270 verbode op jag plaas hkm?

User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 270 verbode op jag plaas hkm?

Post by Marc »

kopskoot wrote: Ek was nog nooit op n plaas waar n 270 nie toegelaat word nie. Ek was ook nog nooit op n plaas waar die boer regtig gretig was om te weet watter kaliber ek gebruik, voor hy my in die veld toelaat nie. ( hulle kan seker aan my haarstyl sien ek kan skiet ;D ;D :D)

Ek dink inelkgeval dat, enige boer wat glo dat kaliber, die deurslaggewende faktor in die jagveld is, behoort nie regtig in sulke tipe (kaliber) argumente betrokke te raak ;) nie.

Snaaks genoeg, was dit nog net op buitelandse jagte waar die ph of boer my vooraf laat teiken skiet het om te sien of ek en my geweer bevoegd is, om in die veld los gelaat te word. Laat mens wonder ;)
Ronald, ons het nou nie almal daai heilige "all access badge" op ons toerusting nie  ;D ;D ;D

Ek is ook nog nooit in my lewe gevra watse Kaliber ek beplan om te gebruik nie. Ek dring elk geval daarop aan om 'n skoot of drie te skiet voor ek die veld invaar. Mag van 'n goeie gewoonte, as die boer nie wil saamgaan nie, moet hy my net beduie in die skietwal se rigting
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: 270 verbode op jag plaas hkm?

Post by VdWalt »

Marc wrote: Ek dring elk geval daarop aan om 'n skoot of drie te skiet voor ek die veld invaar. Mag van 'n goeie gewoonte, as die boer nie wil saamgaan nie, moet hy my net beduie in die skietwal se rigting
Ek voel ook so - sal sommer se kom ons gaan skiet gou paar skote net om seker te maak alles
werk nog soos altyd. Ek doen gewoonlik ook met die boog voor ek iets gaan probeer skiet.
Gerrit Visser
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 335
Joined: Sun Oct 10, 2010 4:47 pm

Re: 270 verbode op jag plaas hkm?

Post by Gerrit Visser »

Ek stem dat 'n 270 is te lig. Skiet 'n gemsbok deur sy knieg of selfs 'n springbok en kyk of hy wil dood. Ek wonder wat sal gebeur as ek 'n gemsbok in of na die hart sou skiet?  Die laaste 4 jagplase woorop ek eland gejag het, was die eienaar self by om te help. Al 4 gewapen met 243.
Danie Lombard .243

Re: 270 verbode op jag plaas hkm?

Post by Danie Lombard .243 »

Sou 'n grondeienaar 'n jagter toelaat om met 'n .308 Win 150gr koeel te jag maar weier 'n ander jagter met 'n .270 Win 150gr koeel dan sal ek reken die grondeienaar weet bitter min van kalibers en hul vermoe, wat nog te se van balistiek.

Ek ken 'n oompie wat sy lewe lank geboer het is SWA. Hy het gereeld jagters uitgeneem vir kudu en gemsbok jag. Hy wil weer niks weet van 'n .375 H&H nie. Dit is 'n kwes geweer reken hy. Ek het hom op 'n dag gese hy mag dalk van bokke en boer en veld en spore en bok drolle weet maar van gewere weet hy nie veel nie. Die oompie is redelik moerig vir my.

Grondeienaars moet liefs 'n verbod plaas op swak skuts wat lei aan erge bok koors voor hul sommer voor die voet kalibers afmaak.
Die ware vermoe van 'n koeel in vlug is veel meer as wat die normale persoon ooit sal verstaan.

Danie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: 270 verbode op jag plaas hkm?

Post by PWV »

Danie Lombard .243 wrote:
Grondeienaars moet liefs 'n verbod plaas op swak skuts wat lei aan erge bok koors voor hul sommer voor die voet kalibers afmaak.
Die ware vermoe van 'n koeel in vlug is veel meer as wat die normale persoon ooit sal verstaan.

Danie
Danie, dit is nou waar woorde.  Ek het een keer in Carnavon springbokke geskiet (voorsit) en daar was 'n jong kong met 'n 223.  Vooraf het ek my bedenkinge uitgespreek oor die kaliber.  Hy het 'n gids saam met hom in sy skuilplek gehad.  Na die dag toe ons gaan oplaai, het daar 6 bokke by hom gele  -  almal kopskote waarvan twee op ongeveer 140 meter was.  Geen kwesbokke nie  -  6 skote, 6 bokke. Hy het my mooi op my neus laat kyk en ek het mooi om verskoning gevra. 
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: 270 verbode op jag plaas hkm?

Post by spekieries »

Soos Danie sê

Daar is baie boere wat baie weet van Terramicin en spore en "Ball Valves" en windpomp koppe en hoe om 'n Lister aan die gang te kry, maar wat van gewere en kalibers bokkerol weet.

My eie neef is een van daai. Moet sê hy is darem 'n [glow=red,2,300]goeie[/glow] beesboer met tradisionele wild soos Koedoes, rooibokke, varke en bosbokke op die plaas.

Vir hom word alle gewere gemeet aan 'n .308 BRNO.
bengogga
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am

Re: 270 verbode op jag plaas hkm?

Post by bengogga »

Ek het ook nog nie op 'n plaas gejag waar 270 verbode is nie. Minimum kaliber is gewoonlik 270 in die boswereld.

Maar ek is nog nooit deur 'n boer gevra wat ek gebruik nie, nou dat ek daaraan dink...
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: 270 verbode op jag plaas hkm?

Post by johans »

n 270 is nie te lig nie,as jy nie kan skiet nie gaan n 50cal ook vir jou te lig wees
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: 270 verbode op jag plaas hkm?

Post by Frederik »

Ek kan regtig nie baie fout sien met 'n 270 gelaai met 130gr TSX teen 2900 fps nie bosveld of nie hy gaan 'n bok seer maak net eland waar jy sal moet mooi maak van skootplasing wat nie op 'n hoek sal wees nie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Sam Kelbrick
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Apr 26, 2011 9:44 am

Re: 270 verbode op jag plaas hkm?

Post by Sam Kelbrick »

Dit gaan alles oor skoot plasing. Ek glo 'n 6.5 mm met 130 - 140gr staan vir niks terug nie (mits jy kan skiet).
Value has a value only if its value is valued
Post Reply