6.5X55 vs 260Rem keuse

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by Wouter Roets »

Geno

Wind is die een waarvoor jy die minste wil dail want dit bly die moeilikste een. Akkuraadheid is die ander een. Die 10-12mm groepe wat ek huidig uit die 25-06 kry gaan net nie goed genoeg wees vir my aplikasie nie. Sad but true!

Peet Hornady vevaardig n hele reeks fabrieks amunusie vir die 6.5 Creedmoore wat onder andere insluit langafstand koeels gelaai met hulle A Max'e. Nogal iets om in gedagte te hou.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by BLOK »

Geens

Moet ook nie vergeet hoe klop die 260 met looplewe nie. hahaha
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by Arnold »

Dirk, Nosler se CC's val ook in daai BC klas. Die 140gr Nosler CC werk lekker en ek wag vir die nuwe 123gr.
In die wind is die beste teiken skiet koeel, volgens my, die Hornady 140gr A-Max. Goeie BC teen 'n goeie prys.

Vir jag wonder ek nog of ek die 130gr TSX of 120gr TTSX/GMX sal gebruik. Die nuwe LR Accubonds se BC lyk baie goed en dit mag moontlik my keuse wees aangesien hierdie geweer nou nie eintlik gebou is vir rondstap nie en ek graag eendag 'n springbok of twee op die vlaktes wil skiet met die roer  ;)

Ek weetnie of mens die Swift Scirroco se BC net so kan vat nie aangesien hulle 6.5mm 130gr se BC baie hoog is. Sal hulle dalk 'n try gee as ek eendag gemaklik voel om die skote te vat wat ek graag wil vat  :police:
User avatar
Greyghost
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 272
Joined: Tue May 15, 2012 11:27 am

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by Greyghost »

Picture of my 260 , Savage action Nightforce 12-42 scope
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Respect the Animal you shoot and make sure of your shot

Bruno .22
Savage 6mm XC
Savage 260
Sako 7 x 57
K98 9.3 x 62
User avatar
Greyghost
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 272
Joined: Tue May 15, 2012 11:27 am

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by Greyghost »

Tks for info Arnold , as Hornady nie werk nie sal ek hulle probeer soek a punt wat ek mee kan teiken skiet en jag , sal laat weet hoe die Hornady's werk  :)
Respect the Animal you shoot and make sure of your shot

Bruno .22
Savage 6mm XC
Savage 260
Sako 7 x 57
K98 9.3 x 62
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by Frikkie Coetzee »

Geno wrote: Oom Frikkie,
Nie fout met julle sespuntvywe nie.
Jou roer, gelaai op daai specs teenoor myne, gelaai teen my bg. specs, klop myne met 1.17 MOA op 1000y in 'n 10mph wind.
Myne klop joune met 3.24MOA op 1000y met drop.
Dit nou als volgens QuickTarget sagteware.

Dan is die vraag seker, wil mens meer vir drop dial, of wil mens meer vir wind dial? ;D

Groete,
Eugene

Geno

WAs net besig om gek te skeer.

Asb ek is Frikkie, nie Oom nie. Jy laat my oud voel.

Voor die 6.5 was ek n 243 fan met die 105 en 107 ponte maar ek is bevrees die 6.5 is hulle so bietjie voor. My 243 bly egter my gunsteling ribbok en sprinkbok en....geweer met die 87 V Max. ( Ek het 2 ). Dit is min in jag situasies waar ek nodig het om verder as 250m te skiet. Dan is die spoed vir my beter met die ligte punt as n swaar punt met n hoe BC. Na 300m verkies ek weer die hoe BC teen n redelike spoed. Dit is my gevoel en is dalk eerder gebasseer op my regverdiging vir 2 243s as werklike wertenskaplike redes

Die 1in8 twist was altyd my speelgeweer. Maar ek dink daaraan om hom eerder te Ackley. Die meer spoed ( ten spyte van wat ek bo se ) sal daai 105s net so bietjie beter maak

Frikkie
Cradock
Johann Marais
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by Johann Marais »

Naandsê,

Ek het met groot genot die posts gevolg.

Hoekom wil julle almal die 6.5x55 Ackley en nie eerder die 260 Ackley nie?

Wat sal die verskil tussien die twee wees?

Ek is op die punt om my liksens papiere in te sit maar nou laat julle my wonder.

Asb help en gee bietjioe duidelikheid.

Groete

Johann
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by Arnold »

Die informasie is oud en die getalle sal vandag heel moontlik verskil, maar dit sal jou idee gee van die verskil in performance en of dit die moeite werd is vir jou.
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=75&t ... 5mm#p53370

Met 'n 130 gr.............. 24" .......... 26" .......... 28"
260 Rem ................. 2831 fps .... 2820 fps .... 3010 fps
260 AI .................... 2868 fps .... 2859 fps .... 3050 fps
6.5 X 55 Swede ......... 2763 fps .... 2870 fps .... 2861 fps
6.5 X 55 AI .............. 2922 fps .... 2914 fps .... 2905 fps
6.5-284 Norma ......... 2845 fps .... 2950 fps .... 2942 fps

Met 'n 140 gr.............. 24" .......... 26" .......... 28"
260 Rem ................ 2784 fps .... 2770 fps .... 2763 fps
260 AI ................... 2823 fps .... 2815 fps .... 2800 fps
6.5 X 55 Swede ........ 2732 fps .... 2820 fps .... 2815 fps
6.5 X 55 AI ............. 2873 fps .... 2864 fps .... 2856 fps
6.5-284 Norma ........ 2800 fps .... 2900 fps .... 2895 fps
Johann Marais
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by Johann Marais »

Baie dankie Arnold, ek sal dan eerder bly by die 260 AI.

Waar kry mens Redding dies in SA?

Groete

Johann
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3649
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by JPS »

Arnold,

Interesant die syfer hierbo. Op die 260 en 260 AI is die spoed minder hoe langer die loop is, ek het gedink om eendag my 260 se 24" loop te vervang met 26 of 28" loop juis om bietjie meer spoed te kry vir lang afstand? Volgens die syfers hierbo lyk dit of met 140gn dit beter is om op 24" loop te bly?

Is dit reg?

Groete
JP
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by Arnold »

As jy mooi kyk sal jy die tendens sien dat die spoed afneem en dan eweskielik weer op spring. Dit beteken jy sal slegs 'n hoër akurate spoed kan kry as jy jou loop lank genoeg maak en 2" langer gaan in jou geval jou geensins baat met die 140gr koeels nie.

28" met ligter koeels kan dalk werk maar hulle BC is swakker en alhoewel jy platter gaan skiet is dit moontlik dat hulle dieselfde of slegter in die wind vaar as die 140gr's.

'n effense langer bring jou kamer druk en dopvulling af, wat nie noodwendig sleg is nie.

Ek skiet met my 260AI (28.6" loop) nou 140gr koeels teen 'n baie lae druk. Dopvulling kan seker beter wees, maar akuraatheid is goed genoeg vir my. Met die laer druk behoort my doppe en loop langer te hou.
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by 375fanatic »

Arnold wrote: Met 'n 130 gr.............. 24" .......... 26" .......... 28"

6.5 X 55 Swede ......... 2763 fps .... 2870 fps .... 2861 fps
6.5 X 55 AI .............. 2922 fps .... 2914 fps .... 2905 fps
nee man kerels nou begin my gat ook juk my howa is mal oor daai 129gr hornadys
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by VdWalt »

375fanatic wrote:
nee man kerels nou begin my gat ook juk my howa is mal oor daai 129gr hornadys
Whoooo haaaaa!!! Ek het 'n byt!!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by Arnold »

Ja, maar is die Howa se loop nie net 22" nie?
User avatar
375fanatic
Hero Member
Hero Member
Posts: 1213
Joined: Thu May 16, 2013 9:30 am

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by 375fanatic »

ja hy is wat se daai slim somme van jou op n 22"
CZ 550 375 H&H
P14 Musgrave 308
Howa 6.5 x 55
Sabi Ranger 7 x57
Browning 9mm
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by Arnold »

Weet nie wat sê die somme nie, kan nie onthou of ek dit vir 22" gedoen het nie. Dalk kan iemand hier help in die verband.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3649
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by JPS »

Tx Arnold,

Lyk of ek my 24" loop dan nog laaank gaan skiet.

Groete
JP
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by Arnold »

Ek is baie lus en sny my loop op 24" af, maar dan verloor ek die moontlikheid om die ligter koeëls vinnig te skiet.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 6.5X55 vs 260Rem keuse

Post by Arnold »

Howa 6.5x55 met 22" loop

+-
140gr -> 2711fps
129gr -> 2790fps
123gr -> 2940fps
120gr -> 2940fps

Ek sou verseker met die geweer die 120gr GMX, TSX of TTSX skiet vir jag en 'n 123gr Hornady, Nosler, Lapua of Sierra vir papier sodat ek die trajek van die jag koeel leer.
Weet nie of die getalle realisties is nie maar kyk bietjie wat skiet die ander manne in hul howas.
Post Reply