Watse Roeper?

Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Ooploop »

Taffie

Jis ken vir Gawie en Annelie van Deventer,dit is by hulle wat ons so af en toe help.
Jakkalse goed slim daar.
Ken vir Bertie,het al keer of wat saam hom gejag,maar hy jag nou die laaste tyd meer in die karoo en Motagu se kant toe waar daar meer jakkalse is...

Laat weet as jy weer Gouritz se kant toe kom,sal jou graag wil ontmoet of kom bly oor by my as jy in die geweste is.

Groetnis
Ooploop
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Nico de Jager »

Jis Taffie, het gisteraand Gawie gaan help. Niks gekry nie, kry daai mense bitter jammer hulle het baie skade. Daai jakkalse is in n ander klas. Jy praat van jakkalse in die Suid Kaap- hiers koedoes ook!!!!! Gisteraand 7 by Gawie gesien, spekvet.
Hier by my is sandgrond ek sien n spoor gou. Ek gaan daai jakkals waarvan Ooploop praat vir julle wys hier op die Forum. Het so twee jaar terug ook een gejag op sy spoor en geskiet. By ons vrek n ongedierte nie van ouderdom nie, dis darem te wreed- ons help hom vroe?r weg!
Groete
Ribbok
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Nico de Jager »

Ooploop
Lyk my ons is agter nou met die roepers, maar vertel bietjie van die ou grote Sony speaker met die 80 meter draad "gekonnek" aan die bakkie se radio\tapespeler. As ons daai tyd verder geeksperimenteer het was ons nou v???r voor hierdie mense. Maar aai, daai lange draad wat drie keer aan dieselle bossie haak se oprol as jy koud en vaak is het ons laat moed verloor.
Groete vir daai mannetjie
Ribbok
Ooploop
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 81
Joined: Mon Jul 26, 2010 8:18 pm

Re: Watse Roeper?

Post by Ooploop »

Jis Ribbok

Ja nee wil self help daai jakkals spoor vat.
Die sony speaker met die draad is n anne storie sal hom nog 1 dag opsit,maar daai draad het n man te veel verkeerde dinge lat se.

Groete
Post Reply