Loop skoonmaak

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Loop skoonmaak

Post by Arnold »

Daai broughton lope is regtig 'n plesier om skoon te maak!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Loop skoonmaak

Post by tripodmvr »

[Quote Ek kan nou ongelukkig nie dieselfde sê van my Howa loop op my Weatherby Vanguard nie. Hy copper foul maar soos enige fabrieksloop wat ek al mee te doen gehad het.Quote]

Jy het het hom seker nie ingebreek nie!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Loop skoonmaak

Post by mariusr »

Wouter Roets wrote:Louis

Dit is presies wat ek gebruik vir etlike jare. Al wat nog moet bykom is Butches Gun Oil dan is jy reg. Die Bore Shine word eerste aangewend om ontslae te raak van die carbon aanpaksel van die poeier. Die produk verwyder ook koper maar is nie baie aggresief in die aksie nie. Wanneer daar wel nie baie koper neerslag is nie werk die produk voldoende maar veg gewoonlik n ekstra eenwending. Droe lappies op n jag totdat dit skoon uitkom.

Indien daar nog enige koper in die loop oor is word die skuim ingespuit van die kamer se kant af. Met groter kalibers is dit soms nodig om sommer met insulation tape n prop te vorm wat die kamer mooi afseel. Skuim word ingespuit totdat dit voor by die loop uitkom. Los die blikkie net so in die slot en spuit weer oor so 10 minute. Jy sal sien die ou skuim is blou van kleur. Hou aan met die proses totdat die skuim nie meer blou is nie. Gebruik nou weer die jag met die lappies totdat die weer skoon uitkom. Laastens sit jy dan olie op n lappie en stoot deur. Nog so twee lappies daarna en dan is jy klaar.

Kry n klein flitsie sodat jy met hom in die loop kan afkyk. n Mens kan mooi koper aanpaksel so sien. Onthou as jy koper aan die voorkant van die loop kan sien is dit heelwat erger aan die kamer se kant waar die meeste aanpaksel plaasvind. Hou aan skoon maak totdat dit nie meer sigbaar is nie. Wanneer daar baie erge koper aanpaksel in die loop is kan jy die skuim inspuit en oornag los. Dit is absoluut veilig om dit te doen met Forrest. Dit is een van die groot redes hoekom ek daarvan hou. Moet jou ook nie steur aan die manne wat se dit stink nie! Gebraaide uie en garlic ruik ook vir hulle stink! ;D

Groetnis
Wouter
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Loop skoonmaak

Post by Carl »

R48 vs $$??? 8)
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Loop skoonmaak

Post by VdWalt »

Ek het eers onlangs n boreguide begin gebruik. Dit werk regtig lekker maar, wat
van die lands wat ek nou nie skoon maak nie....? Die eerste paar mm of wat word mos nou
ge-cover deur die plastiek wat die loop seel.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Loop skoonmaak

Post by mariusr »

Wouter jy laat dit te veel klink na baie werk veral as jy 4 of 5 gunne moet skoon maak!Bly maar by my metode!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7550
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Loop skoonmaak

Post by Wouter Roets »

Maruis

Ek gebruik die Forrest net wanneer die Bore Shine nie al die koper verwyder nie. Ek sal se dit is so 30% van die tyd wat ek wel die forrest ook moet gebruik.

Groetnis
Wouter
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Loop skoonmaak

Post by PWV »

Ek gebruik Gunsmithy Traditional cleaner met groot sukses.
Ken iemand dit?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Loop skoonmaak

Post by LUAN »

Haal julle al die koper uit na elke skiet sessie? Ek dink mos nou dalk moet daardie koper daar wess om die akuraatheid te behou soos n loop wat eers fouling skote nodig het? En die storie van die forest foam oornag los weet ek nie of daai foampies nog "aktief" werk as hy droog is want hy word droog na n ruk binne die loop. Ek hou van skoonmaak en klaar kry nie wag tot more om dinge te voltooi. Van wat ek M98 gebruik, gebruik ek nie meer forest foam. Die lappie kom net so blou uit met die M98 in n korter tyd.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Loop skoonmaak

Post by mariusr »

Ek gebruik kopper verwyderaar slegs na twintig of meer skote as diit gedoen was vir jag gebruik ek eers die koper skoonmaak na die jag!Trek net paar lappies deur loop met bietjie nitro solvent wanneer in jag veld is!
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Loop skoonmaak

Post by Reggie Gerber »

Baan geweer na elke 70 skote
Jaggewere na elke uitstappie ;D
User avatar
Langes
Full Member
Full Member
Posts: 162
Joined: Thu May 03, 2012 9:59 pm

Re: Loop skoonmaak

Post by Langes »

Jul opinie van J-B paste?
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Loop skoonmaak

Post by DSBW »

JB paste het vir my nog altyd soos 'n droom gewerk, 7mm Tombi met Krieger loop vir 6 jaar lank net met JB en Kroil skoon gemaak, was net 'n kompetisie geweer gewees, loop het nou 1980 skote deur, skiet nog soos dag een, geen probleem. Gebruik M98 in ander gewere, omdat JB te veel werk is, en ek 'n luigat is.
Post Reply