50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in April
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Naand Manne
Die jag van 13 April sal as volg geskied:
Arriveer tussen 8h30 en 9h00 op die plaas, slagraam behoort al opgeslaan te wees as julle opdaag.
Daar word gewoonlik eers aan elkeen kans gegee om geweer in te skiet as ons op die plaas aankom.
6 manne word apart of 2,2 (nie my voorkeur nie) afgelaai op strategiese plekke in die veld. Party in die rante en ander sommer net by muurshoop of boom waar hy homself so gemaklik as moontlik kan maak om vanaf te skiet( op party ander plase het ek voorsit stoele waaruit skuts kan skiet). Daar is dan 2 voertuie in die veld elk met 1 jagter op wat dan ook kan skiet sou die geleentheid hom voordoen. Met die voorsit metode maak dit werklik saak waar jy sit(wind gewys) aangesien bokke se loop patroon in 'n kamp bepaal word deur die wind wat die dag waai. Jy sal een jaar uit een posisie al die bokke skiet terwyl jy die volgende keer of jaar nie een bok sien uit die selfde posisie nie. Om hierdie rede roteer ons deur die dag deurlopend jagters om seker te maak dat elkeen 'n goeie kans kry. Die voertuie beweeg deurlopend deur die kamp of kampe waar gejag word om bokke maar aan die beweeg te hou (op ander plase het ons ook perde ruiters en selfs motorfietse) om die bokke aabn die beweeg te hou.
Skietafstande kan wissel van 20 meter tot sover as wat jy gemaklik is om te skiet, geduld is met hierdie tipe van jag baie belangrik en as alles in jou guns tel kan jy jou bokke baie vinnig skiet. Die bakkies is per radio met mekaar in verbinding en tel ons die bokke so vinnig moontlik op en bloei karkasse en haal pense uit. Die bokke word dan so spoedig moontlik nadat dit gemerk is vervoer na slagraam in die veld waar bokke ge "fielddress" word en dan gelos word om af te droog (ek stel voor bring vir jou 'n rol of wat kaasdoek om oor karkasse te trek).
Wanneer elkeen so na as moontlik aan sy kwota gekom het word almal gelig uit die veld en hou ons 'n lekker braai en kan almal weer teen 16hoo vertrek.
Hoop dit gee vvir jou 'n idee van hoe dinge verloop.
Ek gaan nie hier karring met reels nie maar is dit tog belangrik om te weet dat jy onder geen omstandighede jou voorsit plek mag verlaat nie.

Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Klink lekker. Miershoop met my dik g-t? Moet een moerse groot miershoop wees!!
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Hi Johann
Goed om jou te sien, jy is maar stil laaste tyd. Jy kan maar hier vir die manne vertel jy was mos al saam en weet hoe dit werk

-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Hi jaco!
Jy is welkom om so 2 of 3 voorsit stoele by my te leen dan kan die manne sommer n Jaracal toets met hul doen en miskien n paar voorstelle maak.
Jy is welkom om so 2 of 3 voorsit stoele by my te leen dan kan die manne sommer n Jaracal toets met hul doen en miskien n paar voorstelle maak.
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Julian
Dis uitstekende plan ek het nogal gedink toe ek die stukkie skryf dat jou stoele nogal lekker sal werk en by dit doen die man wat saam met my die jag reel verkope by meeste wapenwinkels in Vrystaat en Noordkaap
Ek sal jou kontak.
Groete
Jaco
Dis uitstekende plan ek het nogal gedink toe ek die stukkie skryf dat jou stoele nogal lekker sal werk en by dit doen die man wat saam met my die jag reel verkope by meeste wapenwinkels in Vrystaat en Noordkaap
Ek sal jou kontak.
Groete
Jaco
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
More Jaco,
Ja ek is maar baie besig en hardloop baie rond. Hardloop n paar sites en dis nie maklik om tyd te kry vir alles.
Ja manne, ek kan regtig beaam wat Jaco se. Dis regtig lekker lekker om saam met hom te jag en hy weet wat hy doen. HY is streng met veiligheid vir die manne. Ek het saam met hom gejag en sal weer enige tyd saam met hom gaan jag. Sover dinge loop gaan ek Junie weer saam met hom. So die manne wat belang stel laat weet Jaco as julle wil saam met ons wil gaan
Ek persoonlik sal enige tyd saam met hom gaan enige tyd. Sooshy se, daai meid kan kook!! Julle moet net aandring op sy lasange!! Ek het al die potte leeg gemaak en ook pad kos gevat want dit was so lekker!!
Jaco is profesioneel met die jag so geniet dit. As jy dit nie kan maak laat weet dan sal ek jou bokke vir jou gaan skiet!!

- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Jaco watter kant van Bloemfontein is jy?
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Nico
Ek is in Bloemfontein maar hierdie gaan Edenburg se kant toe wees
Groete
Jaco
Ek is in Bloemfontein maar hierdie gaan Edenburg se kant toe wees
Groete
Jaco
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
HALLO JACO
KLINK GOED!
IS DIE KAASDOEK TERWYL DIT WINDDROOG OM DIT DAREM BIETJIE TOE TE HOU? HOEVEEL PER JAGTER EN KAN MENS DIT BY ENIGE MATERIAAL WINKEL KOOP?
EK SIEN VREESLIK UIT NA DIE SPRINGBOKJAG ASOOK OM DAREM BIETJIE VAN DIE JARACAL MANNE TE ONTMOET.
GROETNIS
DOUW
P.S EK HET JOU PM GESTUUR
KLINK GOED!
IS DIE KAASDOEK TERWYL DIT WINDDROOG OM DIT DAREM BIETJIE TOE TE HOU? HOEVEEL PER JAGTER EN KAN MENS DIT BY ENIGE MATERIAAL WINKEL KOOP?
EK SIEN VREESLIK UIT NA DIE SPRINGBOKJAG ASOOK OM DAREM BIETJIE VAN DIE JARACAL MANNE TE ONTMOET.
GROETNIS
DOUW
P.S EK HET JOU PM GESTUUR
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
die rolle katoenlap wat by hardeware en motorparte winkels soos midas beskikbaar is werk baie goed.trek soos n kous oor n bles of springbok met genoeg ventilasie.sny dan net lengte af wat nodig is.bietjie asynwater vir die vliee.ou dubbelbed duvet covers werk ook lekker.trek soos n kous aan niks vliee of stof
Last edited by junglejulian on Wed Feb 27, 2013 7:44 pm, edited 1 time in total.
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
praat jy van daai rolle muttoncloth?
GRoetnis
douw
GRoetnis
douw
-
Silent Hunting
- Hero Member

- Posts: 1224
- Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Douw,
die einste. hulle werk lekker.
Henk
die einste. hulle werk lekker.
Henk
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Hallo Jaco
My pa sal dalk nie kan saamkom nie, maar my broer wel, so ons sal dan 3 manne wees. Laat weet as dit reg is so, dan betaal ek die deposito more in.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Jean
Dis 100% reg so daar is plek
Groete
Jaco
Dis 100% reg so daar is plek
Groete
Jaco
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Naand Manne
So het die tyd aangebreek en is eerskomende naweek ons naweek en sal ek deur die week met elkeen van julle kommunikeer.

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Julle manne moet ons kom vertel en fotos wys. Geniet dit baie, en onthou die vuurwapen veiligheid!
Veiligheid eerste manne!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Maak mooi manne en bring vir ons daai kampvuur storie 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Dankie
Hierdie operasie het amper skipbreuk gely maar ons kon dit darem vanoggend red.
Ek is seker die manne sal dit geniet en met hul toestemming sal ons seker paar fotos opsit, ek glo dat ons 'n paar bokke sal kry.
Hou julle op hoogte en verseker sal ons versigtig wees en wapenveiligheid is eerste.
Hierdie operasie het amper skipbreuk gely maar ons kon dit darem vanoggend red.
Ek is seker die manne sal dit geniet en met hul toestemming sal ons seker paar fotos opsit, ek glo dat ons 'n paar bokke sal kry.
Hou julle op hoogte en verseker sal ons versigtig wees en wapenveiligheid is eerste.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Hoe so Jakkals 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Marc
Eerste maal wat ek op iemand anders peil trek om te reel en nadat ek weekliks opgevolg het en ek verseker was dat alles reg loop was alles nie so reg nie. Wys jou net as jy iets gedoen wil he, doen dit self.
Self gister ingeklim en gereel, alles is nou reg en gereel en ons skiet Springbokke DV Saterdag.

Onthou die kiekies 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Marc
Jammer maat, ek het nie fotos nie maar ek weet dat Jean 1 of 2 het.
Jean, Douw Henk en al die ander manne wat nog nie deel is van die Jaracal familie nie, dankie vir julle ondersteuning. Regtig lekker manne om mee te jag, tog jammer ons het nie nog so 4 jagters in daai 1000ha kampie gehad nie. Ek dink julle het baie mooi Springbokke geskiet en goed gedoen ek dink die ooie was slegs 5 of 6 uit die 20 bokke en daar was weer uitsonderlik baie mooi ramme. Dankie ook vir die vinnige doodskiet en eienaarskap neem van kwesbokke en skote. (die goed gebeur maar)
Julian
Baie dankie vir die leen van jou stoele en toerusting vir my werk die stoele lekker aangesien ek al bietjie voorsit skiet in my lewe gedoen het maar die bosveldjagters kom nie almal reg met die stoele nie.
Hou egter hier dop, daar kom eersdaags nog so klomp springbokke op vir nog so groep asook 'n nagskiet vir die wat belangstel vir nog so klomp Springbokke.
Jammer maat, ek het nie fotos nie maar ek weet dat Jean 1 of 2 het.
Jean, Douw Henk en al die ander manne wat nog nie deel is van die Jaracal familie nie, dankie vir julle ondersteuning. Regtig lekker manne om mee te jag, tog jammer ons het nie nog so 4 jagters in daai 1000ha kampie gehad nie. Ek dink julle het baie mooi Springbokke geskiet en goed gedoen ek dink die ooie was slegs 5 of 6 uit die 20 bokke en daar was weer uitsonderlik baie mooi ramme. Dankie ook vir die vinnige doodskiet en eienaarskap neem van kwesbokke en skote. (die goed gebeur maar)
Julian
Baie dankie vir die leen van jou stoele en toerusting vir my werk die stoele lekker aangesien ek al bietjie voorsit skiet in my lewe gedoen het maar die bosveldjagters kom nie almal reg met die stoele nie.
Hou egter hier dop, daar kom eersdaags nog so klomp springbokke op vir nog so groep asook 'n nagskiet vir die wat belangstel vir nog so klomp Springbokke.
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Hou die lyn oop asseblief 
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Nee heng Jaco nou is ek sommer spyt, sou graag die span wou volmaak sommer lekker lus vir skiet.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: 50 Springbokke vir 1 groep, 1 dag jag vir 8 manne in Apr
Binnekort, binne die volgende 6 wekeCarl wrote:Nee heng Jaco nou is ek sommer spyt, sou graag die span wou volmaak sommer lekker lus vir skiet.