Page 2 of 7

Re: Gym oefen

Posted: Wed Jan 09, 2013 2:20 pm
by Louis Kriel
gillie wrote: "Hier van 40 af het my borskas n hangkas geword. Ek het so twee jaar terug weer begin swem, nadat ek op skool vir WP geswem het...dis nou in 1984.  Dit hou my hart gesond, my suiker normaal en ek handhaaf my gewig.  Ek probeer om net naweke en miskien Woendae te rus.

Ek swem 8 stelle van 250m (10 lengtes) maw 2 km. "

Gaats, sien daar is toe iemand....  :o
Ek sit hoeka nou hier op die gym se rekenaars en tik.  Dis die ander voordeel van virgin active. Ek kan verniet "Jaracal" terwyl ek wag vir die swembad om stiller te raak.  Die enigste probleem is, dat in die vakansies wil Sophie Mphatla met al vier haar HIV postiewe kindertjies ook heeldag swem! ???

Re: Gym oefen

Posted: Wed Jan 09, 2013 2:28 pm
by SV MAD (Henk)
Stem Ludwig.

Squats is okay, maar as ek rug oefen (donderdae) en ek doen deadlifts, is ek gaar na die tyd. Deadlift is die beste, bene, gat, rug, skouers, core abs ens.

Re: Gym oefen

Posted: Wed Jan 09, 2013 2:34 pm
by SV MAD (Henk)
Ludwig wrote: Gebruik jy enige straps vir deadlift? My probleem met deadlift was altyd dat as ek die gewig swaar genoeg gemaak het dat my rug en bene behoorlike workout kry, kon my vingers nie meer die bar grip nie en het die bar uit my hande gegely, al was dit met 'n over-under thumbless grip.
Ek gebruik straps as backup, maar my vingers begin eers gly as ek by rep 5-6 kom as ek 200kg+ doen. Dan daai 2-3mm wat jou vingers oopmaak vat die straps net so bietjie oor, effektief sal ek dan nogsteeds 170kg+ met my hande hou. Sonder straps sal my liggaam nie die regte oefening kry nie. Met die straps om die gewrigte kan ek beter konstreer ook oor my vorm ens sonder om te worry oor my hande en of die bar uit my hande gaan gly

Re: Gym oefen

Posted: Wed Jan 09, 2013 3:14 pm
by Geno
Ludwig wrote: Ek kan die roei masjiene nog handle
Wanneer ek 'n gier kry om te gym, kyk ek hierna vir motivering: http://youtu.be/5-yUwazhyyc

Ludwig, is dit jy op 8:34 in die video?

Re: Gym oefen

Posted: Wed Jan 09, 2013 3:15 pm
by Geno
Spesifiek 2:00 in die video, dit motiveer my genoeg! ;D

Re: Gym oefen

Posted: Wed Jan 09, 2013 3:37 pm
by BLOK
FCLoretz wrote: Die groot ding wat jy uit jou huidige dieet kan sny is gas koeldrank en drank.

Ek dink dit is al wat ek moet doen, dan kan ek dalk van die 12bottelboks ontslae raak. Meer spiere aansit sal nie werk nie netnou sink ek ook as ek wil swem. hahaha

Re: Gym oefen

Posted: Wed Jan 09, 2013 3:37 pm
by Reggie Gerber
Geno

Daai is genoeg om hol te skeur

Reggie

Re: Gym oefen

Posted: Wed Jan 09, 2013 3:46 pm
by Danie01
Daai was nou lekker lag, haha

My vriend het ook eenkeer shoulder press gedoen met bar, maar nie die knippe opgesit wat gewigte in posisie hou nie, hy het skeef opgedruk, eenkant se gewigte het uitgegly en toe val die bar mos skielik na ander kant en dit het als so gebeur dat hy n ander ou wat ook gegym het op die bek geslaan het met bar, haha. Die ou het dam nie tande of iets verloor nie.

Re: Gym oefen

Posted: Wed Jan 09, 2013 5:57 pm
by Gerhard
Die arme vistenk... lol

Glo sy ma het hom n paar shots teen die kop gegee.... hahaha

Re: Gym oefen

Posted: Wed Jan 09, 2013 6:08 pm
by FE
Geno,

Dankie nou weet ons hoe om nie te oefen nie. Dat party mense hulle self so opneuk.
;D ;D

Re: Gym oefen

Posted: Wed Jan 09, 2013 9:44 pm
by kopskoot
Ek doen nie elke oggen 500 sit- ups en 500 push- ups nie, en dis hoe ek my lyf in so tip- top kondisie hou :laugh:

Re: Gym oefen

Posted: Thu Jan 10, 2013 7:23 am
by Gerhard
Een van die lekker dinge vir my van die oefen is dat jy kan voel jy het n spier groep geoefen vir so 2 dae na die sessie.

Dit betekin dan jy het reg geoefen en die teiken spiere goed gewikkel.

Sodra ek nie meer daai seer het nie is dit n teken om of die gewigte bietjie swaarder te maak of die oefen program te verander.

Re: Gym oefen

Posted: Thu Jan 10, 2013 8:42 am
by SV MAD (Henk)
Ek maak gewigte met elke oefening swaarder, as is dit met 1-2kg.

Re: Gym oefen

Posted: Thu Jan 10, 2013 8:24 pm
by GreyGhostGear
Manne julle het hom almal verkeerd, dit is alles in die supplements. Moet ook verkieslik nooit jou belt vergeet nie.
Image

Re: Gym oefen

Posted: Fri Jan 11, 2013 8:41 am
by SV MAD (Henk)
kan nie die foto sien nie.

Ek gebruik proteien supplements, anders is ek meer in die jagveld om vleis te kry om te eet as by die werk of gym...

Re: Gym oefen

Posted: Fri Jan 11, 2013 9:32 am
by Dries Skiet
Ek doen so bietjie skopboks, nie om deel te neem nie, net om bietjie fiks te bly. n Lang slaansak so 300mm van die grond/mat af. Round house kick. Skop van die kant af na "lae ribkas" tref met jou maarmerie, nie jou voet nie, maar met reguit been, maw jy skop met jou heup. Begin so 50 met elke been. Jy moet skop nie speel nie. Tib. Skop reguit vooren toe na die "maag/krop" tref met hak, dit is meer n wegstoot skop. Begin so 50 op elke been. Knie werk ook goed. Hou sak bo vas en knieg van onder af, jy moet jou heup gebruik anders het jy niks krag in die skop nie, ook 50 op elke been. Knie broek help dat die sak nie jou knieg vele af haal nie.

NB!!!!! Jy moet eers opwarm met ligte draf, crunch, leg raisers, push ups en lunges.

NB!!!!! Strek as jy klaar is, anders gaan jy seer spiere he en jy gaan tou op gooi.

Jou bene is groot spiere wat baie energie verbrand, gebruik hulle.

Re: Gym oefen

Posted: Fri Jan 11, 2013 9:36 am
by Gerhard
SV MAD (Henk) wrote: kan nie die foto sien nie.

Ek gebruik proteien supplements, anders is ek meer in die jagveld om vleis te kry om te eet as by die werk of gym...
Ek gebruik Whey proteine as ek net uit die gym kom.

Re: Gym oefen

Posted: Fri Jan 11, 2013 10:00 am
by SV MAD (Henk)
Self, Whey met crea-mass as uit uitkom. Spiere het koolhidrate nodig om te bou, dis hoekom die creamass daar is, veral in die post workout tyd.

Re: Gym oefen

Posted: Fri Jan 11, 2013 10:38 am
by Gerhardu
Ekt ook verlede week begin gym na twee weke se vakansie.Ek het die vakansie nodig gehad omdat ek die hele jaar deur gegym het.Nous ek weer terug en gemotiveer.Ek gebruik maar Mass Builder met 60gr protein en 42gr carbs ek drink hom as n post en dan gebruik ek crea mass en n pre workout supplement.Plus ses gekookde eiers laat middag en so 2-3L windpompsjerrie per dag!Hoop ek kry goeie resultate!Die gym hier by ons raak net te besig,voel soos n sardien in n blik.

Die protein shake wat ek drink laat my poep soos n perd.

Re: Gym oefen

Posted: Fri Jan 11, 2013 10:42 am
by Gerhard
gerhardu wrote: Ekt ook verlede week begin gym na twee weke se vakansie.Ek het die vakansie nodig gehad omdat ek die hele jaar deur gegym het.Nous ek weer terug en gemotiveer.Ek gebruik maar Mass Builder met 60gr protein en 42gr carbs ek drink hom as n post en dan gebruik ek crea mass en n pre workout supplement.Plus ses gekookde eiers laat middag en so 2-3L windpompsjerrie per dag!Hoop ek kry goeie resultate!Die gym hier by ons raak net te besig,voel soos n sardien in n blik.

Die protein shake wat ek drink laat my poep soos n perd.
Waar gym jy?

Re: Gym oefen

Posted: Fri Jan 11, 2013 10:44 am
by Gerhardu
As julle paar goeie idees soek soos dieet,cardio,lifting,programme oefeninge ens.Kyk op bodybuilding.com hulle het iets van als en goeie artikels.

Groetnis

Re: Gym oefen

Posted: Fri Jan 11, 2013 10:44 am
by Gerhardu
Boksburg se Virgin Aktive.

Re: Gym oefen

Posted: Fri Jan 11, 2013 11:06 am
by Geno
gerhardu wrote: Boksburg se Virgin Aktive.
Is dit daar waar die ouens 'n boks sak twee-twee moer? ;D

Re: Gym oefen

Posted: Fri Jan 11, 2013 11:25 am
by SV MAD (Henk)
LOL Geno.

Daar gebruik hulle nog streepsakke volgemaak met ou klere...

Re: Gym oefen

Posted: Fri Jan 11, 2013 12:15 pm
by Gerhardu
Hulle kan nie twee twee om n boks sak slaan nie.Die boks sak sal nogsteeds wen!!!