Skietbaan in aanbou/opgradeer

User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by spekieries »

Johan

Middelburg - Hoëveld./ Middelburg-Koue Bokkeveld = 200Km ???????????????????? Nader aan 1200 km.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Christo »

UPDATE

http://dl.dropbox.com/u/60613964/IMG-20130306-00048.jpg
Dak pale is op

http://dl.dropbox.com/u/60613964/IMG-20130307-00051.jpg
Agterkant teen Donderdag aand vorder mooi.

http://dl.dropbox.com/u/60613964/IMG-20130308-00052.jpg

Vooraansig, die week die sye toemaak en grond level. dan banke opsit.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Monrique (SJ) »

Lyk asof daai n netjiese afere gaan wees om te speel vanaf Christo.

Groetnis
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Marc »

Hy kom nou mooi aan ;)
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Johan Nel »

spekieries wrote:Johan

Middelburg - Hoëveld./ Middelburg-Koue Bokkeveld = 200Km ???????????????????? Nader aan 1200 km.
Ek sien swc-tr toon aan hy bly in Middelburg-Mp (Mpumalanga?), dan is tweehonderd kilos omtrent reg.

Groete,
JHN
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by swc-tr »

Johan Nel wrote:
spekieries wrote:Johan

Middelburg - Hoëveld./ Middelburg-Koue Bokkeveld = 200Km ???????????????????? Nader aan 1200 km.
Ek sien swc-tr toon aan hy bly in Middelburg-Mp (Mpumalanga?), dan is tweehonderd kilos omtrent reg.

Groete,
JHN
Johan
Middelburg, Mpumalanga
Stuur my 'n PM as jy saam wil kom skiet, ons het toegang tot 'n 900m baan net buite Middelburg.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Christo »

http://dl.dropbox.com/u/60613964/IMG-20130314-00056.jpg

Eerste tafel staan. Hy sal nie move nie
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Christo »

http://dl.dropbox.com/u/60613964/IMG-20130314-00056.jpg

Hier is die eerste tafel

Ek sien die tablet laai net die link. Dan maak die foto nie self oop nie.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by VdWalt »

Baie netjies! Ek raak sommer lus vir skiet!
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by LongWolf »

Hi Christo

Is daar al n paar nuwe fotos ?
Hoe vorder jou baan ?
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Christo »

LongWolf wrote:Hi Christo

Is daar al n paar nuwe fotos ?
Hoe vorder jou baan ?
Die skietpunt sal seker so oor 'n week klaar wees. Daar is baie ander dinge wat meer prioriteit is, maar ek kry so dingetjie of 2 gedoen na werktyd en naweke.

Om die gone te skuif gaan gou wees. Ek wil graag vir papier teikens klein walle stoot/maak op 100 en 200m en dan skoonmaak tot by hulle.

Sal maar later vanoggend skoot gaan skiet net soos hy nou is, net vir lekker.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Monrique (SJ) »

Dit lyk baie netjies Christo. Laat weet hoe skiet daai tafel vanaf asb.

Groetnis
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by matewis »

Lyk baie netjies Christo! Hoop jy waardeer die geleentheid en spasie om jou eie speelparkie te he!!

Ons wag maar geduldig vir die kennisgewing vir die "grand opening"! Ons sal hom met graagte n ordentlike vuurdoop kom gee. Sorg jy net vir die spit... ;)

geniet dit!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Gawie(13mm) »

matewis wrote:Lyk baie netjies Christo! Hoop jy waardeer die geleentheid en spasie om jou eie speelparkie te he!!

Ons wag maar geduldig vir die kennisgewing vir die "grand opening"! Ons sal hom met graagte n ordentlike vuurdoop kom gee. Sorg jy net vir die spit... ;)

geniet dit!
Christo, dit lyk sommer bakgat.
Enige naweek in Mei sal my pas vir die "Grand-opening".
Groete, Gawie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3946
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by tau »

Netjies Oom.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Hein M. »

tau wrote:Netjies Oom.
Christo is naby genoeg dat ons gereeld kan gaan kuier...

Christo

Wat is die "aansluitingsfooi" en "ledegeld" per jaar? :angel:

Jou storie lyk mooi agtermekaar!

Groetnis!

Hein M
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Christo »

Die naweek so bietjie gewerk.

http://dl.dropbox.com/u/60613964/Tiaan%20op%20skietpunt.jpg
Skietpunt het nou sy 2 tafels in. kort nog net 'n sitplek of 2 en 'n rak vir gewere.

http://dl.dropbox.com/u/60613964/Skietbaan.jpg
Vanaf skietpunt. die foto is swak (selfoon) maar kyk mooi in agtergrond is nog 'n wal op 800m waar Arnold se gong solank staan. So 12-15 skote later was ek ook erg gelukkig om hom in wind met 7x64 een keer te tref. Die 250m, 300m en 400m gonge staan regs agter van walle in veld, net die bosse gesny om nie die veld te erg te versteur.

http://dl.dropbox.com/u/60613964/800m%20Gong.jpg
Arnold, vir nou is hy op 800m, nuut nat geverf, sal later hom wit spuit. Ek dink die belde is te kort en gaan hulle verleng.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3649
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by JPS »

Christo,

Daai is sommer bakgat baan baie geluk.

Mooiloop
JP
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by LongWolf »

Man dit lyk nou gaaf.

Jy sal hom nou moet naam - gee.

hiers my voorstel

"La-gong"

++>: ++>: ++>:
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Christo »

LongWolf wrote:Man dit lyk nou gaaf.

Jy sal hom nou moet naam - gee.

hiers my voorstel

"La-gong"

++>: ++>: ++>:

Kyk maar op die belt is baie rof gespuit A R. Staan vir Arnold. Spesiaal vir hom gemaak. Sal nog 'n bord op aanbring.

Hy soek hom eintlik op 1400m, maar daar sal 'n spotter moet wees om te call as jy hom gaan tref. Wat ongelooflik is dat die 7x64 met KD en kort bipod gou genoeg weer opline dat jy die stof op die wal kan sien op 800m. Ek reken op 1400m sal jy seker tyd he^ om weer aan te le^ om die skoot te sien tref.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by LongWolf »

Christo wrote:
LongWolf wrote:Man dit lyk nou gaaf.

Jy sal hom nou moet naam - gee.

hiers my voorstel

"La-gong"

++>: ++>: ++>:

Kyk maar op die belt is baie rof gespuit A R. Staan vir Arnold. Spesiaal vir hom gemaak. Sal nog 'n bord op aanbring.

Hy soek hom eintlik op 1400m, maar daar sal 'n spotter moet wees om te call as jy hom gaan tref. Wat ongelooflik is dat die 7x64 met KD en kort bipod gou genoeg weer opline dat jy die stof op die wal kan sien op 800m. Ek reken op 1400m sal jy seker tyd he^ om weer aan te le^ om die skoot te sien tref.

op daai aftand vat ek 2x happe van n skaap tjoppie en sal nog die stof sien...hahaha!!!
rakker
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 80
Joined: Sun Jul 17, 2011 4:40 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by rakker »

Christo wrote:
LongWolf wrote:Man dit lyk nou gaaf.

Jy sal hom nou moet naam - gee.

hiers my voorstel

"La-gong"

++>: ++>: ++>:

Kyk maar op die belt is baie rof gespuit A R. Staan vir Arnold. Spesiaal vir hom gemaak. Sal nog 'n bord op aanbring.

Hy soek hom eintlik op 1400m, maar daar sal 'n spotter moet wees om te call as jy hom gaan tref. Wat ongelooflik is dat die 7x64 met KD en kort bipod gou genoeg weer opline dat jy die stof op die wal kan sien op 800m. Ek reken op 1400m sal jy seker tyd he^ om weer aan te le^ om die skoot te sien tref.
Sjoe netjies Christo. Eks skoon jaloers dat jy so lekker plek maak om te skiet. Hier aan die weskus sukkel ek met skietplek wat naby is.
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Gerrit Visser »

Christo sien nou eers die post, jou baan lyk baie goed. Wonder of AR al sy skottel kon lui?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by Arnold »

Gerrit, ek het nog nie daai skottel gelui nie maar ek het darem al n paar ander skottels gelui ;)
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=140&t=19117#p259168
janoakley
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Tue May 07, 2013 6:51 am

Re: Skietbaan in aanbou/opgradeer

Post by janoakley »

more christo. sien jy is in die koue bokkeveld. waar presies. ek bly onder in citrusdal en het ook vir my nou n skietbaan gebou. gaan ongelukkig net tot 450m met n 500mm gong daar. 400 is daar n 200mm.
het vir my skietrame gemaak wat karton vat vir teiken skiet en wat agter die gong inhang. help baie om skoot te gaan soek as jy mis op 400. het al my eertse skiet kompetiesie gehad met n paar vriende een saterdag oggend hier. jy is welkom om die kant te kom kuier en ons n dag oorry na jou toe.
IMG-20130418-00084.jpg
Het sommer 2 fotos aangeheg om my baan te illistreer. Het 100-400 backstops met gongs en agter teen damwal is 450m met nog een.
Darem niks lekkerder om soggens alleen op skietbaan te gaan sit en n paar gongs te skiet met .243 of .222.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Post Reply