Patroon wat vassit in kamer

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by swc-tr »

Sien ook nou eers die post.

Meerkat, soos die manne reeds genoem het, ag jouself baie gelukkig dat niemand beseer of erger is nie.

By Bisley is dit algemene kennis, daar is selfs 'n reël wat die verwydering van 'n patroon wat vassit in 'n kamer met 'n skoonmaak stok.

"22.1.4: The range should be equipped with a cartridge removal tool. If a live round is jammed in a rifle chamber, but the bolt can be removed, the competitor must leave the rifle pointed towards the stopbutt and call for the RO to arrange for the removal of the cartridge. Under no circumstances should an attempt be made to remove the round with a cleaning rod. After removal of the cartridge, the competitor will be permitted to continue his shoot. If the action locks on a live round and the bolt cannot be removed, the rifle must be left on the firing point, pointed towards the stopbutt, until the range is clear. An armourer must then be called to make the rifle safe. A cartridge extractor, cleaning rod, or other means may be used to extract a spent cartridge case, either by the shooter or some other person, with minimum disturbance to neighbouring competitors.

In the event of more than one failure, or the need repeatedly to artificially extract spent cases, the Range Officer must consider the possibility of the use of unsafe ammunition as provided for under Rules 21.2.6 and 21.2.7 and not permit the competitor to continue with that rifle/ammunition combination."
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Geno »

Schalk,
Hoe lyk 'n "cartridge removal tool"?
Goed, beter, 6millimeter!
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Jean Marais »

As ek so na die kop van daai dop kyk, het hy met 'n moerse spoed daar uitgekom. Het jou geweer skade opgedoen?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by swc-tr »

Geno wrote:Schalk,
Hoe lyk 'n "cartridge removal tool"?
Soortgelyk aan 'n "collet-type bullet puller", sal 'n foto van een neem. Dit gly oor die uittrekkergroef van 'n dop, werk op 'n taper slide, wat die dop agtertoe trek uit die loop.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Francois Marais »

Wallie

In my wildste drome, ek het al n 243 dop so uitgehaal wat om presies dieselle rede vasgesit het, ek sou ook nooit kon dink dat die slagdoppie kan afgaan nie.......bly julle het ongedeerd davan afgekom.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Jean Marais »

Ek wonder of die kruit in so 'n mate deur die flashole gepers word dat dit die slagdop laat afgaan het?
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by swc-tr »

Baie kere gaan die slagdop af agv die impak.
Daarom dat die vervaardigers waarsku dat slagdoppe slegs in die OEM verpakking gehou word.

Bottom line, slagdoppe is baie sensetief, hanteer versigtig.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Kalahari »

Ek het dit ook al oorgekom met 22.250 en daardie .224 koeeltjie vlenters gestamp met die skoonmaakstok en toe die kruit alles voor by die loop laat uitloop. Maar die dop was 'n ander storie en ek moes toe Windhoek toe ry (600km) om die dop uit te haal by gunshop, die loop moes toe ook losgeskroef word en die dop agter boor en tap.

Duur dop gewees. >:( Van daardie tyd kyk eers al my ammo versigtig deur dat almal kamer en slot mooi toemaak sonder haakplek voor ek daardie ammo veld toe vat.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by jaracal »

Meerkat
Ek het nou die dag 2 x sulke gevalle gehad, ek het 1 x skoonmaak stok afgeskryf. Gelukkig het my primers nie afgegaan nie. Dit is amper onmoontlik om te dink dat die patroon af kan gaan as dit van voor getik word. Ek het myne net hard met 'n rubber hamer geslaan. Koeel eers in dop ingeslaan en daarna met een hou dop uitgeslaan.
Sal nou twee keer moet dink voor ek weer so iets sal aanvang.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by FCLoretz »

Meerkat net 'n vraag of 2?

Het die slag afgegaan terwyl jy die patroon uitgeslaan het, of nadat hy uitwas en op die vloer geval het?

Het jy die geweer horisontaal of vertikaal laat staan toe jy die hammer werk gedoen het?

En laastens, hoe hard het jy geslaan?
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by THOMAST »

Op 'n soortgelyke lyn:
Op 'n amerikaanse skiet/herlaai forum is daar 'n artikel geplaas van 'n herlaaier wat die koeël uit die patrone verwyder het met 'n kinetiese hamer (dit was .45ACP as ek reg onthou). Hy moes 'n klomp koeëls op die manier trek.
Een van die patrone gaan toe af toe hy die hamer op die grond slaan. Een kinetiese hamer bokveld toe, eienaar het 'n paar snye gehad (en het nuwe onderbroek benodig)
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Kalahari »

THOMAST wrote:Een van die patrone gaan toe af toe hy die hamer op die grond slaan. Een kinetiese hamer bokveld toe, eienaar het 'n paar snye gehad (en het nuwe onderbroek benodig)
Dit is hoekom ek lankal nie meer daardie hamers gebruik nie en in 'n rcbs collet puller belê het.
Sorry, terug op die besproke onderwerp.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by MEERKAT »

Hallo

Geno dankie vir plaas van foto's , al spaar die foto's net een mens van klomp elende het hulle hul doel gedien.
Het die slag afgegaan terwyl jy die patroon uitgeslaan het, of nadat hy uitwas en op die vloer geval het?
Die patroon was in die kamer en met volgende kap het dit afgegaan

Het jy die geweer horisontaal of vertikaal laat staan toe jy die hammer werk gedoen het?
Die geweer het teen 'n 45grade hoek gestaan

En laastens, hoe hard het jy geslaan?
Laat ek dit so stel op 'n staduim het ek die rod wat voor uitsteek teen muur gestamp tipe stormram effek in so mate dat rod gebuig het en gelukkig het hy toe nie afgegaan so ons het harder as dit gekap om die patroon te laat afgaan.

Francois dit bly 'n raaisel en die vorige naweek het hier op die skietbaan ook patroon vasgesit (243) en die manne het hom met rod en hammer uitgeslaan.

Fanta na soekery het ek die punt darem gekry hoe hy daar gekom het weet nimmer alleen.

Jean Marais
Die enigste ooglopende skade is aan die agterste linx mounts wat die dopgedeelte gevang het met die uitskiet , ek gaan vanaand die geweer goed skoonmaak en dan sal ons maar hoop alles is nog reg.
Geweer het eintlik redelik goed geskiet met 6mm groep 100m en 11mm groep 200m Pacnor supermatch 28dm loop 1x9 twist, let wel dit is raakskiet vriende wat daardie nommers uit hom toor.

As jy wil weet hoe klink muzzelbraker kap 'n patroon uit
Groetnis
MEERKAT
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Carl »

Ja wat ek nou al gelees het op die internet is jy tik daai ding liggies. As dit nie werk gaan jy na geweer smit.

Met geweld kan jy jou vinger afdraai!
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Beyers »

User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by swc-tr »

Beyers
Die tool hierbo verwyder slegs 'n dop wat se kop afgebreek het, terwyl die romp van die dop nog in die kamer vassit.
Die apparaat waarna ek verwys het werk amper op dieselfde beginsel, dit gly bo-or die uittrekkergroef van 'n dop.
Sal 'n foto post.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Kalahari »

swc-tr
Ek is nou deurmekaar, maar ek het die videoclip gekyk en daardie collet sal niks hê om aan te "vat" as die kop afgebreek het met net die romp van die dop wat in die kamer vassit. Die collet vat aan die rim waar die slot se uitrekker vat, reg?
Ek dink Beyers se tool is dus die regte een dan om Meerkat se probleem op te gelos het.
Help my asb as ek verkeerd is. Ek wil graag sien hoe lyk die tool wat die romp uithaal as die kop van die dop afgebreek het.

Beste
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by swc-tr »

Cartridge removal tool, nie case removal tool nie.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by FCLoretz »

http://link.brightcove.com/services/player/bcpid1441330873001?bckey=AQ~~,AAABKPKaHZE~,ggIdgf_L4iCNyvCgL-os3tSc0r4p5amb&bctid=1430065552001

Ek het die video gekyk en volgens die man van Brownells kan die tool ook gebruik word om lewendige rondtes uit die geweer te haal wat vas sit.

EDIT: kliek op die gebreukte foto om die video oop te maak.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Beyers »

swc-tr wrote:Cartridge removal tool, nie case removal tool nie.
swc-tr
RTFM >:D
Remove Stuck Cases Without Fear Of Accidental Ignition

Works when other pullers fail, even if the case rim is partially sheared away. Sturdy, steel collets tightly grip around the entire circumference of the case rim. Slide hammer uses straight-back inertia to safely remove stubborn, stuck cases.

of kyk die clip
Daardie tool verwyder nie net die stuck case nie, maar ook stuck cartridge. Die kop van die dop moet egter nog aan die dop wees.

Kalahari:
Die tool om 'n dop wat afgebreek is te verwyder is
http://www.brownells.com/gunsmith-tools ... 23311.aspx
Easily Removes Broken Cases Without Field Stripping

Case head separation from over-fired or out of spec brass won’t ruin your shooting experience if you keep one of these handy tools in your pocket or field kit. Hardened, steel tool reliably and easily removes broken cases from AR-type or any other firearm chambered for the .223/5.56 NATO or .308/7.62 NATO cartridges. Exclusive, threaded, two-piece design is adjustable for overall length, so the tool completely engages the rim of the case mouth; cannot slip through or strip out. Very simple to use, drop the broken shell extractor into the chamber directly inside the broken case. Allow the bolt to close so the extractor engages the rim of the tool and draw back the bolt to open the chamber. The broken case will eject along with the broken shell extractor.

Ek het sommer twee gemaak wat op dieselfde beginsel werk. Dis net bietjie akkuraat meet om hulle te maak. Die BMP (boer maak 'n plan) is om die laaistok met 'n borsel aan van die slot se kant in te druk en sodoende die dop te trek. Plan b is om die grootste skroef uithaal tool te gebruik (by Pierre van Aliwal-Noord gesien)http://en.wikipedia.org/wiki/Screw_extractor Dit word op 'n staaf met T vasgesweis met 'n los gewig op die lang been om die gebreekte dop te trek.
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Mars67 »

Nee daardie ramrod metode is nie lekker nie. Het al gesien waar 'n ou sy loop lelik seergemaak het, om nie te praat van die risiko van die rondte wat kan afgaan nie. Vat maar na 'n geweersmid as jy nie daardie spesiale "tooltjie" het nie.
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Chris Swart »

MEERKAT wrote:Die "spookpis" klink half onbekend, watter grote hamer sal jy aanbeveel het net 5 en 10 pond hammer. Sover lyk die mees logiese oplossing vir die probleem stok en hammer.

Groetnis
MEERKAT
The bigger the problem, the bigger the hammer >:D ;D
User avatar
Mars67
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 95
Joined: Thu Aug 02, 2012 3:56 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Mars67 »

Nope I suspect in this case it may just be "the bigger the hammer the bigger the problem"
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Chris Swart »

Mars67 wrote:Nope I suspect in this case it may just be "the bigger the hammer the bigger the problem"

Stem saam...

Ek het daai gepost voor ek bladsy 2 gelees het. :-[

Nou kan ek nie die damn ding delete kry nie :-[ :-[
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Patroon wat vassit in kamer

Post by Kalahari »

Baie dankie Beyers vir die info, waardeer. ;)
Ek het dan die gebruike vir die tools reg gelees en verstaan.
Post Reply