Rondloper honde???

JWO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm

Re: Rondloper honde???

Post by JWO »

Hallo Johan

Ek het reeds 'n klag by die polisie gelê. Hy was net teleurgesteld dat ek so sleg geskiet het. Die DBV is 'n goeie voorstel. Ek sal dit probeer.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Rondloper honde???

Post by Johan Nel »

JWO wrote:Hallo Johan

Ek het reeds 'n klag by die polisie gelê. Hy was net teleurgesteld dat ek so sleg geskiet het. Die DBV is 'n goeie voorstel. Ek sal dit probeer.
JWO,

As ek dit reg het, moet hulle die eienaar van die honde gaan besoek en dan die omstandighede waarin die honde aangehou word, ondersoek. Die eienaar word ook gekonfronteer met die feite. Die teenkant is dat hulle jou eiendom ook kan besoek en na jou diere ook kom kyk. Kan gebeur dat die honde se eienaar 'n higiene klagte of swak versorging van jou diere kan voorhou om die druk van haar af te kry. Wees dus bedag daarop.

Groete,
JHN
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: Rondloper honde???

Post by PaulM »

Nog 'n groot pasop - ek weet van 'n persoon wat rondloper honde op sy plaas geskiet het, en 'n rukkie later stop
die polisie met die honde se eienaar by hom. Die honde eienaar het 'n klag van poging tot moord gelê omdat die
boer dan sodanig op hom as persoon geskiet het. Dit het groot verduideliking gekos, darem was daar heelwat
getuies en 'n verskeurde skaap op die toneel wat die saak beredder het.
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Rondloper honde???

Post by ROBBIE1 »

JWO, kap die eienaar soos die manne se. Dit het by my broer op die plaas ook gebeur, die eienaar het dit betwis, maar 2 van my broer se werkers kon die honde uitken, en op grond daarvan het die hof in sy guns beslis en moes die eienaar hoes. Le elke keer n klag by die SAPD as daar iets gebeur, en sit n eis teen die ou in.
My 1c
JWO
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 65
Joined: Wed Mar 30, 2011 12:22 pm

Re: Rondloper honde???

Post by JWO »

Die buurman het na vele gesukkel van sy hond ontslae geraak en vir iemand anders gegee. Ek dink my probleme sal darem nou minder wees.
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Rondloper honde???

Post by Johan Nel »

JWO wrote:Die buurman het na vele gesukkel van sy hond ontslae geraak en vir iemand anders gegee. Ek dink my probleme sal darem nou minder wees.
Bly om te hoor.

Groete,
JHN
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Post Reply