Page 2 of 2

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 4:53 pm
by Freddie101
Inbetaal

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 7:09 pm
by jaracal
Vir die ouens wat so vinnig 'n bydrae gemaak het wil ek baie dankie se^. Dit laat sommer 'n knop in 'n man se keel as jy sien hoe die manne bydrae. Daar is ook manne wat bygedrae het wat nie daaroor gepost het nie en ek aanvaar hulle wil dit so hou, baie dankie vir julle ook. Die server is bestel en ek glo ons sal volgende week op vol stoom op die nuwe server kan hardloop.

Hou die spasie dop..... :) ;) :D ;D :laugh: 8)
en dan kry ek 'n resource limit reached as ek wil post.

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 7:30 pm
by Marc
Oom Hein

Baie dankie vir al die moeite en ure wat Oom in hierdie kuierplek van ons insit. Dit word opreg waardeer ;)

Mooi loop
Marc

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Thu Mar 07, 2013 7:35 pm
by Johan Reyneke
Klein bydrae gemaak

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Fri Mar 08, 2013 7:58 am
by Marc
jaracal wrote: en dan kry ek 'n resource limit reached as ek wil post.
;D ;D ;D ;D ;D

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Sat Mar 09, 2013 11:34 am
by grumpy
Betaal later as ek op die bank gaan gou 200.

Dankie vir alles op die forum wat jy doen vir ons.

>:(

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Sat Mar 09, 2013 1:05 pm
by Christo
My R100 sal ook in wees teen Maandag.

Sien nou eers, liewers se^ , lees nou eers die topic.

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Sun Mar 10, 2013 4:05 pm
by jaracal
Baie dankie vir die julle ouens se bereidwilligheid om te help. Ons is 100% "ge-set" en sal ons in die nuwe week oorgaan na die nuwe server. Cassie ek dink ons spasie sal genoeg wees om die fotos direk op die server te laai. Ons het disc spasie van 500 gig. Op die vorige shared server het ons maar 1,5 gig gebruik.

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Sun Mar 10, 2013 4:49 pm
by grumpy
Dis n plesier om bydrae te maak. Ek geniet die forum so om n bydrae te maak is n plesier.

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Sun Mar 10, 2013 4:59 pm
by Marc
Dit is baie goeie nuus Oom Hein O0

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Sun Mar 10, 2013 5:03 pm
by grumpy
Beslis!

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Sun Mar 10, 2013 5:23 pm
by vlakvark1
Hopelik sal daar dan genoeg ''gigs'' wees vir oom Grompy om n avatar op te laai ;) ;)

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Sun Mar 10, 2013 5:50 pm
by Marc
vlakvark1 wrote:Hopelik sal daar dan genoeg ''gigs'' wees vir oom Grompy om n avatar op te laai ;) ;)
Heng kom ons hoop so >:D

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Sun Mar 10, 2013 6:56 pm
by cassie_calvinia
nee maar dis reg oom.
dankie

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Sun Mar 10, 2013 7:47 pm
by Biker
Myne ok oppad
Biker

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Sun Mar 10, 2013 8:06 pm
by Silent Hunting
My bydrae is ook in.

Heinrich,

As jy die advertensie besonderhede gefinaliseer het, mail my die besonderhede asb.

Groete,

Henk

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Sun Mar 10, 2013 8:58 pm
by grumpy
Vlakkie en Marc,

Ek het moed op gegee. Ek bly maar sonderdie ding want ek gaan nie sukkel en my mo-r strip nie. Ek los maar so.

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Mon Mar 11, 2013 10:24 am
by Francois Hugo
Hello Heinrich,

Net gou 'n vragie?

Die advertensies waarvan jy praat is nie soos op die ander forums, wat later eerder 'n bron van irretasie is, as 'n moontlike geleentheid om iets te koop nie?

Ek sou as 'n redelike ongereelde roof kyker nie graag heeltyd die advertensies moet staan en afskakel/vermy, as ek nou besig is om die nuutste dodelike metode :) van jakkalse uit die weg te ruim aan die bestudeer is nie - net my opinie.

Die bydrae vir die kontantvloei doen ek met graagte, maar dit lyk my 'n gegewe as die forum aan die gang gehou, moet word, daar 'n bron van inkomste (in die geval advertensies), sal moet kom...... So my versoek is net dat dit so min as moontlik as 'n bron van irretasie moet dien!!

Nogmaals dankie vir hierdie forum, dis 'n plesier vir 'n man wat soos ek erken 'n roof kyker is!!

Groete uit die Namkwaland

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Mon Mar 11, 2013 12:25 pm
by Christo
Christo wrote:My R100 sal ook in wees teen Maandag.

Sien nou eers, liewers se^ , lees nou eers die topic.

Gedoen

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Mon Mar 11, 2013 12:55 pm
by grumpy
Jis maar julle probeer my gas gee. Ek se, die een wat die meeste skenk kan my maar vat vir ete, nog beter, saam gaan jag dan sien jy hoe duk ek regtig is. Vat net genoeg kos dan asb.

Kom nou ons help hier, dis tog vir ons wat dit gedoen word!!

Reel die jag en laat weet.

Hier gaan ons met n auction laat julle begin met aanbod!!

Hein, hanteer vir ons want hier kom groot *&%!!

Hulleweet net nie hoe kan ek eet om my lyf so mooi te hou ;D

Wie begin met die eerste aanbod?

Re: Forum Probleem - Oplossing

Posted: Mon Mar 11, 2013 12:58 pm
by FCLoretz
grumpy wrote:Jis maar julle probeer my gas gee. Ek se, die een wat die meeste skenk kan my maar vat vir ete, nog beter, saam gaan jag dan sien jy hoe duk ek regtig is. Vat net genoeg kos dan asb.
Ek kan hierdie punt beaam. Dikkes was nou die aand by my. Ons het 4 Pizzas bestel. Alles klaar voor hy weg is. Sy arme vrou moes alleen op die ander bank sit.

PS. Bring asb jou eie kos mei maand.