kyk na een van die remote menere. Ek wou maar net weet of ek nog die enigste man op die forum is wat Noag se tools gebruik maar dit lyk my darm ek is nie alleen nie ;) ;)

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Selfaanmekaargeslaande ROEPER

Post by tafjak »

Peet
Ek wou maar net weet of ek nog die enigste man op die forum is wat Noag se tools gebruik maar dit lyk my darm ek is nie alleen nie 
.....pasop! die jakkalse ry in Ferrairi's en Speed Boats rond! ;D

Kan nie di? ene laat wegkom nie.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Selfaanmekaargeslaande ROEPER

Post by Pvdw »

Dankie TAFJAK, ek sal maar moet opgradeer soos tyd aangaan. Ek sal maar vergenoeg moet wees vir eers. Wag net vir die eerste hitte golf die komende somer dan koop ek daai Foxpro, sommer 'n nice een. ;

Sal sommer by Graham hoor of hy dalk nog onderdele het vir nog een daar in die garage, ek het 'n stunning dimmer by hom gekry. Handige neef van jou daai ;D ;D

Peet
Last edited by Pvdw on Tue Apr 26, 2011 11:22 am, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
Post Reply