Page 2 of 4

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Mon Sep 16, 2013 4:54 pm
by mariusr
Ja wragtig dis pragtig dat die manne so omgee! Geseend is julle!

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Mon Sep 16, 2013 5:06 pm
by Beretta
Jake 1
Mooi gebaar gee die man goed gas
Beretta

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Mon Sep 16, 2013 5:30 pm
by alecjohnson
Carl wrote:Alec,
Ek het ook epos van hulle ontvang. Is die dieselfde kontak besonderde vir JAS of is dit die plaas s'n?
http://www.karoobush.co.za/contact/deta ... ct-us.html Sien hy of die plaas het konneksie met Stilbaai.

Die ou was hier om te adverteer ek kannie onthou onder watter naam nie - dalk Karoobush.
Die is Jas se besonderhede. Hy het konsessie regte daar gehad.

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Mon Sep 16, 2013 5:47 pm
by ROBBIE1
Alec, vir my het dit die beste gewerk om n bedrog klag by die SAPD te gaan le, dit was na ek ook uit n deposito geswendel is. Dit het wel bykans 2 jaar gevat, maar so maand gelede kry ek n verrassings besoek van n speurder wat my kom vertel hulle het die verdagte IN ARRES, ek moet asb stasie toe kom om uit kenning te doen. Groot was my vreugde toe ek die kerneels agter die traklies gaan uitken, ( hulle wou eers dat ek in die uitkennings kamertie moet ingaan, maar na my oortuiging het ek sommer in die sel die uitkenning gedoen).

2 Dae later het n pel van die ou my die geld gebring, en die perd is op borg vrygelaat.

Sulke swendelaars moet nie net wegkom nie, en n bedrog klag, kos JOU niks!!! Ek wil amper my kop op die spel sit, jy gaan jou geld voor al die ander trug kry as hy in die selle beland!!

Sterkte!!

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Mon Sep 16, 2013 8:17 pm
by Ooploop
Hallo Alec,
Weet jy miskien waar in Stilbaai die man jag? Op boere se grond of op sy eie grond?

Groete
Ooploop

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Mon Sep 16, 2013 8:53 pm
by Jake1
Alec reeds die 1e stap gedoen, subtiel en mooi, partykeer werk dit. Ons hou dop en reageer soos verwikkel. Het vorige post ge-edit.

J1

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 9:00 am
by Jake1
Alec ek het lank met Jas gepraat gisteraand, hy is vandag op die jagveld en het beloof om more die geld te deponeer, hy het jou bankbesonderhede soos ek vir hom deurgegee het. Ek wil hom amper glo dat hy dit gaan doen. Daai goue springbok wat jou vriend geskiet het is irrelavant to die saak, aangesien jy hom nie geskiet het nie. Ek kan nie dink aan 'n afdwingbare kontrak wat mede jagters verantwoordelik kan hou vir dade deur 'n ander jagter nie. Dis Absurd. Ek het hom ook mooi laat verstaan dat jy nie vergoed wil word deur 'n ander bok te gaan jag nie.

Kom ons hoop more op 'n goeie uitkoms op die saak oor jou deposito. By nie-nakoming van sy belofte neem ons dit verder.

Groetnis

Jake1

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 9:05 am
by Eugene
Jake1 wrote: Daai goue springbok wat jou vriend geskiet het is irrelavant to die saak, aangesien jy hom nie geskiet het nie. Ek kan nie dink aan 'n afdwingbare kontrak wat mede jagters verantwoordelik kan hou vir dade deur 'n ander jagter nie. Dis Absurd.

Groetnis
Die ou wat die sneller trek is verantwoordelik en aanspreeklik en nie die ou wat die bespreking gedoen het of die deposito betaal het nie, tensy dit jou minderjarige seun/dogter was wat die sneller getrek het... Dan het jy 11.1.11...

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 9:12 am
by PWV
Jake1
Ek sommer opgewonde oor wat jy reggekry het. Ek glo Alec is nog meer opgewonde.
Ek sou wat wou gee om daai gesprek tussen jou en Jas te kon hoor.

Jake1, jy is 'n ster!

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 9:24 am
by Hardyman
More Menere,

Ek het lank gedink oor wat ek nou gaan se en ek weet ek gaan pakslae kry daarvoor. Ek regverdig geensins wat Jas gedoen het nie maar wil graag by mede grond eienaars weet wat hulle sou doen.

Jy het n jag groep en hulle skiet n goue/silwer springbok van R150 000 maar kan dit nie betaal nie. Daar was baie onlangs n baie lang gesprek oor die gedrag van jagters. Ewe skielik word die grond eienaar uitgekryt as totaal verkeerd maar hy is die een wat met die R150 000 verlies sit.

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 9:36 am
by Eugene
Hardyman wrote:More Menere,

Ek het lank gedink oor wat ek nou gaan se en ek weet ek gaan pakslae kry daarvoor. Ek regverdig geensins wat Jas gedoen het nie maar wil graag by mede grond eienaars weet wat hulle sou doen.

Jy het n jag groep en hulle skiet n goue/silwer springbok van R150 000 maar kan dit nie betaal nie. Daar was baie onlangs n baie lang gesprek oor die gedrag van jagters. Ewe skielik word die grond eienaar uitgekryt as totaal verkeerd maar hy is die een wat met die R150 000 verlies sit.
Handyman, ek het vinnig weer van bo af gelees en al die feite is nie in die topic nie, weet nie of dit verwyder is nie. Die eerste wat ek hoor van 'n goue springbok wat geskiet is, was hierbo in Jake1 se post en nou weer in joune. Dit maak dit moeilik om die ding in sy geheel te beskou...

Wat egter belangrik is, is dat die boer of Outfitter, die regte ou aanspreeklik hou. As ek saam met jou gaan jag en ek skiet per ongeluk 'n goue wildebees in plaas van 'n gewone BWB, gaan jy tog nie gelukkig daarmee wees as jy ook aanspreeklik gehou word daarvoor nie? As 'n man 'n fout gemaak het, het hy 'n fout gemaak en moet hy pa-staan daarvoor. Maar om skielik R150k uit te haal, as jou begroting net vir R5k was, is ook nie redelik nie. Dan moet die manne maar soos grootmense daaroor praat en die jagter kan 'n Erkenning van Skuld teken, wat hom darem die geleentheid gee om dit af te betaal. Dis natuurlik nie ideaal teenoor die boer nie, maar as hy sulke waardevolle bokke het, sal ek (in my opinie) maar BAIE seker maak dat die jagter na die regte bok aanlê...

Deur egter 'n mede jagter se deposito terug te hou, is ook nie die regte manier nie en ek dink nie ons kan werklik daaroor stry nie...

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 9:40 am
by Hardyman
Eugene,

Ek stem 100% met jou saam. Die regte ou moet aanspreeklik gehou word. Maar soos jy ook se al die feite is nie van die begin af op die tafel geplaas nie. Die probleem met n openbare forum soos hierdie is as mens eers n slegte naam verkry gaan jy dit nooit weer afskud nie. Dit is ook die voordeel van so n forum. Dit beskerm ons mede lede teen dieselfde gebeure, maar dan moet almal bereid wees om die volle feite op die tafel te plaas.

Kom ons hoop vir n goeie einde tot die hele saak.

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 9:49 am
by Beretta
Manne
Nou verstaan ek nie so mooi nie volgens die post het die man gladnie gejag nie want die plaas waar hy moes jag bestaan nie. So hy het nie die diens gekry nie so hy kan mos nou sy geld met rente terug vra. Of verstaan ek dit verkeerd.
Beretta

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 9:53 am
by Jake1
Ek het vit Jassie gesê dat ek sy naam weer in ere sal stel as hy die geld betaal, my idee is geensins nie 'n swartsmeerdery nie, ek het vir Jas gese ons moet dit hanteer as mede eerbare jagters (nie-mislukke skuldinvordering nie) en hy het saamgestem en hy het my mooi gevra of ek sy naam na betaling in ere sal stel as hy sy belofte nagekom het. Ja die storie het bietjie van 'n nadraai.

J1

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 9:59 am
by Eugene
Jake1 wrote:Ek het vit Jassie gesê dat ek sy naam weer in ere sal stel as hy die geld betaal, my idee is geensins nie 'n swartsmeerdery nie, ek het vir Jas gese ons moet dit hanteer as mede eerbare jagters (nie-mislukke skuldinvordering nie) en hy het saamgestem en hy het my mooi gevra of ek sy naam na betaling in ere sal stel as hy sy belofte nagekom het. Ja die storie het bietjie van 'n nadraai.

J1
Jake, ons hoop alles word dan vinnig en vriendelik afgehandel en sien uit na die volle storie, sodat ons nie onnodige aannamens en afleidings maak nie! ;)

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 10:06 am
by Jake1
Dis eintlik so eenvoudig soos daglig. Gestel ons het 'n dronkbestuurder met 'n nugter passasier. Die dronkbestuurder dood iemand wederregtelik. Gaan jy sy nugter passasier aankla van mansslag? Absurd ne? (weet lg het betrekking op 'n strafsaak en nie siviele eis nie.) Ek wil net 'n beginsel oordra of kom ons stel dit so- common sense.

J1

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 10:28 am
by BRNO (Pierre)
Jake1, kan jy dalk meer inligting gee oor die springbok asb. Waar kom dit in die prentjie in? Was die manne op die plaas of nie?

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 11:31 am
by Jake1
Brno soos ek aflei het hulle voor dooiemansdeur aangekom, maar die eienaar van die plaas het hulle toe geleentheid gegee om wel te jag. Dus niks met jas se reelings te doen nie, en dit maak die goue springbok nog meer irrelevant tot die saak a'g.v. die feit dat dit toe 'n kontrak was tussen die plaaseienaar en nie jas nie. Ja die storie is so bietjie deurmekaar en verweef maar my uitsluitlike doel is om tot die punt in geskil te bly en aan Alec se behoefte te voldoen, sy deposito terug te kry, net dit . Mens moet nie irrelevante gebeurtenisse verweef met die geskil nie.

J1

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 1:10 pm
by Geno
Jake1 wrote:Ek het vit Jassie gesê dat ek sy naam weer in ere sal stel as hy die geld betaal
Jassie is 'n forumlid, en het niks met die jag te doen gehad nie.

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 1:15 pm
by Stefan764
Ja nee smaak my oom Andre gaan n pakslae kry waarvoor hy nie gevra het nie Geno hehehehehe

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Tue Sep 17, 2013 2:37 pm
by alecjohnson
Baie dankie Alle Forumlede!!! Veral Jake1. Ek is werklik dankbaar vir al die moeite. Jammer vir die hartklippings Jassie(forumlid). Ek besef my eerste post het dil laat lyk of dit jy is. Die oomblik wat ek die geld ontvang (na oorbetaling kan dit tot 5 dae neem om in my rekening te wys) sal ek dit post.

Weereeens BAAAAIE dankie!

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Wed Sep 18, 2013 3:40 pm
by Jake1
Ek wil net op versoek van die ander Jassie wat niks hiermee te doen gehad het nie wat almal ken net duidelik stel dat mense moet let daarop dat hy geensins betrokke/deel was van die onaangenaamheid/deposito was nie.

groete

J1

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Wed Sep 18, 2013 3:41 pm
by Jake1
Alec, al is die geld nog nie beskikbaar nie glo ek jy sal kan sien of daar 'n deposito gemaak is, maak net seker asb.

J1

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Thu Sep 19, 2013 7:32 am
by alecjohnson
Nog geen betaling ontvang nie.

Re: nou is ek Raadop!!!

Posted: Fri Sep 20, 2013 7:04 am
by Jake1
Goeie nuus Alec.

Hier is 'n message van Jas

"Hallo Jake
Betaling is gemaak gisteraand soos belowe, het jul bewys nodig?
Groete,
Jas

J1