Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Willem
Ek het 'n 223/5.56 gekry, gaan volgende week die lisensie aansoek ingee. Moes Desember 'n semi automatiese geweer bevoegtheid toets doen.
Ek wou eers die lang loop 204 kry, maar die 223 was nou beskikbaar. Hy kom standaard met 'n JP sneller en nog paar goed en 18" loop. Hulle sê glo dat jy nie noemenswaardig meer performance met 'n langer loop kry nie. As ek nog wil kan ek altyd die 204 "upper" later aanskaf. Vir die doel wat ek dit wil gebruik is die 223 reg.
My vriend het vir hom 'n NEA DMR 18 gekoop. Ons wil, wat hy gecoin het, die "persue move" doen. Waar jy te voet, agter jakkalse wat nie wil inkom nie, die veld invaar met 'n flits of nagsig(in sy geval)...m.a.w. moeilike tye, neste ens.
Cheers
D

- G-force
- Hero Member

- Posts: 2350
- Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Franscois Mare het n baie mooi .223 AR van Rock River Arms met 24" of 26" loop as ek reg kan onthou.Ek het n 6" gong op 280m drie keer in n ry geklop met die geweer.Hy doen oes werk met die geweer.n AR pas nie so lekker in die skietstoel agv die lang mag.My AR15 Schmeisser het n 16,5" loop en is ook redelik akkuraat.Ek het onderandere n 10 skoot mag wat mooi flush met die magwell sit dan pas hy OK in die skiet stoel.Het een of twee jakkalse met hom geskiet maar my lang .243AI doen die werk baie beter vir my.Nog n ding oor die AR is dat jy hom nooit so stil kan kry soos n geweer met n gewone slot nie.Hy verloor baie klank deur sy aksie met die skoot.[image]http://i677.photobucket.com/albums/vv140/rooibok_2009/Hunting/3d371ad66caab81cb542bf0ff0445934.jpg~original[/image]
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
GG-force wrote:Nog n ding oor die AR is dat jy hom nooit so stil kan kry soos n geweer met n gewone slot nie.Hy verloor baie klank deur sy aksie met die skoot.
Dan hoef ou seker nie so 'n ewige suppressor op te sit nie, Henk se Huntbuddy sal seker die job doen?
Nog 'n ding, moes jy iets verander as jy met 'n suppressor skiet bv. verstelbare gasblock ens?
Cheers
D
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Dawie
Soos Ge gese het, ek het n 223Rem, Rock River Arms AR, 24" S/S loop, skiet 1/2" 5 skoot groepe op 100m, skiet 50gr V-max'e in hom want het hom gekry met n 1-12 twist loop, spesiaal vir die ligter punte.
Het oor die laaste twee jaar seker so 2000 springbokke geskiet, asook n paar jakke, maar myne het ek nog paar extras laat opsit, two-stage comp trigger, en n over molded handgrip, het ook gesny vir silencer, maar jy kry hoopeloos te veel gasse wat dan terugkom, mors jou geweer vreeslik vuil binne, en ook jou patrone bo-op inni mag, so skiet hom meestal sonder KD.

Mooi loop
Francois
NS Hier my geweer bestel
http://www.rockriverarms.com/index.cfm? ... N=10194971

Francois/G
Het nou gaan oplees oor "adjustable gas blocks" ou kan glo die onverstelbares self met deur 'n skroefie in te sit om die gas te knyp "modify". Daar's glo 'n dik klomp verskillendes te koop ook.
Hier's die oulikste stukkie hieroor..."All About Adjustable AR Gas Blocks"
Click....
http://www.alloutdoor.com/2013/12/17/ad ... as-blocks/
So dis die eerste veranderingtjie wat ek aan my AR sal maak (dis nou te sê as hy nie klaar een op het nie). Siende dat ek defnitief met 'n suppressor wil skiet.
Terloops dankie vir julle eerlike bydraes, dis baie behulpsaam
Cheers
Kojak
Het nou gaan oplees oor "adjustable gas blocks" ou kan glo die onverstelbares self met deur 'n skroefie in te sit om die gas te knyp "modify". Daar's glo 'n dik klomp verskillendes te koop ook.
Hier's die oulikste stukkie hieroor..."All About Adjustable AR Gas Blocks"
Click....
http://www.alloutdoor.com/2013/12/17/ad ... as-blocks/
So dis die eerste veranderingtjie wat ek aan my AR sal maak (dis nou te sê as hy nie klaar een op het nie). Siende dat ek defnitief met 'n suppressor wil skiet.
Terloops dankie vir julle eerlike bydraes, dis baie behulpsaam
Cheers
Kojak
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Dawie
Met die dan GEEN gun parte meer uit die states uit mag kom nie, waar reken jy om te kry?? Of jy gedink aan modify??
Mooi loop
Francois
Met die dan GEEN gun parte meer uit die states uit mag kom nie, waar reken jy om te kry?? Of jy gedink aan modify??
Mooi loop
Francois
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Francois
Ek het noggie die geweer in my hande gehad nie. So indien hy nie klaar 'n "adjustable gas block" op het nie sal ek eers bietjie rondshop vir een. En as daar nie beskikbaar is nie sal Geoffrey maar versigtig vir my die ding moet modify, dit lyk nie na "rocket science" nie.

Ek het op een site gesien 'n ou wat 'n kraainjie in die gastube self gesit het en jy kry hulle te koop ook
http://www.midwayusa.com/product/297939 ... tube-ar-15
Cheers
D
http://www.midwayusa.com/product/297939 ... tube-ar-15
Cheers
D
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Dawie
Ja, lyk nie na rocket sience nie, gaan ook maar try myne self te convert.....

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Prys?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
R 26 000 BTW ingesluit
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Ek sien hulle sit 'n ding in wat hulle noem 'n "detent". Dit keer dat die grub screw uitskroef as jy skiet. Die oulike blokke se stelskroef sit aan die voorkant van die blok.Francois Marais wrote:Dawie
Ja, lyk nie na rocket sience nie, gaan ook maar try myne self te convert.....
Mooi loop
Francois
Hou ons op hoogte oor jou vordering.
Cheers
D
Click..
http://www.youtube.com/watch?v=saGc7bPx ... e=youtu.be
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Hallo
Weereens oor die "adjustable gas block"
Op 50 sek op die clip is 'n deursnee hoe die een inmekaar steek en hoe sy stelskroef en detent storie lyk.
http://www.youtube.com/watch?v=aDCZttBk ... e=youtu.be
Volgens wat ek gelees het is die "clamp on gas block" die beste vir akuraatheid

My kaartjie vandag gekry
Ek wag nog net vir die SLR Adjustable Gasblock en Rail Riser, dis glo al op die vliegtuig vannaf USA. Het vir my 'n Burris Elim.3 gekry en 'n Silent Hunting Supressor.

En dan wag ek maar nog so bietjie vir die gas block om te kom

- Roger
- Hero Member

- Posts: 1235
- Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Geluk Dawie,
Vertel my bietjie meer oor jou aansoek en motiveering.
Het jy net semi auto bevoegdheid gedoen of enigiets ekstra?
Roger!

Too many to mention ;-)
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Daai semi's vir plaagbeheer klink vir my na 'n uitstekende idee. Die LM's kan 1 - 1,5 MOA skiet, met die regte ammu en teleskoop montering, maar daai AR's met die dik lope is die beter keuse. 'n Vriend het Die Ruger SR556VT, en die ding skiet 0,5 MOA met goeie herlaaide ammu. En dis nogal 'n "Piston"-tipe.
'n Dopvanger sal absoluut noodsaaklik wees. Die goed gooi hulle doppies vêr.
Wat jag-wetgewing aanbetref: Ek is nie seker oor ander provinsies nie, maar hier in Limpopo mag jy met 'n semi-outo jag onder die volgende voorwaardes:
1. Diere wat nie as "wild" geklassifiseer is nie. (Bv ystervarke, bosvarke),
2. As jy die grondeienaar is,
3. Op vrygestelde plase.
Gaan kyk gerus wat jou provinsiale ordonansie sê. Sover ek weet is jakkalse, bobbejane, blouape nou op baie plekke "wild".
Daar is verskeie jagtersverenigings wat semi's sal endosseer. Alle CHASA geaffilieerde verenigings, behoort die CHASA posligas aan te bied, wat 'n kategorie vir 'n senterslag-semi outo, sowel as 'n randslag semi outo insluit. Jy sal omtrent R70 p/j ekstra moet betaal vir hierdie toegewyde sportskiet status, en natuurlik jou aktiwiteite op datum hou.

savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Het my semi outo gekry op toegewyde jagters status. SA sportjag het my n endossement gegee vir oes van wild as ook die jag van varke ens in die lande. Werk vrek lekker vir ystervarke varke in die lande met n reddot maar mens moet maar net meer gefokus wees op veiligheid met die semi's.
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
DankieRoger wrote:Geluk Dawie,
Vertel my bietjie meer oor jou aansoek en motiveering.
Het jy net semi auto bevoegdheid gedoen of enigiets ekstra?
Roger!
Ja ek moes 'n bevoegdheid doen..... "Handle &Use a Self-Loading Rifle or Carbine-119650"
Ek is 'n Toegewyde Jagter
Endossement gekry van Kaapjag
Ek's 'n Skaapboer
Papier van distrikslandbouvereniging dat ek 'n ongediertejagter is
Die standaard briefies dat ek nie 'n reeksmoordenaar is nie en 'n oulike verantwoordelike ou is
Ook in die briewe dat ek by hulle ongediertes jag
Paar prentjies van ongediertes en die skade wat hulle veroorsaak aan my diere en die mense se diere by wie ek jag.
'n Jaglisensie of 2 en toestemingsbriewe waar ek al gejag het.
'n Motivering waar ek die noodsaaklikheid van semi auto verduidelik vir die doel waarvoor ek die vuurwapen gaan gebruik en die kaliber en wapen ens. met bewyse. 2 Bladsye groot letters, 3 saam met handtekening en briefhoof.
Dan nog die standaard goete
My aansoeke is nooit 'n dik pak papiere nie.
Bottomline is maak seker dat dit wat jy claim in jou motivering, jy "alles" staaf met 'n bewys.NB
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Hier's my poging aangesien my SLR Sentry7 adjustable gas block nog oppad is. (Foutjie met papierwerk gekom glo)Francois Marais wrote:Dawie
Ja, lyk nie na rocket sience nie, gaan ook maar try myne self te convert.....
Mooi loop
Francois
http://i828.photobucket.com/albums/zz202/DawievdV/105_0618.jpg
Was nogal tricky aangesien die vleis maar min en is en ek soveel draad-afstand as moontlik wou hê. Geoffrey B se broer Michael het dit op hulle milling machine gedoen. Die hoek waarteen die gaaitjie geboor moes word is wat Michael 'n "compound angle" noem...van voor en van onder teen 'n hoek en dan moes ons die gas kannaaltjie ook raak boor.
Ek het 'n 10mm lang M3 grub screw se punt rond gegrind en om hom te lock het ek 'n korter M3 grub screwtjie wat op sy kop vas draai. Wou eers 'n "detent bal en spring" storie ook maak maar het nie krag daarvoor gehad nie.
http://i828.photobucket.com/albums/zz202/DawievdV/105_0617.jpg
Ek brand om met die ding te begin skiet maar hier waai nou 'n 40kmh wind hier
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Ek het mos gesê, die goed spook by my. Vandat ek kan onthou wou ek n semi-outo geweer besit. Ek wil graag nog aan 3 Gun deelneem, maar intussen moet die jakke maar verby kom. Werk ek maar die ladings soos normaal uit? Die BlitzKing/Vmax tipe koeëls, is maar lekker skerp, steek hulle nie vas as die geweer homself oorhaal nie?. Wat is die kritieke punte om in gedagte te hou by die herlaai van die wapens? Watter scope vir jag? Waar kry ek n 10 skoot magasyn, dit blyk n onbekombare item te wees.
Myne is n NEA 14.7 duim loop:

Myne is n NEA 14.7 duim loop:

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Dawie
- Hero Member

- Posts: 1270
- Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Hallo James
'n Vriend van my het ook 'n NEA net die 18" DMR, so vêr ek weet het die NEA's 'n 1 in 7" twist. My geweer het 'n 1 in 8" Twist en 18' loop.
Die ladings wat ek al probeer het was vir 53gr V-max 25,5gr S321..3000fps (glo aan warm kant volgens Hendrik) en vir 65gr Sierra Gameking 24.5gr S321...2800fps.
My vriend laai sy geweer met 55gr Sierra Blitzkings 24.5gr S321, ek weet nie wat die spoed is nie maar ek dink dis redelik stadig, hy besit nie 'n chrony nie. Hy't ook bietjie swaarder koeëls probeer ek dink dit was 62gr'ners wat hy sê beter skiet.
Hier's die Koeëls met BC's wat ek wil toets
53gr V-max 0.29
65gr SGK? 0.297,0.303
77gr Berger 0.376
69gr NCC 0.305
77gr NCC 0.340
70gr Hornady GMX 0.35
68gr Hornady BTHP 0.355
Hy het vir hom so ruk terug twee 10 skoot magasyne gekry by Neville Koudstaal 0828208597 van Legally Armed op Stellenbosch.
My adjustable gasblok gekry en hy werk mooi. So gestel dat hy net genoeg gas kry om die aksie te haak op die laaste skoot in die magesyn, doppies val mooi op 4 uur.
Het die naweek my sneller gedoen, die geweer kom met 'n JP sneller maar is nie "getune" nie. Ek moes die disconnector se tip afslyp om die disconnector timing reg te kry as ek die sear engagement wou reg hê. Jy moet 0.004" afskuur op 'n slag, as jy te vêr gaan moet jy nuwe een kry. Toe werk die safety weer nie, toe kos dit weer slyp aan die agterkant van die sneller waar die safety druk. Toe moes ek weer die grubscrews wat die overtravel en die sear-engagement stel finaal locktite. Het die snellermeganisme ten minste 15 maal uitmekaargehaal. Nou is hy baie lekker, dis 'n single-stage sneller.
My Vriend het vir hom 'n 2-stage Geissele sneller in sy NEA gesit.
Ek is maar nuut met die AR's so my ondervinding is baie beperk.
Ek is gewoond om met 22-250 jakkalse te skiet so ek hoef oor die algemeen nie te worry oor hoeveel my koeël val nie. Daarom het ek vir die AR die Burris eliminator(ballistic laser scope) gekry.
My meise het die naweek een van daai klein wit isolatortjies wat op die telefoon pale is op 213m geklop (eerste skoot) met die AR (ek het die ongebruikte telefoon lyne gekoop so ek's nie 'n fandaal nie). Sy is baie onervare met skiet en het mooi self gerange en op die kolletjie gevat van bi-pod af....ek het natuurlik gedink dit sal mis wees
So ek tas ook maar nog rond, gaan vir my more 'n tumbler koop om my doppies skoon te maak. Met die suppressor selfs met die adjustable gas block is die doppies maar redelik vuil. Kan ook wees a.g.v. bal kruit. Mens kan glo nog 'n swaarder buffer of 'n bolt carrier weight insit om die bolt carrier se traagheidsmassa bietjie meer te maak, om die slot bietjie langer toe te hou, maar dan het jy weer meer gas nodig om dit terug te blaas en die extra gewig wat rondgegooi word gooi jou van teiken af met jou opvolgskote....baie goed aan die gewere om ou lank besig te hou...
Anyway ek dink nie hy sal gou my 22-250 vervang op die skietstoel nie, en ek moet nog 'n dagjag met hom doen. Het darem al ander goed intussen met hom geskiet. Moet sê ek is nogal beindruk met die doodmaak vermoë (penetrasie) van die 65gr Gameking in die roertjie. Sal moontlik my 30-06 as bakkie-roer/ all rounder vervang. Veral met die Laser Scope is die trajek/afstand ook nie 'n probleem nie. Ek moet leer beter skiet.

Ek het al gesien die doppe kom so oordadig vuil uit. Die AR is n lekker speelding, maar nogtans iets om aan gewoond te raak. Ek het so baie vrae, maar sal maar baie van dit seker net kan uitsorteer soos ek met die wapen skiet.
Ek voel blowback/wind in my gesig as ek met die kd op skiet op n AR. Is dit maar algemeen? Ek beplan n voorsit dagroep en sal die eerste jak met die oopvisier wil skiet. Wat se groeppe is aanvaarbaar? 1,5duim op 100m?
Ek voel blowback/wind in my gesig as ek met die kd op skiet op n AR. Is dit maar algemeen? Ek beplan n voorsit dagroep en sal die eerste jak met die oopvisier wil skiet. Wat se groeppe is aanvaarbaar? 1,5duim op 100m?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Semi outomatiese gewere vir jakkalsjag..???
Die "direct impingement" tipe gewere blaas maar gas in die aksie in. Daar is nie salf aan te smere nie, behalwe om na 'n "piston" tipe oor te skakel.James Wilson wrote:Ek voel blowback/wind in my gesig as ek met die kd op skiet op n AR. Is dit maar algemeen?
Maar monteer nou 'n knaldemper, en hy gaan baie gas terugblaas. Die gas kom deur die loop terug. Hoe meer effektief jou kd, hoe meer gas (en gemors) kom terug. Daarom verkies ek relatief kort kd's, op selflaai-tipe gewere, met die hoop dat hulle effens minder gas gaan agtertoe blaas. Met al die gaspoorte ens. is selflaai-gewere in elk geval raseriger as grendel-gewere.
Onthou ook dat al die gas en gemors, wat die kd in die aksie in blaas, jou werkende dele vinniger vuil (en droog) maak. Jy gaan dus gouer moet skoonmaak, om betroubaarheid te behou. 'n Rondte "3-gun" sal jou 'n goeie idee gee, van jou geweer se benodigde skoonmaak-interval.