Page 2 of 2
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Mon May 13, 2013 9:11 am
by LUAN
Dis seker die ouens wat groot kalibers skiet wat dalk slegte ondervindings gehad het met Alu en dit afkeer maar die ligte geweertjies sal nie so effek he op hulle.
Re: Hoekom 'n Picatiny rail vir scope
Posted: Mon Jun 17, 2013 7:42 am
by Piet Breedt
Ek het op bykans al my gewere nou Piccatini rails en sal graag op almal dit wou sit, maar die Sako's kan dit nie vat nie.
My persoonlikke ondervinding daarmee is dat dit die mees stabiele platform is wat ek nog ooit gebruik het, en dat dit die scope ringe die beste op line en die maklikste instel van almal. Al die hedendaagse gewere word vandag op CNC masjiene gemaak, en die skroefgate op die aksie waar die rails vaskom, lyn 100% op met die aksie. Nie soos van die ouer gewere waar die skroefgate agterna geboor en tap was, en jy genoodsaak was op basisse of ringe nodig gehad het wat sywaarts kan verstel.
Ek haal van my scopes met ringe en al af, en plaas n ander een met sy eie ringe op die rail en binne een of twee clicks skiet hy weer presies op die kol.
Jy kan effektief dan net een goeie duur scope koop, en dit op al jou gewere gebruik ipv baie scopes van laer kwaliteit.
Ek self verkies die Nightforce ringe op my 30mm tube scopes vanwee hulle ongelooflikke sterkte. Op die 25.4mm (1 duim) tube scopes verkies ek Burris se tactical ringe of die een met die insert in. Ek het ook bykans van al my Warne ringe ontslae geraak, nie omdat hulle nie sterk genoeg is nie, maar omdat hulle die scope te styf vashou vanwee die ontwerp. Wanneer jy hom styf genoeg op die Piccatini rail vasmaak, plaas hy reeds te veel druk op die scope tube nog voordat jy hom behoorlik vasgemaak het op die boonste skroewe. Hy druk die ringe uit konsentrisiteit uit.
Ek het hulle gebruik op van my scopes met "side parralax" en dan druk hy die tube so veel dat die binne werking van die paralax verstelling nie meer werk nie. En dit gebeur selfs met die ringe ge "torque" soos die vervaardiger aanbeveel op 25 lb/m2". Selfs op 20 ld/m2" doen hy dit op van die scopes.
Ek het een Alluminium Piccatini op my .25 06 en het nog nooit enige probleme met hom gehad. Dit is n duk Truvelo een wat hulle gebruik op hulle .338 Lapua gewere, wat ek dunner ge masjineer het en hom ook n 20 MOA hoek gegee het.
Die grootste voordele wat n Piccatini rail my bied is:
1. Versterk die aksie deur dit te ondersteun en meer rigied te maak.
2. Ruil van scopes is baie maklik en vat nie baie skote om in te stel
3. Gee my meer verstelling op die lang afstande agv die 20 MOA hoek
4. Laat my toe om die ringe so ver weg as moontlik vanaf die senter van die scope te sit vir meer sterkte en ondersteuning van die scope, sowel as geen inmenging in die interne beweging van die lense op die side paralax scopes
5. Omdat ek die ringe kan plaas waar ek wil, los dit vir my baie spasie om my Lightforce lig bracket te plaas waar ek wil, op meeste scopes.
6. Ringe line presies op en maak nie merke op scopes soos wat die Thor of Lynx mounts doen as hulle net effens skeef vasgemaak word.
7. Dit los ook vir my oorgenoeg plek op die rail onder my scope om my waterpassies op te mount wat ek gebruik om my geweer regop te hou.